Marabastad

Marabastad
Sakebuurt
Marabastad is in Gauteng
Marabastad
Marabastad
 Marabastad se ligging in Gauteng
Koördinate: 25°44′20″S 28°10′35″O / 25.73889°S 28.17639°O / -25.73889; 28.17639
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Tshwane
Oppervlak
 • Totaal0,57 km2 (0,22 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal339
 • Digtheid595/km2 (1 540/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense0.3%
 • Indiërs/Asiërs0.3%
 • Bruin mense1.5%
 • Swart mense93.2%
 • Ander4.7%
Taal (2011)
 • Engels 15.8%
 • Xhosa 12.5%
 • Tsonga 11.1%
 • Ndebele 6.1%
 • Ander 54.5%

Marabastad is 'n sakebuurt van Pretoria naby die stadskern. Marabastad is vernoem na die plaaslike Pedihoofman, Maraba, van 'n dorpie wes van Steenhoven Spruit. Hy het in die 1880's in Schoolplaats gewoon en as vertaler opgetree.[2]

Marabastad was 'n kultureel diverse gemeenskap en die Hindoe Mariammantempel is waarskynlik die belangrikste landmerk in Marabastad. Soos in die geval van ander gemengde ras-gebiede in Suid-Afrika, soos Distrik Ses, Fietas en Sophiatown, is die inwoners van Marabastad na enkelras-dorpsgebiede en -buurte weg van die stadskern geskuif. Die gedwonge verskuiwings is uitgevoer in terme van Apartheidswetgewing soos die Groepsgebiedewet. Anders as met Sophiatown, Fietas en Distrik Ses is die gebied nie gesloop nie en het baie van die oorspronklike geboue behoue gebly.

Marabastad is aanvanklik as 'n sogenaamde lokasie gestig nadat Schoolplaats nie genoeg ruimte vir nuwe aankomelinge gehad het nie en plakkery in oop gebiede begin plaasvind het. In Augustus 1888 is grond deur die ZAR regering opgemeet en is Marabastad tussen die Apiesrivier in die noorde, Skinnerspruit in die weste, Steenhovenspruit in die ooste en De Kortestraat in die suide gestig. 67 erwe wat gewissel het in grootte van 1400 en 2500 m². Inwoners kon nie grond besit nie maar moes dit teen 4 pond per jaar by die regering huur. Hulle kon egter huise op die erwe bou en gewasse daarop aanplant.[2]

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die Britse besettingsmag Nuwe Marabastad in 1900 tussen Marabastad en die Asiatiese Basaar ontwikkel om huisvesting te verskaf aan swart mense wat na Pretoria gestroom het. Alhoewel Nuwe Marabastad bedoel was om as 'n tydelike nedersetting te dien het die militêre owerhede hulle werknemers toegelaat om permanente strukture op te rig en is skole en kerke ook in die gebied gebou. Teen 1903 het Nuwe Marabastad gegroei tot 412 erwe terwyl Ou Marabastad steeds slegs 67 gehad het. Toegang tot water was 'n groot probleem veral nadat die 58 putte gesluit is uit vrees vir die uitbreek van epidemies. 'n Enkele kraan het water aan die gemeenskap verskaf. In 1903 is nog krane geïnstalleer maar dit was steeds onvoldoende.[2]

In 1906 is Nuwe en Ou Marabastad saamgesmelt, munisipale belasting is gehef en bouregulasies in plek gestel. Die regulasies het egter nie die gewenste effek gehad nie as gevolg van wanadministrasie, en omdat swart mense nie grond kon besit nie en nie kon bekostig om ordentlike permanente huise te bou nie. Die toestand van die strate, gebrek aan riool en gebrekkige watervoorsiening het daartoe gelei dat die Departement van Naturellesake die Pretoriastadsraad van oneffektiewe administrasie beskuldig het.[2]

Inwoners van Ou Marabastad is tussen 1912 en 1920 na 'n gebied op die suidelike rand van Daspoortrand geskuif, wat as Nuwe lokasie bekend gestaan het, nadat die stadsraad besluit het om 'n rioolplaas in die omgewing op te rig. Gebrek aan spasie het 'n probleem gebly veral nadat 'n deel van die Schoolplaats-inwoners in 1934 na Marabastad verskuif is. In 1939 is Atteridgeville gestig om die probleme te probeer aanspreek. Lede van die Marabastad gemeenskap is na Atteridgeville geskuif met toegang tot huurhuise as vergoeding. Teen 1950 is alle swart mense uit Marabastad geskuif.

Die bruin inwoners van Marabastad is in 1963 na Eersterust geskuif en Indiër-inwoners na Laudium in 1968. Na die verskuiwings het dit 'n sakegebied geword en word baie van die winkels nog deur Indiërs wat vroeër daar gebly het besit. Van die grond in die gebied was in die besit van die stadsraad van Pretoria wat weinig ontwikkeling in die gebied onderneem het. 'n Groot winkelkompleks waarin 'n aantal Indiërwinkels gehuisves word is wel gebou.

Daar is blykbaar planne om die eens kleurvolle Marabastad te laat herleef na jare se verval en verwaarlosing, maar teen 2006 het daar nog nie veel daarvan gekom nie.

Die Suid-Afrikaanse skrywer Es’kia Mphahlele het tydens sy tienerjare in Marabastad gewoon. In van sy werk beskryf hy die armoede en dag tot dag stryd om oorlewing in Marabastad. Hy beskryf die dorpsgebied ook as an organised rubble of tin cans in sy boek Down Second Avenue.[3]

Die Mamelodi Sundowns sokkerklub is in Marabastad gestig in die vroeë 1970's deur 'n groep jeugdiges insluitend Frank "ABC" Motsepe, Roy Fischer, Ingle Singh en Bernard Hartze.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Subplek Marabastad". Sensus 2011.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 SA History On-line, Marabastad, Geargiveer 2 Oktober 2006 op Wayback Machine Besoek op 27 Desember 2006
  3. Access my library, "Welcome to the world of our humanity": (African) humanism, ubuntu and black South African writing. Besoek op 27 Desember 2006

Eksterne skakels

Read other articles:

この記事は検証可能な参考文献や出典が全く示されていないか、不十分です。出典を追加して記事の信頼性向上にご協力ください。(このテンプレートの使い方)出典検索?: ラーフェンスブリュック強制収容所 – ニュース · 書籍 · スカラー · CiNii · J-STAGE · NDL · dlib.jp · ジャパンサーチ · TWL(2017年2月) 作業をするラーフェン

 

Canadian-American cell biologist (1912–1997) For the Canadian politician, see Keith Porter (politician). Keith Roberts PorterBorn(1912-06-11)June 11, 1912Yarmouth, Nova Scotia, CanadaDiedMay 2, 1997(1997-05-02) (aged 84)Bryn Mawr, Pennsylvania, U.S.NationalityCanadian, AmericanOccupationCell biologist Keith Roberts Porter (June 11, 1912 – May 2, 1997) was a Canadian-American cell biologist. He created pioneering biology techniques and research using electron microscopy of cells. Port...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Februari 2023. SDN Kayumanis 01Sekolah Dasar Negeri Kayumanis 01InformasiJenisNegeriNomor Pokok Sekolah Nasional20108316Jumlah siswa186 2010StatusAktifAlamatLokasiJln.Kayumanis Iv No.20, Jakarta Timur, DKI Jakarta, IndonesiaSitus webLaman di Kementerian Pe...

Azikin SolthanAnggota Dewan Perwakilan RakyatPetahanaMulai menjabat 1 Oktober 2014Daerah pemilihanSulawesi Selatan IBupati Bantaeng ke-8Masa jabatan1998–2008PresidenB. J. Habibie Abdurrahman Wahid Megawati Soekarnoputri Susilo Bambang YudhoyonoGubernurZainal Basri Palaguna Amin Syam Syahrul Yasin LimpoWakilAbd. Azis Muttalib (2003–2008)PendahuluSaid SaggafPenggantiNurdin Abdullah Informasi pribadiLahir7 Agustus 1953 (umur 70)Bantaeng, Sulawesi, IndonesiaKebangsaanIndonesiaPar...

 

Bilanz Teilnehmende Rundfunkanstalt Erste Teilnahme 2007 Anzahl der Teilnahmen 11 (Stand 2023) Höchste Platzierung 6 (2018) Höchste Punktzahl 281 (2018) Niedrigste Punktzahl 0 (2009 SF) Punkteschnitt (seit erstem Beitrag) 69,78 (Stand 2021) Punkteschnitt pro abstimmendem Land im 12-Punkte-System 0,88 (Stand 2021) Dieser Artikel befasst sich mit der Geschichte Tschechiens als Teilnehmer am Eurovision Song Contest. Inhaltsverzeichnis 1 Regelmäßigkeit der Teilnahme und Erfolge im Wettbewerb ...

 

Vergeltungswaffe V1 (Fi 103) Vergeltungswaffe V2 Im Kohnsteintunnel entdeckten Angehörige der US-Army am 3. Juli 1945 etwa 250 V2-Raketen Als Vergeltungswaffen, oder kurz V-Waffen, bezeichnete man in der Zeit des Nationalsozialismus in Deutschland insbesondere den Marschflugkörper Fieseler Fi 103 (V1), die Rakete Aggregat 4 (V2) und die Kanone V3. Im Einsatz wurden diese Waffensysteme gegen großflächige zivile Ziele abgefeuert, insbesondere im Raum London sowie in Belgien. Inhaltsverzeich...

Tamara Liújina Tamara en el ejercicio de sueloDatos personalesNacimiento Vorónezh (Rusia)11 de mayo de 1939Nacionalidad(es) SoviéticaCarrera deportivaDeporte Gimnasia artística               Medallero  Unión Soviética Gimnasia artística Juegos Olímpicos OroRoma 1960Equipo OroTokio 1964Equipo BronceRoma 1960Suelo BronceRoma 1960Asimétricas [editar datos en Wikidata] Tamara Liújina (Vorónezh, Rusia, ...

 

رودولف الإحداثيات 44°29′46″N 89°48′03″W / 44.4961°N 89.8008°W / 44.4961; -89.8008  [1] تقسيم إداري  البلد الولايات المتحدة[2]  التقسيم الأعلى مقاطعة وود  خصائص جغرافية  المساحة 77.0 كيلومتر مربع3.073407 كيلومتر مربع (1 أبريل 2010)  عدد السكان  عدد السكان 1161 (2000)439 (1 أب...

 

1997 studio album by Michelle GayleSensationalStudio album by Michelle GayleReleased1997 (UK)GenreR&BLabelBMGMichelle Gayle chronology Michelle Gayle(1994) Sensational(1997) Looking Up(2000) Professional ratingsReview scoresSourceRatingAllMusic[1]Music Week[2] Sensational is the second album by the British R&B-soul singer Michelle Gayle, released in 1997.[3][4] It includes three singles which reached the UK Top 20: Do You Know (UK #6), Sensation...

فقر دم مسحة دم تظهر فقر الدم الناجم عن عوز الحديد، مع خلايا دم حمراء شاحبة، صغيرة.مسحة دم تظهر فقر الدم الناجم عن عوز الحديد، مع خلايا دم حمراء شاحبة، صغيرة. تسميات أخرى أنيميا معلومات عامة الاختصاص امراض الدم من أنواع مرض دموي،  وقلة الكريات،  ومرض  الأسباب الأسباب ...

 

Kamienica Taubenhausa w Warszawie nr rej. 709 z 1.07.1965[1] Widok z ul. Marszałkowskiej Państwo  Polska Województwo  mazowieckie Miejscowość Warszawa Adres ul. Marszałkowska 72 Styl architektoniczny neogotyk Architekt Edward Goldberg[a] Kondygnacje 5 Ukończenie budowy 1898 Pierwszy właściciel rodzina Taubenhausów Położenie na mapie WarszawyKamienica Taubenhausa w Warszawie Położenie na mapie PolskiKamienica Taubenhausa w Warszawie Położenie na mapie województwa maz...

 

  لمعانٍ أخرى، طالع السوس (توضيح). السوس شوش  - مدينة -    تقسيم إداري البلد إيران  [1] عاصمة لـ مقاطعة شوش  البلد  إيران المحافظة محافظة خوزستان المقاطعة شوش قسم المركزي خصائص جغرافية إحداثيات 32°11′39″N 48°14′37″E / 32.19417°N 48.24361°E / 32.19417; 48.24...

Municipality in Troms og Finnmark, Norway For other uses, see Dyrøya. Municipality in Troms og Finnmark, NorwayDyrøy Municipality Dyrøy kommuneDivrráid suohkanMunicipalityDyrø herred  (historic name)View of Dyrøya island in Dyrøy FlagCoat of armsTroms og Finnmark within NorwayDyrøy within Troms og FinnmarkCoordinates: 69°04′01″N 17°44′29″E / 69.06694°N 17.74139°E / 69.06694; 17.74139CountryNorwayCountyTroms og FinnmarkDistrictMidt-TromsEst...

 

Bruder (dari bahasa Belanda broeder yang berarti 'saudara laki-laki') adalah sebutan bagi seorang Katolik awam yang tidak ditahbiskan menjadi seorang rohaniwan (diakon, imam, atau uskup) yang menjalani kaul kemiskinan, selibat dan ketaatan. Seorang bruder biasanya tinggal dalam suatu komunitas dan bekerja dalam pelayanan sebagai guru, pemberi retret, seniman, koki, teknisi, sesuai dengan talenta dan bakatnya. Di Indonesia ada beberapa kongregasi bruder, antara lain, Bruder FIC, CSA, MTB, BM, ...

 

Історія наукиЕколого-ботанічний експеримент Чарлза Дарвіна у Воберн-Еббі Хронологія Давні часи Античність Давня Греція Середньовіччя Ісламське Середньовіччя Відродження Романтизм НТР Культури Африканська Візантійська Індійська Ісламська Китайська Середньовічна У...

  هذه المقالة عن قرية الفاو الأثرية بالمملكة العربية السعودية. لمعانٍ أخرى، طالع الفاو (توضيح). قرية الفاورأس من البرونز يعود إلى سيدة عربية من القرن الأول ق م وجد في قرية الفاومعلومات عامةنوع المبنى قرية تاريخيةالمكان محافظة السليل، منطقة الرياضالمنطقة الإدارية منط...

 

Pub in Lancashire, England The Burn NazeThe building in 2006, during a period of closureThe Burn NazeLocation within the Borough of WyreGeneral informationTypePublic houseAddressButts RoadTown or cityThornton-Cleveleys, LancashireCountryEnglandCoordinates53°53′15″N 3°00′26″W / 53.8875°N 3.0071°W / 53.8875; -3.0071Completed1910Closed2019Demolished2022 (1 year ago) (2022)Technical detailsFloor count3 The Burn Naze was a public house in the Engli...

 

Anemurium Localización geográficaCoordenadas 36°01′27″N 32°48′09″E / 36.02417, 32.8025Localización administrativaPaís TurquíaLocalidad AnamurMapa de localización Anemurium Ubicación en Turquía [editar datos en Wikidata] Anemurium (en griego antiguo: Ἀνεμούριον, romanizado: Anemourion), también llamada Animurium, es una antigua ciudad cuyas ruinas, ahora llamadas Eski Anamur o Anemuryum, están cerca de la moderna ciudad turca de Ana...

Este nombre sigue la onomástica coreana; el apellido es Yoon. Yoon Kye-sang Yoon Kye-sang en 2014.Información personalNacimiento 20 de diciembre de 1978 (44 años)Seúl (Corea del Sur) Nacionalidad SurcoreanaFamiliaCónyuge (2021 - presente)EducaciónEducado en Chungkang College of Cultural Industries Información profesionalOcupación actorAños activo desde 1999Empleador Just EntertainmentGénero K-pop Instrumento Voz Discográfica JYP Entertainment Miembro de G.o.d. [editar datos en...

 

Узбекский язык Территории, где распространён узбекский язык      Разговаривает большинство населения      Разговаривает значительное меньшинство населения Самоназвание Oʻzbek tili, Ўзбек тили, ئۇزبېك تیلى Страны Узбекистан, Афганистан, Таджикистан,...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!