Uruk

Uruk
𒀕𒆠, Unugki (Sumeries)
𒌷𒀕 of 𒌷𒀔, Uruk (Akkadies)
وركاء of أوروك Warkāʼ of Auruk (Arabies)
Uruk in 2008.
Uruk in 2008.
Land Vlag van Irak Irak
Soort Nedersetting
Streek Mesopotamië
Oppervlakte 6 km2
Geskiedenis
Gestig 4de millennium v.C.
Tydperk Uruk-tydperk tot vroeë Middeleeue
Unesco-wêrelderfenisgebied
Deel van Ahwar van Suid-Irak
Kriteria Gemeng: (iii)(v)(ix)(x)
Verwysing 1481-005
Inskripsie 2016 (40ste sessie)
Beskrywing* Uruk Archaeological City
* Naam soos op die Wêrelderfenislys

Uruk [nota 1] was ’n antieke stad van Sumer (en later van Babilonië) wat geleë was oos van die huidige Eufraatrivier, 30 km oos van die hedendaagse Samawah in Irak.[1] Uruk is die tipeterrein van die Uruk-tydperk. Dit het ’n groot rol gespeel in die vroeë verstedeliking van Sumer in die middel 4de millennium v.C. Teen die laaste fase van die Uruk-tydperk omstreeks 3100 v.C. kon die stad 40 000 inwoners gehad het,[2] met 80 000 tot 90 000 mense wat in die omgewing gewoon het.[3] Dit maak dit die grootste stedelike gebied van dié tyd in die wêreld.

Die legendariese koning Gilgamesj het volgens die chronologie van die Sumeriese Koningslys (hierna SKL genoem) in die 27ste eeu v.C. oor Uruk regeer. Die stad het omstreeks 2000 v.C. minder belangrik geword in die lig van die stryd tussen Babilonië en Elam, maar dit was bewoon tot kort voor of ná die Islamitiese verowerings van 633-638 n.C.

Prominensie

Die uitbreiding van Uruk en sy koloniale buiteposte, omstreeks 3600-3200 v.C.

In mites en die letterkunde was Uruk beroemd as die hoofstad van Gilgamesj, held van die Heldedig van Gilgamesj. Daar word ook geglo dit was die Bybelse stad Erek (Genesis 10:10), die tweede stad wat deur Nimrod in Sinar gestig is.[4]

Uruk-tydperk

Uruk was nie net een van die eerste stede nie, maar het ook ’n belangrike rol gespeel in die verstedeliking en eerste staatsvorming in die Uruk-tydperk, of Uruk-uitbreiding (4000-3200 v.C). In dié tydperk van 800 jaar was daar ’n verskuiwing van klein landboudorpies tot ’n groter stedelike sentrum met ’n voltyse burokrasie, militêre mag en gemeenskap wat uit lae bestaan het. Hoewel daar in dié tyd ook ander nedersettings was, was hulle gwoonlik sowat 10 hektaar, terwyl Uruk aansienlik groter en komplekser was. Die kultuur van die Uruk-tydperk wat deur Sumeriese handelaars en koloniste na ander streke gebring is, het ’n uitwerking op al die omringende volke gehad wat geleidelik hulle eie, vergelykbare en mededingende ekonomieë en kulture gevestig het. Eindelik kon Uruk nie langafstandbeheer oor kolonies soos Tell Brak met militêre mag behou nie.

Geografiese faktore

’n Kaart van Sumer.

Geografiese faktore het gehelp in Uruk se ongekende groei. Die stad was aan die Eufraatrivier geleë in die suidelike deel van Mesopotamië, ’n antieke terrein van die beskawing. Deur die geleidelike domestikering van graan uit die Zagrosberge en uitgebreide besproeiingstegnieke was ’n groot verskeidenheid eetbare plante beskikbaar. Dié domestikering van graan en die stad se nabyheid aan riviere het Uruk gehelp om redelik maklik te groei tot een van die grootste Sumeriese nedersettings, wat beide bevolking en oppervlakte betref.[5]

Uruk se landbousurplusse en groot bevolking het prosesse vergemaklik soos handel, die spesialisering van kunsartikels en die ontwikkeling van skryfstelsels – skryf kon omstreeks 3300 v.C. in Uruk ontstaan het.[6] Bewyse uit uitgrawings soos pottebakkersware en die vroegste bekende skryftablette steun dié ontwikkelings. Uitgrawings by Uruk is baie kompleks, want ouer geboue is deur nuwes vervang, en dit maak die lae van verskillende historiese tydperke onduidelik. Die heel boonste laag het waarskynlik in die Jemdet Nasr-tydperk (3100-2900 v.C.) ontstaan en is gebou op strukture van vroeëre tydperke wat dateer van die Obeid-tydperk.

Geskiedenis

Aanbiddingstoneel vir Inanna, Warka-vaas omstreeks 3200-3000 v.C., Uruk. Dit is een van die vroegste bestaande werke van verhalende reliëfpottebakkery.

Volgens die SKL is Uruk deur koning Enmerkar gestig. Hoewel die koningslys ’n koning van Eanna voor hom noem, vertel die epos Enmerkar en die Meester van Aratta dat Enmerkar die Hemelhuis (Sumeries: e2-anna; wigskrif: 𒂍𒀭 E2.AN) vir die godin Inanna in die Eannadistrik van Uruk gebou het. In die Heldedig van Gilgamesj bou Gilgamesj die stadsmuur om Uruk en is hy die stad se koning.

Uruk het deur verskillende groeifases gegaan, van die Vroeë Uruk-tydperk (4000-3500 v.C.) tot die Laat Uruk-tydperk (3500-3100 v.C.).[1] Die stad is gestig toe twee kleiner Obeid-nedersettings saamgesmelt het. Die tempelkomplekse in hulle kern het die Eanna- en Anu-distrikte geword wat onderskeidelik aan Inanna en Anu gewy was.[1]

Die Eanna-distrik was saamgestel uit verskeie geboue met ruimtes vir werkwinkels en dit is met mure van die res van die stad geskei. In teenstelling daarmee was die Anu-distrik op ’n terras gebou met ’n tempel bo-op. Dit is duidelik dat Eanna aan Inanna gewy was van die vroegste Uruk-tydperk dwarsdeur die stad se geskiedenis.[7] Die res van die stad het bestaan uit tipiese huise met ’n binnehof wat in distrikte om Eanna en Anu volgens die beroep van die inwoners gegroepeer was. Uruk het ’n kanaalstelsel gehad wat al beskryf is as "Venesië in die woestyn".[8] Dié kanaalstelsel het deur die hele stad gevloei en dit verbind met die rivierhandel aan die antieke Eufraat sowel as aan die omringende landbougordel.

Die oorspronklike stad Uruk was geleë suidwes van die antieke Eufraat, wat nou droog is. Die terrein Warka is tans noordoos van die moderne Eufraat. Dié verandering in ligging is teweeggebring deur ’n verskuiwing van die rivier die een of ander tyd in die geskiedenis, en dit kon bygedra het tot die agteruitgang van Uruk.

Argeologiese vlakke van Uruk

Argeoloë het verskeie Uruk-stede ontdek wat in chronologiese volgorde bo-op mekaar gebou is.[9]

  • Uruk XVIII: Eridu-tydperk (omstreeks 5000 v.C); die stigting van Uruk
  • Uruk XVIII-XVI: Laat Obeid-tydperk (4800-4200 v.C.)
  • Uruk XVI-X: Vroeë Uruk-tydperk (4000-3800 v.C.)
  • Uruk IX-VI: Middel-Uruk-tydperk (3800-3400 v.C.)
  • Uruk V-IV: Laat Uruk-tydperk (3400-3100 v.C.); die vroegste tempels van die Eanna-distrik is gebou
  • Uruk III: Jemdet Nasr-tydperk (3100-2900 v.C.); die stadsmuur van 9 km is gebou
  • Uruk II
  • Uruk I

Anu-distrik

Anu-ziggoerat / Wit Tempel

Die Anu-ziggoerat / Wit Tempel by Uruk. Die oorspronklike piramidevormige struktuur, die Anu-ziggoerat, dateer van omstreeks 4000 v.C. en die Wit Tempel is omstreeks 3500 v.C. bo-op gebou.[10]

Die groot Anu-distrik is ouer as die Eanna-distrik, maar min oorblyfsels van geskrewe dokumente is daar gevind. Anders as die Eanna-distrik, bestaan dit uit ’n enkele, enorme terras, die Anu-ziggoerat wat aan die Sumeriese luggod An gewy is. Iewers in die Uruk III-tydperk is die enorme Wit Tempel bo-op die ziggoerat gebou. Onder die noordwestekant van die ziggoerat is ’n struktuur uit die Uruk VI-periode, die Steentempel, ontdek.

Die Steentempel is gebou van kalksteen en bitumen op ’n terras van vasgestampte grond en is met ’n kalkmesselklei gepleister. Die terras self is oor ’n geweefde rietmat, of giparu, gebou. Die struktuur is later ritueel vernietig en bedek met wisselende lae van klei en klip, en later met messelklei gevul.

Die Anu-ziggoerat is tydens die Uruk-tydperk (omstreeks 4000 v.C.) begin bou met ’n enorme grondhoop waarop ’n tempelkamer, of cella, gebou is, en is in 14 boufases uitgebrei. Dié fases is gemerk L tot A3 (L word soms X genoem).[11] Die eerste fase het bestaan uit die bou van die cella met ’n terazzovloer. In fase E, wat ooreenstem met die Uruk III-tydperk (omstreeks 3000 v.C.), is die Wit Tempel gebou. Dit kon van ver af gesien word oor die vlakte van Sumer, want dit was 21 m van die grond af en bedek met ’n gipspleister wat die sonlig soos ’n spieël weerkaats het. Om dié rede word geglo die Wit Tempel was ’n simbool van Uruk se politieke mag in dié tyd.

Benewens die tempel het die Anu-ziggoerat ’n enorme trap van kalksteen gehad wat in godsdiensoptogte gebruik is. ’n Trog wat parallel met die trap geloop het, het water uit die ziggoerat dreineer.

Eanna-distrik

Eanna IVa (ligbruin) en IVb (donkerbruin).

Die Eanna-distrik is histories belangrik omdat beide skrif en monumentale openbare geboue tydens die tydperke Uruk VI-IV hier ontstaan het. Die kombinasie van dié twee ontwikkelings maak Eanna stellig die eerste ware stad en beskawing in die mens se geskiedenis. Eanna van die IVa-tydperk bevat die vroegste vorme van wigskrif en moontlik die eerste skryfwerk in die geskiedenis. Hoewel sommige van die wigskriftablette al ontsyfer is, maak probleme met uitgrawings die doel en soms selfs die struktuur van baie geboue onduidelik.

Die eerste gebou van Eanna, die Steenkëel- of Mosaïektempel, is in die VI-tydperk bo-op ’n bestaande Obeid-tempel gebou en was omring deur ’n kalksteenmuur met ’n ingewikkelde stelsel van stutmure. Die tempel, wat genoem is na die mosaïek van gekleurde stene in die fasade, kon die eerste waterkultus in Mesopotamië gewees het. Dit is in die Uruk IVb-tydperk afgebreek en sy inhoud is in die Riemchen-gebou gebruik.

’n Silinderseël en afdruk daarmee uit die Uruk-tydperk, omstreeks 3100 v.C. Louvre.
Tablet van Uruk III (omstreeks 3200-3000 v.C.) oor die verspreiding van bier uit die stoorkamer van ’n instelling. Britse Museum.

In die volgende tydperk, Uruk V, is die Kalksteentempel sowat 100 m oos van die Mosaïektempel gebou op ’n 2 m hoë terras van vasgestampte grond waar ’n Obeid-tempel eers gestaan het. Dit dui, nes die Mosaïektempel, op ’n voortsetting van die Obeid-kultuur. Die Kalksteentempel was egter besonders vanweë sy grootte en die gebruik van stene, en dui op ’n afwyking van die tradisionele Obeid-argitektuur. Die kalksteen is verkry van ’n steengroef by Oemajjad sowat 60 km oos van Uruk. Dit is onduidelik of die hele tempel met dié kalksteen gebou is of net die fondament. Nes die Mosaïektempel was dit met mosaïekwerk bedek. Albei tempels was reghoekig en hulle hoeke het na die verskillende windrigting gewys; ’n sentrale saal het twee kleiner sale weerskante gehad en die fasades het stutmure gehad. Hulle was tipies van alle toekomstige Mesopotamiese tempelargitektuur.

Tussen dié twee monumentale strukture is ’n kompleks geboue (genoem A-C, E-K, Riemchen en Keëlmosaiëk), binnehowe en mure tydens Eanna IVb gebou. Dit is opgerig in ’n tydperk van groot uitbreidings aan die stad terwyl Uruk gegroei het tot 250 hektaar en handel oor lang afstande gevestig is; hulle is ’n voortsetting van argitektuur uit die vorige tydperk. Die Riemchen-gebou, wat genoem is na die 16×16 cm-steenvorm wat in Duits Riemchen genoem word, is ’n gedenkgebou met ’n rituele vuur wat permanent in die middel gebrand het vir die Mosaïektempel nadat dit afgebreek is. Om dié rede verteenwoordig die Uruk IV-tydperk ’n reoriëntasie van geloof en kultuur. Die Riemchen-stene wat in die tempel gebruik is, is vir alle geboue van die Uruk IV-tydperk in Eanna aangewend. Die gebruik van gekleurde keëls vir fasades is ook ontwikkel. Die Riemchen-gebou was die mees monumentele gebou in Eanna – dit is later ritueel vernietig en die hele Eanna-distrik is in die IVa-tydperk op ’n nog groter skaal herbou.

Tydens Eanna IVa is die Kalksteentempel afgebreek en die Rooi Tempel op sy fondament gebou. Die puin van die Uruk IVb-geboue is gebruik vir die bou van ’n terras, die L-vormige Terras, waarop geboue C, D, M, Groot Saal en Pilaarsaal gebou is. Eers is vermoed gebou E was ’n paleis, maar dit het later ’n gemeeskapsgebou blyk te wees. Die indrukwekkende geboue van dié tydperk is gebou terwyl Uruk sy hoogtepunt bereik en tot 600 hektaar uitgebrei het. Al die geboue van Eanna IVa is die een of ander tyd tydens Uruk III afgebreek, om ’n rede wat nie duidelik is nie.

Die argitektuur van Eanna in die III-tydperk was baie anders as tevore. Die kompleks monumentale tempels is vervang met baddens om die Groot Binnehof en die doolhofagtige Gebou van Vasgestampte Grond. Dié tydperk stem ooreen met die Vroegdinastiese Sumer omstreeks 2900 v.C., ’n tyd van groot sosiale omwenteling toe Uruk se oorheersing deur mededingende stadstate bedreig is. Die fortagtige geboue van dié tyd is ’n weerspieëling van dié onrus. Die tempel van Inanna is steeds gebruik in ’n nuwe vorm en met ’n nuwe naam, die Huis van Inanna in Uruk (Sumeries: e2-dinanna unuki-ga). Die ligging van dié struktuur is tans onbekend.[7]

Uruk tot in die laat oudheid

Die gedeeltelik herboude fasade en toegangstrap van die Ziggoerat van Ur, wat oorspronklik in die Nieu-Sumeriese tydperk, omstreeks 2100 v.C., deur Ur-Nammu laat bou is.

Hoewel Uruk in die Vroegdinastiese Sumer ’n vooruitstrewende stad was, is dit eindelik deur die Akkadiese Ryk geannekseer en het dit agteruitgegaan. Later, in die Nieu-Sumeriese tydperk, het die stad ’n heroplewing beleef as ’n groot ekonomiese en kulturele sentrum onder die soewereiniteit van Ur. Die Eanna-distrik is herstel as deel van ’n ambisieuse bouprogram, wat ’n nuwe tempel vir Inanna ingesluit het. Die tempel het ’n ziggoerat bevat: die "Huis van die Heelal" (wigskrif: E2.SAR.A), wat noordoos van die Eanna-ruïnes van die Uruk-tydperk gestaan het.

Die ziggoerat is ook die Ur-Nammu-ziggoerat genoem, na sy bouer, Ur-Nammu. Ná die val van Ur (omstreeks 2000 v.C.), het Uruk vinning agteruitgegaan tot omstreeks 850 v.C., toe die Nieu-Assiriese Ryk dit as ’n provinsiale hoofstad geannekseer het. Onder die Nieu-Assiriese en Nieu-Babiloniese Ryk het Uruk baie van sy voormalige glorie herwin. Teen 250 v.C. is ’n nuwe tempelkompleks, die "Hooftempel" (Akkadies: Bīt Reš), noordoos van die Uruk-tydperk se Anu-distrik gebou. Die Bīt Reš en die tempel Esagila was die twee hoofsentrums van Nieu-Babiloniese sterrekunde. Al die tempels en kanale is ook herstel. Uruk was in dié tyd verdeel in vyf hoofdistrikte: dié van Adad-tempel, Koninklike Vrugteboord, Ištar-poort, Lugalirra-tempel en Sjamasj-poort.[12]

Uruk, wat as Orcha (Ὄρχα) aan die Grieke bekend was, het steeds in die Seleukidiese Ryk floreer. Dit was toe 300 hektaar groot en het dalk 40 000 inwoners gehad.[12][13][14] In 200 v.C. is die "Groot Heiligdom" (wigskrif: E2.IRI12.GAL; Sumeries: eš-gal) van Isjtar tussen die Anu- en Eanna-distrik gebou. Die ziggoerat van die tempel van Anu, wat in dié tydperk herbou is, was die grootste wat ooit in Mesopotamië gebou is.[14] Toe die Seleukiede Mesopotamië in 141 v.C. aan die Partiërs afstaan, het Uruk weer agteruitgegaan en nooit herstel nie. Die val van Uruk kon deels aan die verskuiwing van die Eufraat te wyte gewees het. Teen 300 n.C. was Uruk hoofsaaklik verlate, maar ’n groep Mandeërs het hulle daar gevestig.[15] Teen omstreeks 700 n.C. was die terrein heeltemal verlate.

Notas

  1. Sumeries: 𒀕𒆠, unugki; Akkadies: 𒌷𒀕 of 𒌷𒀔, Uruk (URUUNUG); Arabies: وركاء of أوروك, Warkāʼ of Auruk; Siries: ܐܘܿܪܘܿܟ,‘Úrūk; Hebreeus: אֶרֶךְ; Grieks: Ὀρχόη, Orkhóē

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 Harmansah, 2007
  2. Nissen, Hans J (2003). "Uruk and the formation of the city". In Aruz, J (red.). Art of the First Cities: The Third Millennium B.C. from the Mediterranean to the Indus. New York: Metropolitan Museum of Art. pp. 11–20. ISBN 9780300098839.
  3. Algaze, Guillermo (2013). "The end of prehistory and the Uruk period". In Crawford, Harriet (red.). The Sumerian World (PDF). London: Routledge. pp. 68–95. ISBN 9781138238633. Besoek op 26 Julie 2020.[dooie skakel]
  4. Warwick Ball, 2001, Rome in the East: the transformation of an empire, p. 89.
  5. Tertius Chandler, Four Thousand Years of Urban Growth: An Historical Census, Edwin Mellen Press, 1987, ISBN 0-88946-207-0
  6. Asimov, I. (1968) The Near East, Boston: Houghton Mifflin, pp. 16–18
  7. 7,0 7,1 Beaulieu, 2003
  8. Fassbinder, 2003
  9. Charvát 2002, p.119
  10. Crüsemann, Nicola; Ess, Margarete van; Hilgert, Markus; Salje, Beate; Potts, Timothy (2019). Uruk: First City of the Ancient World (in Engels). Getty Publications. p. 325. ISBN 978-1-60606-444-3.
  11. Charvát, 2002 p.126
  12. 12,0 12,1 Baker, 2009
  13. R. van der Spek, “The Latest on Seleucid Empire Building in the East.” Journal of the American Oriental Society 138.2 (2018): 385–94.
  14. 14,0 14,1 R. van der Spek, “Feeding Hellenistic Seleucia on the Tigris.” In Feeding the Ancient Greek City, reds. R. Alston & O. van Nijf, 36. Leuven ; Dudley, MA: Peeters Publishers, 2008.
  15. According to some finds of Mandaic incantation bowls, Rudolf Macuch, "Gefäßinschriften," in Eva Strommenger (red.), Gefässe aus Uruk von der Neubabylonischen Zeit bis zu den Sasaniden (= Ausgrabungen der deutschen Forschungsgemeinschaft in Uruk-Warka 7) (Berlin: Gebr. Mann, 1967), pp. 55–57, pl. 57.1–3.

Bronne

Skakels

Read other articles:

Canadian ice hockey player Ice hockey player Patrick Traverse Traverse with the Worcester Sharks in 2007Born (1974-03-14) March 14, 1974 (age 49)Montreal, Quebec, CanadaHeight 6 ft 4 in (193 cm)Weight 207 lb (94 kg; 14 st 11 lb)Position DefenceShot LeftPlayed for Ottawa SenatorsMighty Ducks of AnaheimBoston BruinsMontreal CanadiensDallas StarsDEG Metro StarsHamburg FreezersNational team  CanadaNHL Draft 50th overall, 1992Ottawa SenatorsPlaying care...

 

Constituency in the Eastern Region, Ghana Asene Akroso-Mansoconstituencyfor the Parliament of GhanaDistrictBirim Central Municipal DistrictRegionEastern Region of GhanaCurrent constituencyPartyNew Patriotic PartyMPGeorge Kwame Aboagye Asene Akroso-Manso is one of the constituencies represented in the Parliament of Ghana. It elects one Member of Parliament (MP) by the first past the post system of election.[1] Asene Akroso-Manso was one of the constituencies created before the 2012 gen...

 

Ini adalah nama Batak Toba, marganya adalah Sitorus. Edison SitorusAnalis Kebijakan Utama bidang Bindiklat Lemdiklat Polri Informasi pribadiLahir27 Desember 1966 (umur 56)Medan, Sumatera UtaraAlma materAkademi Kepolisian (1988)Karier militerPihak IndonesiaDinas/cabang Kepolisian Negara Republik IndonesiaMasa dinas1988—sekarangPangkat Brigadir Jenderal PolisiNRP66120397SatuanPolairSunting kotak info • L • B Brigjen. Pol. Drs. Edison Sitorus, M.H. (lahir 27 Desemb...

Заголовок цієї статті — японське ім'я. Воно складається з прізвища та особового імені, яке слідує за ним: іменем цієї особи є Кодзо, а прізвищем — Араї. Араї Кодзо Особисті дані Народження 24 жовтня 1950(1950-10-24) (73 роки)   Етаджіма, Префектура Хірошіма, Японія Зріст 178 см Гр...

 

Central AsiaArea4,003,451 km2 (1,545,741 sq mi)Population75,897,577 (2021) (16th)[1][2]Population density17.43/km2 (45.1/sq mi)GDP (PPP)$1.25 trillion (2023)[3]GDP (nominal)$446 billion (2023)[3]GDP per capita$5,900 (2023; nominal)[3]$16,400 (2023; PPP)[3]HDI0.779 (high)DemonymCentral AsianCountries 5 recognized  Kazakhstan  Kyrgyzstan  Tajikistan  Turkmenistan  Uzbekistan LanguagesDungan, Karakalpak,...

 

The earliest translation of the old testament into the Basque language (a fragment). By Pierre D'Urte of St. Jean de Luz, circ. 1700 Joanes Leizarraga, a Catholic priest who joined the Reformation, translated the New Testament into Basque (1571).[1] George Borrow translated the Gospel of Luke into Basque in 1838, but the translation were banned for personal sale, with only public libraries being permitted copies.[2] Jose Antonio Uriarte produced the first complete Bible transl...

Highway in the United States U.S. Route 13US 13 highlighted in redRoute informationLength517.81 mi[1] (833.33 km)Existed1926–presentMajor junctionsSouth end I-95 / I-295 near Fayetteville, NCMajor intersections US 70 in Goldsboro, NC US 64 near Bethel, NC US 17 near Williamston, NC I-64 in Norfolk, VA US 113 in Pocomoke City, MD US 50 near Salisbury, MD US 9 in Laurel, DE I-295 / US 40 near Wilmington, DE I-76...

 

Air warfare branch of Norway's armed forces Royal Norwegian Air ForceLuftforsvaretBadge of the Royal Norwegian Air ForceFounded10 November 1944; 79 years ago (1944-11-10)Country NorwayAllegianceKingdom of NorwayTypeAir forceRoleAerial warfareSize3,650102 aircraft[1]Part ofNorwegian Armed ForcesHeadquartersRygge Air StationMotto(s)Konge, Folk og FedrelandKing, People and FatherlandWebsiteforsvaret.no/luftforsvaret CommandersCommander-in-ChiefHM King Harald V...

 

American voice actor Robbie DaymondDaymond in August 2019BornRobert Daymond Howard (1982-03-11) March 11, 1982 (age 41)Chesterfield, Missouri, U.S.EducationWebster UniversityUniversity of Nevada, Las Vegas (BFA, MFA)OccupationVoice actorYears active2007–presentSpouse Megan Strand ​(m. 2019)​Children2Websiterobbiedaymond.com Robert Daymond Howard (born March 11, 1982) is an American voice actor who is mostly known for his roles in video games, animation...

Season of television series Season of television series One PieceSeason 15Fishman IslandCover for the first Japanese DVD compilation of the fifteenth season as released by Toei AnimationCountry of originJapanNo. of episodes62ReleaseOriginal networkFuji TelevisionOriginal releaseOctober 2, 2011 (2011-10-02) –December 23, 2012 (2012-12-23)Season chronology← PreviousSeason 14Next →Season 16List of episodes The fifteenth season of the One Piece anime television seri...

 

British TV series or programme Little Big ShotsAlso known asLittle Big Shots UKGenre Children Talk show Talent show Created by Ellen DeGeneres Steve Harvey Based onLittle Big Shotsby Ellen DeGeneres and Steve HarveyWritten by Lee Stuart Evans Alan Connor Directed by Liz Clare (1) Ollie Bartlett (2) Creative directorLiam LunnissPresented byDawn FrenchCountry of originUnited KingdomOriginal languageEnglish Mandarin ChineseNo. of seasons2No. of episodes12ProductionProducers Andy Rowe Emma T...

 

Family of fishes Merlucciidae Silver hake, Merluccius bilinearis Scientific classification Domain: Eukaryota Kingdom: Animalia Phylum: Chordata Class: Actinopterygii Order: Gadiformes Family: MerlucciidaeT. N. Gill, 1884 Genera Lyconodes Lyconus Macruronus Merluccius Steindachneria The Merlucciidae, commonly called merluccid hakes /mərˈluːtʃɪd/,[1][2] are a family of cod-like fish, including most hakes.[3] They are native to cold water in the Atlantic and Pacific ...

Гетеборзький кафедральний собор Дата створення / заснування 1815 Країна  Швеція[1] Адміністративна одиниця Гетеборг[1] Дієцезія Diocese of Gothenburgd Християнський літургічний обряд лютеранство З матеріалу пісковик Архітектор Carl Wilhelm Carlbergd Архітектурний стиль архітек...

 

Open mosaic habitat at The Sanctuary Bird Reserve, Pride Park, Derby, prior to destruction for a cycle race track in 2014. Pride Park Football Stadium is in background. The Sanctuary is a bird and wildlife sanctuary and designated local nature reserve (LNR) located on Pride Park in the city of Derby, England. It is on a twelve hectare site on the west bank of the River Derwent, adjacent to Pride Park Stadium and Derby Arena. Controversial plans by the local council owners to build a closed ci...

 

Place in Bar, MontenegroVirpazar ВирпазарVirpazarLocation within MontenegroCoordinates: 42°14′06″N 19°05′28″E / 42.23500°N 19.09111°E / 42.23500; 19.09111Country MontenegroMunicipality BarPopulation (2011) • Total277Time zoneUTC+1 (CET) • Summer (DST)UTC+2 (CEST) Virpazar (Serbian Cyrillic: Вирпазар, pronounced [v̞îrpazaːr]) is a village in the municipality of Bar, Montenegro. Overview It is locat...

University Canadian football team Windsor LancersWindsor Lancers logoFirst season1968Athletic directorStephanie WhiteHead coachJean-Paul Circelli4th year, 13–17  (.433)Other staffJoe Circelli (OC) Patrick Donovan (DC)Home stadiumUniversity of Windsor Stadium Year built2005Stadium capacity2,500[1]Stadium surfaceFieldTurfLocationWindsor, OntarioLeagueU SportsConferenceOUA (1980–present)Past associationsCCIFC (1968–1970)OUAA (1971–1973)OQIFC (1974–1979)All-time record&...

 

Soviet Ukrainian playwright and public servant Oleksandr KorniychukChairman of the Supreme Soviet of the Ukrainian SSRIn office1947–1953Preceded byvacant (previously by Mykhailo Burmystenko)Succeeded byPavlo TychynaIn office1959–1972Preceded byPavlo TychynaSucceeded byMykhailo BilyiMinister of Foreign Affairs of the Ukrainian SSRIn office1944–1944PremierNikita KhrushchevPreceded byvacant (previously by Christian Rakovsky)Succeeded byDmytro Manuilsky Personal detailsBorn(1905-05-25)25 Ma...

 

Russian actress Sofia AkimovaBornСофья Павловна РебристоваSeptember 1824Moscow, Russian EmpireDied16 June 1889Ramenskoye, Moscow Governorate, Russian EmpireYears active1846–1889 Sofia Pavlovna Akimova (Russian: Софья Павловна Акимова, née Rebristova, Ребристова; born September 1824, Moscow, Imperial Russia, – died 16 June 1889, Ramenskoye, Moscow Governorate, Imperial Russia) was a popular Russian stage actress, associated with Ma...

Crime novel by Alexander McCall Smith Blue Shoes and Happiness Cover of the first edition (Polygon)AuthorAlexander McCall SmithCover artistDesign: James Hutcheson; Illustrations: Iain McIntoshCountryScotlandLanguageEnglishSeriesThe No. 1 Ladies' Detective Agency seriesGenreDetective, Mystery novelPublisherPolygon BooksPublication date2006Media typePrint (hard & paperback), audio (cassette & CD)Pages233 1st edition, hardbackISBN1-904598-63-3Preceded byIn the Company of ...

 

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (نوفمبر 2019) الدوري الفرنسي 1962–63 تفاصيل الموسم الدوري الفرنسي  النسخة 25  البلد فرنسا  التاريخ بداية:18 أغسطس 196...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!