Die Suidelike Nederlande is die naam van die vorstedomme wat na die Tagtigjarige Oorlog onder Spaanse gesag gebly het.
Oor die algemeen word die onderstaande gebiede bedoel. Die meeste hiervan behoort nou tot België, maar enkele maak tans deel uit van Frankryk, Nederland of Luxemburg. Kleiner dele lê ook in Duitsland.
In 1790 roep meeste van die oorblywende provinsies (hierbo aangedui met VS) onafhanklikheid uit as die republiek van die Verenigde Nederlandse State. Teen die einde van die jaar is Oostenrykse gesag weer herstel, maar nie vir lank nie.
In die Franse tyd (1792-1815) word die Prinsbisdom Luik, die Prinsdom Stavelot-Malmedy, die Hertogdom Bouillon, en nog 'n paar klein selfstandige gebiede, wat nooit tot die Oostenrykse Nederlande behoort het nie, met die Suidelike Nederlande verenig.