Lille

Lille

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Frankryk Frankryk
 Région (gewes) Nord-Pas-de-Calais
 Département Nord
 Koördinate 50°38′N 3°04′O / 50.633°N 3.067°O / 50.633; 3.067
 Stigting 1054
 Oppervlakte:  
 - Totaal 34,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 18–46 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2019) 234 475
 - Bevolkingsdigtheid 6 700/vk km
 - Metropolitaanse gebied 1 510 079
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Martine Aubry (PS)
 Amptelike webwerf lille.fr

Lille of Rysel (Frans: [lil], ; Nederlands: Rijsel, [ˈrɛisəl]; Pikardies: Lile; Wes-Vlaams: Rysel) is die hoofstad van die département Nord, die région Nord-Pas-de-Calais (Frankryk) en Frans-Vlaandere, naby die Belgiese grens, met sowat 234 000 inwoners (2019).

Saam met die 95 communes in die omgewing, onder meer Roubaix, Tourcoing en Villeneuve-d'Ascq, vorm Lille 'n metropolitaanse gebied genaamd Métropole Européenne de Lille met byna 1,2 miljoen inwoners, die vierde grootste in die land na Métropole du Grand Paris, Métropole d'Aix-Marseille-Provence en Métropole de Lyon. Saam met 'n aantal Belgiese stede oorkant die grens, waaronder Kortrijk (Frans: Courtrai), Mouscron (Nederlands: Moeskroen) en Menen (Frans: Menin), het die Frans-Belgiese metropolitaanse gebied 1,7 miljoen inwoners. Lille is een van die jongste stede in Frankryk wat die ouderdomsstruktuur betref – sowat 40 persent van die bevolking is tussen 0 en 25 jaar oud, en daar is sowat 40 000 studente.

Geskiedenis

Die handelskamer van Lille ("Chambre de commerce")
Die Porte de Paris, opgerig ter ere van koning Lodewyk XIV

Die stad is aanvanklik 'n klein Vlaamse dorpie. Graaf Boudewyn IV van Vlaandere versterk die dorp in 1030 as administratiewe hoofstad van die suidelike deel van sy graafskap. Tussen die 11de en 13de eeu is Lille een van die Vlaamse sentra van die tekstielnywerheid. Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Frankryk en Engeland word die stad deur Franse, Engelse en Vlaamse troepe verower en sy handel ernstig verstoor. Die 16de eeu is 'n tydperk van pes-epidemieë en religieuse onluste. Na sy inlywing by Frankryk in 1668 beleef die stad 'n nuwe bloeitydperk.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog is Lille van Oktober 1914 tot Oktober 1918 deur Duitse troepe beset. Weens sy ligging naby die frontlinies is groot dele van die stad verwoes. Britse troepe onder die bevel van generaal Birdwood bevry die stad. Ook tydens die Tweede Wêreldoorlog moet Lille vanaf Mei 1940 die besetting deur Duitse troepe verduur. In ooreenstemming met die fascistiese beleid van Nazi-Duitsland word Lille saam met die département Nord by die militêre administrasie van België ingelyf. Ná die landing van geallieerde troepe in Normandië word Lille op 3 September 1944 bevry.

In die sestiger- en sewentigerjare van die 20ste eeu beleef die tradisionele tekstiel- en metallurgiese nywerhede saam met die steenkoolmynbou 'n ernstige krisis.

Kuns en kultuur

Die Ou Beurs (La Vieille Bourse)
Die binnehof van die Ou Beurs

Saam met die Italiaanse Genua dra Lille die trotse titel "Kulturele hoofstad van Europa 2004".

Die stad verskil sterk van die res van Frankryk, en sy leefstyl en argitektuur toon baie ooreenkomste met dié van sy Belgiese bure Gent, Brugge of Antwerpen.

Die Palais des Beaux-Arts is die tweede grootste kunsmuseum in Frankryk na die Paryse Louvre. Ander besienswaardighede sluit die Ou Beurs uit die 17de eeu, die Opera en die ou burgerhuise in die boustyl van die Vlaamse renaissance in. Die Place du Général de Gaulle is vernoem na die Franse staatshoof wat in Lille gebore is. Onder die bewind van hertog Filips I word Lille na sy heropbou deel van die Boergondiese staat en die sentrum van sy finansiële administrasie. Die museum Hospice Comtesse, wat in die binnestad van Lille lê, is 'n voormalige hospitaal. Grawin Johanna van Vlaandere het die instelling in 1237 gestig. Die museum vertoon versamelings van Vlaamse en Nederlandse skilderye, kunsobjekte, musiekinstrumente en Vlaamse meubels. Die geskiedenis van die gebied word aan die hand van beelde gedokumenteer.

Moderne besienswaardighede

  • Die bekende Nederlandse argitek Rem Koolhaas het die futuristiese inkoopsentrum Euralille ontwerp.
  • Die nuwe Métro VAL is in 1983 ingewy en die eerste wêreldwyd wat ten volle geoutomatiseer is en sonder bestuurders klaarkom.
  • Die Maisons folies ("gekke huise") is twaalf ou nywerhede, hospitale en woonhuise wat in teaters, kroeë, tentoonstellingsruimtes en diskoteke omgeskep is.
  • Die multikulturele stadswyk Wazemmes is die ontmoetplek vir studente en kunstenaars. Naby die besige markplein van die buurt is een van die Maisons folies, 'n glansende metaalgebou wat nou 'n reusagtige konsertsaal huisves en met die fabriekvloere van die ou tekstielnywerheid Leclerc vebind is. Naas talle kunstenaarsateljees spog die kultuursentrum met 'n hammam, 'n Marokkanse stoombad.
  • 9, rue Princesse in die historiese binnestad van Lille is die geboortehuis van generaal Charles de Gaulle. Die gebou dien tans as 'n museum en kulturele sentrum.
  • Braderie is die naam van die bekende vlooimark, wat tydens die eerste naweek in September plaasvind.

Plaaslike kookkuns

Een van die ooreenkomste met hulle Belgiese bure is die voorkeur wat die inwoners van Lille (die Lillois) aan bier (pleks van wyn) gee. Ook die kookkuns toon die Vlaamse invloed – Carbonade Flamande (in biersous gekookte beesvleis, wat in Vlaandere as Stoofvlees bekend staan) en Moulesfrites (Mossels met pommes frites) is die bekendste plaaslike geregte.

Sport

Lille se Stade Henri-Jooris is tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 vir wedstryde gebruik, terwyl tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2016 en die Rugbywêreldbeker 2023 van die Stade Pierre-Mauroy gebruik gemaak is.

Bekende boorlinge van Lille

'n Panoramiese uitsig oor die Grand' Place van Lille

Eksterne skakels

Read other articles:

Studies devoted to Sanskrit language and literature A poem of the ancient Indian poet Vallana (between 900 and 1100 CE) on the side wall of the building at the Haagweg 14 in Leiden, Netherlands. Sanskrit has been studied by Western scholars since the late 18th century. In the 19th century, Sanskrit studies played a crucial role in the development of the field of comparative linguistics of the Indo-European languages. During the British Raj (1857–1947), Western scholars edited many Sanskrit ...

 

politieversie van de NTX 750 De Moto Guzzi V 75 is een motorfietstype van Moto Guzzi dat in 1986 in productie werd genomen en in de vorm van de Moto Guzzi Nevada 750 in 2012 nog steeds leverbaar was. Voorgeschiedenis Moto Guzzi produceerde al sinds 1967 zware V-twins. In 1977 waren daar twee lichte modellen bij gekomen: de V 35 en de V 50. Rond 1980 gaapte er intussen een vrij groot gat tussen de 500 cc modellen en de 850 cc modellen. Men besloot dit op te lossen door in 1981 een 65...

 

Football aux Jeux olympiques intercalaires de 1906 Généralités Sport Football Organisateur(s) Grèce Éditions Non reconnue par le CIO Lieu(x) Athènes Date du 23 au 25 avril 1906 Nations 3 Participants 4 Épreuves 1 Palmarès Vainqueur Sélection de Copenhague Deuxième Smyrne Troisième Thessalonique Navigation Saint-Louis 1904 Londres 1908 modifier Le football figure au programme des Jeux olympiques intercalaires de 1906 à Athènes. Seules quatre équipes ont participé, dont trois vil...

De Klomp Plaats in Nederland Situering Provincie Gelderland Gelderland Gemeente Ede Ede Coördinaten 52° 3′ NB, 5° 34′ OL Algemeen Inwoners (2021-01-01) 460[1] Overig Woonplaatscode 2770 Portaal    Nederland De Klomp is een kleine woonkern in de gemeente Ede, in de Nederlandse provincie Gelderland, tegen de grens van de Utrechtse gemeente Veenendaal aan. De Klomp ligt aan de oude rijksweg Utrecht - Arnhem (N224) en iets ten noorden ligt het dorp Ederveen. In 20...

 

Subsecretaría de Agricultura de Chile Subsecretaría de Agricultura LocalizaciónPaís ChileInformación generalSigla SUBAGRIJurisdicción ChileTipo SubsecretaríaSede Teatinos 40, SantiagoOrganizaciónSubsecretaria Ignacia Fernández GaticaDepende de Ministerio de AgriculturaPresupuesto 65 533 721 miles de pesos chilenos (2020)[1]​HistoriaFundación c. 1958Sitio web oficial[editar datos en Wikidata] La Subsecretaría de Agricultura de Chile (SUBAGRI) es la sub...

 

دومينيك دو غوزمان   معلومات شخصية الميلاد 8 أغسطس 1170  كاليرويغا  الوفاة 6 أغسطس 1221 (50 سنة)   بولونيا  مواطنة مملكة ليون  الحياة العملية المهنة كاهن كاثوليكي  اللغات الإسبانية  تعديل مصدري - تعديل   القديس دومينيك (1170-1221)، رسمة لفرا أنجيليكو. القديس دوميني...

Julius Joachim (Jochen) Bartsch Geburtsurkunde von Julius Joachim (Jochen) Bartsch Julius Joachim „Jochen“ Bartsch, häufig auch Joachim Bartsch oder J. Joachim Bartsch, (* 13. September 1903 in Straßburg; † 23. November 1965 in München) war ein deutscher Schauspieler, Regisseur, Dramaturg und Autor von Drehbüchern. Inhaltsverzeichnis 1 Leben 2 Filmografie 3 Literatur 4 Weblinks Leben Der Sohn eines Offiziers studierte nach seinem Abitur im schlesischen Liegnitz zwischen 1922 und 192...

 

American politician Charles MoranMember of the Michigan House of Representativesfrom the Wayne County districtIn officeJuly 11, 1836 – January 1, 1837Preceded byJonathan P. Fay (died in office)In officeJanuary 1, 1838 – January 6, 1839In officeJanuary 6, 1840 – January 3, 1841 Personal detailsBorn(1797 -04-21)April 21, 1797Detroit, MichiganDiedOctober 13, 1876(1876-10-13) (aged 79)Detroit, MichiganPolitical partyDemocratic Charles Moran (April...

 

België is een kruispunt van diverse West-Europese culturen. Het land zelf is hoofdzakelijk verdeeld in een Nederlandstalig Vlaanderen en een Franstalig Wallonië, met nog een Duitstalig gebied en een niet onbelangrijke groep mensen van vreemde origine, vooral afkomstig uit Italië, Frankrijk, Nederland, Marokko en Polen[1]. Deze verdeling zet zich ook verder in de muziekwereld in België. Naast zijn nationale eigenheden volgt de muziek in het land echter de tradities van de omliggend...

2017 Indian filmThe Pangti StoryPromotional posterDirected bySesino YhoshüProduced byRajiv MehrotraCinematographyMegotsolie DolieEdited byNeithonuo TüngoeMusic byJonathan LushaiRelease date February 2017 (2017-02) (National Science Film Festival) Running time26 minutesCountryIndiaLanguagesEnglish, Lotha, Nagamese The Pangti Story is a 2017 Naga documentary film by Kohima-based film maker Sesino Yhoshü.[1] The film explores the transition of an entire village from one ...

 

Filipino singer-songwriter (born 1996) In this Philippine name, the middle name or maternal family name is Daug and the surname or paternal family name is Amon. MorissetteMorissette performing in 2015BornJohanne Morissette Daug Amon (1996-06-02) June 2, 1996 (age 27)Minglanilla, Cebu, PhilippinesOccupations Singer songwriter producer Years active2010–presentSpouse Dave Lamar ​(m. 2021)​Musical careerGenres OPM pop R&B ballad Instrument(s)V...

 

Emisi neutron adalah sejenis peluruhan radioaktif dari atom yang mengandung kelebihan neutron, di mana sebuah neutron secara langsung dilepaskan dari nukleus. Emisi neutron adalah salah satu cara atom mencapai kestabilannya. Sebuah atom tidak stabil, maka bersifat radioaktif, ketika gaya di dalam nukleus tidak seimbang. Ketidakstabilan nukleus dihasilkan dari nukleus yang memiliki neutron tambahan atau proton tambahan. Dua contoh isotop yang melepaskan neutron tersebut adalah berilium-13 (rer...

PleretKalurahanNegara IndonesiaProvinsiDaerah Istimewa YogyakartaKabupatenBantulKecamatanPleretKode Kemendagri34.02.13.2002 Luas... km²Jumlah penduduk... jiwaKepadatan... jiwa/km² Penyerbuan Pleret oleh Belanda pada masa Perang Diponegoro (gambar dibuat tahun 1900 oleh G. Kepper) Pleret (Jawa: ꦥ꧀ꦭꦺꦫꦺꦢ꧀, translit. Plèrèd) adalah kalurahan di kapanéwon Pleret, Bantul, Daerah Istimewa Yogyakarta, Indonesia. Kesultanan Mataram pernah beribu kota di sini, yaitu d...

 

Opera by César Cui Composer César Cui The Saracen (Сарацин in Cyrillic, Saracin in transliteration), is an opera by César Cui composed during 1896–1898. The libretto was written by Vladimir Vasilievich Stasov and the composer, based on a play by Alexandre Dumas (père) entitled Charles VII chez ses grands vassaux. The opera was premiered on 2 November 1899 (Old Style), in Saint Petersburg at the Mariinsky Theatre, with Eduard Nápravník as conductor. It was staged also in 1902 by...

 

Mid-engined Italian sport car Motor vehicle Pagani HuayraPagani Huayra RoadsterOverviewManufacturerPagani Automobili S.p.A.Production2011–2018[1] (Huayra) (100 units)2017–2019 (Huayra BC) (20 units)2017–2020[2] (Huayra Roadster) (100 units)2019–2022 (Huayra Roadster BC) (40 units)2019–2021 (Imola) (5 units)2020–2022 (Huayra Tricolore) (3 units)2021–present (Huayra R) (30 units)2022 (Huayra Codalunga) (5 units)2023-present (Imola Roadster) (8 units)(All the preced...

Panorama, Fermo (2008) An Syudad han Fermo amo an kapital han lalawigan han Fermo ha Italya. khlMarche · Mga comune han Fermo Altidona · Amandola · Belmonte Piceno · Campofilone · Falerone · Fermo · Francavilla d'Ete · Grottazzolina · Lapedona · Magliano di Tenna · Massa Fermana · Monsampietro Morico · Montappone · Montefalcone Appennino · Montefortino · Monte Giberto · Montegiorgio · Montegranaro · Monteleone di Fermo · Montelparo · Monte Rinaldo · Monterubbiano · ...

 

Medical conditionProthrombin G20210AOther namesProthrombin thrombophilia,[1] factor II mutation, prothrombin mutation, rs1799963, factor II G20210ASymptomsBlood clots[1]Frequency2% (Caucasians)[1] Prothrombin G20210A is a genetic condition that increases the risk of blood clots including from deep vein thrombosis, and of pulmonary embolism.[1] One copy of the mutation increases the risk of a blood clot from 1 in 1,000 per year to 2.5 in 1,000.[1] Two co...

 

American politician and diplomat (born 1943) Paul WolfowitzOfficial portrait, 200110th President of the World Bank GroupIn officeJune 1, 2005 – June 30, 2007Preceded byJames WolfensohnSucceeded byRobert Zoellick28th United States Deputy Secretary of DefenseIn officeMarch 2, 2001 – June 1, 2005PresidentGeorge W. BushSecretaryDonald RumsfeldPreceded byRudy de LeonSucceeded byGordon England5th Dean of the Paul H. Nitze School of Advanced International StudiesIn office1994...

Esta página cita fontes, mas que não cobrem todo o conteúdo. Ajude a inserir referências. Conteúdo não verificável pode ser removido.—Encontre fontes: ABW  • CAPES  • Google (N • L • A) (Setembro de 2021) Love Will Tear Us Apart Love Will Tear Us Apart Single de Joy Division Lado B These Days Lançamento Junho de 1980[1] Gravação Março de 1980, Strawberry Studios, Stockport, Inglaterra, Reino Unido[2] Gênero(s) Pós-pu...

 

2004 studio album by the Funeral PyreImmersed by the Flames of MankindStudio album by the Funeral PyreReleasedNovember 1, 2004GenreMelodic death metalLength49:27LabelSelf releasedThe Funeral Pyre chronology October(2003) Immersed by the Flames of Mankind(2004) The Nature of Betrayal(2006/2007) Immersed in the Flames of Mankind is an independently released, full-length album by the band the Funeral Pyre.[1][2] This is a follow-up to the EP, October.[3] Despite b...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!