Annecy is 'n Oos-Franse stad wat aan die noordelike hoek van die Annecy-meer (Lac d'Annecy, 27 km²) en sowat 35 km suid van Genève, Switserland geleë is.
Die stad met 'n bevolking van sowat 50 000 dien as prefektuur (hoofstad) van die département Haute-Savoie.
Annecy was naas München en Pyeongchang, Suid-Korea een van die kandidaatstede vir die Olimpiese Winterspele 2018.