Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) is die liggaam wat verantwoordelik is vir die bestuur van Suid-Afrika se nasionale parke. SANParke is in 1926 gestig, en bestuur tans 19 parke[1] met 'n totale area van 3 700 000 km2, of omtrent 3% van die land se oppervlakte.[2]
Die bekendste park is die Krugerwildtuin, wat ook die grootste en oudste is. Dit beslaan 'n gebied van amper 2 000 000 km2 en is in 1898 geproklameer en het in 1926 vir besoekers geopen.
Die Krugerwildtuin en die Tafelberg Nasionale Park is die twee mees besoekte trekpleisters vir toeriste in die land. Daarnaas is die onlangs-vergrote Addo-olifant Nasionale Park byna deurentyd vol bespreek, weens sy maklike bereikbaarheid van Gqeberha (voorheen Port Elizabeth) af.
Parke
Addo
Agulhas
Augrabies
Bontebok
Kamdeboo
Golden Gate
Karoo
Kgalagadi
Kruger
Mapungubwe
Marakele
Mokala
Bergkwagga
Namaqua
Tafelberg
Tankwa Karoo
Tuinroete
Weskus
|Ai-|Ais/Richtersveld
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke
Die volgende parke word deur SANParke bestuur en bedryf: