Stella Ndabeni-Abrahams
|
Stella Ndabeni-Abrahams in 2018
|
Minister van Kleinsakeontwikkeling
|
Ampsbekleër
|
Termynaanvang 5 Augustus 2021
|
President
|
Cyril Ramaphosa
|
Voorafgegaan deur
|
Khumbudzo Ntshavheni
|
Minister van Kommunikasie, Telekommunikasie en Poswese
|
Ampstermyn 22 November 2018 – 5 Augustus 2021
|
President
|
Cyril Ramaphosa
|
Voorafgegaan deur
|
Siyabonga Cwele (Telekommunikasie en Poswese), Nomvula Mokonyane (Kommunikasie)
|
Opgevolg deur
|
Khumbudzo Ntshavheni
|
Adjunkminister van Telekommunikasie en Poswese
|
Ampstermyn 31 Maart 2017 – 22 November 2018
|
President
|
Jacob Zuma
|
Voorafgegaan deur
|
Hlengiwe Mkhize
|
Adjunkminister van Kommunikasie
|
Ampstermyn 23 Oktober 2011 – 31 Maart 2017
|
President
|
Jacob Zuma
|
Minister
|
Faith Muthambi
|
Opgevolg deur
|
Thandi Mahambehlala
|
Persoonlike besonderhede
|
Gebore
|
Stella Tembisa Ndabeni 30 Junie 1978 (1978-06-30) (46 jaar oud) Mthatha, Oos-Kaap
|
Politieke party
|
African National Congress
|
Eggenoot/-note
|
Thato Abrahams
|
Kind(ers)
|
3
|
Alma mater
|
Rhodes-universiteit; Wits
|
Stella Ndabeni (gebore op 30 Junie 1978 in Mthatha) is die dienende minister van Kleinsakeontwikkeling, voorheen minister van Kommunikasie, Telekommunikasie en Poswese en 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.[1]
Vroeë lewe
Ndabeni-Abrahams is in 1978 in Sakhela, 'n dorpie naby Mthatha, gebore. Sy is die eersteling van ses kinders in haar gesin en haar ouers was pastore.
Opleiding
Ndabeni-Abrahams het haar hoërskoolopleiding by die Holy Cross Senior Sekondêre Skool in Mthatha voltooi.
Sy het haar akademies gekwalifiseer aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad. Sy is 'n ontvanger van 'n Gevorderde Sertifikaat in Projekbestuur; Statebond Telekommunikasie-organisasie Diploma in Telekommunikasie en Bestuurstelsels; 'n sertifikaat in Telekommunikasie, Beleid en Regulasiebestuur, aan die Wits-universiteit.[2] sowel as 'n Projeksbestuursdiploma by Cranefields College.[1]
Politieke loopbaan
Op 5 Augustus 2021 het president Ramaphosa die nasionale uitvoerende gesag herstruktureer en Ndabeni-Abrahams as Minister van Kleinsakeontwikkeling aangestel, in die plek van Khumbudzo Ntshavheni, wat as Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie oorgeneem het.[3]
Persoonlike lewe
Stella Ndabeni-Abrahams is getroud met Thato Abrahams het drie kinders.
Verwysings
Eksterne skakels
|
---|
President | |
---|
Adjunkpresident | |
---|
Ministers | |
---|