Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page
Available for Advertising

Pools

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Pole (volk).
Pools
język polski 
Uitspraak: [ˈpɔlski]
Gepraat in: Vlag van Pole Pole
Vlag van Belarus Belarus
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Litaue Litaue
Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vlag van Brasilië Brasilië
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 
Gebied: Sentraal- en Oos-Europa
Totale sprekers: 40 miljoen[1] 
Rang: 27
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Lechities
    Pools 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Pole Pole
Gereguleer deur: Poolse Taalraad (Rada Języka Polskiego)
Taalkodes
ISO 639-1: pl
ISO 639-2: pol
ISO 639-3: pol 
Verspreiding van Pools

Die Poolse taal (Pools: język polski, polszczyzna [ˈpɔlski]) maak deel uit van die Lechitiese groep van die Wes-Slawiese tale, 'n subgroep van die Indo-Europese taalfamilie. Dit is nou verwant aan Kasjoebies, Tsjeggies, Slowaaks en Sorbies en tans die mees gesproke Slawiese taal naas Russies.

'n Poolse moedertaalspreker

Pools is die amptelike taal van Pole asook een van die ampstale van die Europese Unie. Naas sowat 38 miljoen Poolssprekendes in Pole is daar tussen 1,5 en 2 miljoen sprekers in die buiteland (sommige akademiese bronne noem hoër syfers van tot agt miljoen[2]). Groot minderhede van Poolssprekendes word in Oos- en Noordoos-Europese lande soos Rusland, Litaue, Belarus, Oekraïne en Tsjeggië aangetref, maar ook in immigrantegemeenskappe in Kanada, Ierland, Argentinië en Australië. Daar is beduidende Poolse minderhede in die Verenigde State waar sowat 670 000 Poolssprekendes hulle gevestig het,[3] asook in Duitsland, Brasilië, Frankryk en die Verenigde Koninkryk.

Kenmerke

Verspreiding van Pools in Europa:
in rooi: Pole (met Pools as ampstaal)
in donkerpienk: gebiede met beduidende Poolssprekende minderhede
in ligpienk: die Europese Unie (met Pools as een van sy ampstale)
blou kolletjies: stedelike gebiede met beduidende Poolssprekende gemeenskappe

Vormverandering (vervoeging en verbuiging) word in Pools gebruik om sewe naamvalle (die Oud-Slawiese naamvalstelsel met nominatief, genitief, datief, akkusatief, instrumentalis, lokatief en vokatief), twee numeri, drie genera vir enkelvouds- en twee vir meervoudsvorme by selfstandige naamwoorde asook kategorieë van persone en tyd, modi, die genus verbi en aspekte aan te dui. Werkwoorde word volgens persoon, numerus en genus vervoeg. Danksy vormveranderings het Pools 'n relatief vry woordvolgorde.

Drie oorspronklike Slawiese tydsvorme (aorist, imperfek en plusquamperfek) het verlore gegaan. In die Poolse omgangstaal word slegs een verlede tydsvorm, die sogenaamde Slawiese perfek, gebruik. Net soos in ander Balto-Slawiese tale is daar geen lidwoorde in Pools nie.

Pools is die enigste Slawiese taal waar nasale of neusklanke nog voorkom. In Poolse woorde word gewoonlik die voorfinale lettergreep beklemtoon – in teenstelling met ander Slawiese tale wat óf geen vaste woordaksent het nie (soos Russies) óf waar die klemtoon op die eerste lettergreep lê soos in Tsjeggies en Slowaaks. Die sogenaamde Poolse umlaut is die verandering van e na o of a voor harde medeklinkers.

Die spelling van woorde met ż en rz, u en ó, h en ch moet aangeleer word aangesien die uitspraak daarvan nouliks verskil.

Geskiedenis

Die vroeë Middeleeue: Latyn as skryftaal

Die ontwikkeling van Pools as 'n selfstandige Slawiese taal het gepaard gegaan met die stigting van 'n Poolse staat in die 10de eeu. In 966 het vors Mieszko I van Wielkopolska (Groot-Pole) die Christelike geloof aangeneem nadat 'n aantal Slawiese stamme, wat in kulturele en taalkundige opsig nou verwant is, in 'n gemeenskaplike ryk verenig is.

Saam met die Christelike godsdiens is die Latynse alfabet ingevoer sodat Pools – wat aanvanklik net soos ander Slawiese tale uitsluitlik as spreektaal bestaan het – vervolgens ook as 'n skryftaal ontwikkel kon word. Die eerste geskrewe werke in Pole het nogtans in Latynssprekende kerklike kringe ontstaan, en Slawiese name en ander terme het eers later geleidelik ingang gevind.

Die oudste bekende dokumente in Pools is name en glosse in Latynse tekste, veral in die sogenaamde "Dagome iudex", 'n dokument uit die jare 990–992 waarin die oorhandiging van Mieszko I se vorstedom aan die pouslike gesag bevestig word, en die "Bul van Gniezno" ("Ex commisso nobis") wat in 1136 deur pous Innocentius II uitgevaardig is en sowat 400 enkele Poolse name van nedersettings en persone bevat. 'n Bul van Pous Adrianus IV uit die jaar 1155 bevat 55 Poolse name.

Vroeë Poolse geskrifte

Psałterz florianski
("Psalter van Sint Floriaan")

Die eerste geskrewe volledige sin in Pools is egter in die kroniek van die klooster Heinrichau naby Breslau (Wrocław) ontdek. Die inskrywings vir die jaar 1270 bevat die uitnodiging van 'n man wat vir sy malende vrou sê: „Daj, ać ja pobruszę, a ty poczywaj“ ("Laat my nou voortgaan met die maalwerk, en jy gaan nou rus.")

Die sogenaamde Bogurodzica (die eerste Poolse lofsang), die "Heilig-Kruis-preke" en die "Preke van Gniezno") is van die oudste Poolse literêre monumente. Later is ook religieuse Latynse tekste in Pools vertaal soos byvoorbeeld die Psałterz Floriański ("Psalter van Sint Floriaan") uit die 14de eeu.

Die hergeboorte van Pole as eenheidsstaat ná 'n periode van feodale versplintering het gepaard gegaan met 'n ontwaking van die nasionale bewussyn waarby die Poolse taal 'n sentrale rol gespeel het. Alhoewel Latyn steeds die oorheersende literêre taal was, het elementêre skole reeds vanaf die 13de begin om Pools as onderrigmedium in te voer, veral vir die godsdiensonderwys. Die Sinode van Łęczyca het in 1285 besluit dat hoofde van katedraal-, klooster- en ander skole goeie kommunikasievaardighede in Pools moes hê om die werke van belangrike skrywers vir hul leerders uit te lig.[4] Predikante was verplig om in Pools te preek, en ook religieuse liedere en psalme is gewoonlik in die volkstaal gesing.

Die wedersydse invloed tussen Pools en Latyn het in die 13de eeu aanleiding tot die ontstaan van eerste Poolse spelreëls gegee. Hulle is deur Poolse geestelikes met 'n opvoeding in Latyn saamgestel. Jakub Parkoszowic van Żurawica het omstreeks 1440 die eerste poging onderneem om die grammatikale strukture van Pools in 'n geskrewe (Latynse) werk te behandel. In hierdie periode is Pools ook in toenemende mate as taal van die regswetenskappe gebruik. 'n Poolse gedig oor kulinêre vreugdes het omtrent 1400 ontstaan.

Gedurende die 15de eeu is die aanvanklik sterk Tsjeggiese invloed geleidelik teruggedring, en die Poolse skryftaal het met Latyn begin meeding. Tot in die 16de eeu was die gebruik van Pools as skryftaal hoofsaaklik beperk tot geestelike kringe, tog het ook adellike en burgerlike skrywers daarna in toenemende mate na Pools begin oorskakel.

Pools as moderne literêre taal

Die moderne Poolse literêre taal het vanaf die 16de eeu begin ontwikkel en was hoofsaaklik op dialekte in die omgewing van Gniezno (Gnesen) in Wes-Pole gebaseer. Uit hierdie tydperk dateer werke soos Till Uilenspiegel, die kronieke-literatuur van Marcin Bielski en prosawerke van Mikołaj Rej. Hul hoë taalvlak weerspieël die lang tradisie van Pools as die taal van die koninklike hof, die staatsadministrasie en die wêreldlike en geestelike retoriek.

Gedurende de 16de eeu het Pools vanweë sy ryk woordeskat en hoogs ontwikkelde uitdrukkingsvermoë tot een van die beduidendste tale in Sentraal-Europa ontwikkel. Die opgeleides van die Renaissance-tydperk het baie moeite gedoen om Pools as taal verder te ontwikkel sodat dit Latyn geleidelik kon vervang.

Tussen 1807 en 1814 is die eerste beduidende wetenskaplike Poolse woordeboek, Słownik języka polskiego, in Warskou gepubliseer. Samuel Bogumił Linde (1771–1847) se werk met ses boekdele en 60 000 inskrywings is in 'n oplaag van 1 200 eksemplare gedruk.[5]

Die huidige Poolse woordeskat bevat 'n aantal leenwoorde uit Oud-Tsjeggies en Middelhoogduits asook uit Latyn en Grieks. In die moderne tyd het tale soos Italiaans, Frans, Duits, Engels, Oekraïens, Belarussies, Hongaars en Turks groter invloed op Pools uitgeoefen, terwyl ontlenings uit Russies en Jiddisj nouliks voorgekom het. Tans oefen Engels 'n besonder groot invloed op die moderne Poolse taal uit.

Alfabet

Die Poolse alfabet

Pools is van begin af met die Latynse alfabet geskryf en maak gebruik van diakritiese tekens vir Poolse klanke.

Die Poolse alfabet bestaan uit 32 letters: A, Ą, B, C, Ć, D, E, Ę, F, G, H, I, J, K, L, Ł, M, N, Ń, O, Ó, P, R, S, Ś, T, U, W, Y, Z, Ź, Ż.

Daarby word met ą en ę nasale klinkers voorgestel, die ć, ń, ś, ź stel gepalataliseerde medeklinkers voor. Die ł word as die Engelse w uitgespreek, terwyl die Poolse w ongeveer die waarde van die Afrikaanse of Nederlandse v of f het.

Ą, Ę, Ń en Y kom nooit aan die begin van 'n woord voor – die hoofletters word dus nouliks gebruik (gewoonlik net indien die hele woord in hoofletters geskryf word). Q, V en X kom uitsluitlik in vreemde woorde voor wat nog nie gepoloniseer is nie. Hulle maak nogtans sedert die vroeë 20ste eeu deel uit van die moderne Poolse alfabet.

Woordeskat

Pools het hoofsaaklik woorde uit Engels, Frans, Duits, Latyn en Russies ontleen. Die redes hiervoor was uiteenlopend van aard. Met die kerstening van Pole is talle kerklike vakterme geskep wat uit Latyn oorgeneem is. Die aantreklikheid van die Franse kultuur het tot die ontlening van 'n groot aantal Franse terme (sogenaamde gallisismes) gelei, terwyl ingrypende historiese gebeure soos die drie Delings van Pole met die ontlening van 'n aantal Duitse en Russiese woorde gepaard gegaan het.

Latyn het sedert die Middeleeue 'n beduidende rol by die woordvorming gespeel, terwyl religieuse Latynse vakterme met die stigting van die Poolse staat en die kerstening van die land dikwels uit die aangrensende Tsjeggiese en Duitse taalgebied oorgeneem is, soos byvoorbeeld anioł ("engel") en msza ("mis"). Tans is Latynse invloede veral in die wetenskaplike woordeskat waarneembaar.

Grootskaalse immigrasie uit Duitssprekende gebiede sedert die Middeleeue het net soos die 19de eeuse Duitse en Oostenrykse besettingsmagte se beleid van germanisering tot talle ontlenings en leenvertalings uit Duits gelei. Die moderne Poolse taal sou ondenkbaar wees sonder leenvertalings soos czasopismo ("tydskrif", Duits Zeitschrift), dworzec kolejowy ("treinstasie") of światopogląd ("wêreldbeskouing", afgelei van die Duitse Weltanschauung).

Saam met die Duitse immigrasie in die 13de eeu is 'n groter aantal stedelike nedersettings (Latyn: civitates) gestig wat ten opsigte van hulle administrasie vir die eerste keer oor geskrewe wette, verkose owerhede en burgemeesters beskik het. Hulle het gewoonlik die Duitse reg oorgeneem waarna plaaslik meestal as Maagdenburgse Reg verwys is. Die administratiewe strukture en argitektoniese style van hierdie periode het hulle oorsprong in Frankryk en Italië gehad en is deur Duitse setlaars later ook in Pole ingevoer, saam met vakterme soos burmistrz ("burgemeester", van Duits Bürgermeister) of gmina ("gemeente", van Duits Gemeinde).

Frans was in die 18de eeu veral gewild onder intellektueles en het sodoende 'n belangrike invloed op die Poolse taal uitgeoefen. Franse ontlenings kom op 'n verskeidenheid gebiede voor: makijaż ("grimering", van Frans maquillage), mansarda ("mansarde"), koniak ("cognac") en ekran ("skerm").

Russiese ontlenings in Pools is in dieselfde tydperk deur die Russiese besetters ingevoer. 'n Tweede golf van Russiese ontlenings dateer uit die periode ná 1945 toe Pole een van die Oos-Europese volksdemokratiese state in die Sowjet-invloedsfeer was. Terme soos kolektyw ("kollektief"), kołchoz ("kolchos") en gułag ("Goelag") het destyds die Poolse woordeskat binnegekom.

Engelse invloede is sedert die 1960's bespeurbaar en het veral sedert die 1980's duidelik toegeneem. Die meeste Engelse terme word in vakgebiede soos rekenaarkunde, sport en ekonomie gebruik. Tipiese voorbeelde is serwer ("bediener", van Engels server), bajt ("greep", van Engels byte), biznes ("sake", van Engels business), menedżer ("bestuurder", van Engels manager) en diler ("handelaar", van Engels dealer – die spelling dealer kom egter ook voor).

Dialekte

Die huidige geografiese verspreiding van Poolse dialekte (groen kleurskakerings):
B1: Klein-Pools
B2: Groot-Pools
B3: Masowies
B4: Nuwe mengdialekte

Volgens die taalkundige tradisie word die Poolse dialekte in sewe hoofgroepe verdeel wat gewoonlik met 'n bepaalde gewes verbind word. Hulle kan verder verdeel word in subdialekte waarna in die Poolse taalkunde as gwara of region verwys word. Die verskille tussen Poolse dialekte is relatief klein in vergelyking met byvoorbeeld die Duitse taalgebied en dikwels nouliks waarneembaar vir nie-moedertaalsprekers.

As hoofdialekgroepe van Pools word tradisioneel beskou:

  • Groot-Pools,
  • Masowies,
  • Klein-Pools,
  • Północnokresowy (die Oos-Poolse dialekte van die noordoostelike grensgebiede of kresy wat tans nog in Litaue en Belarus gebesig word, maar anders met uitsterwing bedreig word),
  • Półudniowokresowy (die Oos-Poolse dialekte van die suidoostelike grensgebiede wat as 'n soort pidgintaal uit Pools en Oud-Roeteens ontwikkel het en eweneens met uitsterwing bedreig word),
  • Kasjoebies (wat intussen amptelik as 'n selfstandige minderheidstaal erken word) en
  • Silesies.

Die huidige Standaardpools, wat hoofsaaklik op die Warskouse variant van Pools baseer, word dwarsoor die land gepraat of tenminste verstaan.[6] Die verskillende streeksvariante van Pools het as gevolg van moderne massakommunikasie en die grootskaalse bevolkingsverskuiwings ná die Tweede Wêreldoorlog aan belangrikheid ingeboet en vanweë die sterk standaardiserende tendense ook baie van hul opvallendste kenmerke verloor. 'n Ander belangrike faktor by hierdie ontwikkeling is die amptelike taalbeleid wat Standaardpools teen streeksinvloede wil beskerm – die gebruik van Standaardpools word sodoende met 'n hoë vlak van opvoeding geassosieer, terwyl die rol van dialekte beperk bly tot kommunikasie binne die gesin, alledaagse gesprekke en dié van 'n stylmiddel in literêre tekste. 'n Selfstandige literatuur op basis van Poolse dialekte bestaan wel, maar bly eweneens beperk tot die volkskuns.

In sommige streke van Pole soos Silesië word die plaaslike dialekte nogtans as draers van kulturele identiteit beskou en bewaar. Die hoofsaaklike verskille tussen Standaardpools en streeksdialekte raak die uitspraak van stemhebbende en stemlose medeklinkers, nasale en vokale. Die Góral-dialek van die suidelike hoë bergstreke verskil merkbaar van Standaardpools – sowel ten opsigte van sy woordeskat asook die uitspraak: sprekers maak geen verskil tussen klanke soos cz en c, ż en z, sz en s.[7]

Pools-Afrikaanse woorde- en grammatikaboeke

Die eerste Afrikaans-Poolse grammatikaboek is in 1983 deur die Direktoraat Taaldiens van die Suid-Afrikaanse Weermag saamgestel nadat groter getalle Poolse immigrante hulle teen die begin van die 1980's in Suid-Afrika gevestig het.[8]

Verwysings

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Polish". Ethnologue. Besoek op 2 September 2022.
  2. (de) "Władisław Lubaś en Jerzy Molas: Polnisch. Universiteit van Klagenfurt, Oostenryk" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Maart 2017. Besoek op 1 Maart 2015.
  3. (en) (PDF) Census 2000, U.S. Census Bureau, Oktober 2003, http://www.census.gov/prod/2003pubs/c2kbr-29.pdf, besoek op 22 Februarie 2008 
  4. (de) Maria Bogucka: Das alte Polen. Urania: Leipzig 1983, bl. 73
  5. (en) "poland.gov.pl: The Polish Language". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 April 2010. Besoek op 25 Maart 2010.
  6. (en) Oscar E. Swan: A Grammar of Contemporary Polish. Bloomington, IN: Slavica 2002, bl. 5
  7. (en) Swan (2002), bl. 5
  8. (af) Taal op die frontlinie. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 31, nommer 2, Februarie 1986, bl. 36

Eksterne skakels

Wikipedia
Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Pools


Indo-Europese tale: Satem-tale: Slawiese tale
Wes-Slawiese tale:
Kasjoebies | Polabies (†) | Pools | Slowaaks | Silesies | Sorbies (Neder-Sorbies, Opper-Sorbies) | Rusyn (Rusnak) | Tsjeggies
Oos-Slawiese tale:
Oud-Oos-Slawies (†) | Oekraïens | Russies | Rusyn (Roeteens) | Belarussies
Suid-Slawiese tale:
Bulgaars | Masedonies | Sloweens | Serwo-Kroaties (Bosnies, Kroaties, Montenegryns, Serwies)
Kunsmatige tale:
Protoslawies | Kerkslawies (Ou Kerkslawies) | Interslawies


Read other articles:

Musical instrument BendirA bendir with snaresHornbostel–Sachs classification211.3(Membranophone) The bendir (Arabic: بندير, bindīr; pl.: بنادير, binādīr) is a wooden-framed frame drum of North Africa and Southwest Asia.[1] The bendir is a traditional instrument that is played throughout North Africa, as well as in Sufi ceremonies; it was played, too, in Ancient Egypt and Mesopotamia.[2] In Turkish, the word bendir means a big hand frame drum.[citation neede...

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (مايو 2013) في مجال الأعمال، يشير مصطلح منصة السحب إلى أي إطار عمل يقيس القدرة على جذب الأشخاص والموارد وفق الحاجة وعلى أساس الاستجابة لمشهد الفرص والتحديات سريع التغير ...

World Championship Wrestling professional wrestling television program This article is about the WCW television specials. For the WWE pay-per-view and WWE Network event, see WWE Clash of Champions. Clash of the ChampionsThe Clash of the Champions logo from 1994 to 1997Also known asNWA: Clash of the ChampionsGenreProfessional wrestlingCountry of originUnited StatesOriginal languageEnglishNo. of episodes35ProductionProduction companies Jim Crockett Promotions (1-3) National Wrestling Alliance (...

OuéméDepartemenPeta menyoroti Departemen OuéméNegara BeninIbukotaPorto NovoLuas • Total1.865 km2 (720 sq mi)Populasi (2006) • Total788.508 • Kepadatan0,42/km2 (1,1/sq mi)Zona waktuUTC+1 (WAT) Ouémé adalah salah satu dari dua belas departemen di Benin. Pada tahun 1999 bagian utara departemen tersebut memisahkan diri untuk membentuk Departemen Plateau baru. Departemen ini dibagi menjadi 9 komunitas: Adjarra, Adjohoun, Aguégu

Telugu cinema (Tollywood) 1930s 1940s 1941 1942 1943 19441945 1946 1947 1948 1949 1950 1950s 1951 1952 1953 19541955 1956 1957 1958 1959 1960 1960s 1961 1962 1963 19641965 1966 1967 1968 1969 1970 1970s 1971 1972 1973 19741975 1976 1977 1978 1979 1980 1980s 1981 1982 1983 19841985 1986 1987 1988 1989 1990 1990s 1991 1992 1993 19941995 1996 1997 1998 1999 2000 2000s 2001 2002 2003 20042005 2006 2007 2008 2009 2010 2010s 2011 2012 2013 20142015 2016 2017 2018 2019 2020 2020s 2021 2022 2023 2024...

Le0pard RacingNama resmiLeopard RacingKantor pusatHowald, LuksemburgPimpinan timMiodrag KoturRiderMoto3:7. Dennis Foggia24. Tatsuki SuzukiSepeda motorHonda NSF250RWBanDunlopJuara riderMoto3:2015: Danny Kent2017: Joan Mir2019: Lorenzo Dalla Porta Leopard Racing adalah tim balap motor Luksemburg–Italia yang berkompetisi di Kejuaraan Dunia Grand Prix FIM Moto3. Tim telah memenangkan dua Moto3 Kejuaraan Tim.[1] Sejarah Leopard Racing didirikan oleh Flavio Becca pada akhir tahun 2014 den...

شجرة سمات الجودة خصائص حرجة للجودة (بالإنجليزية: Critical To Quality)‏ واختصاراً CTQ هي عبارة عن مواصفات الجودة الأكثر أهمية للعميل، ويترجمها الكثيرون ب «سمات الجودة». وكثيراً ما يستخدم هذا المصطلح في مشاريع ومنهجية ستة سيجما. وهي خاصية لعملية أو مكون ما لها تأثير مباشر على ما إذا كو...

American businessman and politician Louis Kuehnle1916 Atlantic City Police Department Souvenir BookBorn(1857-12-25)December 25, 1857New York City, U.S.DiedAugust 6, 1934(1934-08-06) (aged 76)Atlantic City, New Jersey, U.S.Other namesThe CommodoreOccupationHotel operator of Kuehnle's HotelConviction(s)Conflict of interestCriminal penalty6 months Louis Kuehnle, (/ˈkuːnliː/; December 25, 1857 – August 6, 1934), known as Commodore Kuehnle, was an American businessman and politician...

Term for post-traumatic stress disorder For other uses, see Shellshock. Medical conditionShell shockOther namesBullet air, soldier's heart, battle fatigue, operational exhaustion[1]A soldier displaying the characteristic thousand-yard stare associated with shell shock.SpecialtyPsychiatry Shell shock is a term that originated during World War I to describe the type of post-traumatic stress disorder (PTSD) that many soldiers experienced during the war, before PTSD was officially recogni...

Exhibition basketball game 2016 NBA All-Star Game 1234 Total West 40525351 196 East 43474637 173 DateFebruary 14, 2016ArenaAir Canada Centre and Ricoh ColiseumCityTorontoMVPRussell Westbrook (West)National anthemNelly Furtado (Canadian)Ne-Yo (American)Halftime showStingAttendance18,298NetworkTSN and Sportsnet (Canada)TNT and TBS (United States)AnnouncersMarv Albert, Reggie Miller, Chris Webber, Craig Sager, and David AldridgeKevin Harlan, Ernie Johnson, Reggie Miller, Kenny Smith, Charles Bar...

2019 Indian filmMarudhar ExpressTheatrical release posterDirected byVishal MishraWritten byVishal MishraAabhar DadhichProduced byRaj KushwahaPramod GoreStarringKunaal Roy KapurTara Alisha BerryRajesh SharmaCinematographyAKN SabastianEdited byBallu SalujaMusic byJeet GannguliShamir TandonProductioncompaniesRaywings EntertainmentAtharva Motion PicturesDistributed byShemaroo EntertainmentRelease date 5 July 2019 (2019-07-05) Running time115 minutesCountryIndiaLanguageHindi Marudha...

«Drive»Canción de Miley CyrusÁlbum BangerzPublicación 8 de octubre de 2013Grabación 14 de febrero de 2013[1]​Género Pop dubstepDuración 4:15Discográfica RCA RecordsEscritor(es) Miley Cyrus Michael Williams II Samuel Jean Pierre Slaughter Ethan Lowery[2]​Productor(es) Mike Will Made It P-Nasty[2]​Idioma original inglés Canciones de Bangerz «#GETITRIGHT» (8) «Drive» (9) «FU» (10) [editar datos en Wikidata] «Drive» —en español: «Conduce»— es u...

2017 Indian action mystery thriller film MasterpieceTheatrical release posterDirected byAjai VasudevWritten byUdaykrishnaProduced byC. H. MuhammedStarringMammoottyUnni MukundanVaralaxmi SarathkumarMukeshMaqbool SalmaanJohn KaippallilCinematographyVinod IllampallyEdited byJohnkuttyMusic byDeepak DevProductioncompanyRoyal CinemasDistributed byU. K. StudiosRelease date 21 December 2017 (2017-12-21) [1]Running time160 minutesCountryIndiaLanguageMalayalam Masterpiece is a 20...

This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (November 2014) (Learn how and when to remove this template message) This article contains characters used to write reconstructed Proto-Indo-European words (for an explanation of the notation, see Proto-Indo-European phonology). Without proper rendering support, you may see question marks, boxes, or other symbols...

1990 Polish filmKorczakOriginal Polish release posterDirected byAndrzej WajdaWritten byAgnieszka HollandProduced byJanusz MorgensternWilli SeglerDaniel Toscan du PlantierRegina ZieglerStarringWojciech PszoniakEwa DałkowskaTeresa Budzisz-KrzyzanowskaMarzena TrybalaPiotr KozlowskiZbigniew ZamachowskiJan PeszekCinematographyRobby MüllerEdited byEwa SmalMusic byWojciech KilarProductioncompaniesBritish Broadcasting CorporationZweites Deutsches FernsehenDistributed byNew Yorker FilmsRelease dates...

Book by Nicholas Stargardt The German War: A Nation Under Arms, 1939–1945 First edition hardcover imageAuthorNicholas StargardtCountryUnited KingdomLanguageEnglishSubjectNazi GermanyPublisherBodley HeadPublication date2015Pages736ISBN9780465018994 The German War: A Nation Under Arms, 1939-1945 is a non-fiction book written by historian Nicholas Stargardt. Centering upon the thoughts and actions of the citizens living inside Nazi Germany during the Second World War, the author argues that th...

The Denver PostTipeSurat kabar harianFormatLembar lebarPemilikDigital First MediaPenerbitMac TullyRedaksiLee Ann ColacioppoDidirikan1892Pusat101 W. Colfax Ave.Denver, CO 80202-5177 ASSirkulasi surat kabar416,676 Harian626,875 Minggu (pada 2013)[1]ISSN1930-2193Situs webdenverpost.comNegaraAmerika Serikat The Denver Post adalah sebuah surat kabar harian yang diterbitkan di Denver, Colorado, Amerika Serikat, sejak 1892. Kepemilikan Artikel utama: MediaNews Group Post adalah cabang surat ...

United States Marine Corps general Carl B. JensenMajor General Carl B. Jensen (2008)Photo credit: Work of the United States Marine Corps.AllegianceUnited States of AmericaService/branchUnited States Marine CorpsYears of service1975 - 2011RankMajor GeneralCommands held HMLA-367 MAG-39 Marine Corps Air Bases Western Area/MCAS Miramar Expeditionary Strike Group 3 Marine Corps Installations East Battles/wars Desert Shield/Desert Storm Operation Iraqi Freedom/Operation Enduring Freedom Awards...

British fisheries scientist (b. 1898, d. 1972) This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (December 2018) Michael Graham CMG OBEBorn22 February 1898[1]Manchester, EnglandDied1 January 1972[1]CitizenshipBritishAlma materKing's College, Cambridge[1]Known forHis classic book, The Fish Gate, published in 1943Spous...

Der Titel dieses Artikels ist mehrdeutig. Weitere Bedeutungen sind unter Australische Fußballnationalmannschaft (Begriffsklärung) aufgeführt. AustralienCommonwealth of Australia Spitzname(n) Socceroos Verband Football Australia Konföderation AFC Technischer Sponsor Nike Cheftrainer Graham Arnold Co-Trainer Niederlande René Meulensteen,England Kenny Lowe Kapitän Mathew Ryan Rekordspieler Mark Schwarzer (109) Rekordtorschütze Tim Cahill (50) Heimstadion Wechselnde Stadien FIFA-...

Kembali kehalaman sebelumnya