Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page
Available for Advertising

Piet Joubert

Piet Joubert
Piet Joubert

Lid van die Driemanskap
saam met Paul Kruger en Marthinus Wessel Pretorius
Ampstermyn
8 Augustus 1881 – 9 Mei 1883
Voorafgegaan deur Garnet Wolseley
(as goewerneur van Transvaal)
Opgevolg deur Paul Kruger
(as president van die Zuid-Afrikaansche Republiek)

Lid van die Volksraad

Persoonlike besonderhede
Gebore (1834-01-20)20 Januarie 1834
Oudtshoorn, Kaapkolonie
Sterf 28 Maart 1900 (op 66)
Pretoria, Zuid-Afrikaansche Republiek
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Militêre diens
Lojaliteit Vlag van Zuid-Afrikaansche Republiek Zuid-Afrikaansche Republiek
Rang Kommandant-generaal
Oorloë/Veldslae Eerste Vryheidsoorlog

Malaboch-oorlog
Tweede Vryheidsoorlog

Kabinet van Paul Kruger voor 1900:
Agter: A.D.W. Wolmarans, F.W. Reitz, S.W. Burger, J.H.M. Koch
Voor: Genl. Piet J. Joubert, Pres. Paul Kruger, Genl. Piet A. Cronje
Generaal Joubert, die bevelvoerder van die Transvaalse Boereleër, met sy staf, insluitende Jopie Fourie en links 'n agterryer, 17 Oktober 1899.

Genl. Petrus Jacobus (Piet) Joubert (20 Januarie 1831 - 28 Maart 1900) was naas Paul Kruger die bekendste openbare figuur in die Zuid-Afrikaansche Republiek en het as kommandant-generaal die Boeremagte onder meer in die Eerste Vryheidsoorlog en aan die begin van die Anglo-Boereoorlog aangevoer. Hy het op verskeie gebiede met Kruger verskil, maar kon nooit daarin slaag om hom in ʼn presidentsverkiesing te klop nie.

Vroeë lewe

Petrus Jacobus (Piet) Joubert is op 20 Januarie 1831 op die plaas Damaskus in die huidige Prins Albert-distrik gebore en het die Groot Trek onder leiding van Piet Retief as jong seun meegemaak. Nadat Joubert se pa in 1847 dood is, het die gesin Natal verlaat en hulle op Gatsrand in Transvaal (hedendaagse Gauteng) gevestig.

In 1851 is Joubert met Hendrina Johanna Susanna Botha getroud, en die egpaar het hulle uiteindelik op die plaas Rustfontein in die distrik Wakkerstroom gevestig. Hulle het agt kinders gehad. Hoewel Joubert min formele skoolopleiding gehad het. het hy ʼn grondige kennis van die Romeins-Hollandse reg opgebou en het hy as regsagent opgetree.

Hy was ook ʼn handelaar wat op 'n vroeë ouderdom reeds heelwat grond besit het. Hy was stigterslid van verskeie maatskappye en het ook heelwat goudaandele besit.

Politieke loopbaan

In 1860 is hy tot Wakkerstroom se verteenwoordiger in die Transvaalse Volksraad verkies. In 1873 het hy voorsitter van die Volksraad geword en tydens pres. T.F. Burgers se besoek aan Europa in 1875-76 het hy as waarnemende staatspresident opgetree. In 1876 het hy as Volksraadslid bedank, maar nadat die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1877 deur sir Theophilus Shepstone geannekseer is, het Joubert weer sterk na vore getree deur hom te beywer vir die herstel van die republiek se onafhanklikheid. In 1878 was hy lid van die tweede Transvaalse deputasie na Brittanje, wat vergeefs geprobeer het om die anneksasie herroep te kry.

Op die daaropvolgende volksvergaderings het hy 'n prominente rol gespeel en op die Paardekraalbyeenkoms in Desember 1880 is hy saam met Paul Kruger en M.W. Pretorius benoem tot die Driemanskap wat die Transvaalse regering in ere moes herstel. Hy is terselfdertyd as kommandant-generaal aangestel, en met die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) kort daarna was hy in bevel van die kommando's aan die Natalse grens.

Die Britse mag is in die veldslae van Laingsnek, Ingogo en Amajuba verslaan, wat in groot mate daartoe gelei het dat die Transvaalse onafhanklikheid herstel is, al was dit onder Britse susereiniteit. Van 1882 af het hy ook as Superintendent van Naturellesake opgetree. In hierdie hoedanigheid, en ook as kommandant-generaal, het hy in verskeie geskille betrokke geraak, onder meer oor Zoeloeland, die Nieuwe Republiek, Stellaland en Goosen. Weens 'n meningsverskil tussen hom en Kruger oor die Stellaland- en Goosenkwessie het Joubert in September 1884 as kommandant-generaal, visepresident en Superintendent van naturellesake bedank.

In April 1885 is hy egter met 'n oorweldigende meerderheid weer tot kommandant-generaal verkies. Van 1883 af het hy gereeld as kandidaat teen pres. Paul Kruger, met wie hy soms heftig verskil het, aan presidentsverkiesings deelgeneem. Hoewel Joubert naas Kruger die bekendste openbare figuur in Transvaal was en as ʼn bekwame kommandant-generaal beskou is, was hy vir die burgers nie 'n aanvaarbare presidentskandidaat nie. Hy is as wispelturig, oorversigtig en in sekere opsigte as te liberaal beskou.

Hy het hom vereenselwig met die ideaal van 'n verenigde Suid-Afrika onder 'n eie vlag, terwyl hy hom ook verbind het tot ʼn meer liberale stemregkwalifikasie vir die Uitlanders aan die Witwatersrand. Sy voorsitterskap van die Afrikanerbond het sy politieke loopbaan in die Republiek ook benadeel. Die organisasie, wat in die Kaapkolonie ontstaan het, was minder ongenaakbaar teenoor Brittanje en was ten gunste van groter politieke en veral ekonomiese samewerking tussen die onderskeie gebiede in Suid-Afrika. Hoewel hy die presidentsverkiesing in 1883 verloor het, het hy as visepresident nog 'n belangrike rol gespeel. Van September 1883 tot Julie 1884 het hy in pres. Kruger se plek waargeneem toe dié op besoek aan Londen was. As voorsitter van die Progressiewe Party was hy een van Kruger se grootste kritici en het hy die president op verskeie gebiede aangeval.

In 1888, 1892/93 en 1898 het hy weer in presidentsverkiesings teen Kruger verloor. Omdat Joubert teen oorlog en bloedvergieting gekant was, het hy altyd gehoop en geglo dat daar nie weer oorlog tussen die ZAR en Brittanje sou uitbreek nie. Die Boeremagte is nooit voldoende bewapen en opgelei nie en Joubert het die oorlog tot op die laaste oomblik probeer vermy deur 'n brief aan koningin Victoria te skryf.

Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek, was Joubert al byna sewentig. Omdat hy persoonlik bevel gevoer het oor die mag aan die Natalse grens, was hy nie in staat om die Boere se oorlogspoging behoorlik te koördineer nie. Hy het ook verkies om die Boereoorwinning by Modderspruit, Spioenkop en Colenso nie op te volg nie maar om 'n offensiewe beleëringsveldtog te voer in ʼn poging om so min moontlik bloed te vergiet. Ladysmith, Mafeking en Kimberley het hy almal sonder welslae laat beleër. In Maart 1900 het hy na Pretoria teruggekeer om die moontlikheid van vrede met Kruger te bespreek.

Met die opmars van die Engelse deur die Vrystaat het hy hom egter daarheen gehaas om die stryd verder te beplan, Na sy terugkeer in Pretoria het hy op 24 Maart 1900 ernstig siek geword aan maagvliesontsteking en drie dae later, op 27 Maart, is hy oorlede. Joubert is op sy plaas Rustfontein in die distrik Wakkerstroom begrawe.

In die Rijksmuseum in Amsterdam, Nederland is 'n skildery van Joubert gemaak in 1890 deur die bekende Nederlandse portretskilderes Thérèse Schwartze.

Bronne

Eksterne skakels

Read other articles:

الصفحه دى يتيمه, حاول تضيفلها مقالات متعلقه لينكات فى صفحات تانيه متعلقه بيها. محمد بداش معلومات شخصيه الميلاد 15 اكتوبر 1976 (47 سنة)[1]  حسين داى  مركز اللعب مهاجم (كوره قدم)  الجنسيه الحياة العمليه الفرق اتحاد البليده (2000–2005)نادى مولوديه الجزائر (2005–2007)وفاق سطيف (1999...

American graphic artist and illustrator (born 1941) Photo of John Van Hamersveld from the time he created The Endless Summer poster. John Van Hamersveld (born September 1, 1941, Baltimore, Maryland, United States) is an American graphic artist and illustrator who designed record jackets for pop and psychedelic bands from the 1960s onward.[1][2] Among the 300 albums[3] are the covers of Magical Mystery Tour by the Beatles, Crown of Creation by Jefferson Airplane, Exile ...

Manga Kimi to BokuCover of the first tankōbon volume君と僕。(Kimi to Boku)GenreComedy, slice of life MangaWritten byKiichi HottaPublished bySquare EnixImprintGangan ComicsMagazineMonthly Shōnen Gangan (2003–2004)Gangan Powered (2004–2009)Monthly GFantasy (2009–2022)DemographicShōnenOriginal runJanuary 2003 – March 18, 2022Volumes18 Anime television seriesDirected byMamoru KanbeProduced byShinnosuke WadaShuko YokoyamaYuji MatsukuraWritten byReiko Yoshida...

South Korean web portal DaumType of siteWeb portalAvailable inKoreanOwnerKakao Corp.URLdaum.netCommercialYesRegistrationOptionalLaunchedMay 1997; 26 years ago (1997-05)Current statusOnline DaumHangul다음Revised RomanizationDaeumMcCune–ReischauerTaŭm Daum (Korean: 다음) is a South Korean web portal. It offers many Internet services to web users, including a popular free web-based e-mail, messaging service, forums, shopping, news, and webtoon service. The...

Фон-де-Гом, Фон-де-Ґом (фр. Font-de-Gaume) — печера у Франції (деп. Дордонь) з настінними зображеннями тварин епохи пізнього палеоліту. Форест-Гом (Алабама), Форест-Гом (англ. Forest-Home) — невключена територія в окрузі Батлер, штат Алабама, США. Еверард Гом, Сер Еверард Гом, перший барон...

3992 ВагнерВідкриттяВідкривач Ф. БернґенМісце відкриття Обсерваторія Карла ШварцшильдаДата відкриття 29 вересня 1987ПозначенняНазвана на честь Ріхард ВагнерТимчасові позначення 1987 SA7 1951 YZ 1953 EF1 1954 JB 1982 UH1Категорія малої планети Астероїд головного поясуОрбітальні характер...

Die Kirche in Udayamperoor, Kerala, Südindien, in der die Synode von Diamper stattfand Die Synode von Diamper wurde 1599 vom katholischen Erzbischof Menezes im Ort Udayampur, Diamper im heutigen indischen Bundesstaat Kerala einberufen. Auf ihr wurden Beschlüsse zur vollständigen Einordnung der seit apostolischer Zeit in Südindien ansässigen Thomaschristen unter den lateinischen Ritus der katholischen Kirche gefasst. Die Synode bzw. ihre Beschlüsse wurde nie von Rom bestätigt und sie gi...

Airport in Russia This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Vologda Airport – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (May 2021) (Learn how and when to remove this template message) Vologda AirportАэропорт ВологдаIATA: VGDICAO: ULWWSummaryAirport typePublicOperatorJSC Vologda Aviatio...

2001 Japanese film by Isao Yukisada GoDirected byIsao YukisadaWritten byKazuki KaneshiroKankurō KudōProduced byMitsuru KurosawaStarringYōsuke KubozukaKou ShibasakiShinobu OtakeTarō YamamotoCinematographyKatsumi YanagishimaEdited byTakeshi ImaiMusic byYōko KumagaiHidehiko UrayamaDistributed byToei CompanyRelease dates 20 October 2001 (2001-10-20) (Japan) 16 January 2002 (2002-01-16) (U.S.) Running time122 minutesCountryJapanLanguageJapanese Go is a 20...

Clorot ngetodCelorot, kudapan yang terbuat dari santan dan tepung beras dibungkus dalam daun kelapa; dijual di Purworejo.Nama lainCelorot, cerorot, jelurut, dumbekJenisKueTempat asalIndonesiaDaerahPurworejoBahan utamaTepung beras, santan Clorot, celorot, cerorot, atau jelurut adalah kue tradisional berbahan tepung beras dengan santan, dibungkus dengan janur atau kelapa daun kelapa muda dalam bentuk kerucut.[1] Kue ini adalah kudapan tradisional yang biasa ditemukan di Indonesia, Malay...

Peta yang menunjukkan letak Pulilan Data sensus penduduk di Pulilan Tahun Populasi Persentase 199559.682—200068.1882.90%200785.0083.09% Pulilan adalah munisipalitas di provinsi Bulacan, Filipina. Pada tahun 2007, munisipalitas ini memiliki populasi sebesar 85.008 jiwa atau 13.948 rumah tangga. Pembagian wilayah Secara politis Pulilan terbagi atas 19 barangay, yaitu: Balatong A Balatong B Cutcot Dampol I Dampol II-A Dampol II-B Dulong Malabon Inaon Longos Lumbac Paltao Peñabatan Poblacion S...

SagyusamNama KoreaHangul사규삼 Hanja四揆衫 Alih AksarasagyusamMcCune–Reischauersakyusam Sagyusam adalah salah satu tipe dari po (포), atau jubah luar pada hanbok, pakaian tradisional Korea, yang digunakan oleh anak laki-laki muda sampai mereka melaksanakan upacara beranjak dewasa yang disebut dengan gwallye (관례). Namanya berasal dari bentuknya; ujung bawah pakaian dibagi menjadi empat bagian.[1] Lihat pula Jeogori Hanbok Bokgeon Hogeon Daftar pakaian Korea Referensi ^ 사...

Montenegro Botschaft Montenegros in Deutschland Logo Staatliche Ebene bilateral Stellung der Behörde Botschaft Aufsichts­behörde(n) Außenministerium Bestehen seit 2006 Hauptsitz Deutschland Berlin Botschafter Zdravko Jovović Website Botschaft Montenegros in Deutschland Botschaftsgebäude Charlottenstraße 35/36 Die Botschaft Montenegros in Berlin ist die diplomatische Vertretung des Landes in Deutschland. Sie hat ihren Sitz in der Charlottenstraße 35/36 im Ortsteil Mitte des gl...

State highway in Massachusetts, US Route 112Route 112 highlighted in redRoute informationMaintained by MassDOTLength54.11 mi[1] (87.08 km)Existedby 1930–presentMajor junctionsSouth end US 20 in HuntingtonMajor intersections Route 66 in Huntington Route 143 in Worthington Route 9 in Cummington & Goshen Route 116 in Ashfield Route 2 in Buckland & Shelburne North end VT 112 in Halifax, VT LocationCountryUnited StatesSt...

Chemical compound PolythiazideClinical dataAHFS/Drugs.comMicromedex Detailed Consumer InformationMedlinePlusa601101ATC codeC03AA05 (WHO) Identifiers IUPAC name 6-chloro-2-methyl-3-{[(2,2,2-trifluoroethyl)thio]methyl}-3,4-dihydro-2H-1,2,4-benzothiadiazine-7-sulfonamide 1,1-dioxide CAS Number346-18-9 YPubChem CID4870IUPHAR/BPS7274ChemSpider4704 NUNII36780APV5NKEGGD00657 NChEMBLChEMBL1587 NCompTox Dashboard (EPA)DTXSID6025939 ECHA InfoCard100.005.881 Chemical and ph...

Protein-coding gene in the species Homo sapiens MAFIdentifiersAliasesMAF, CCA4, c-AYGRP, CTRCT21, MAF bZIP transcription factorExternal IDsOMIM: 177075 MGI: 96909 HomoloGene: 74552 GeneCards: MAF Gene location (Human)Chr.Chromosome 16 (human)[1]Band16q23.2Start79,585,843 bp[1]End79,600,737 bp[1]Gene location (Mouse)Chr.Chromosome 8 (mouse)[2]Band8 E1|8 62.61 cMStart116,409,681 bp[2]End116,434,533 bp[2]RNA expression patternBgeeHumanMouse (o...

1920 novel The Vanity Girl AuthorCompton MackenzieCountryUnited KingdomLanguageEnglishGenreDramaPublisherCassellPublication date1920Media typePrint The Vanity Girl is a 1920 novel by the British writer Compton Mackenzie.[1] References ^ Dooley p.64-65 Bibliography David Joseph Dooley. Compton Mackenzie. Twayne Publishers, 1974. vteWorks by Compton MackenzieNovels Carnival (1912) Sinister Street (1913) Guy and Pauline (1915) Sylvia Scarlett (1918) Sylvia and Michael (1919) Poor Re...

Suffix in biology For the journal, see OMICS (journal). For the predatory journal publisher, see OMICS Publishing Group. You can help expand this article with text translated from the corresponding article in French. (May 2022) Click [show] for important translation instructions. View a machine-translated version of the French article. Machine translation, like DeepL or Google Translate, is a useful starting point for translations, but translators must revise errors as necessary and conf...

The Imperial Main Headquarters (Russian: Императорская Главная квартира, Imperatorskaya Glavnaya kvartira) was an organization within the military administration of the Russian Empire that was tasked with carrying out the personal military commands from the Emperor of All Russia. History The Main Headquarters was established in early 1813 during the War of the Sixth Coalition against France, in connection with the arrival of Alexander I at the front. It was tasked ...

Yukiko DukeDuke in 2014BornYukiko Anette Torun Maria Duke Bergman (1966-01-19) 19 January 1966 (age 57)Stockholm, SwedenNationalitySwedishOccupation(s)Translator, journalist, editor and presenter Yukiko Anette Torun Maria Duke Bergman, (born 19 January 1966) is a Swedish translator, journalist, editor and presenter.[1] Duke is the daughter of Christer Duke and Eiko Duke-Soei, and she specializes on Japanese and Asian society and culture in her work.[1] She has during seve...

Kembali kehalaman sebelumnya