Paul Sauer

Paul Sauer
Paul Sauer
Paul Sauer as LV vir Humansdorp

4de Leier van die Volksraad
Ampstermyn
1960 – 1964
Voorafgegaan deur Blackie Swart
Opgevolg deur Ben Schoeman

LV vir Humansdorp
Ampstermyn
1933 – 1966
Eerste minister Genl. J.B.M. Hertzog
Genl. J.C. Smuts
Dr. D.F. Malan
J.G. Strijdom
Dr. H.F. Verwoerd
Voorafgegaan deur Charlie Malan

Ampstermyn
1929 – 1933
Eerste minister Genl. J.B.M. Hertzog

Persoonlike besonderhede
Gebore 1 Januarie 1898
Wynberg, Kaapkolonie
Sterf 11 Januarie 1976 (op 78)
Stellenbosch, Kaapprovinsie
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Elsabé Aling (1921–1963)
Debora Mocke (1964–1975)
Alma mater SACS
Victoria-kollege

Paul Oliver Sauer (1 Januarie 1898, Wynberg11 Januarie 1976, Stellenbosch) was ’n Suid-Afrikaanse kabinetsminister en lewenslange lid van die Nasionale Party.

Agtergrond

Sauer is in 1898 in Wynberg naby Kaapstad gebore as die derde kind van Jacobus Wilhelmus Sauer en Mary Constance Cloete; hy het ook twee susters gehad. Sauer se tweede naam het hy van sy peettante, Olive Schreiner gekry. Toe Sauer ses jaar oud was het die gesin op sy vader se plaas, Uitkyk, in die distrik Stellenbosch, gaan woon. Aanvanklik het Sauer op ’n naburige plaasskool skoolgegaan. Op elfjarige ouderdom is hy na SACS in Kaapstad waar hy hoofseun van die koshuis Rosedale en kaptein van die eerste rugbyspan geword het. Aan die Suid-Afrikaanse Kollege, waar hy hom in 1916 vir die B.A.-kursus ingeskryf het, het hy in die debatsvereniging ’n pleidooi gelewer dat Suid-Afrika ’n republiek moet word, en as voorstander van dié regeringsvorm hom vir die studenteraad verkiesbaar gestel. Die Universiteit het toe nog ’n groot aantal Afrikaanse studente gehad en hy is toe verkies. Ná twee jaar aan die SA Kollege, en sonder om die B.A.-kursus te voltooi, het Sauer, by wie dit ’n uitgemaakte saak was dat hy sou gaan boer, die eerste ingeskrewe student aan die pas gestigde Fakulteit Landbou aan die Victoria-kollege geword. Hy het ’n diploma in die landbou met lof verwerf. In 1921 het hy vir sy moeder op Uitkyk gaan boer. In 1929 het sy moeder die plaas verkoop en hy het Kanonkop, wat deel van Uitkyk uitgemaak het, as sy erfdeel uitgehou en daar verder bly boer.

Parlementslid

Die Kougadam (voorheen die Paul Sauer-dam) in die Oos-Kaap was na hom genoem.
Die Groot Stormsrivierbrug (vroeër die Paul Sauer-brug) was ook op ’n tyd na hom genoem.
Die 19 "Gesuiwerde" Nasionaliste wat in 1934 in die party gebly en nie met die Suid-Afrikaanse Party saamgesmelt het om die Verenigde Party te vorm nie. Agter van links na regs: S.P. le Roux, R.A.T. van der Merwe, F.C. Erasmus, P.J.H. Luttig, J.J. Haywood. Tweede ry van agter: L.J. Vosloo, dr. N.J. van der Merwe, ds. D.F. Malan, adv. J.H.H. de Waal, A.L. Badenhorst. Derde ry: P.O. Sauer, dr. Karl Bremer, adv. J.G. Strijdom, ds. C.W.M. du Toit. Voorste ry: J.F. van G. Bekker, adv. C.R. Swart, W.B. de Villiers, C.H. Geldenhuys, G.P. Steyn.

Intussen het hy in 1923 sy eerste verkiesingsveldtog gevoer as kandidaat van die Nasionale Party in die Provinsiale Raadsverkiesing in Stellenbosch. Hy het met meer as twintig stemme uitgeval. Die volgende jaar was hy weer kandidaat in Stellenbosch, dié keer vir die Volksraad, en hy het 65 stemme méér as in 1923 gekry, maar met 470 verloor, omdat die Suid-Afrikaanse Party ná die skrik van 1923 honderde Kleurlinge as kiesers laat registreer het. Ervarings soos dié van Sauer in ’n grenssetel soos Stellenbosch, waar die kleurlingstem die deurslag teen die NP gegee het, het bygedra tot die party se latere beleid dat Kleurlingkiesers van die gemeenskaplike kieserlys verwyder moet word.

In 1929 het hy in Victoria-Wes as kandidaat van die NP teen die latere senator A.M. Conroy van die SAP gestaan en hom met 88 stemme verslaan. Vier jaar later is hy deur die NP van Humansdorp gevra om hom aldaar verkiesbaar te stel in die plek van die pas oorlede minister Charlie Malan. Hy het dit gedoen en Humansdorp tot 1966 as Volksraadslid verteenwoordig. Dit het gestrek van die Van Stadensrivier af tot by Plettenbergbaai en ook die Kouga en die Langkloof ingesluit. Daarná het hy senator geword, 'n posisie wat hy tot 1970 beklee het. Dit beteken dat sy parlementêre loopbaan oor ’n tydperk van 41 jaar gestrek het, net so lank as dié van sy vader. Hy het egter nog tot 1972 as ondervoorsitter van die Kaaplandse NP aangebly voordat hy finaal uit die aktiewe politiek getree het.

Kabinetsminister

Die Suid-Afrikaanse kabinet in 1958. Voor: dr. Eben Dönges, Paul Sauer, dr. Hendrik Verwoerd, dr. E.G. Jansen, adv. C.R. Swart, adv. Eric Louw. Agter: J.J. Serfontein, M.D.C. de Wet, dr. A.J.R. van Rhijn, sen. Jan de Klerk, Ben Schoeman, P.K. le Roux, adv. F.C. Erasmus en Tom Naudé.

Ná die Nasionale Party se verrassende oorwinning in 1948 stel dr. D.F. Malan hom aan as minister van spoorweë. In 1954 word hy minister van lande, bosbou en waterwese. Dit was deur sy toedoen dat die voormalige Paul Sauer-dam (nou die Kougadam) gebou is ter wille van die boere van die Kouga.

Die webwerf van die hoërskool wat na Paul Sauer genoem is,[1]

Hy was ’n beminde minister wat nie geaarsel het om in die besonder die belange van sy kiesafdeling op die hart te dra nie.

Deur sy bemiddeling is die N2-Nasionale pad vanaf Kaapstad gebou met ook die beroemde Paul Sauer-brug (Groot Stormsrivierbrug) oor die Stormsrivier, as bekende landmerk in die Tsitsikamma. Hy het ook veel gedoen om die boswerker se lewensstandaard op te hef en hulle werktoestande te verbeter. As gevolg van sy toegewydheid en die bewondering wat sy kiesers in die Humansdorp-kiesafdeling vir hom gehad het, het die inwoners van Kareedouw besluit om die plaaslike skool na hom te genoem en sedert 1963 staan die skool bekend as Hoërskool Paul Sauer.

Aftrede

Sauer tree in 1963 uit die aktiewe politiek en is op 11 Januarie 1976 aan ’n longkwaal oorlede en op Stellenbosch begrawe.

Paul Sauer sal onthou word as die Prins van die Suid-Afrikaanse Politiek. Hy staan ook bekend as die grootste parlementariër van sy tyd. Hy was minister, wynboer, groot Afrikaner, gevatte spreker, demokraat en een van die grondleggers van ons hedendaagse verhoudingspolitiek.

Herinnering

Die teenswoordige Groot Stormsrivierbrug in die Oos-Kaap is in 1958 voltooi en na hom genoem. Die Kougadam, naby Patensie in dieselfde provinsie, het vanaf sy voltooiing in 1967 as die Paul Sauerdam bekend gestaan. Eweneens staan die hoërskool op die Oos-Kaapse dorp Kareedouw bekend as die Hoërskool Paul Sauer.[2]

Bronne

  • (en) Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
  • (en) Potgieter, D.J. (red.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery (Nasou).
  • (af) Schoeman, B.M. 1977. Parlementêre verkiesings in Suid-Afrika 1910-1976. Pretoria: Aktuele Publikasies.

Verwysings

  1. Paulsauer.co.za[dooie skakel]
  2. "Landbou.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2011. Besoek op 19 Julie 2011.

Eksterne skakels

Read other articles:

Form of anthropomorphism in anime and manga Wikipe-tan, a combination of the Japanese word for Wikipedia and the friendly suffix for children, -tan,[1] is a moe anthropomorph of Wikipedia. Moe anthropomorphism (Japanese: 萌え擬人化, Hepburn: moe gijinka) is a form of anthropomorphism in anime, manga, and games where moe qualities are given to non-human beings (such as animals, plants, supernatural entities and fantastical creatures), objects, concepts, or phenomena.[2] In...

 

Japanese organist, harpsichordist, and conductor Masaaki Suzuki鈴木 雅明Masaaki Suzuki in 2023Born (1954-04-29) 29 April 1954 (age 69)Kobe, Hyōgo Prefecture, JapanEducation Tokyo National University of Fine Arts and Music Sweelinck Conservatory Occupations Conductor Organist Harpsichordist Musicologist Organizations Kobe Shoin Women's University Bach Collegium Japan Tokyo National University of Fine Arts and Music Yale School of Music ChildrenMasato Suzuki (conductor, organist)Award...

 

You can help expand this article with text translated from the corresponding article in German. (September 2011) Click [show] for important translation instructions. View a machine-translated version of the German article. Machine translation, like DeepL or Google Translate, is a useful starting point for translations, but translators must revise errors as necessary and confirm that the translation is accurate, rather than simply copy-pasting machine-translated text into the English Wiki...

Johannes HoffmannPresiden Menteri BayernMasa jabatan17 Maret 1919 – 14 Maret 1920PendahuluKurt EisnerPenggantiGustav Ritter von KahrMenteri pendidikan BayernMasa jabatan8 November 1918 – 14 Maret 1920PendahuluEugen von KnillingPenggantiFranz Matt Informasi pribadiLahir(1867-07-03)3 Juli 1867Ilbesheim, Kerajaan BayernMeninggal15 Desember 1930(1930-12-15) (umur 63)BerlinKebangsaanJermanPartai politikPartai Rakyat JermanPartai Sosial Demokrat Jerman (dari 1907)Pekerjaa...

 

138th season in existence of Arsenal F.C. Arsenal F.C. 2023–24 football seasonArsenal F.C.2023–24 seasonArsenal playing against Major League Soccer's All-Stars during pre-seasonOwnerKroenke Sports & EntertainmentCo-chairmenStan KroenkeJosh KroenkeManagerMikel ArtetaStadiumEmirates StadiumPremier League1stFA CupThird roundEFL CupFourth roundFA Community ShieldWinnersUEFA Champions LeagueRound of 16Top goalscorerLeague: Eddie NketiahBukayo Saka(5 each)All: Bukayo Saka (8)Highest home at...

 

Historic church in New York, United States United States historic placeThe Reformed ChurchU.S. National Register of Historic Places The Reformed Church in 2018Show map of New YorkShow map of the United StatesLocation405 N. Main St., Herkimer, New YorkCoordinates43°1′44″N 74°59′25″W / 43.02889°N 74.99028°W / 43.02889; -74.99028Area0 acres (0 ha)Built1835ArchitectRussell, ArchimedesArchitectural styleFederalNRHP reference No.72000847[1...

Naskah Gita Govinda, sekitar 1550. Gita Govinda (Dewanagari: गीत गोविन्द; , गीत गोविन्द,; Nyanyian Gowinda) adalah karya yang dtulis oleh penyair abad ke-12, Jayadewa, asal dari Kenduli Sasan dekat Puri di Orissa, India. Karya itu menggambarkan hubungan antara Kresna dengan para gopi (penggembala sapi wanita) di Vrindavana, dan khususnya dengan seorang gopi bernama Radha. Karya ini merupakan karya penting dalam perkembangan tradisi bhakti dala...

 

This article needs a plot summary. Please add one in your own words. (August 2021) (Learn how and when to remove this template message) 1999 Indian filmSeetharama RajuTheatrical release posterDirected byY. V. S. ChowdaryWritten byPosani Krishna Murali (Dialogues)Screenplay byY. V. S. ChowdaryStory byY. V. S. ChowdaryProduced byNagarjuna,D. Sivaprasad ReddyStarringHarikrishnaNagarjunaSakshi ShivanandSanghavi Ravi TejaCinematographyK. Rajendra PrasadEdited byShankarMusic byM. M. KeeravaniDistri...

 

Youth in Mongolia constituted 18.7% of the population in 2014, numbering roughly 552,000 individuals.[1] The 15–19 age group is the largest in Mongolia; in 2009 about 40% of the population was under 19 years old.[2] Estimated population growth rates as of 2014 were reported as increasing by 1.37%.[3] The steady increase in youth will enlarge the already large proportion of working-aged individuals and create new opportunities to build human capital and facilitate eco...

2020 German-language film Rising HighFilm posterDirected byCüneyt KayaWritten byCüneyt KayaStarringDavid KrossFrederick LauJanina UhseDistributed byNetflixRelease date April 17, 2020 (2020-04-17) Running time94 minutesCountryGermanyLanguageGerman Rising High (Betonrausch) is a 2020 German comedy-drama film directed and written by Cüneyt Kaya. The plot revolves around Viktor (David Kross), Gerry (Frederick Lau) and Nicole (Janina Uhse), who have figured out a way to make mone...

 

1,1-Difluoroethane[1] Difluoroethane Difluoroethane Names Preferred IUPAC name 1,1-Difluoroethane Other names DifluoroethaneFreon 152aEthylidene difluorideEthylidene fluorideHFC-152aR-152aDFETinned Wind Identifiers CAS Number 75-37-6 Y 3D model (JSmol) Interactive image ChEMBL ChEMBL325493 Y ChemSpider 6128 Y ECHA InfoCard 100.000.788 PubChem CID 6368 RTECS number KI1410000 UNII 0B1U8K2ME0 Y CompTox Dashboard (EPA) DTXSID0024050 InChI InChI=1S/C2H4F2/c1-2(3)4/h2H,1...

 

English comedian and actress Isy SuttieSuttie performing in 2007BornIsobel Jane Suttie (1978-08-11) 11 August 1978 (age 45)Hull, Yorkshire, EnglandAlma materGuildford School of ActingYears active2000–presentTelevisionPeep ShowPartnerElis JamesChildren2Comedy careerMediumTelevision, radio, theatre, stand-up Isobel Jane Suttie (/ˈɪziː ˈsʌtiː/; born 11 August 1978) is a British musical comedian, actress, and writer. She played Dobby in the British sitcom Peep Show,[1&#...

В Википедии есть статьи о других людях с такой фамилией, см. Слокам. Генри Уорнер Слокам Дата рождения 28 мая 1862(1862-05-28) Место рождения Сиракьюс, Нью-Йорк, США Дата смерти 22 января 1949(1949-01-22) (86 лет) Место смерти Манхэттен, Нью-Йорк, США Гражданство  США Рост 178 см Начало карьер...

 

Leeward Islands StationEnglish Harbour and Falmouth Harbour, AntiguaActive1743–1821CountryUnited KingdomBranch Royal NavyTypeFormationPart ofRoyal NavyGarrison/HQNelson's DockyardMilitary unit The Leeward Islands Station[1] originally known as the Commander-in-Chief at Barbadoes and the Leeward Islands[2] was a formation or command of the Kingdom of Great Britain and then the United Kingdom's Royal Navy stationed at English Harbour,[3] Antigua, Leeward Islands. ...

 

1993 (1993) NAIA Division I women's basketball tournamentTeams32Finals siteOman Arena Jackson, TennesseeChampionsArkansas Tech Golden Suns (2nd title, 2nd title game,3rd Fab Four)Runner-upUnion (TN) Bulldogs (1st title game,1st Fab Four)SemifinalistsSouthern Nazarene Redskins (2nd Fab Four)SW Oklahoma State Bulldogs (8th Fab Four)Coach of the yearJoe Foley (Arkansas Tech)Charles StevensonHustle AwardLatisha Beamus (Union (TN))Chuck Taylor MVPStephanie Strack (Arkansas Tech...

Commodity Exchange Bratislava, JSCTypeJoint stock companyFoundedDecember 8, 1992HeadquartersBratislava, Slovakia, SlovakiaKey peopleĽudovít Scholtz (President of the Exchange Chamber)Websitewww.kbb.sk Commodity Exchange Bratislava, JSC (Slovak: Komoditná burza Bratislava, a.s. (KBB), German: Warenbörse Bratislava, AG) formerly BMKB, then BCE, now CEB is a European commodity exchange made for organising market with commodities according to adjudication of Ministry of Economy of the Slovak ...

 

The Princess Weiyoung Serie de televisiónGénero Histórico, RomanceBasado en The Poisonous Daughter de Qin JianDirigido por Li HuizhuProtagonistas Tiffany TangLuo JinVanness WuMao XiaotongLi Xin'aiPaís de origen ChinaIdioma(s) original(es) MandarínN.º de temporadas 1N.º de episodios 54ProducciónLugar(es) de producción ChinaDuración 45min. aprox.LanzamientoMedio de difusión Dragon TV Beijing TVCalificación por edades Primera emisión 11 de noviembre de 2016Última emisión 9 de dici...

 

Proteo DescubrimientoDescubridor Voyager 2Fecha 1989Nombre provisional S/1989 N 1Categoría SatéliteOrbita a NeptunoElementos orbitalesLongitud del nodo ascendente 299,406 °Inclinación 0,075 °Semieje mayor 117646 kmExcentricidad 0,0005Anomalía media 250,938 °Elementos orbitales derivadosSatélite de NeptunoCaracterísticas físicasMasa 0,5×10 20 kgDimensiones 440×416×404 km[1]​Densidad ~1,3 g/cm³Radio 210 ± 7 kmPeriodo de rotación 1.122 díasAlbedo 0,096Características atmo...

この項目では、1949年に建国された「中国」と通称される社会主義共和国について説明しています。その他の中国の用法については「中国 (曖昧さ回避)」をご覧ください。 中華人民共和国 中华人民共和国 (国旗) (国章) 国の標語:为人民服务(中国語)人民に奉仕する 国歌:义勇军进行曲(中国語)義勇軍進行曲 公用語 中国語(普通話) 首都 北京市 最大の都市 ...

 

Artikel ini bukan mengenai Marshmello. Manisan kenyalAsalNegara asalAmerika Serikat RincianJenispermen dan makanan manis Bahan utamaSirup jagung, air, Gelatin, Glukosa dan Perisa lbs Manisan kenyal atau marshmallow adalah makanan ringan bertekstur seperti busa yang lembut dalam berbagai bentuk, aroma dan warna.[1] Marshmallow bila dimakan meleleh di dalam mulut karena merupakan hasil dari campuran gula atau sirup jagung, putih telur, gelatin, gom arab, dan bahan perasa yang dikocok hi...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!