Noordpoolgebied

Ligging van Arktika
Kaart van Arktika
Saamgestelde Nasa-Satellietbeeld van Arktika, soos opgeneem op 2 September 2012
Die Arktiese papawer, Papaver radicatum, in blom op Kanada se Bathursteiland

Die Noordpoolgebied, of Arktika, is 'n poolgebied in die noordelikste deel van die Aarde wat bestaan uit die Arktiese Oseaan (of Noordelike Yssee) en dele van Denemarke (Groenland), Kanada, Rusland, Noorweë, die Verenigde State (Alaska), Swede, Finland en Ysland.

Die naam "Arktika" is afgelei van die Griekse word árktos ἄρκτος vir beer. Die byvoeglike naamwoord árktikós "arkties"‚ "noordelik" het verwys ná die gebied onder die sterrebeeld Groot Beer. Die Poolster is byna loodreg oor die Noordpool en lê in die sterrebeeld Klein Beer.

Definisie en naam

Die naam "Arktika" kom van die Griekse woord ἀρκτικός (árktikós: "naby die Beer, die noorde"),[1] en dit kom weer van die woord ἄρκτος (árktos "beer").[2] Die naam verwys óf na die Groot Beer, ’n sterrebeeld wat prominent in die noordelike deel van die hemelsfeer is, óf na die Klein Beer, wat die noordelike poolster, Polaris, bevat.[3]

Daar is ’n paar definisies vir die gebied wat as die Noordpoolgebied bekend staan. Diit kan gedefinieer word as noord van die Arktiese Sirkel (66° 33'N), min of meer die grens van die middernagson en poolnag. Volgens nog ’n definisie is dit die streek waar die gemiddelde temperatuur vir die warmste maand (Julie) onder 10 °C is; die noordelikste boomlyn volg die temperatuurlyn (isoterm) rofweg by die grens van dié gebied.[4][5]

Klimaat

Die Noordpoolgebied se klimaat word gekenmerk deur koue winters en koel somers. Sy neerslag is in die vorm van sneeu en is min; die grootste deel kry minder as 50 cm per jaar. Winde skep dikwels sneeu en dit wek die indruk van ’n voortdurende sneeuval. Gemiddelde wintertemperature kan net -40 °C wees en die koudste opgetekende temperatuur is sowat -68 °C. Die klimaat aan die kus is matiger danksy oseaniese invloede. Die gebied word geraak deur aardverhitting en dit lei tot ’n krimping van die Noordelike Yssee, minder ys in die Groenland-yslaag en die vrystelling van metaan wanneer die ysgrond ontdooi.

Weens die noordwaartse verskuiwing van die planeet se isoterms (sowat 56 km per dekade in die laaste 30 jaar as gevolg van aardverhitting), word die Noordpoolgebied (soos bepaal deur boomlyne en temperatuur) tans kleiner.[6] Die grootste rede tot kommer is waarskynlik die krimping van die Noordelike Yssee. Daar is ’n groot verskil in voorspellings hieroor, met modelle wat ’n byna algehele tot algehele ysverlies in September tussen 2040 en 2100 toon. Sowat die helfte van die modelle wat ontleed is, dui op ’n byna algehele tot algehele ysverlies in September teen die jaar 2100.[7]

Fauna en flora

Bekende diere wat hier voorkom, sluit in soogdiere soos die ysbeer (Ursus maritimus), muskusos (Ovibos moschatus), poolvos (Vulpes lagopus), rendier (Rangifer tarandus), seeroofdiere (Pinnipedia), walrus (Odobenus rosmarus) en die witdolfyn (Delphinapterus leucas); asook voëls soos die swerfvalk (Falco peregrinus), Kanadese gans (Branta canadensis), grysstrandkiewiet (Pluvialis squatarola), Arktiese sterretjie (Sterna paradisaea), swartpootbrandervoël (Rissa tridactyla), mikstertmeeu (Xema sabini), langstertroofmeeu (Stercorarius longicaudus), Arktiese roofmeeu (Stercorarius parasiticus), steenloper (Arenaria interpres) en die fluitswaan (Cygnus columbianus).

Plantegroei bestaan uit dwergstruike, gras, kruide, korsmosse en mosse, wat almal redelik laag groei en ’n toendra vorm. Namate ’n mens noordwaarts beweeg, neem die hoeveelheid hitte wat vir plantegroei beskikbaar is aansienlik af. In die noordelikste gebiede is plante by hul metaboliese perke en klein verskille in die totale hoeveelheid somerhitte maak groot verskille in die hoeveelheid energie wat beskikbaar is vir onderhoud, groei en voortplanting.

Bome kan nie in die Noordpoolgebied groei nie; plante word in die warmer dele tot 2 meter hoog. Grasse en mosse kan dik lae vorm. In die kouer streke is ’n groot deel van die grond kaal; nievaatplante soos korsmosse en mosse oorheers die gebied saam met ’n paar verspreide grasse en weiveldkruide (soos die Arktiese papawer).

Noordpoolgrondgebiede

Geografiese naam Land Soort
Alaska Verenigde State Deelstaat
Aleoetiese Eilande Verenigde State Amerikaanse eilandgroep
Archangelsk-oblast Rusland Federale deelgebied
Kanadese Arktiese Argipel Kanada Kanadese eilandgroep
Outonome Okroeg Tsjoekotka Rusland Federale deelgebied
Groot Diomedes-eiland Rusland Eiland
Klein Diomedes-eiland Verenigde State Eiland
Finnmark Noorweë Provinsie
Franz Josef-land Rusland Eilandgroep
Groenland Denemarke Outonome land
Grímsey Ysland Eiland
Jan Mayen Noorweë Eiland
Krasnojarsk-krai Rusland Federale deelgebied
Lapland Finland Streek
Lapland Swede Provinsie
Moermansk-oblast Rusland Federale deelgebied
Outonome Okroeg Nenetsië Rusland Federale deelgebied
Nieu-Siberiese Eilande Rusland Eilandgroep
Nordland Noorweë Provinsie
Norrbotten Swede Provinsie
Noordwestelike gebiede Kanada Gebied
Nowaja Zemlja Rusland Eilandgroep
Nunavik Kanada Noordelike deel van Quebec
Nunavut Kanada Gebied
Russiese Arktiese eilande Rusland Eilande
Sápmi Noorweë, Swede, Finland, Rusland Streek
Republiek Sacha (Jakoetië) Rusland Federale deelgebied
Sewernaja Zemlja Rusland Eilandgroep
Siberië Rusland Streek
Svalbard Noorweë Eilandgroep
Troms Noorweë Provinsie
Yukon Kanada Streek
Outonome Okroeg Jamalo-Nenetsië Rusland Federale deelgebied
Wrangeleiland Rusland Natuurreservaat

Verwysings

  1. Henry George Liddell en Robert Scott. "Arktikos." A Greek-English Lexicon. Perseus Digital Library.
  2. Henry George Liddell en Robert Scott. "Arktos." A Greek-English Lexicon. Perseus Digital Library.
  3. "The Great Bear Constellation Ursa Major" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 10 November 2010.
  4. "arctic." Dictionary.com Unabridged (v 1.1). Random House, Inc. Besoek op 2 Mei 2009.
  5. Addison, Kenneth (2002). Fundamentals of the physical environment. Routledge. p. 482. ISBN 978-0-415-23293-7.
  6. Hansen, Jim (19 Oktober 2006). "The Planet in Peril – Part I" (in Engels). Yale Center for the Study of Globalization. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2009.
  7. Serreze, Mc; Holland, Mm; Stroeve, J (Maart 2007). "Perspectives on the Arctic's shrinking sea-ice cover". Science. 315 (5818): 1533–36. Bibcode:2007Sci...315.1533S. doi:10.1126/science.1139426. PMID 17363664.

Eksterne skakels

Gebiede van die Wêreld

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Latyns

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

Poolgebiede

Noordpoolgebied · Antarktika

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld

Read other articles:

جامعة سنغافورة الوطنية சிங்கப்பூர் தேசியப் பல்கலைக்கழகம் Universiti Kebangsaan Singapura شعار جامعة سنغافورة الوطنية مركز الجامعة الثقافي الأسماء السابقة مدرسة طب مستوطنات المضائق وحكومة ولايات ماليزيا الاتحادية (1905-1913) مدرسة الملك إدوارد السابع للطب (1913-1921) كلية الم...

 

Radio station in Trenton, New Jersey WNJETrenton, New JerseyBroadcast areaTrenton, New JerseyBucks County, PennsylvaniaFrequency920 kHzBranding920 ESPN New JerseyProgrammingFormatSportsAffiliationsESPN RadioOwnershipOwnerTownsquare Media(Townsquare License, LLC)Sister stationsWCHR, WPST, WKXWHistoryFirst air date1942 (as WTTM)Former call signsWTTM (1942-1998)WCHR (1998-2002)WPHY (2002-2008)WNJE (1/2008-2/2008)WCHR (2008-2013)Call sign meaningW New Jersey ESPNTechnical informationFacility ID25...

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Canterbury album – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (March 2021) (Learn how and when to remove this template message) 1983 studio album by Diamond HeadCanterburyStudio album by Diamond HeadReleasedJune 1983Recorded1983GenreProgressive ro...

Tsalendzjichaწალენჯიხის მუნიციპალიტეტი Gemeente in Georgië Locatie in Georgië Geografie Regio Samegrelo-Zemo Svaneti Hoofdplaats Tsalendzjicha Oppervlakte 646.7 km² [1] Hoogste punt Tsjitagvala (3226 m) Coördinaten 42° 36′ NB, 42° 4′ OL Bevolking Inwoners (2023) 22.170 [2] (34,3 inw./km²) Etniciteit (2014) Georgisch (99,6%) Religie (2014) Georgisch-Orthodox (98,4%)Jehova's (1,0%) Bestuur Burgemeester Giorgi Cha...

 

Onze-Lieve-Vrouwekerk De Onze-Lieve-Vrouwekerk (ook: Onze-Lieve-Vrouw Bezoekingkerk) is de parochiekerk van de tot de West-Vlaamse gemeente Heuvelland behorende plaats De Klijte, gelegen aan Dikkebusstraat 28A. Geschiedenis Oorspronkelijk stond hier een uit 1465 daterende kapel met de rang van proosdij. Tijdens de Eerste Wereldoorlog werd deze kapel verwoest op enkele muurpartijen na. De herbouw vond plaats in 1921 naar ontwerp van Ernest Richir en Chrétien Veraart. Dit ontwerp was op basis ...

 

Pemilihan umum Senat Amerika Serikat di New York 2000199420067 November 2000Kandidat   Calon Hillary Clinton Rick Lazio Partai Demokrat Republik Suara rakyat 3.747.310 2.915.730 Persentase 55,3% 43,0% Peta persebaran suara Hasil Clinton:      40-50%      50-60%      60-70%      70-80%      80-90% Lazio:      40-50%    &#...

German composer, organist and choir leader August Eberhard Müller August Eberhard Müller (13 December 1767, Northeim – 3 December 1817, Weimar) was a German composer, organist and choir leader. Life Trained by his organist father, he made his first public performance aged eight. He then studied under Johann Christoph Friedrich Bach at Bückeburg, where Müller served as organist at the Ulrichskirche until 1788. From 1789 he worked as choir leader, teacher and organist in Magdeburg. On the...

 

Avatar bersosialisasi di dunia virtual 2003 Second Life Metasemesta (metamesta)[1], alam metasemesta, jagat meta, alam semesta meta, atau metaversum (bahasa Inggris: metaverse) adalah bagian internet dari realitas maya bersama yang dibuat semirip mungkin dengan dunia nyata dalam dunia internet tahap kedua.[2] Metamesta dalam arti yang lebih luas mungkin tidak hanya merujuk pada lingkungan virtual yang dioperasikan oleh perusahaan media sosial tetapi seluruh spektrum realit...

 

Pour les articles homonymes, voir Les Bronzés (homonymie). Les Bronzés Logo du film. Données clés Titre original Les Bronzés Réalisation Patrice Leconte Scénario La troupe du Splendid Patrice Leconte Acteurs principaux Josiane Balasko Michel Blanc Marie-Anne Chazel Christian Clavier Gérard Jugnot Thierry Lhermitte Sociétés de production Trinacra Films Pays de production France Genre Comédie Durée 98 minutes Sortie 1978 Série Les Bronzés Les Bronzés font du ski(1979) Pour p...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: The Immortals 1995 film – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (June 2019) (Learn how and when to remove this template message) 1995 American filmThe ImmortalsPosterDirected byBrian GrantWritten byKevin Bernhardt Elie SamahaProduced byElie SamahaSta...

 

Nationwide missile defense program of the United States This article is about the nationwide missile defense program of the United States. For the general concept of missile defense, see Missile defense. For the missile defense systems of other countries, see Missile defense systems by country. National missile defense (NMD) refers to the nationwide antimissile program the United States has had in development since the 1990s. After the renaming in 2002, the term now refers to the entire progr...

 

Single woman who owns many pet cats Crazy cat lady redirects here. For the Simpsons character, see List of recurring The Simpsons characters § Crazy Cat Lady. For the syndrome, see Crazy cat lady syndrome. For the video game, see The Cat Lady. Not to be confused with Catgirl or Catwoman. A woman feeding cats in Rome A cat lady is a cultural archetype or stock character, most often depicted as a white woman, a middle-aged or elderly spinster or widow, who has many cats. The term may be p...

1994 compilation album by The JuddsNumber One HitsCompilation album by The JuddsReleasedOctober 25, 1994 (1994-10-25)Recorded1983–1989GenreCountry[1]Length42:20LabelCurbRCA NashvilleProducerBrent MaherDon PotterThe Judds chronology Reflections(1994) Number One Hits(1994) The Judds in Concert(1995) Number One Hits is a compilation album by American country music duo The Judds. It was released on October 25, 1994 on the Curb and RCA Nashville labels. The album c...

 

  لمعانٍ أخرى، طالع جورج ستانلي (توضيح). جورج ستانلي   معلومات شخصية الميلاد 6 يوليو 1907  كالغاري  الوفاة 13 سبتمبر 2002 (95 سنة)   الولايات المتحدة  مواطنة كندا  عضو في الجمعية التاريخية الملكية  [لغات أخرى]‏  [1] (25 )   في المنصب23 ديسمبر 1981  –...

 

Former railway station in England Leamington Spa (Avenue)Leamington Spa Avenue station in 1918General informationLocationLeamington Spa, WarwickEnglandCoordinates52°17′07″N 1°32′16″W / 52.2852°N 1.5378°W / 52.2852; -1.5378Platforms2Other informationStatusDisusedHistoryOriginal companyLNWRPre-groupingLNWRPost-groupingLondon, Midland and Scottish Railway London Midland Region of British RailwaysKey datesFebruary 1854Station opens18 January 1965Station closedL...

Arif Bagus PrasetyoLahir(1971-09-30)30 September 1971Madiun, Indonesia PekerjaanSastrawanPenerjemahKritikus sastraKurator seni rupaTahun aktif1990 - sekarangSuami/istriOka Rusmini Arif Bagus Prasetyo (lahir 30 September 1971) adalah budayawan Indonesia yang dikenal luas sebagai pemikir dan pekerja kebudayaan yang kini menetap di Bali. Ia adalah kritikus sastra dan seni rupa, penyair angkatan 2000-an, kurator lukisan, dan ahli penerjemahan yang meraih berbagai penghargaan, antara lain: Pe...

 

11th episode of the 4th season of Scandal Where's the Black Lady?Scandal episodeFitz declaring war against West-Angola after the orders of Andrew Nichols.Episode no.Season 4Episode 11Directed byDebbie AllenWritten byRaamla MohamedOriginal air dateFebruary 5, 2015 (2015-02-05)Guest appearances Portia de Rossi as Elizabeth North Jon Tenney as Andrew Nichols Jason Butler Harner as Ian Woods Marla Gibbs as Rose Episode chronology ← PreviousRun Next →Gladiators Do...

 

English landowner and politician Not to be confused with James Thynne (Cirencester MP). Sir James Thynne (1605 – 12 October 1670) was an English landowner and politician who sat in the House of Commons in two periods between 1640 and 1670. Life Thynne was born in 1605, the eldest son of Maria and Sir Thomas Thynne, of Longleat, Wiltshire. His parents' marriage and his legitimacy were the basis of a long legal dispute.[1] He was knighted at Berwick on 23 June 1639.[2] In Nove...

Johannes 't Sanctius afgebeeld op een paneel omstreeks 1550[1] Johannes 't Sanctius (1517/1518 - 30 april 1554) was pastoor van de Goudse Sint-Janskerk. Biografische aantekeningen 't Sanctius werd in 1517 of 1518 geboren. Op jonge leeftijd, omstreeks 24 jaar oud, werd hij pastoor van de Goudse Sint-Janskerk. Hij woonde in Gouda aan de Markt naast de toenmalige parochieschool. Tijdens zijn pastoorschap werd de kerk in 1552 grotendeels door brand verwoest. Ook het interieur, waaronder a...

 

عنتصحافةالأدوار صحفي صحفي Editor كاتب العمود تحرير النسخ علم الأرصاد الجوية مذيع أخبار صحافة مصورة Political commentator مُدون المهنة أخبار أسلوب إخباري أخلاقيات الصحافة مدونة قواعد سلوك وسائل الإعلام موضوعية قيم إخبارية مصدر تشهير استقلال تحريري Journalism school المجال صحافة فنية صحافة ا...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!