Möngke Khan (Mongools: Мөнх хаан, Chinees: 蒙哥汗; 10 Januarie 1209 – 11 Augustus 1259) was die vierde Groot Khan van die Mongoolse Ryk, van 1 Julie 1251 tot 11 Augustus 1259. Hy was die eerste Groot Khan van die Toloei-lyn en het groot hervormings teweeggebring om die ryk se administrasie te verbeter. Onder Möngke het die Mongole Irak en Sirië verower, sowel as die Koninkryk van Nanzhao.[1] Sy opvolger, Koeblai Khan, wat die Yuan-dinastie gestig het, het hom ná sy dood die Sjinese tempelnaam keiser Xianzong van Yuan gegee.
Verwysings