Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page
Available for Advertising

Long Tom

155 mm Creusot Long Tom

Long Tom in aksie tydens die Beleg van Mafeking
Tipe Beleëringskanon
Oorsprong Frankryk
Produksiegeskiedenis
Vervaardiger Schneider et Cie, Le Creusot, Frankryk
Spesifikasie
Massa 6 500 kg (14 300 lb)
Lengte 7,5 m (25 vt)
Looplengte 4,2 m (14 vt)

Kaliber 155 mm (15,5 cm)

Die 155 mm Creusot of Long Tom soos hy tydens die Tweede Vryheidsoorlog bekend gestaan het, was 'n Franse kanon. Vier van hierdie kanonne saam met 4 000 granate, 4 000 granaatkartetse en 800 kartetse is deur die Zuid-Afrikaansche Republiek (wat informeel as Transvaal bekend gestaan het) in 1897 aangekoop. Die kanonne is aanvanklik in forte rondom Pretoria geplaas.

Beskrywing van die kanonne

'n Long Tom replika buite Ladysmith se stadsaal.
'n 155 mm Creusot Long Tom-kannonreplika, te vinde ongeveer 20 km buite Sabie in die Long Tompas, Mpumalanga. Vervaardig in 1985 om die gebruik van hierdie kanonne in die Tweede Vryheidsoorlog te gedenk.

Die Long Tom is voor 1877 deur Schneider & kie ontwerp om as beleëringskanon te dien. Hul eerste en enigste kliënt vir hierdie kanon was die ZAR, wat hulle as vestingskanonne aangekoop het. Hulle was nie bedoel om as veldkanonne gebruik te word nie.

Die loop was 4,2 meter lank en het 2 500 kg geweeg. Die affuit, of onderstel, het 3 200 kg geweeg. Om die kanon te vervoer, is die agterkant op 'n voorwa gelaai. Die loop is dan deur middel van 'n driepoot en katrolle opgelig en na agter geplaas sodat die gewig eweredig oor die vooras en agteras versprei was. Die hele kanon het dan 6 300 kg geweeg en moes deur 16 tot 20 osse getrek word.

Om die kanon op te stel of “in battery te bring”, was harde werk. Eers moes die wêreld gelykgemaak word; horisontaal in alle rigtings. Daarna moes gate gemaak word om die spanstukke, waaraan die terugloopbuffer gekoppel was, te begrawe. Daarna is 'n platform van houtbalke neergelê. Die stelling was dan gereed om die kanon te ontvang. Laastens is die kanon uit sy treknokke gelig en in sy gevegsnokke geplaas. 'n Klipmuur is dan om die kanon opgerig om dit te beskerm teen bomme wat naby die kanon ontplof. Dr Gustav Preller skryf die Long Toms was onhandig, lomp, topswaar en moeilik om in geveg te bring.[1]

Long Tom word gelaai

Die doel van die platform was om te verhoed dat die kanon in sagte grond wegsak. Die drie lae planke wat gebruik is, het 'n stewige en stabiele platform gevorm. Die kanon se gewig is dus aangewend om die spanstukke en terugloopbuffer in plek te hou, selfs wanneer die kanon agteruit beweeg het nadat 'n skoot afgevuur is. Die platform was 4,5 meter by 4,5 meter en 22 sentimeter hoog.[2] Die hout sou 5 200 kg weeg. Daar is getuienis dat twee waens gebruik moes word om 'n platform te vervoer.[3]

Die Long Tom het van drie tipes projektiele gebruik gemaak. Die gewone granaat het ontplof wanneer dit iets hards getref het, met ander woorde dit het 'n aanslag- of skokbuis gehad. Die projektiel se reikafstand was effens minder as 9 000 meter. Die granaatkartets, wat met loodkoeëls gevul was, het ’n dubbelaksiebuis gehad wat óf op aanslag óf na verloop van ’n sekere tyd in die lug kon ontplof. Hierdie projektiele is dus teen mense en diere aangewend. Die reikafstand was 7 500 meter as dit in die lug gebars het. Die kartets het geen plofstof bevat nie en was met loodkoeëls gevul. Dit het 'n reikafstand van 400 meter gehad en is as noodmaatreël gebruik as die kanon deur die vyand bestorm is. ’n Vedere probleem wat die kanon gehad het, was dat die lading van buskruit gemaak was. Elke keer wat ’n skoot afgevuur is, is ’n groot rookwalm uitgespoeg. Die vyand kon sien waar die kanon was.

Om ’n skoot in ’n ander rigting (of selfs net ietwat links of regs) te vuur was nogal ’n gedoente. Hiervoor het die bemanning van elke kanon vier houtspane gehad om as hefbome te gebruik. Hierdie spane is duidelik sigbaar op die twee foto's. Agter die kanon het een of twee manskappe die agterkant van die affuit opgelig deur die platform of ’n houtbalk as steunpunt te gebruik. Een man by elke wiel het dan die wiel vorentoe of agtertoe gedraai deur die kanon se as as steunpunt te gebruik.

Elke kanon is deur ’n bevelvoerder (gewoonlik ’n adjudantoffisier) en 6 manskappe bedien.

Ontplooiing van die kanonne

Grietjie se bolwerke by Mafeking

Met hul aankoms in die ZAR is die vier Long Toms in die vier forte rondom Pretoria opgestel: Wonderboom, Daspoort, Schanskop en Klapperkop. Toe die oorlog uitbreek is drie van die kanonne na die Natalse front gestuur en gebruik om Ladysmith te beleër. Die vierde kanon is na Mafeking gestuur om die Britte daar te beleër.[4]

Dit het nie goed gegaan by Ladysmith nie. Op 1 Desember het ’n bom afkomstig van ’n Britse howitzer naby die Long Tom op Middle Hill ontplof. Nege burgers is dood en die sluitstuk van die Long Tom is beskadig. Die kanon moes in Pretoria reggemaak word, maar dit was darem weer terug op 11 Desember.[5] Gedurende die nag van 7/8 Desember het ’n groepie Britse saboteurs die punt van die loop van die Long Tom op Gun Hill opgeblaas en die sluitstuk gegaps.[6] Hierdie kanon moes ook na Pretoria gestuur word om reggemaak te word. Op 3 Februarie 1900 het die Boere een van die Long Toms by Ladysmith na Vaalkrans verskuif en dit daar gedurende daardie veldslag gebruik.[7] Op 13 Februarie is dit na Pietershoogte gestuur.[8] Op 18 Februarie word die arme Long Tom deur ’n 4.7" kanon raakgeskiet en dit moes weer die aftog blaas.[9] Toe Buller eindelik deurbreek moes albei Long Toms op die Natalse front die hasepad kies. Hulle was vir ’n rukkie by Biggarsberg opgestel en altwee is toe op 14 Mei na Pretoria verskuif.[10] Een van hulle is teruggestuur en weer op Pougwana naby Majuba opgestel.[11]

Die Jood op pad na Kimberley

Die ingenieurs in Pretoria het intussen aan die ander Long Tom gewerk. Die enigste raad met die opgeblaasde loop was om die voorste 25 cm af te sny. Daarna is die kanon die Jood genoem. Toe die herstelwerk voltooi is aan die einde van Januarie 1900, is die kanon na Kimberley gestuur.[12] Daar was die kanon maar net vir ’n week opgestel toe hulle haastig moes vlug sonder om die platform, spanstukke en terugloopbuffer saam te neem.[13] Teen 2 Maart was die kanon terug in Pretoria. Die Mafeking Long Tom was ook terug in Pretoria in April 1900. Laasgenoemde kanon is toe op ’n treintrok gemonteer.[14]

Die Long Tom op die treintrok is suidwaarts gestuur en by Renosterrivier in die Vrystaat het dit ’n paar skote op die aankomende Engelse gevuur en toe gevlug. Dieselfde het gebeur by Donkerhoek. Die Jood het dieselfde gedoen, maar sonder om ’n skoot af te vuur. Die derde Long Tom het sommer vroeg-vroeg op die trein na Middelburg geklim. Die drie Long Toms het eers by Belfast omgedraai om die Britte weer behoorlik aan te vat.

Die Long Tom wat op Pougwana opgestel was tot 11 Junie is padlangs na Belfast gestuur. Al vier die Long Toms het toe aan die Slag van Bergendal deelgeneem. Na die veldslag het Die Jood in die berge naby Lydenburg gaan wegkruip. Die Long Tom op Driekop het langs Warmbad (Badplaas) en Barberton na Komatipoort gevlug.[15] Die ander twee het Louis Botha na Lydenburg vergesel. Hulle was betrokke by gevegte by Badfontein, Lydenburg en ook op die bergpas tussen Lydenburg en Spitskop.[16] Daarvandaan is hulle na Ohrigstad geneem. Die een Long Tom is bergaf en verby Leydsdorp na Haenertsburg geneem. Die ander een is deur Sekhukhuneland verby Warmbad na Pietersburg geneem.[17] Toe die Engelse na Pietersburg opruk is hierdie Long Tom ook na Haenertsburg geneem.[18]

Vernietiging van die kanonne

Komatipoort

Die kanon wat na Komatipoort geneem is, is aanvanklik opgestel om die Britte vir oulaas te trotseer. Dit is egter op 22 September 1900 met dinamiet opgeblaas.[19]

Letabarivier

Wapad in rooi en Letabarivier in blou

Die enigste eietydse skriftelike bron van die plek waar die Long Tom vernietig is, is die dagboek van die kanonnier Frederik Rothmann. Hy het geskryf dat hulle op 11 Oktober 1900 by Haenertsburg aangekom het. Hulle het daar gebly tot 19 Oktober en toe na Pietersburg vertrek. Op daardie dag skryf hy dat die kanonne, insluitend die Long Tom,  die vorige dag opgeblaas is. Hy voeg by: "Ek het ’n stuk van Long Tom as soewenier behou".[20] Die geskut was klaarblyklik digby Haenertsburg opgeblaas.[21] Grobler vertel dat hy in 1954 Haenertsburg toe is om na oorblyfsels van ’n Long Tom te gaan soek. Daar het hy ’n Barkhuysen ontmoet, wat gesê het dat hy as jong seun daar gewoon het en presies weet waar die Long Tom vernietig was. Hy neem hom toe na die Letabarivier, omtrent drie kilometer oos van Haenertsburg, en wys die plek uit. Later het ’n swart man dieselfde plek onafhanklik ook uitgewys.[22] Hierdie plek is nou waarskynlik toe onder die Ebenezerdam.

Rietfontein

Long Tom oorblyfsels by Rietfontein

Ons weet nie eintlik wat met die Jood gebeur het vanaf die slag van Bergendal (Augustus 1900) tot April 1901 toe dit op die plaas Rietfontein beland het nie. In April 1901 het die Britte ’n groot operasie onderneem om die ZAR-regering en generaal Viljoen te omsingel en te vang. Generaal-majoor F.W. Kitchener, aan die hoof van een van ses kolonnes, het Lydenburg gedurende die nag van 13-14 April verlaat. Sy kolonne het uit 2 290 voetsoldate, 550 berede troepe en 6 kanonne, insluitend ’n 5-duim kanon, bestaan.[23] Hulle het in die rigting van Burgersfort opgeruk. Kolonel Jacson skryf soos volg oor die gebeure:

The following morning the column marched north down the Waterval valley, and after the mounted troops had experienced some opposition in very hilly and rough country, Boschfontein was reached. Shortly after the force had settled into camp heavy gun fire was heard from the direction of Waterval. The Boers' shells exploded in the valley immediately to the north of the camp and in the vicinity of a farm, where it would appear the Boers considered the column should have bivouacked. After the explosion of some twenty shells a louder report than usual was heard, and the shelling ceased.

[24]

Die volgende dag het hulle die koppie agter die opstal op Rietfontein bestyg en die oorblyfsels van die Long Tom daar gevind. Die Boere het op 16 April 1901 die kanon self opgeblaas voordat die vyand dit kon kry. Die ligging van die oorblyfsels van die stelling is 24° 57.761’S, 30° 13.271’O (WGS84), hoogte 1475 m.

Feeskop

In April 1901 is hierdie kanon na die Haenertsburg omgewing geneem. Op 30 April 1901 is die laaste Long Tom by Feeskop, omtrent 8 kilometer noord van Haenertsburg, deur die Boere opgeblaas.[25]

Sien ook

Verwysings

  1. Die Huisgenoot 28 Mei 1937, p. 14:Die Vier Long Toms.
  2. Hall, Darryl., Long Tom, Self uitgegee,Glen Ashley, 1994. Lees by oorlogsmuseum, Johannesburg, QC 293 HAL
  3. Transvaal Argief Bewaarplek, Leyds, 758-B, telegram van Pannetjies aan KG, 22.8.00.
  4. Changuion, Louis: Silence of the Guns, Protea Boekehuis, Pretoria, 2001, pp.4-37
  5. Changuion, supra, p. 49-50
  6. Changuion, supra, p. 50.
  7. Changuion, supra, p. 55
  8. Changuion, supra, p. 85.
  9. Changuion, supra, p. 86
  10. Changuion, supra, p. 93.
  11. Changuion, supra, p. 86, 94.
  12. Changuion, supra, p. 63-7
  13. Changuion, supra, p. 78.
  14. Changuion, supra, p. 96
  15. Changuion, supra, p. 116; Hall, supra, p. 63.
  16. Changuion, supra, pp. 119-126
  17. Changuion, supra, p.128
  18. Changuion, supra, p. 134
  19. Changuion, supra, p. 116; Hall, supra, p.63.
  20. MER, Oorlogsdagboek van 'n Transvaalse burger te velde,Tafelberg, Kaapstad, p. 87-8
  21. Contra Changuion, supra, p. 130.
  22. Grobler, DC, Die Long Tom kanonne, Johannesburg, Federasie van Rapportryerkorpse, 1984.
  23. Maurice & Grant,History of the War in South Africa, 1899–1902, volume IV, p.140. Captain A W Speyer: The experiences of an Aide-de-Camp in the Anglo-Boer War, p. 55
  24. Col. M. Jacson, The Record of a Regiment of the Line, Hutchinson & Co, Londen, 1908, p. 179.
  25. Changuion, supra, p. 134

Eksterne skakels

Read other articles:

ПриспособленецFlyweight Тип структурный Описан в Design Patterns Да Приспособленец (англ. flyweight, «легковесный (элемент)») — структурный шаблон проектирования, при котором объект, представляющий себя как уникальный экземпляр в разных местах программы, по факту не является т...

秋田都市圏 都市雇用圏 秋田都市圏 北緯39度43分 東経140度07分 / 北緯39.717度 東経140.117度 / 39.717; 140.117国  日本都道府県 秋田県中心都市 秋田市面積(2011)[1] • 合計 1,524.32 km2人口(2010)[2] • 合計 412,968人 • 密度 270人/km2域内総生産 (2010)[1] - 名目 1兆4037億円 秋田都市圏(あきたとしけん)は、秋田県の県

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (يوليو 2019) رون هيوستن معلومات شخصية الميلاد 8 أبريل 1945 (78 سنة)  مواطنة كندا  الوزن 170 رطل  الحياة العملية المهنة لاعب هوكي الجليد  الرياضة هوكي الجليد  تعديل ...

يفتقر محتوى هذه المقالة إلى الاستشهاد بمصادر. فضلاً، ساهم في تطوير هذه المقالة من خلال إضافة مصادر موثوق بها. أي معلومات غير موثقة يمكن التشكيك بها وإزالتها. (فبراير 2016)   لمعانٍ أخرى، طالع اتفاقية لندن (توضيح). اتفاقية لندن كانت اتفاقية سرية وقع عليها كل من العاهل الأردن

Este artículo o sección necesita ser wikificado, por favor, edítalo para que cumpla con las convenciones de estilo.Este aviso fue puesto el 12 de enero de 2017. Este artículo o sección necesita referencias que aparezcan en una publicación acreditada.Este aviso fue puesto el 11 de diciembre de 2016. Torneo Clausura 2017 Liga Cable Onda LPFDatos generalesSede  PanamáCategoría LPFFecha 14 de enero - 27 de mayoEdición XLVI (46°)Organizador Federación Panameña de FútbolPatrocinad...

Artikel ini perlu diwikifikasi agar memenuhi standar kualitas Wikipedia. Anda dapat memberikan bantuan berupa penambahan pranala dalam, atau dengan merapikan tata letak dari artikel ini. Untuk keterangan lebih lanjut, klik [tampil] di bagian kanan. Mengganti markah HTML dengan markah wiki bila dimungkinkan. Tambahkan pranala wiki. Bila dirasa perlu, buatlah pautan ke artikel wiki lainnya dengan cara menambahkan [[ dan ]] pada kata yang bersangkutan (lihat WP:LINK untuk keterangan lebih lanjut...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Maret 2023. Claus Kühnl (lahir di Arnstein, Unterfranken, 17 November 1957) adalah seorang komponis dan guru Jerman. Publikasi Musik und Eros – Gedanken eines jungen Komponisten (Neue Zeitschrift für Musik. Mainz: Schott, Juli/Agustus 1985) Poet der Nacht – He...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Right colic vein – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2023) (Learn how and when to remove this template message) Right colic veinThe portal vein and its tributaries.DetailsDrains tosuperior mesenteric veinArteryright colic arteryIdentifiersLati...

Syaiful RizalDankodiklat TNI AD ke-11Masa jabatan17 Oktober 2008 – 21 Juni 2010PendahuluLetjen TNI Bambang DarmonoPenggantiLetjen TNI BudimanKomandan Jenderal Komando Pasukan Khusus ke-20Masa jabatan15 Februari 2005 – 1 September 2006PendahuluMayjen TNI Sriyanto MuntasramPenggantiMayjen TNI Rasyid Qurnuen Aquary Informasi pribadiLahir2 Juni 1952 (umur 71)Lahat, Sumatera SelatanAnak1. Fathahillah Teriza 2. Kapten Inf Satria AderivaAlma materAkabri bagian Dara...

この名前は、スペイン語圏の人名慣習に従っています。第一姓(父方の姓)はリベラ、第二姓(母方の姓)はトーレスです。 バンボ・リベラBombo Rivera ミネソタ・ツインズ時代(1978年)基本情報国籍 アメリカ合衆国出身地 プエルトリコ自治連邦区ポンセ生年月日 (1952-08-02) 1952年8月2日(71歳)身長体重 5' 10 =約177.8 cm187 lb =約84.8 kg選手情報投球・打席 右投右打ポジション...

Science fiction comedy media franchise Cloudy with a Chance of MeatballsCreated byJudi BarrettOriginal workCloudy with a Chance of Meatballs (1978)OwnerSony Pictures AnimationYears2009–presentFilms and televisionFilm(s) Cloudy with a Chance of Meatballs (2009) Cloudy with a Chance of Meatballs 2 (2013) Short film(s) Super Manny (2013) Earl Scouts (2013) Steve's First Bath (2014) Attack of the 50-Foot Gummi Bear (2014) Television seriesCloudy with a Chance of Meatballs (2017–18)GamesVideo ...

2004 studio album by DeVotchKaHow It EndsStudio album by DeVotchKaReleasedOctober 5, 2004GenreIndie rock, gypsy punkLength57:01LabelCicero Recordings, Ltd.DeVotchKa chronology Una Volta(2003) How It Ends(2004) Curse Your Little Heart(2006) Professional ratingsReview scoresSourceRatingAllMusic[1] How It Ends is the fourth album from the band DeVotchKa, released by Cicero Recordings, Ltd. in 2004. The song How It Ends reached Number 101 in the UK Singles Chart.[2] Track ...

Batipuh SelatanKecamatanNegara IndonesiaProvinsiSumatera BaratKabupatenTanah DatarPemerintahan • Camat-Populasi • Total11,095 jiwa jiwaKode Kemendagri13.04.14 Kode BPS1305021 Luas64,65 km²Nagari/kelurahan- Batipuh Selatan adalah sebuah kecamatan di Kabupaten Tanah Datar, Sumatera Barat, Indonesia. Tanjung Mutiara Singkarak Batu Taba Batipuh Selatan lbsKecamatan Batipuh Selatan, Kabupaten Tanah Datar, Sumatera BaratNagari Batu Taba Guguak Malalo Padang Laweh Malal...

Catherine EngelbertEngelbert in 2019Tempat tinggalBerkeley Heights, NJKebangsaanAmerika SerikatPendidikanBachelor of Science, AkuntansiAlmamaterLehigh UniversityPekerjaanKomisaris WNBAAnakDua Catherine Cathy Engelbert (lahir 14 November 1964) adalah seorang eksekutif bisnis asal Amerika Serikat. Sejak 17 Juli 2019 ia menjabat sebagai Komisaris untuk Asosiasi Bola Basket Nasional Wanita (WNBA).[1][2][3] Sebelumnya ia bekerja untuk Deloitte, salah satu dari Empat Besar, ...

1997 single by Texas HaloSingle by Texasfrom the album White on Blonde B-sideAsking for FavoursComing DownReleased7 April 1997 (1997-04-07)[1]StudioAbbey Road (London, England)Length4:10LabelMercurySongwriter(s)Johnny McElhoneSharleen SpiteriProducer(s)TexasMike HedgesTexas singles chronology Say What You Want (1997) Halo (1997) Black Eyed Boy (1997) Alternative coversUK CD2 cover Music videoHalo on YouTube Halo is a song by Scottish alternative rock band Texas, release...

Potentially lethal game of chance For the similarly-named 1965 cartoon, see Rushing Roulette. For other uses, see Russian roulette (disambiguation). Characters in the 1978 film The Deer Hunter engaging in a game of Russian roulette. A revolver with a single round loaded in the cylinder. Cylinder is in the open (non-firing) position. Russian roulette (Russian: Русская рулетка, romanized: Russkaya ruletka) is a potentially lethal game of chance in which a player places a sing...

Senam padaPekan Olahraga Nasional XIX Aerobik Perorangan   putra   putri Berpasangan campuran Artistik Serba bisa beregu   putra   putri Serba bisa perorangan putra putri Meja lompat putra putri Lantai putra putri Kuda pelana putra Gelang-gelang putra Palang sejajar putra Palang tunggal putra Palang bertingkat putri Balok keseimbangan putri Ritmik Serba bisa beregu       putri Serba bisa perorangan putri Simpai putri Bola putri Gada putri Pita putri Senam ar...

Indian filmGhulam Begam BadshahDirected byJambuProduced byGovindram AhujaSudesh KumarStarringShatrughan SinhaAnil DhawanMoushumi ChatterjeeMusic byKalyanji-AnandjiCountryIndiaLanguageHindi Ghulam Begam Badshah is a 1973 Bollywood drama film directed by Jambu. The film stars Shatrughan Sinha, Moushumi Chatterjee and Anil Dhawan. The film was a remake of Tamil film Soodhattam. Cast Shatrughan Sinha as Thakur Pratap Anil Dhawan as Thakur Gopal Moushumi Chatterjee as Laxmi Kumud Chuggani as Kesar...

American baseball player (born 1978) Baseball player Xavier NadyNady with the Washington NationalsOutfielder / First basemanBorn: (1978-11-14) November 14, 1978 (age 45)Salinas, California, U.S.Batted: RightThrew: RightMLB debutSeptember 30, 2000, for the San Diego PadresLast MLB appearanceMay 4, 2014, for the San Diego PadresMLB statisticsBatting average.268Home runs104Runs batted in410 Teams San Diego Padres (2000, 2003–2005) New York Mets (2006) Pittsbu...

Sri Lankan quiz show This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Sirasa Lakshapathi – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2021) (Learn how and when to remove this template message) Sirasa LakshapathiAlso known asObada Lakshapathi Mamada LakshapathiSinhalaසිරස ලක්ෂපත...

Kembali kehalaman sebelumnya