Hugenoot

Die hugenotekruis.

Die Hugenote was Protestante in Frankryk, of wat uit Frankryk gevlug het, gedurende die 16de en 17de eeue. Die Hugenote was Calviniste en het dus besware gehad teen Katolieke sienings en gebruike. Die aantal Hugenote het aansienlik toegeneem tussen 1555 en 1562, hoofsaaklik adellikes en stadsbewoners. Teen 1562 was daar 'n geskatte twee miljoen Hugenote, en was ongeveer die helfte van Frankryk onder Hugenote beheer.

Die herkoms van die woord Hugenoot is onseker, maar is waarskynlik ontleen aan die Frans huguenot wat afkomstig is van die Geneefse eyguenots, bondgenote teen die hertog van Savoye, van die Switserse Duits Eidgnosse(n), eedgenote, bondgenote wat vanaf die 14de eeu die algemene aanduiding vir inwoners van die Switserse konfederasie was. Die variant huguenot is waarskynlik beïnvloed deur die naam van een van die leiers van die opstand teen die hertog van Savoye, Hugues de Besançon uit Genève. Die meeste Switsers wat in opstand gekom het was voorstanders van die Reformasie en die term is aanvanklik deur die katolieke as 'n skelwoord gebruik. Franse protestante het die skelnaam as erenaam begin gebruik. Veral tydens die bewind van die konings Frans II (1559–1560) en Karel IX (1560–1574) het dit groot politieke betekenis verwerf.[1]

Vervolging

Daar was wedersydse geweld en aanvalle tussen die hugenote en die katolieke. Die toestand het gou tot na aan burgeroorlog ontwikkel. Gedurende die grootste deel van die 16de eeu is die hugenote vervolg, wat teen die einde van daardie eeu tot grootskaalse interne geloofsoorloë gelei het. In 1561 het die Edik van Orléans egter die vervolging vir 'n paar jaar gestop, en met die Edik van Saint-Germain is hugenote se geloofsvryheid vir die eerste keer erken (17 Januarie 1562). In 1572 is duisende hugenote tydens die Bartolomeusnagslagting vermoor, en amnestie is die volgende jaar toegestaan. Die vyfde heilige oorlog teen die hugenote het op 23 Februarie 1574 begin, en konflik het aan en af aangehou tot 1598 toe koning Hendrik IV die Edik van Nantes uitgevaardig het wat protestante volle geloofsvryheid en gelyke regte met katolieke gegee het.

Lodewyk XIV het die vervolging van die protestante hervat. Hy het sy soldate, die gevreesde dragonades, by protestante huisgesinne ingekwartier en die lewe vir hulle so ondraaglik gemaak het dat baie gevlug het. Hy het uiteindelik die "onherroeplike" Edik van Nantes herroep in 1685 en het Protestantisme onwettig verklaar met die Edik van Fontainebleau. Hierna het baie hugenote na omliggende protestante lande gevlug, soos die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande en veral Pruise, waar die Calvinistiese Groot Keurvors Frederik Willem hulle verwelkom het om sy oorloggeteisterde en onderbevolkte land te help opbou.

Die Hugenote vlug

Die Hugenote-gedenkmuseum op Franschhoek.
Die Hugenotemonument op Franschhoek.

Reeds voor die grootskaalse emigrasie van Hugenote na die Kaap van Goeie Hoop in 1688–1689 het enkele Hugenote vlugtelinge aan die Kaap gevestig. Onder hulle was Francois Viljoen (aankoms 1671) en die broers François en Guillaume du Toit (aankoms 1686). Trouens, Maria de la Quellerie, eggenote van Jan van Riebeeck, was 'n Hugenoot en haar vader 'n Hugenote predikant in Nederland. Jan en Maria van Riebeeck verlaat egter die Kaap van Goeie Hoop in 1662 en vertrek na Batavia in die Verre-Ooste.

Op 31 Desember 1687 vertrek 'n groep Hugenote wat vroeër uit Frankryk gevlug het, per skip vanaf Nederland na die Kaap de Goede Hoop. In die volgende jaar begin die georganiseerde emigrasie van Franse Hugenote vanuit Nederland na die Kaap, waar die setlaars hulle hoofsaaklik in die omgewing van die huidige Franschhoek gevestig het. Die grootste groep Hugenote (sowat 180 in totaal) het hulle in die jare 1688 en 1689 aan die Kaap gevestig.

Hoewel die staatsgesubsideerde emigrasie in 1707 gestaak is, het daar nog Hugenote op eie stoom na die Kaap gekom, waaronder Pierre Labuschagne in 1711, Anna Maria Bacat in 1717, Jacques Naudé in 1718, Jean Blignaut in 1723 en Francois Guilliaumé (Giliomee) in 1726.

Die Hugenote het 'n groot rol in die geskiedenis van Suid-Afrika gespeel, veral in land- en wynbou, en baie Suid-Afrikaners het vandag nog Franse voorname en vanne. Die Hugenotemonument in Franschhoek is op 17 April 1948 ingewy, en die Hugenote-gedenkmuseum op dieselfde perseel is nege jaar later opgerig.

Duisende ander het na die terugtrekking van die Edik van Nantes na die dertien Britse kolonies in Noord-Amerika gevlug. Onder hulle was 'n silwersmit Apollos Rivoire, wat later sy naam sou verengels. Hy gee later dié naam en sy beroep aan sy seun, Paul Revere, 'n beroemde Amerikaanse revolusionêr. Vele het ook gevlug na Engeland, Duitsland, Nederland en Ierland, en so ver as Switserland en selfs Pole.

Die regte van Hugenote in Frankryk is gedeeltelik herstel met die Edik van Verdraagsaamheid op 28 November 1787. Daar woon vandag steeds ’n klein groepie Protestante in die omgewing van die stad Montpellier in die suide van die land.

Ontberinge

Simon van der Stel was 'n vurige Nederlandse nasionalis wat graag wou sien dat die nedersetting aan die Kaap in 'n suiwer Nederlandse kolonie ontwikkel. Daarom was hy spyt dat die Hugenote nie liewer Nederlanders was nie. Hy moes egter tevrede wees met die besluit van sy Here Meesters, en die enigste uitweg was om die nuwelinge so vinnig moontlik te verhollands. Met hierdie beleid het Here XVII akkoord gegaan. Dit sou egter groot ontevredenheid onder die vlugtelinge veroorsaak.

Die Hugenote het grond gekry in die vrugbaarste en mooiste deel van die kolonie: 'n paar in Stellenbosch, ander aan die voet van die Simons-, die Paarl- en die Diamantsberg en by die oorsprong van die Bergrivier in die Olifantshoek. Omdat heelwat Franse daar gaan woon het, het die streek die naam De Fransche Hoek gekry. Die Franse was egter nie tevrede nie. Dit was vir hulle baie moeilik om hulle by die vreemde omgewing aan te pas.

Hulle was egter veral ontevrede omdat hulle nie toegelaat is om naby mekaar te woon nie, en sommige was so ontevrede dat hulle hul plase verlaat het en by ander in diens getree het. 'n Kwaai en lang winter het sake verder bemoeilik en die suidoos in die vroegsomer het hulle moedeloos gewaai. In die Dagregister van 24 Oktober 1688 word daar geskryf van die eerste wrywing tussen die Franse en die kommandeur. Simon van der Stel was teleurgesteld met hulle, maar nogtans het hy aanvanklik baie tegemoetkomend opgetree. Die Franse het ook spoedig begin kla dat gesamentlike godsdiensoefening en 'n gemeenskaplike skool vir hul kinders bykans onmoontlik was.

Hulle het hul predikant, ds. Pierre Simond, gevra om op 28 November 1689 met 'n afvaardiging na die owerheid te gaan. Simon van der Stel was hewig verontwaardig. Geen wonder dat hy in die besluite van die Politieke Raad melding gemaak het van “veelvoudige moeijelijkheden hem door enige Franse gewaande vlugtelingen" aangedoen! Hy het hulle van ondankbaarheid en luiheid beskuldig en hulle streng versoek om hom nie weer met sulke versoeke lastig te val nie. Hierna het die Franse egter hul versoek direk aan Here XVII gerig.

Hier het hulle 'n meer simpatieke oor ontvang, en die Here XVII bet op 6 Desember 1690 besluit om toestemming te verleen tot die verkiesing van 'n afsonderlike kerkraad deur die Franse van Drakenstein. Toestemming om bymekaar te woon, het hulle egter nie gekry nie. Die owerheid wou dit juis voorkom. Simon van der Stel het nog dikwels gepraat van die wispelturige aard van die Franse. Hy het hulle selfs vergelyk met die Israeliete wat in die woestyn gedurig by Moses gekla en terugverlang het na die vleispotte van Egipte.

Die Kommandeur was nie blind vir hul probleme nie, maar hy het altyd 'n duidelike agterdog teen hulle behou. In sy instruksie aan sy seun en opvolger, Wilhem Adriaen van der Stel, het hy horn selfs teen die Franse gewaarsku. Hy het ook gekla dat hulle min van die boerdery weet en dat sommige hulle swak gedra. Ander weer moes deur die Kompanjie onderhou word. Hy het Here XVII laat weet dat hulle liewer nie meer Franse moes stuur nie, maar eerder flukse boere uit Nederland.

Dit was egter nie net die Franse teen wie Simon van der Stel dit gehad het nie; hy het ook teen sommige Nederlandse vryburgers uitgevaar. Baie van hulle, het hy gesê, was so verslaaf aan drank dat hulle die landbou verwaarloos het. Baie het hul vee voor die voet geslag en die grond uitgeput. Dit is interessant dat Simon van der Stel, hoewel hy nie baie geliefd onder die Franse en sommige vryburgers was nie, tog geen openlike verset uitgelok het nie.

Sy gedrag het hom nie gehaat gemaak nie; hy was streng, regverdig. Hy het moeite gedoen om hul produkte te bemark; iets wat sy seun nie gedoen het nie. Geen wonder dat die Franse en Nederlanders teen Wilhem Adriaen saamgespan het nie. Hierdie gesamentlike verset het Fransman en Nederlander nader aan mekaar gebring in die eerste politieke botsing op Suid-Afrikaanse bodem, wat miskien as die beginpunt van die Afrikaners as 'n eie volk beskou kan word. Aanvanklik het die Franse hulle apart gehou. Hartlike samewerking met die Nederlanders was daar nog nie. Met die vertrek van ds. Simond in 1701 en die aanstelling van ds. Beck het die ou ontevredenheid weer opgevlam.

Here XVII wou die Franse taal aan die Kaap so gou as moontlik laat uitsterf. Ds. Beck was wel tweetalig, maar hy het opdrag gekry om alleen in Nederlands te preek; slegs die bejaarde Franse moes hy in hul eie taal bedien. Hieroor was die Franse baie ontevrede. Meer as driekwart van die Drakensteinse gemeente kon byvoorbeeld nie 'n Nederlandse preek verstaan nie. Die Kaapse owerheid het egter nie die beleid om Frans uit die kerk uit te sluit, streng toegepas nie, sodat daar selfs in 1718 nog Franse dienste in Drakenstein gehou is.

Met verloop van tyd sou die Franse taal egter die ongelyke stryd teen Nederlands verloor. Frans het min neerslag in Afrikaans gevind; en vandag word ons slegs aan die Hugenote herinner deur die Franse plaasname in die Boland en die talle Franse familiename wat oor die lengte en breedte van ons land aangetref word. Daar is geskiedskrywers wat beweer dat die invloed van die Franse Hugenote op ons geskiedenis oorskat word. Dit is moontlik dat hulle 'n sterker godsdienssin hierheen gebring het.

Hulle het ongetwyfeld gehelp om die wynbou te verbeter, en ons kan ook aanneem dat hulle die reeds bestaande vryheidsin onder die Kaapse koloniste verder verstewig het. Moontlik het die Franse bloed ook gehelp om die Afrikaner beweegliker van gees en lughartiger van gemoed te maak.

Bronnelys

Verwysings

  1. Etymologisch Woordenboek van het Nederlands, besoek op 26 Desember 2007

Eksterne skakels

Suid-Afrika

Verenigde State

Read other articles:

Pasar Natal di Jena, Jerman Pasar Natal (bahasa Inggris: Christmas market) adalah pasar malam yang diadakan untuk merayakan Natal selama adven, terutama empat minggu sebelum hari Natal. Pasar malam ini awalnya merupakan tradisi di Jerman dan Austria, tetapi sekarang meluas ke berbagai negara di dunia. Dalam bahasa Jerman, tradisi ini disebut dengan Christkindlmarkt, Christkindlmarket, atau Weihnachtsmarkt Sejarah Pasar Natal di Stuttgart, Jerman Sejarah pasar Natal dimulai sejak akhir abad pe...

 

Siddhartha Gautama(Buddha Gautama)Awatara Wisnu sebagai Sang Buddhalbs Dalam agama Hindu, Buddha Gautama muncul dalam kitab Purana (Susastra Hindu) sebagai awatara (inkarnasi) kesembilan di antara sepuluh awatara (Dasawatara) Dewa Wisnu. Dalam Bhagawatapurana, Dia disebut sebagai awatara kedua puluh empat di antara dua puluh lima awatara Wisnu. Kata buddha berarti Dia yang mendapat pencerahan dan dapat mengacu kepada Buddha lainnya selain Buddha Gautama, pendiri Buddhisme yang dikenal pada ma...

 

Questa voce o sezione sull'argomento musei d'Italia non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Museo del Ciclismo Gino Bartali UbicazioneStato Italia LocalitàFirenze Indirizzovia Chiantigiana 175 Coordinate43°44′25.47″N 11°17′42.25″E / 43.740408°N 11.295069°E43.740408; 11.295069Coordinate: 43°44′25.47″N 11°17...

BallerinaFicha técnicaDirección Len WisemanProducción Basil IwanykGuion Shay HattenEmerald FennellMontaje Jason BallantineProtagonistas Ana de ArmasKeanu ReevesIan McShaneAnjelica HustonGabriel ByrneLance ReddickCatalina SandinoNorman Reedus Ver todos los créditos (IMDb)Datos y cifrasPaís Estados UnidosAño 2024Género Thriller de acción y acciónIdioma(s) InglésCompañíasProductora LionsgateSummit EntertainmentThunder Road PicturesDistribución LionsgateLionsgate FilmsFicha en IMDbFi...

 

Anaheim Sceau d'Anaheim Drapeau d'Anaheim L'hôtel de ville d'Anaheim. Administration Pays États-Unis État Californie Comté Orange Type de localité City Maire Mandat Ashleigh Aitken (D) depuis 2022 Code ZIP 92801-92809, 92812, 92814-92817, 92825, 92850, 92899 Code FIPS 06-02000 GNIS 1652663 Indicatif(s) téléphonique(s) local (locaux) 657 et 714 Démographie Population 346 824 hab. (2020) Densité 2 633 hab./km2 Géographie Coordonnées 33° 50′ 10″ ...

 

تاريخ تركمانستانمعلومات عامةالمنطقة تركمانستان التأثيراتفرع من اهمية اسيا الوسطى استراتجياً تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات يعود تاريخ تركمانستان إلى عصور غابرة في القدم، حيث يرجع أول استيطان للإنسان فيها إلى العصر الحجري القديم، والبقايا الأثرية المكتشفة في ال...

Este artigo ou seção pode conter informações desatualizadas. Se tem conhecimento sobre o tema abordado, edite a página e inclua as informações mais recentes, citando fontes fiáveis e independentes. —Encontre fontes: ABW  • CAPES  • Google (N • L • A) As referências deste artigo necessitam de formatação. Por favor, utilize fontes apropriadas contendo título, autor e data para que o verbete permaneça verificável. (Mar...

 

Ruanda Uniformi di gara Casa Trasferta Sport Calcio Federazione FERWAFAFédération Rwandaise de Football Amateur Codice FIFA RWA Soprannome Amavubi(Le Vespe) Selezionatore Torsten Spittler Record presenze Haruna Niyonzima (110) Capocannoniere Olivier Karekezi (25) Ranking FIFA 140º (26 ottobre 2023)[1] Esordio internazionale Burundi 6 - 2 Ruanda Libreville, Gabon; 29 giugno 1976 Migliore vittoria Ruanda 9 - 0 Gibuti Dar es Salaam, Tanzania; 13 dicembre 2007 Peggiore sconfitta Cameru...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Januari 2023. Sebuah aturan sistem tenaga listrik adalah serangkaian spesifikasi teknis yang harus dicapai oleh semua fasilitas yang terhubung ke sistem tenaga listrik, untuk memastikan keamanan, keselamatan, dan keekonomian dari sistem. Fasilitas-fasilitas tersebut...

I Ketut Untung Yoga AnnaWakil Inspektur Pengawasan Umum PolriMasa jabatan25 Agustus 2017 – 8 April 2018PendahuluTaufik NurhidayatPenggantiAgung Sabar SantosoWakil Kepala Lembaga Pendidikan dan Pelatihan PolriMasa jabatan3 Februari 2017 – 18 April 2017PenggantiMusyafakKepala Divisi Hubungan Internasional PolriMasa jabatan3 September 2015 – 3 Februari 2017PendahuluSugeng PriyantoPenggantiSaiful Maltha Informasi pribadiLahir21 April 1960 (umur 63)Mengwi, Bad...

 

كورت مولر معلومات شخصية الميلاد 9 مايو 1948 (العمر 75 سنة)لوسرن  مركز اللعب مهاجم الجنسية سويسرا  المسيرة الاحترافية1 سنوات فريق م. (هـ.) 1967–1968 FC Emmenbrücke [الإنجليزية]‏ 1968–1971 لوزيرن 49 (22) 1971–1972 غراسهوبر زيوريخ 37 (15) 1972–1975 هرتا برلين 77 (20) 1975–1977 سيرفيت 41 (10) 1977–1981 يانغ بويز ...

 

Australian rules footballer Australian rules footballer Clem Dayman Personal informationFull name Clement Gordon Lyle DaymanDate of birth 30 December 1892Place of birth Salisbury, South AustraliaDate of death 24 July 1967 (age 74)Position(s) Half-Forward / Follower[1]Playing career1Years Club Games (Goals)1915–1919 North Adelaide 20 (16)1921–1925 Port Adelaide 69 (71)Total 89 (87) 1 Playing statistics correct to the end of 1925.Career highlights Port Adelaide premiership play...

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Mohmand District – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (July 2015) (Learn how and when to remove this template message) District of Khyber Pakhtunkhwa in PakistanMohmand District ضلع مہمندمومندو ولسوالۍ‎Mohmand Agencyمہمن...

 

Chinese chess grandmaster Xiu DeshunCountryChinaBorn (1989-02-01) 1 February 1989 (age 34)Qingdao, Shandong ProvinceTitleGrandmaster (2011)FIDE rating2510 (December 2023)Peak rating2585 (September 2013) Xiu Deshun (Chinese: 修德顺; born 1 February 1989, in Qingdao) is a Chinese chess grandmaster. He was a member of the gold medal-winning Chinese team at the Asian Nations Cup 2014 in Tabriz, Iran, where he also won the individual gold medal on the reserve board (board 5)....

 

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (أكتوبر 2015) قرار الجمعية العامة للأمم المتحدة 1631 التاريخ 1961 الرمز A/RES/1631  ([{{{document}}} الوثيقة]) الموضوع قبول موريتانيا لعضوية الأمم المتحدة ملخص التصويت 68 مصوت لصالح13 م...

Serbian handball player This article includes a list of references, related reading, or external links, but its sources remain unclear because it lacks inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (April 2017) (Learn how and when to remove this template message) Milena Petkovic (Serbian Cyrillic: Милена Петковић; born 28 May 1993) is a Serbian professional handball player[1] International competitions EHF Cup: 2011/12, 2015...

 

Mong Kok旺角Stasiun angkutan cepat MTRNama TionghoaTionghoa 旺角 JyutpingWong6 gok3Hanyu PinyinWàngjiǎo Arti harfiahFlourishing cornerTranskripsiTionghoa StandarHanyu PinyinWàngjiǎoYue: KantonRomanisasi YaleWohng gokIPA[wɔ̀ːŋkɔ̄ːk̚]JyutpingWong6 gok3 Informasi umumLokasiNathan Road × Argyle Street, Mong KokDistrik Yau Tsim Mong, Hong KongKoordinat22°19′09″N 114°10′10″E / 22.3192°N 114.1694°E / 22.3192; 114.1694Koordinat: 22°19′09...

 

マルクス・ウィプサニウス・アグリッパ マルクス・ウィプサニウス・アグリッパ(ラテン語: Marcus Vipsanius Agrippa, 紀元前63年 - 紀元前12年)は、古代ローマの軍人、政治家でローマ帝国初代皇帝アウグストゥスの腹心。のちにアウグストゥスの娘婿となる。 ガイウス・ユリウス・カエサルに見出され、軍略の弱いアウグストゥスの補佐的役割を果たした。また、パンテ...

غزو الفرس الثاني لليونان جزء من الحروب بين الفرس واليونان معلومات عامة التاريخ 480-479 قبل الميلاد الموقع اليونان النتيجة انتصار ساحق لليونان المتحاربون بعض المدن اليونانية مثل أثينا و اسبرطة الإمبراطورية الفارسية القادة ثيموستوكليس  إيوربياديس ليونايديس الأول ...

 

Archidiocèse de Calabozo(la) Calabocensis Informations générales Pays Venezuela Archevêque Manuel Felipe Díaz Sánchez (es) Langue(s) liturgique(s) Espagnol Superficie 27 947 km2 Création du diocèse 7 mars 1863 Élévation au rang d'archidiocèse 7 juin 1995 Patron Notre Dame du Rosaire[1] Diocèses suffragants San Fernando de ApureValle de la Pascua Adresse Calle 4 entre Carrera 12 N. 11-82, Calabozo 2312, Guarico, Venezuela Site web arquidiocesisdecalabozo.es.tl Stati...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!