Jan van Riebeeck

Jan van Riebeeck
Jan van Riebeeck
Jan van Riebeeck uit die skildery De Stichter deur E.C. Godée Molsbergen.[1]

1ste Kommandeur van die Nederlandse Kaapkolonie
Ampstermyn
6 April 1652 – 6 Mei 1662
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur Zacharias Wagenaer

Persoonlike besonderhede
Gebore Johan Anthoniszoon van Riebeeck
21 April 1619
Culemborg, Gelderland, Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande
Sterf 18 Januarie 1677 (op 57)
Batavia, Nederlands-Indië (tans Indonesië)
Eggenoot/-note Maria de la Quellerie
Kind(ers) Abraham van Riebeeck
7 andere
Religie Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie
Lojaliteit Nederland

Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck (Culemborg, 21 April 1619Batavia, 18 Januarie 1677), was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika.

Lewensloop

Dié portret, wat op banknote afgebeeld was, is waarskynlik dié van Bartholomeus Vermuyden en nié van Jan van Riebeeck nie.[2]

Van Riebeeck word groot in Schiedam as die seun van ’n dokter en trou daar met Maria de la Quellerie op 28 Maart 1649. Sy sterf in Malakka op 2 November 1665.

Van Riebeeck vul al vanaf 1639 ’n aantal poste by die VOC: eerste vertoef hy in Batavia as doktersassistent, waarna hy Japan besoek. Sy belangrikste pos was as hoof van die handelspos in Tonkin, Viëtnam, maar hy word teruggeroep nadat dit aan die lig kom dat hy homself aan privaathandel skuldig gemaak het. In 1648 doen Van Riebeeck aan boord van De Coninck van Polen in Tafelbaai aan. Die skip was deel van die retoervloot onder vlootvoog Wollebrand Geleynsz de Jong wat van 8 Maart tot 3 April aldaar vertoef het om die bemanning van die Nieuwe Haerlem af te haal.[3] In 1651 word hy uitgestuur om ’n verversingstasie in te rig by die Kaap die Goeie Hoop aan die suidpunt van Afrika. Op 24 Desember 1651 het Van Riebeeck met sy vlagskip, die Drommedaris, en nog twee ander skepe, die Reiger en die Goede Hoop, uit die hawe van Texel vertrek.

Op Saterdag 6 April 1652 land Van Riebeeck in Tafelbaai, plant die vlag van die VOC en kies die plek waar die Fort de Goede Hoop opgerig moet word, die eerste Nederlandse nedersetting aan die Kaap. Van Riebeeck en sy 90 koloniste (onder wie agt vroue is) lê tuine aan om vrugte en groente te verbou om die VOC-skepe wat by die kolonie aandoen, mee te kan voorsien. Vars vleis word verkry deur middel van ruilhandel met die plaaslike Khoikhoi-stamme, wat deur die Nederlanders Hottentotten genoem word.

Van Riebeeck was die regte persoon vir die groot, moeilike taak om 'n halfwegstasie aan die Kaap de Goede Hoop te vestig. Hy was 'n rustelose, energieke mens met groot werksvermoë. Sy opdragte het hy so stiptelik moontlik uitgevoer en alle take met optimisme aangepak. In Maart 1653 kon hy reeds aan die retoervloot vars produkte verskaf - ten spyte van talle terugslae.

Van Riebeeck kon een groot vraagstuk egter nie oplos nie: die verversingspos kon nie genoeg graan produseer om selfs in eie behoefte te voorsien nie, en die VOC moes dit in die beginjare steeds onderhou. Dit was juis die graantekort wat die kommandeur een van sy groot dienste aan Suid-Afrika laat bewys het. Op sy aandrang is vryburgers in 1657 ingestel. Hulle was mense wat nie in diens van die VOC was nie, maar privaat geboer het. Daardeur het die karakter van die Kaap van 'n verversingspos in 'n kolonie verander en is die grondslag gelê vir die ontwikkeling van 'n nasie.

Op 17 Desember 1652 ontdek Van Riebeeck die komeet C/1652 Y1, die eerste komeet wat in Suid-Afrika ontdek is.[4]

Van Riebeeck bly die leier van die kolonie vir 10 jaar tot 7 Mei 1662, toe hy na sy nuwe amp in Batavia vertrek. Hy is deur Zacharias Wagenaer opgevolg as kommandeur van Kaap die Goeie Hoop.

Sy geboortehuis in Culemborg huisves tans ’n eiendomsagentskap.

Nalatenskap in Suid-Afrika

Jan van Riebeeck se wapenskild

Jan van Riebeeck is van kulturele en geskiedkundige betekenis vir Suid-Afrika. Hy word deur die Afrikaners as die grondlegger van die Afrikanervolk beskou. Dit het onder meer uiting gekry in die feit dat sy gesig op posseëls en die Suid-Afrikaanse banknote en munte verskyn het van die 1940's tot 1993 toe die Suid-Afrikaanse Reserwebank die Suid-Afrikaanse geld na ’n apolitiese ontwerp van fauna en flora van die verskillende streke verander het. Die beeld wat op die Suid-Afrikaanse banknote gebruik was, is waarskynlik nie dié van Van Riebeeck nie, maar van Bartholomeus Vermuyden.[5][6]

6 April was voor 1994 in Suid-Afrika bekend as Van Riebeeckdag en is later herdoop tot Stigtingsdag, maar nadat die ANC die regering oorgeneem het, is die dag as 'n vakansiedag laat vaar. Sy beeld verskyn op geen amptelike posseëls of geldstukke meer nie, maar in Adderleystraat in Kaapstad staan nog 'n standbeeld van hom en sy vrou.

Die wapen van die stad Kaapstad is gebaseer op die Van Riebeeck-familiewapen.

Baie Suid-Afrikaanse dorpe, stede en strate is na hom vernoem. Riebeek-Kasteel is een van die oudste dorpe in Suid-Afrika en is 75 km vanaf Kaapstad geleë in die Riebeek-vallei saam met Riebeek-Wes, 'n susterdorp.

Hoërskool Jan van Riebeeck is ’n Afrikaanse hoërskool in Kaapstad.

Vryburgers

Teen die einde van 1652 was daar reeds 'n florerende tuin, en vee is by die Khoi geruil. Toe die eerste retoervloot uit Batavia in Maart 1653 die Kaap aandoen, kon Van Riebeeck hulle dus van genoeg vars voorrade voorsien. Die ideaal om die Kaap selfversorgend te maak, kon egter in die heersende omstandighede nie verwesenlik word nie. Die eerste koringlande is deur die wind verniel, rys kon nie met sukses gekweek word nie (groot hoeveelhede rys moes ingevoer word), die uitvoer van robbevelle was nie geslaag nie en geen minerale rykdomme is in die Kaap gevind nie.

Boonop was die amptenare onder hom onwillig om ekstra werk te verrig waaruit hulle self geen voordeel sou put nie. Reeds in sy eerste brief aan Batavia (die Kaap het onder die gesag van die Raad van Indië geval) het Van Riebeeck voorgestel dat VOC-amptenare aan die Kaap toegelaat word om 'n stuk grond vir eie gewin te bewerk. Hy het voorgestel dat vryburgers uit Nederland of die Ooste ook vir die doel gebruik kon word. Namate die getal inwoners aan die Kaap toegeneem het (in 1658 was daar reeds 189) en die uitgawes vir hul onderhoud gestyg het, het die VOC om ekonomiese redes meer aandag aan Van Riebeeck se voorstelle geskenk. In ‘n brief van 12 Oktober 1656 het hulle hom opdrag gegee om 8 tot 10 mans vry te stel en te laat boer in die hoop dat dit sou help om die Kaap selfversorgend te maak. In Februarie 1657 het Van Riebeeck 9 vrybriewe uitgereik. Die vryburgers is in 2 groepe ingedeel: een groep onder leiding van Steven Jansz van Wageningen en die ander onder leiding van Harman Remajenna. Hulle het elk 'n stuk grond aan die Liesbeeckrivier (indertyd bekend as die Amstel) ontvang.

Die vryburgers moes hul produkte teen 'n vasgestelde prys aan die VOC verkoop waarmee in die behoeftes van sowel die vlote as die inwoners van die Kaap voorsien moes word. Oorblywende produkte kon hulle onder mekaar verhandel of na Batavia uitvoer. Hulle kon hul inkomste aanvul deur jag, visvangs, biermakery en deur varke en pluimvee aan te hou. Die implemente wat hulle op krediet van die VOC ontvang het, sou die eerste 3 jaar gratis deur die VOC in stand gehou word.

Tydens kommissaris Rijckloff van Goens se besoek in Maart/April 1657 is die tiende vrybrief uitgereik en in 1658 was daar reeds 15 vryburgers. Van Goens het daarop gewys dat die amptenare nie dieselfde voorregte as die vryburgers moes geniet nie omdat laasgenoemde as gevolg van die mededinging dan nie 'n bestaan sou kon maak nie. Konflik tussen die amptenare en vryburgers het egter spoedig 'n groot rol in die geskiedenis van die Kaap gespeel.

Die uitreiking van die vrybriewe was 'n belangrike gebeurtenis in die geskiedenis van Suid-Afrika omdat die aard van die verversingspos daardeur verander is. Dit was die begin van 'n permanente Blanke bevolking wat weens aanwas ook onvermydelik tot gebiedsuitbreiding gelei het. Die instelling van vryburgers het 'n wysiging in die samestelling van die Kaap se bestuursliggaam, die Politieke Raad, geverg. Die Raad, wat bestaan het uit die skeepskapteins met Van Riebeeck as voorsitter, het vir die eerste keer aan boord van die Drommedaris byeengekom.

Nadat die kapteins die Kaap verlaat het, het die Politieke Raad bestaan uit die kommandeur, die sekunde, die fiskaal, die bevelvoerder van die garnisoen (eers 'n korporaal, toe 'n sersant en later 'n kaptein) en 'n sekretaris. Laasgenoemde het egter nie stemreg gehad nie.  As verteenwoordiger van die vryburgers is Steven Jansz van Wageningen as die eerste burgerraad aangestel. Dit was in ooreenstemming met die VOC se beleid dat 'n beskuldigde altyd deur 'n lid van sy eie klas op die regsbank verteenwoordig moes word.

Later is Hendrik Boom, die hooftuinier wat intussen ook 'n vryburger geword het, as tweede burgerraad aangestel. Elke jaar het een van die 2 burgerrade afgetree en hy is dan vervang deur een wat deur die Kommandeur aangestel is. Die vryburgers se boerdery het die astrantheid van die Hottentotte, veral die Kaapmans of Goringhaikwas, laat toeneem. Van Riebeeck het uit die staanspoor met die Khoi ruilhandel gedryf, maar reeds in 1653 het konflik ontstaan toe Herry, die tolk en leier van die Strandlopers, feitlik al die nedersetting se vee gesteel het.

Die verhoudings het gespanne gebly en Van Riebeeck het uiteindelik in oorleg met Van Goens op 'n beleid van gebiedskeiding besluit. In Mei 1659 het die burgers 'n petisie aan Van Riebeeck oorhandig waarin hulle optrede teen die Khoi geëis het. Die Khoi het nie net hul vee gebuit nie, maar ook hul boerderygereedskap gesteel. Nadat een van die vryburgers deur die Kaapmans vermoor is, het 'n hele reeks skermutselings met die Khoi ontstaan wat eers in April 1660 beëindig is.

Van Riebeeck is in 1662 deur die VOC na Batavia verplaas en het die Kaap op 7 Mei op die skip Mars verlaat. Met sy aankoms in Julie 1662 was daar vir hom geen werk in Batavia nie en hy het eers in September sitting in die Raad van Justisie verkry.

Kort daarna is hy as ‘n goewerneur van Malakka aangestel, waar sy vrou en dogter Joanna hom aan die einde van 1664 ontval het. Hy het versoek om na Nederland gerepatrieer te word, maar het in November 1665 die pos van sekretaris van die Raad van Indië aanvaar. Hy het die pos tot met sy dood op 18 Januarie 1677 beklee. Hy is op 10 Maart 1667 met Maria Scipio getroud en een seun, Joan, is uit die huwelik gebore.

Jan van Riebeeck se gebed (1652)

Jan van Riebeeck land in Tafelbaai in April 1652.
Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos-Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader, dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in watter mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen[7]

Die Gelofte van Jan van Riebeeck, 6 April 1654

Hier volg die gelofte van Jan van Riebeeck:

Waar dit vandag die tweede verjaardag is van die dag waarop ons deur die HERE gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger en De Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en kolonie na die bevel van ons here en meesters Here XVII – die Direkteure van die VOC te bou en te bestendig, en opgelet dat God die HERE alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wense laat verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met danksegging te vier en vir altyd tot 'n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat daarby die weldade van die HERE wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en herinnering gehou sal word.[8]

Sien ook

Bronnelys

Verwysings

  1. "SA History.org.za". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2010. Besoek op 17 Januarie 2011.
  2. (en) SAHistory.co.za. URL besoek op 6 Mei 2016.
  3. Bouws, J.; Giliomee, G.A. (reds.). Ensiklopedie van die Wêreld (CALL-ENDE). Stellenbosch: C. F. Albertyn (Edms.) Beperk. p. 203. ISBN 0-949948-02-0.
  4. Map with Comet C/1652 Y1, besoek op 30 April 2007
  5. Giliomee, H en Mbenga, B.K. (2007). Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika. Tafelberg, Kaapstad. ISBN 978-0-624-04359-1
  6. (nl) "Skilderye van die Rijksmuseum: Portret van 'n man, vermoedelik Bartholomeus Vermuyden (1616/17-1650)".
  7. Jan van Riebeeck se gebed vir Suid-Afrika
  8. Uit Die Gelofte / Onderneming van Jan van Riebeeck en mede volksgenote.

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Kommandeur van die Kaap de Goede Hoop
7 April 16526 Mei 1662
Opgevolg deur
Zacharias Wagenaer

Read other articles:

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (ديسمبر 2021) بيتاينون سي بيتاينون سي الاسم النظامي (IUPAC) (2S,3R,4R,4aS,5R,7R,8aS)-3-[(2R)-butan-2-yl]-2,7-dihydroxy-4-[(2Z)-3-hydroxyprop-2-enoyl]-2,4,5,7-tetramethyloctahydronaphthalen-1(2H)-one المعرفات رقم CAS 85269-25-6 Y= بوب كيم (PubCh...

 

FritessausFrench fries with fritessausAlternative namesFrietsausTypeSaucePlace of originNetherlandsServing temperatureCold Fritessaus or frietsaus (fries sauce) is a Dutch accompaniment to French fries, served popularly nationwide.[1] It is similar to mayonnaise, but with at most 25% fat, is leaner and usually sweeter than mayonnaise.[2] Mayonnaise in the Netherlands is required by the Warenwet (Commodities Act) of 1998 to contain at least 70% fat and at least 5% egg yolk befo...

 

Ratte mit eröffneter Bauchhöhle und freipräparierten inneren Organen. Unten die Gebärmutter mit Feten. Als Eingeweide bezeichnet man im weiteren Sinne die Gesamtheit der in den großen Körperhöhlen (Viszeralorgane in Brust-, Bauch- und Beckenhöhle) und im Kopf-Hals-Bereich gelegenen inneren Organe.[1] Im alltäglichen Sprachgebrauch wird der Begriff synonym mit den Baucheingeweiden (Organe des Abdomen) verwendet.[2][3] Ein medizinischer Fachausdruck für die Ein...

Artikel ini perlu dikembangkan agar dapat memenuhi kriteria sebagai entri Wikipedia.Bantulah untuk mengembangkan artikel ini. Jika tidak dikembangkan, artikel ini akan dihapus. Untuk kegunaan lain, lihat Ali Akbar Khan (disambiguasi). Ali Akbar KhanInformasi latar belakangLahir(1922-04-14)14 April 1922AsalComilla, Bengal Timur (sekarang Bangladesh)Meninggal18 Juni 2009(2009-06-18) (umur 87)San Anselmo, California, Amerika SerikatGenreMusik klasik HindustaniPekerjaanKomponis, SarodiyaInst...

 

American actress, singer, comedian (born 1947) Liz TorresTorres in 2008BornElizabeth Larrieu Torres[1] (1947-09-27) September 27, 1947 (age 76)The Bronx, New York, U.S.Occupation(s)Actress, singer, comedianYears active1967–presentSpouse Peter Locke ​(m. 1974)​ Elizabeth Larrieu Torres (born September 27, 1947) is an American actress, singer, and comedian. Torres is best known for her role as Mahalia Sanchez in the NBC comedy series The John Lar...

 

Private, coeducational school in Sidney, Ohio, United StatesLehman Catholic High SchoolAddress2400 St. Marys AvenueSidney, Ohio 45365-8902United StatesCoordinates40°18′47″N 84°10′21″W / 40.31306°N 84.17250°W / 40.31306; -84.17250InformationTypePrivate, CoeducationalMotto“Be Great!”Religious affiliation(s)Roman CatholicEstablishedJuly 1, 1970Oversight Sisters of Charity Roman Catholic Archdiocese of Cincinnati PresidentTom SteinPrincipalVeronica Gaier ...

BCL9 التراكيب المتوفرة بنك بيانات البروتينOrtholog search: PDBe RCSB قائمة رموز معرفات بنك بيانات البروتين 2GL7, 2VP7, 2VPB, 2VPD, 2VPE, 2VPG, 3SL9 المعرفات الأسماء المستعارة BCL9, LGS, B-cell CLL/lymphoma 9, B cell CLL/lymphoma 9, transcription coactivator, transcription coactivator معرفات خارجية الوراثة المندلية البشرية عبر الإنترنت 602597 MGI: MGI:1924828 Ho...

 

Royal Navy Admiral (born 1938) SirJock SlaterBorn (1938-03-27) 27 March 1938 (age 85)AllegianceUnited KingdomService/branchRoyal NavyYears of service1958–1998RankAdmiralCommands heldFirst Sea LordVice-Chief of the Defence StaffCommander-in-Chief FleetFlag Officer Scotland and Northern IrelandHMS DryadHMS IllustriousHMS KentHMS JupiterHMS SobertonBattles/warsFalklands WarAwardsKnight Grand Cross of the Order of the BathLieutenant of the Royal Victorian OrderLegi...

 

Община Бистриця-об-СотліObčina Bistrica ob Sotli|coordinates_footnotes= |coor_pinpoint= coat of arms of Bistrica ob Sotli Municipalityd м. Бистриця-об-Сотлім. Бистриця-об-Сотлі Основні дані 46°03′32″ пн. ш. 15°39′51″ сх. д. / 46.05888889002777375° пн. ш. 15.66416667002777885° сх. д. / 46.05888889002777375; 15.66416667002777885Координа...

South Korean actor In this Korean name, the family name is Ko. Go JunBorn (1978-12-08) December 8, 1978 (age 44)Seoul, South Korea[1]Occupation(s)Film director, actorYears active2001–presentAgentSaram Entertainment Korean nameHangul고준Revised RomanizationGojunMcCune–ReischauerKojunBirth nameHangul김준호Revised RomanizationKim JunhoMcCune–ReischauerKim Chunho Ko Jun (born Kim Joon-ho on 8 December 1978) is a South Korean actor.[2] Filmography Film Year Tit...

 

Resende Costa   Município do Brasil   Igreja do Rosário, em Resende CostaIgreja do Rosário, em Resende Costa Símbolos Bandeira Brasão de armas Hino Gentílico resende-costense Localização Localização de Resende Costa em Minas GeraisLocalização de Resende Costa em Minas Gerais Resende CostaLocalização de Resende Costa no Brasil Mapa de Resende Costa Coordenadas 20° 55' 19 S 44° 14' 16 O País Brasil Unidade federativa Minas Gerais Municípios ...

 

TV personality Mike JohnsonJohnson (2019)Born (1987-12-27) December 27, 1987 (age 35)Occupation(s)Television personality, portfolio manager Mike Johnson (born December 27, 1987) is an American television personality and portfolio manager. He received national recognition after appearing as a contestant on season 15 of The Bachelorette[1] before being eliminated by Hannah Brown during week 7 of the show. After being eliminated from The Bachelorette, he began appearing on season 6 ...

Eparchy of ValjevoCathedral of the Resurrection of the Lord in ValjevoLocationTerritoryKolubara DistrictHeadquartersValjevo, SerbiaInformationDenominationEastern OrthodoxSui iuris churchSerbian Orthodox ChurchEstablished18th centuryCathedralCathedral of Resurrection, ValjevoLanguageChurch Slavonic,SerbianCurrent leadershipBishopIsihije (Rogić)MapWebsiteOfficial site The Eparchy of Valjevo is one of the eparchies of the Serbian Orthodox Church, with the seat at Valjevo, Serbia. After the pass...

 

This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article's lead section may be too short to adequately summarize the key points. Please consider expanding the lead to provide an accessible overview of all important aspects of the article. (February 2010) This article does not cite any sources. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material...

 

Emperor of Eastern Wei Emperor Xiaojing of Eastern Wei東魏孝靜帝Emperor of Eastern WeiReign534–550RegentGao Huan (534–547)Gao Cheng (547–549)Gao Yang (549–550)Born524Died552 (aged 27–28)SpouseEmpress GaoNamesFamily name: Yuán (元)Given name: Shànjiàn (善見)Era dates Tiān píng (天平) 534–537 Yuán xiàng (元象) 538–539 Xīng hé (興和) 539–542 Wǔ dìng (武定) 543–550 Posthumous nameEmperor Xiàojìng (孝靜皇帝, lit. filial and meek)FatherYua...

Nigerian football midfielder This article is an orphan, as no other articles link to it. Please introduce links to this page from related articles; try the Find link tool for suggestions. (December 2019) Segun AterePersonal informationFull name Oluwasegun AtereDate of birth (1985-11-02) 2 November 1985 (age 38)Place of birth Ibadan, NigeriaHeight 1.75 m (5 ft 9 in)Position(s) Midfielder & strikerTeam informationCurrent team Giwa FCYouth career Shooting Stars F.C.Senior...

 

This is a list of college athletics programs in the U.S. state of Wyoming.[1][2] NCAA Division I Wyomingclass=notpageimage| NCAA Division I member colleges in Wyoming. Team School City Conference Sport sponsorship Foot-ball Basketball Soccer M W M W Wyoming Cowboys and Cowgirls University of Wyoming Laramie Mountain West FBS NJCAA CasperCentral WyomingEastern WyomingGilletteLaramie CountyNorthwestSheridanWestern Wyomingclass=notpageimage| NJCAA member colleges in Wyoming. – ...

 

Paul Vanden Boeynants, 1966 Paul Emile François Henri Vanden Boeynants anhörenⓘ/? (* 22. Mai 1919 in Forest/Vorst, Belgien; † 9. Januar 2001 in Brüssel) war ein belgischer Politiker. Er war für zwei kurze Amtszeiten Premierminister Belgiens. Inhaltsverzeichnis 1 Leben 2 Betrug 3 Entführung 4 Auszeichnungen 5 Literatur 6 Weblinks 7 Einzelnachweise Leben Vanden Boeynants (von Journalisten immer nur VDB genannt) wurde am 22. Mai 1919 in Brüssel (Stadtteil Forest), in Belgien geboren. E...

Medical conditionFertile eunuch syndromeOther namesPasqualini syndromeFertile eunuch syndrome is inherited in an autosomal recessive manner.SpecialtyMedical genetics  The fertile eunuch syndrome or Pasqualini syndrome is a cause of hypogonadotropic hypogonadism caused by a luteinizing hormone deficiency.[1] It is characterized by hypogonadism with spermatogenesis.[2] Pasqualini and Bur published the first case of eunuchoidism with preserved spermatogenesis in 1950 in la R...

 

Subcompact car, produced by Peugeot Peugeot 301 redirects here. For the original Peugeot 301, see Peugeot 301 (1932–36). Motor vehicle Peugeot 301OverviewManufacturerPeugeot[a]Also calledCitroën C-ElyséeIKCO TaraProduction2012–presentAssemblyChina: Wuhan (DPCA)Spain: Vigo (PSA Vigo Plant)Iran: Tehran (IKAP)Nigeria: Kaduna (Peugeot Automobiles Nigeria [fr])[1]Kazakhstan: Kostanay (Saryarka AvtoProm)[2]Body and chassisClassSubcompact car (B)[3...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!