Die tiende FIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Duits: Fußball-Weltmeisterschaft 1974; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 13 Junie tot 7 Julie 1974 in Wes-Duitsland (BRD) aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Wes-Duitsland aangebied is en die sesde in Europa. Ná die Olimpiese Somerspele 1972 in München was die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 die tweede groot sportkompetisie in Wes-Duitsland.
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die tweede rondte deurgedring het. Die boonste spanne van albei groepe het in die eindstryd ontmoet, terwyl die tweede spanne in die klein finale gespeel het. Wes-Duitsland het die trofee gewen nadat hulle Nederland met 2–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul tweede wêreldbekertitel ingepalm het. Wes-Duitsland het daarmee die eerste land geword wat die nuwe FIFA Wêreldbekertrofee verower het, nadat die Jules Rimet-trofee tydens die vorige FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1970 permanent aan die driemalige kampioen Brasilië oorhandig is. Wes-Duitsland was ook die vierde gasheer ná Uruguay in 1930, Italië in 1934 en Engeland in 1966 wat die toernooi gewen het. Pole het in die derde en die verdedigende kampioen Brasilië in die vierde plek geëindig.
Dit was die enigste verskyning van die Oos-Duitse nasionale sokkerspan by ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi. Oos- en Wes-Duitsland was volgens loting in dieselfde groep en die Oos-Duitsers kon tydens dié toernooi as enigste span daarin slaag om die gasheer en latere kampioen Wes-Duitsland te klop. Albei Duitse nasionale sokkerspanne het van die eerste na die tweede rondte deurgedring, maar die DDR is sonder oorwinnings uitgeskakel, terwyl die BRD al sy drie wedstryde gewen en tot die eindstryd deurgedring het.
Reeds drie maande vroeër, op 16 April 1966, is die Beierse hoofstad München as gasheer vir die Olimpiese Somerspele 1972 aangewys. Die jaar 1966 was sodoende ’n deurbraak in die Wes-Duitse sportdiplomatie, aangesien 21 jaar ná die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die Nasionaal-Sosialistiese heerskap ’n Duitse staat weer as waardig beskou is om twee van die vernaamste internasionale sportkompetisies aan te bied.[3]
Kwalifisering
Die gasheer Wes-Duitsland en die verdedigende kampioen Brasilië het regstreeks vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 gekwalifiseer. Van die 14 oorblywende plekke is agt vir nasionale sokkerspanne van UEFA (Europa) gereserveer, twee vir CONMEBOL (Suid-Amerika), asook een elk vir CAF (Afrika) en CONCACAF (Karibiese gebied, Noord- en Sentraal-Amerika). Twee plekke is tydens uitspeelwedstryde tussen AFC (Asië) en OFC (Oseanië), asook tussen UEFA en CONMEBOL beslis.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is oor 25 dae tussen 16 verskillende nasies oor 38 wedstryde uitgespeel. Dit het op 13 Junie 1974 op die Waldstadion in Frankfurt am Main met ’n wedstryd tussen die verdedigende kampioen Brasilië en Joego-Slawië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Olympiastadion in München op 7 Julie met die eindstryd tussen Nederland en Wes-Duitsland, waartydens die gasheer die Sokker-Wêreldbekertrofee ingepalm het.[5]
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die eerste rondte, ’n siaan blokkie op die tweede rondte, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Eerste rondte Junie
Do 13
Vr 14
Sa 15
So 16
Ma 17
Di 18
Wo 19
Do 20
Vr 21
Sa 22
So 23
Seremonies
OS
Groep 1
2
2
2
Groep 2
1
1
2
2
Groep 3
2
2
2
Groep 4
2
2
2
Tweede rondte Junie/Julie
Ma 24
Di 25
Wo 26
Do 27
Vr 28
Sa 29
So 30
Ma 1
Di 2
Wo 3
Groep A
2
2
2
Groep B
2
2
2
Uitklopfase Julie
Do 4
Vr 5
Sa 6
So 7
Seremonies
SS
Uitklopfase
1
1
Legende
Seremonies
Eerste rondte
Tweede rondte
Derde plek
Eindstryd
Groepfase
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1974 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die tweede rondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Tweede rondte
Die tweede rondte het uit twee groepe met vier spanne elk bestaan, waartydens elke span een wedstryd teen elk van die ander spanne gespeel het. Die boonste span in elke groep het na die eindstryd deurgedring, terwyl die naaswenner in albei groepe in die klein finale ontmoet het.
Beide die eindstryd en die kein finale moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner van die klein finale deur ’n strafskopkompetisie bepaal. Die eindstryd sou ná ’n gelykopuitslag binne enkele dae herhaal word en eers daarna sou dit deur ’n strafskopkompetisie beslis word.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die tweede rondte.
Uit die toernooi geskakel.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die eerste en die tweede rondte met die aansluitende eindstryd. Die loting is op 5 Januarie 1974 in die Große Sendesaal des Hessischen Rundfunks in Frankfurt am Main gehou.
Eerste rondte
16 spanne het aan die eerste rondte deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die tweede rondte deurgedring. In die tweede rondte het net die boonste span van albei groepe in die eindstryd verskyn en die tweede span van albei groepe in die klein finale om die derde plek.
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1974-toernooi is soos gevolg: