Die tweede FIFASokker-Wêreldbekertoernooi (Italiaans: Campionato Mondiale di Calcio – Italia ’34; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 27 Mei tot 10 Junie 1934 in Italië aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Europa en Italië aangebied is. Die Koninkryk Italië onder Benito Mussolini se fascistiese bewind het dié toernooi as ’n geleentheid misbruik om sy ideologie en propaganda vir sy beleid oor die hele wêreld uit te saai. Verder is die gasheer se regering van inmenging en korrupsie beskuldig.
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deelgeneem. Tydens dié toernooi is geen groepfase beslis nie en dit het met die agtste eindrondte afgeskop. Een vermeende sterker span het teen een swakker span elk gespeel. Italië het die trofee gewen nadat hulle Tsjeggo-Slowakye met 2–1 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Nazi-Duitsland het in die derde en Oostenryk in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die verdedigende kampioen en vorige gasheer Uruguay het uit protes vir die min Europese deelname tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1930 nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie, as gevolg daarvan was dit die enigste Sokker-Wêreldbekertoernooi waaraan ’n verdedigende kampioen nie deelgeneem het nie.
Toewysing
Italië is op 14 Mei 1932 in Stockholm deur FIFA gekies as gasheer vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934. Die enigste ander kandidaat was Swede, maar hulle het hulself voor die stemming onttrek.[2]
Kwalifisering
Dit was die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi waarvoor deelnemende spanne ’n kwalifisering beslis het. Van die 16 plekke is twaalf vir Europese nasionale sokkerspanne gereserveer, drie vir die Amerikas en een vir Asië. 36 nasies het aansoek gedoen om aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 deel te neem en tydens die kwalifisering is die aantal deelnemende nasies op 16 verminder. Dit was die enigste keer wat die gasheer aan die kwalifisering moes deelneem en nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het nie. Die kwalifiseringrondtes is volgens geografiese liggings gerangskik. Chili en Peru het hulleself aan die kwalifisering onttrek, waarvolgens Argentinië en Brasilië sonder enige wedstryd gekwalifiseer het. Die Britse tuislande Engeland en Skotland het FIFA se aansoek vir deelname verwerp en die toernooi as minder belangrik as hul eie kampioenskappe beskou.[3]
Kwalifiserende spanne
Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:[4]
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 is oor 15 dae tussen 16 verskillende nasies oor 17 wedstryde uitgespeel. Dit het op 27 Mei 1934 op die Stadio Luigi Ferraris in Genua met ’n wedstryd tussen Spanje en Brasilië afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Stadio Nazionale PNF in Rome op 10 Junie met die eindstryd tussen Italië en Tsjeggo-Slowakye, waartydens die gasheer die Jules Rimet-trofee ingepalm het.[5]
Kalender
Die volgende tabel dui die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 se daaglikse program aan. ’n Groen blokkie dui op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Uitklopfase Mei/Junie
So 27
Ma 28
Di 29
Wo 30
Do 31
Vr 1
Sa 2
So 3
Ma 4
Di 5
Wo 6
Do 7
Vr 8
Sa 9
So 10
Uitklopfase
8
4
1
2
1
1
Legende
Uitklopfase
Derde plek
Eindstryd
Uitklopfase
Die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 het direk met die uitklopfase afgeskop en dit het uit 17 wedstryde bestaan: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd. Buitendien was daar ’n herhalingswedstryd.
Vir die agste eindrondte was daar agt vaste spanne wat glo die toernooi se sterkste spanne was. Hulle was: Argentinië, Brasilië, Italië, Nazi-Duitsland, Nederland, Oostenryk, Tsjeggo-Slowakye en Hongarye. Vir elkeen van hierdie agt spanne is ’n teenstander getrek. In die daaropvolgende rondte het die wenner van wedstryd een teen die wenner van wedstryd twee te staan gekom.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Wedstryde
Uitklopfase
Die loting is op 1 Mei 1934 in die Ambasciatori Palace Hotel in Rome gehou.
In 1986 het FIFA ’n verslag gepubliseer waarin al die deelnemende spanne van elke Sokker-Wêreldbekertoernooi insluitende die destydse FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1986 geranglys is volgens vordering in die toernooi, algehele resultate en kwaliteit van die meedinger.[6][7] Die ranglys vir die 1934-toernooi is soos gevolg:
(en) Bill Murray; William J. Murray (1998). The World's Game: A History of Soccer. Champaign: University of Illinois Press. ISBN978-0-252-06718-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
(en) Matthew Taylor (2005). The leaguers: the making of professional football in England, 1900–1939. Liverpool: Liverpool University Press. ISBN978-0-85323-639-9.
(en) Dave Wangerin (2006). Soccer in a Football World. London: WSC Books. ISBN978-0-9540134-7-9.
(en) Jonathan Wilson (2008). Inverting the Pyramid: The History of Football Tactics. London: Orion. ISBN978-1-4091-0204-5.