Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 (UEFA Europa-beker; amptelik UEFA EURO 2012, Pools: Mistrzostwa Europy w Piłce Nożnej 2012, Oekraïens: Чемпіонат Європи з футболу 2012) het van 8 Junie tot 1 Julie2012 in Pole en Oekraïne plaasgevind. Dis was die 14de aanbieding van die UEFA Europa-beker-toernooi en die eerste keer wat Pole en Oekraïne die geleentheid gekry het om as gashere op te tree, en die derde keer dat dit deur twee lande gesamentlik aangebied is.
16 spanne vanuit verskeie Europese lande het aan die toernooi deelgeneem. Die verdedigende kampioen Spanje het die trofee gewen nadat hulle Italië op 1 Julie in die Olimpiese Stadion in Kijif met 4–0 geklop sodoende hulle derde Europese titel ingepalm het. Omdat Spanje weens sy wêreldbekertitel by die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 reeds vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013 gekwalifiseer was, het die naaswenner Italië in plaas daarvan gekwalifiseer.[1] Die twee gashere Pole en Oekraïne is reeds in die groepfase uitgeskakel, soos die gashere van die Europese Sokkerkampioenskap 2008, Oostenryk en Switserland.
Toewysing
Vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012 het sewe lande hulleself as kandidate beskikbaar gestel: Griekeland, Italië en Turkye het afsonderlik meegeding, Kroasië en Hongarye asook Pole en Oekraïne het elkeen gemeenskaplike aansoeke ingedien.[2]
Die stemming was in twee fases opgedeel, die eerste rondte op 8 November 2005 en die tweede rondte op 18 April 2007 in Cardiff. In die eerste rondte is die aansoeke van Griekeland en Turkye uitgeskakel en die getal kandidate tot drie verklein.[3] In die tweede rondte is eers die gemeenskaplike kandidatuur van Kroasië en Hongarye uitgeskakel en aansluitend dié van Italië. Uiteindelik is Pole en Oekraïne op 18 April 2007 in Cardiff deur die UEFA gekies as die gashere vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012.[4]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Europese Sokkerkampioenskap 2012
Die twee gashere Oekraïne en Pole het regstreeks vir die Europese Sokkerkampioenskap 2012 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 51 spanne om die oorblywende 15 plekke meegeding.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 16 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
Die Adidas Tango 12 was die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se amptelike wedstrydbal.[13] Dié bal is na die oorspronklike Adidas Tango-balle genoem; die Tango 12 en sy variante het egter ’n heeltemal ander ontwerp. Variante van die bal is al in ander vername toernooie soos die Afrikanasiesbeker 2012 en die Olimpiese Somerspele 2012 ingespan. Dit is ontwerp vir ’n makliker balbeheer as die volgens bewerings onvoorspelbare Adidas Jabulani van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010.[14]
Formaat
Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 is oor 22 dae tussen 16 verskillende nasies oor 31 wedstryde uitgespeel. Dit het op 8 Junie 2012 op die Nasionale Stadion in Warskou met ’n wedstryd tussen die medegasheer Pole en Griekeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by die Nasionale Olimpiese Sportkompleks in Kijif op 1 Julie met die eindstryd tussen Spanje en Italië, waartydens Spanje die Europese Sokkerkampioenskaptrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Europese Sokkerkampioenskap 2012 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase Junie
Vr 8
Sa 9
So 10
Ma 11
Di 12
Wo 13
Do 14
Vr 15
Sa 16
So 17
Ma 18
Di 19
Seremonies
OS
Groep A
2
2
2
Groep B
2
2
2
Groep C
2
2
2
Groep D
2
2
2
Uitklopfase Junie/Julie
Wo 20
Do 21
Vr 22
Sa 23
So 24
Ma 25
Di 26
Wo 27
Do 28
Vr 29
Sa 30
So 1
Seremonies
SS
Uitklopfase
1
1
1
1
1
1
1
Legende
Seremonies
Groepwedstryde
Uitklopfase
Eindstryd
Groepfase
Die Europese Sokkerkampioenskap 2012 is deur 16 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
Een vir ’n gelykop;
geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die agtste eindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B het teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase. Die loting vir die groepfase het op 2 Desember 2011 in die Oekraïnepaleis in Kijif plaasgevind.
Groepfase
16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die boonste twee spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.