Boukuns

Die koepel van die Panteon in Rome. Die argitek het hier die driedimensionele organisasie van 'n ruimte beplan, bereken en verwesenlik, maar tegelykertyd ook 'n volmaakte kunswerk van sakrale argitektuur geskep
Die Middeleeuse boumeesters van katedrale het in hul ontwerpe uitdrukking gegee aan die volmaaktheid van God, versinnebeeld deur lig. Gelowiges en waarnemers word na 'n anderwêreldse, transendente sfeer geneem: Sainte-Chapelle, Notre-Dame-de-la-Treille-katedraal in Lille, Frankryk
Die manier, waarop die Golden Gate-brug in sy natuurlike omgewing ingepas is, word deur sommige waarnemers as gepaste moderne boukuns beskryf - van die konstruksie se tegniese ontwerp tot die kleurkeuses
Natuurelemente soos wolke en mis dra by tot die harmoniese naasbestaan van natuurlike omgewing en tegnologiese infrastruktuur
Die wolkekrabber The Shard in Southwark, Londen. Die Italiaanse argitek Renzo Piano se glasfasade-ontwerp weerspieël die kleure, lig en wolke van die hemel oor Londen en bring sodoende konstante verandering en afwisseling vir die waarnemer. Dit gee aan die gebou 'n gevoel van ligtheid[1]

Die term boukuns, wat dikwels as 'n sinoniem van argitektuur gebruik word, omvat in sy nouer betekenis veral die visuele - in die praktyk dikwels die estetiese - element in bouwerk, in teenstelling met die begrip boukunde, wat meer op die tegniek en konstruksie betrekking het. Argitektuur mag sodoende gedefinieer word as 'n ingenieursdissipline waarin die ontwerp, beplanning en verwesenliking van driedimensionele ruimtes en ander strukture 'n sentrale rol speel (so het die term argitektuur in hierdie nouer betekenis ook ingang gevind tot die inligtingstegnologie), terwyl boukuns ook na die subjektiewe estetiese ruimte-ervaring van die waarnemer kan verwys wat nie deur wiskundige reëls beskryf kan word nie.

Die Duitse digter Johann Wolfgang von Goethe (1749–1832) fokus op 'n aspek van argitektuur waardeur hierdie ingenieurswetenskap in die kunssfeer gebring word. Vir hom baseer boukuns op die noukeurige kennis van die boumateriaal, op die bepaalde gebruik waarvoor 'n gebou bestem is, die harmonie van die sintuiglike waarneming daarvan en op die "poësie wat van 'n bouwerk werklik 'n kunswerk maak."[2] Hierdie subjektiewe definisie fokus sterk op historiese, sakrale en klassieke argitektuur as boukuns, sowel as die kreatiwiteit en vernuf van die boumeester.

By die bestudering van die boukuns is daar vroeër feitlik net gelet op die opvallende skeppinge soos kerke en paleise, wat as van groot estetiese belang beskou is en volgens stylperiodes gekategoriseer kan word. Dit is maar eers in die 20ste eeu dat die totale beboude omgewing daarby betrek is.

Algemeen

Die boukuns is, meer as ander skeppinge van die mens, sterk maatskappy-gebonde. 'n Argitek ontwerp ruimte waarin mense moet woon, werk, aanbid of ontspan. In teenstelling met 'n skilder of beeldhouer kan 'n argitek selde slegs volgens sy eie idees werk. Enersyds moet sy ontwerp aan die eise van die opdraggewer en aan die boubepalings van die owerheid voldoen (byvoorbeeld insake brandveiligheid), en andersyds is hy vir die uitvoering van sy ontwerp afhanklik van ander. Dit het in die verlede soms tientalle jare geduur om groot bouwerke soos katedrale te voltooi en die werk van die eerste argitek moes dikwels deur 'n volgende voortgesit word. In baie gevalle wyk die resultaat dan totaal af van wat die oorspronklike ontwerper in gedagte gehad het.

Benaderings

Die boukuns kan op verskillende maniere benader word. Daar kan uitgegaan word van die boustyl of van die geestesgesteldheid wat gelei het tot die ontwerp en die uitvoering daarvan; daar kan slegs op die plattegrond gekonsentreer word, of op die oprigting en versiering van die mure, of op die materiaal wat gebruik word, of net op die konstruksie en boutegniek, al lê dit meer op die gebied van die boukunde. Ander moontlike uitgangspunte is die funksie en sosiale betekenis van die gebou. Tussen al hierdie elemente is daar 'n noue samehang en almal is in mindere of meerdere mate aanwesig, afhangende van die doel van die gebou.

Wat bewaar gebly het

By die bestudering van die boukuns van die verlede is daar die probleem dat talle geskiedkundige geboue verlore gegaan het as gevolg van brand, oorlog of natuurrampe, of dat dit eenvoudig planmatig afgebreek is. Wat staande gebly het, is dikwels met die verloop van tyd heeltemal verbou. Kerkgeboue het meestal goed bewaar gebly omdat dit altyd 'n besondere funksie verrig en in 'n spesiale behoefte voorsien het. Die inrigting daarvan is egter dikwels totaal gewysig in samehang met die verandering van smaak en liturgie. Geboue soos paleise en stadshuise het gewoonlik ook goeie kanse op oorlewing. Woonhuise en eenvoudige nywerheidsgeboue gaan sowel in die stad as op die platteland na ʼn betreklik kort tyd verlore. Dit geld veral huise van verganklike materiaal soos hout en klei. In geïsoleerde gebiede kom dit egter wel voor dat nuwe huise volgens eeue-oue ontwerpe opgerig word.

Bestudering van die historiese boukuns

Die huidige bestudering van die boukuns uit die verlede het in die 19de eeu begin en is as vertakking van die toenmalige kunsgeskiedenis sterk op die estetiek gerig. Die studie van die kunsgeskiedenis het ontstaan uit die laat 18de-eeuse kunskritiek, wat alles verbied het wat nie aan die ideaalbeeld - gebaseer op die ou Griekse kuns – voldoen het nie. Daar was dus min waardering vir die argitektuur van die Middeleeue, wat geassosieer is met die verbrokkeling van die Romeinse Ryk, die erfgenaam van die Grieke, vir wie daar groot bewondering was. Die begrip "Goties", vandag 'n neutrale stylbegrip, was sinoniem met "barbaars" en "onvolmaak". Ook die argitektuur van die Barok, so verskillend van die streng, rustige Griekse boukuns, was teen 1850 heeltemal verwerp. Eers in die loop van die 20ste eeu het daar ook belangstelling gekom vir geboue wat nie aan die eietydse smaak beantwoord het nie.

Boukunsgeskiedenis as onderdeel van die sosiale geskiedenis

'n Hedendaagse opvatting is dat die geskiedenis van die beeldhoukuns nie op sigself staan nie, maar 'n onderdeel van die sosiale geskiedenis is. Volgens hierdie opvatting moet die argitektuurgeskiedenis hom besig hou met die hele beboude omgewing: nie net met kerke en paleise nie, maar ook met woonhuise en fabrieke. Die nadruk lê nie soseer op die afsonderlike geboue nie, maar daar word veral gelet op die ontwikkeling van die beboude gebied in sy geheel.

Westerse boustyle

Om groepe stylverwante geboue te kan aandui, is daar steeds probeer om ʼn vasstaande terminologie te vind. Vir geboue uit die verlede is die begrippe min of meer gevestig, al word daar nog steeds getrag om fyner onderskeidings te maak, maar ten opsigte van die tydperk ná 1400 is daar nie soveel vordering gem aak nie. Die volgende is 'n aantal algemeen aanvaarde benaminge van boustyle in chronologiese volgorde: Grieks (Oudheid); Romeins (Oudheid); Vroeg-Christelik (die eerste eeue na die Christendom); Bisantyns (Bisantynse Ryk, 6de eeu-1453); Angel-Saksies (vir die Angel-Saksiese koninkryk in Engeland, 5de eeu - 1066); Karolingies (Karolingiese Ryk, 9de en 10de eeu); Ottoons (Ottoonse Ryk, 11de eeu); Romaans (12de eeu); Gotiek (13de-15de eeu); Renaissance (Italië, 15de eeu; elders 16de eeu); Barok (17de en 18de eeu); Rococo (18de eeu); Neo-Klassisisme (18de en 19de eeu).

Na 1840 het daar naas Neo-Klassisisme ook ander neo-style gekom soos Neo-Gotiek, Neo-Renaissance, Neo-Barok. Hierdie fase waarin verskillende neo-style dikwels saam en deurmekaarvoorkom, word ook met die begrip "eklektisisme" aangedui. Op geboue wat omstreeks 1900 opgerig is, is die term "Art Nouveau" (Nuwe Kuns) van toepassing. Vir die argitektuur uit die jare twintig en dertig van die 20ste eeu is verskillende stylbegrippe in gebruik soos "Internasionale Styl", wat verwarrend is, omdat daarmee ook die skilderkuns uit die periode omstreeks 1400 aangedui word en "Nuwe Saaklikheid" of "Funksionalisme". Sommige stylbegrippe het net betrekking op die boukuns in nou omskrewe staatkundige eenhede, soos Romeins (Romeinse Ryk), Bisantyns (Bisantynse Ryk) en Karolingies (Karolingiese Ryk). "Romaans" en "Goties" kan vir die boukuns in groot dele van Europa gebruik word, behalwe vir die Bisantynse Ryk. Die latere style, soos Renaissance, Barok, Rococo en Neo-Klassisisme, kom ook in al die voormalige Europese kolonies voor.

Nie-Westerse boustyle

Ook vir die boukuns buite Europa word stylbegrippe gebruik wat in Europa gevorm is. Dit is dikwels van die verskillende heersende dinastieë afgelei, soos Osmaanse boukuns vir die Turkse boukuns uit die 14de-19de eeu; T'ang-boukuns vir die Chinese boukuns uit die periode tussen 618 en 907; Mongoolse boukuns vir die Islamitiese boukuns in Noord-Indië uit die 16de-18de eeu. Ook geografiese terme kan 'n stylbegrip vorm, soos Ghandara in Noord-Indië, 'n belangrike kunssentrum in die eerste eeue na Christus) en Nara in Japan (646-794). As derde moontlikheid kan volke hul naam aan 'n boustyl gee, byvoorbeeld die Asteekse boukuns in Meksiko (14de-15de eeu).

Ontwikkeling in die Westerse boukuns

Baie belangrik vir die ontwikkeling van die Westerse argitektuur was die ou Griekse boukuns, wat gekenmerk is deur suile, horisontale verbindings (argitrawe) en driehoekige sluitgewels (timpane). Dit het eers die Romeinse boukuns beïnvloed en daarna agtereenvolgens die boukuns in die tyd van Karel die Grote, die Romaanse boukuns in Suid-Frankryk en Italië, die boukuns van die Renaissance, dié van die Barok en dié van die Neo-Klassisisme. In die 20e eeu het die Griekse styl herleef in die suile-argitektuur van die Nazi-boumeester Albert Speer en in die monumentale boustyl in die Sowjetunie tydens die bewind van Josef Stalin.

Die bekendste voorbeeld van die Griekse boukuns is die tempel, met suile rondom en 'n driehoekige voor- en agterdakgewel. Hierdie vorm is soms deur die Romeine oorgeneem in hul tempels en het eeue later as inspirasie gedien vir talle 18e-eeuse Neo-Klassisistiese beursgeboue, asook vir kerke soos die Madeleine in Parys. Van die ander geboue wat deur die Grieke ontwikkel is, moet ook genoem word die teater met sy halfsirkelvormige plattegrond, wat toonaangewend geword het vir talle latere Europese skouburge.

In die Romeinse boukuns was veral die utiliteitsbou van belang: akwadukte (waterleidings), brûe, graanpakhuise en badhuise (thermae). Terwyl die Griekse geboue deurgaans die vlak dak gehad het, het die Romeine die gewelf en die koepel ontwikkel. Dit is deur die boumeesters van die Bisantynse Ryk oorgeneem en verder ontwikkel vir die bou van kerke, en daarna deur argitekte in die Islamitiese lande soos Persië en Turkye vir die bou van moskeë, openbare badhuise (hamams), ens.

In Wes-Europa het die gewelfbou geleidelik op dreef begin kom. In die Romeinse tyd is die tonnel- en graatgewelf ontwikkel; in die Gotiese tydperk die kruisribgewelf, wat groter ruimtes kon oordek. Koepels, dikwels bo 'n ronde of veelhoekige plattegrond, het in die Renaissance in die Barok baie voorgekom. Die ronde plattegrond, wat by die Romeine veral by tempels en grafmonumente gebruiklik was, het in die Middeleeue teruggekom in Italiaanse doopkapelle, wat los van die kerke gestaan het. Die Renaissanceboukuns-teoretici het dit as ideaal vir baie geboue beskou, maar in die praktyk is die vorm selde toegepas. In die 19de en 20ste eeu is die normale plattegronde van hospitale en gevangenisse, en in die 20ste eeu ook dié van fabrieke, ontwerp deur die Amerikaner Buckminster Fuller.

In die laat-Middeleeue het talle openbare geboue verrys, soos lokale waar goedere geweeg word, opslag- en verkoopplekke, lokale waar vis bewerk en verkoop is, en beursgeboue. In dieselfde tyd is by kloosters ook hospitale en skoolgeboue gevoeg. Kastele het 'n heel aparte kategorie gevorm: van die versterkte Middeleeuse vesting met die militêre karakter en 'n baie klein woonruimte, het die kasteel in die 16de eeu met die vordering wat op die gebied van oorlogvoering gemaak is, sy militêre belangrikheid verloor en ontwikkel tot 'n slot of 'n ruim landhuis. Torings en die kanale rondom die kasteel het hul funksies verloor en sierelemente geword.

Die woonhuis

Ten opsigte van die woonhuis kan tussen twee hoofgroepe onderskei word: die deftige, dikwels groot en ruim woning, teenoor die baie kleiner en eenvoudiger huis van die gewone man. Die deftige huis in die Oudheid het uit 'n reeks vertrekke en 'n binneplaas bestaan. Sulke wonings was sowel by die ou Grieke as by die Romeine bekend, en oorblyfsels daarvan is nog in Pompeji te sien. Dit was lae steenhuise; net die noordelike vleuel het dikwels ʼn ekstra verdieping gehad as beskerming teen die koue noordewind.

Ook latere woonhuise het dikwels nog 'n dergelike plattegrond gehad, soos die baie beroemde Gotiese en Renaissance-"palazzi" in talle Italiaanse stede. In teenstelling met die deftige huise uit die Oudheid, het hierdie palazzi meer verdiepings gehad. Ná 1600 is die gewelmuur aan die straatkant vervang deur ʼn monumentale hek, sodat die binneplaas van die straat af sigbaar was. In hierdie vorm het die palazzo na lande ten noorde van die Alpe versprei, onder andere na Frankryk, waarvan die Paryse "hôtels" uit die 17de en 18de eeu die belangrikste voorbeeld is.

In Noord-Europa het 'n ander soort stadswoning in die laat Middeleeue ontwikkel: 'n huis met ʼn smal gewel aan die straatkant en meestal met meer verdiepings. Aanvanklik was dergelike huise van hout, maar as gevolg van die brandgevaar het die meeste stadsbesture vereis dat stene as boumateriaal gebruik word. In dié huise het aanvanklik alle aktiwiteite, van eet en kook tot slaap, in een groot ruimte plaasgevind, maar later is die verdiepings in vertrekke onderverdeel. Sommige vertrekke het bepaalde funksies gekry, byvoorbeeld dié waar gaste ontvang is. Ander het werkplekke geword, soos die kombuis en die wasplek, wat gewoonlik in die kelder of aan die agterkant geplaas is.

Naas die deftige woning, wat sterk onderhewig was aan verandering van smaak, was daar ook die eenvoudige huis. Ook hier is daar onderskei tussen 'n Suid-Europese en 'n Noord-Europese tipe. In die Middellandse See-gebied het 'n enkelvertrekwoning ontstaan wat deur 'n tonnel- of koepelgewelf oordek is. So 'n huis was van hout of riet, of dikwels ook van steen. Wanneer die huis te klein geword het, is 'n nuwe vertrek by die oue aangebou. In die noorde het ʼn huis met meer binneruimtes en met 'n saaldak ontstaan. Die dak is deur 'n houtraamwerk gedra. Die mure was oorspronklik van hout of klei; later is stene gebruik.

Albei tipes bestaan nog steeds, die duidelikste in die boerdery-argitektuur. 'n Aparte kategorie woonhuise het later ontstaan met die oprigting van woonstelle. Aanvanklik is dit deur mense uit die laer- en gemiddelde inkomstegroep bewoon, maar dit het gou ook luukse wonings ingesluit wat net deur vermoëndes bekostig kon word. Woonstelle is egter nie heeltemal so 'n nuwe ontwikkeling nie; die Romeine het reeds woonstelle gebou, onder andere in Rome se seehawe Ostia.

Bronliteratuur

Tensy anders aangedui, baseer die artikel op die inskrywing "Boukuns" in die Ensiklopedie Afrikana (Edms) Bpk; 1982; ISBN 0908409443 Band

Verwysings

  1. Royal Academy of Arts: Renzo Piano - The Art of Making Buildings. Besoek op 4 September 2020
  2. Johann Wolfgang von Goethe: Gesamtwerk - Berliner Ausgabe. Boekdeel 19. Berlin: Aufbau-Verlag 1973

Eksterne skakels

Definisie - Argitektuur en boukuns

Kongresmateriaal

Estetiek - Akademiese lesings en monografieë

Read other articles:

Vườn quốc gia Pháp (màu tím) và công viên thiên nhiên (màu xanh). Các vườn quốc gia tại Pháp là một hệ thống gồm 11 vườn quốc gia trên lãnh thổ Pháp và tỉnh hải ngoại được điều phối bởi các cơ quan thuộc chính phủ là Cục Vườn quốc gia Pháp. Vườn quốc gia đầu tiên được thành lập vào năm 1963 trong khi mới nhất được thành lập là vào năm 2019. Vườn quốc gia được thành lập theo s

 

  لمعانٍ أخرى، طالع كيلر (توضيح). كيلر المسلسل ون بيس الملف الشخصي الجنس ذكر  [لغات أخرى]‏  العالم الخيالي عالم ون بيس  [لغات أخرى]‏  معلومات النشر الظهور الأول في المانغا الفصل 498 في الأنمي الحلقة 392 المبتكر إيتشيرو أودا الصوت بواسطة باليابانية: كينجي

 

Léonce Élie de Beaumont Jean-Baptiste Armand Louis Léonce Élie de Beaumont (Mézidon-Canon (Calvados), 25 september 1798 – aldaar, 21 september 1874) was een Franse geoloog en mijnbouwkundige. Élie de Beaumont werkte mee aan de eerste gedetailleerde geologische kaart van Frankrijk. Zijn theorie over het ontstaan van gebergteketens was in de 19e eeuw toonaangevend, maar is tegenwoordig vanuit wetenschappelijk oogpunt niet meer relevant. Wetenschappelijke loopbaan Élie de Beaumont bezoc...

Marstallgelände Theaterwerkstätten am Eingang Ostra-Allee Der Königliche Marstall war eine vierflügelige Stallanlage in Dresden in der Wilsdruffer Vorstadt. Begrenzt war die Anlage durch die Ostra-Allee, Devrientstraße und Am Zwinger. In unmittelbarer Nähe befanden sich Der Herzogin Garten und der Zwinger. Von 1745 bis 1748 wurde der Marstall für die Unterbringung der Pferde gebaut, da die alte Stallanlage im Johanneum für die Unterbringung der Gemäldegalerie umgebaut wurde. Von 1794...

 

  Liste des listes de jeux vidéo  La liste de jeux Nintendo 3DS répertorie les jeux vidéo disponibles sur la console Nintendo 3DS toutes régions et tous modèles confondus. Remarques : Certains des jeux nommés ci-dessous sont encore en développement et peuvent donc changer de nom ou être annulés. Par souci de cohérence avec le reste de Wikipédia en français, il est utile de mettre les appellations françaises si le jeu possède un titre francophone. Pour les j...

 

2020 edition of the FIFA Club World Cup 2020 FIFA Club World CupFIFA Club World Cup Qatar 2020presented by Alibaba Cloudكأس العالم للأندية لكرة القدم قطر 2020Tournament detailsHost countryQatarCityAl RayyanDates4–11 February 2021Teams6 (from 5 confederations)Venue(s)2 (in 1 host city)Final positionsChampions Bayern Munich (2nd title)Runners-up UANLThird place Al AhlyFourth place PalmeirasTournament statisticsMatches played8Goals scored12 (1.5 ...

Meshuggah discographyMeshuggah performing live in 2008Studio albums9Live albums2Compilation albums1Music videos12EPs6 Meshuggah is a Swedish extreme metal band formed in 1987 in Umeå. Meshuggah is known for its use of extended polymetric passages, complex time signatures, dissonant guitar riffs, and harsh vocals. As of 2008, the band consists of vocalist Jens Kidman, guitarists Fredrik Thordendal and Mårten Hagström, bassist Dick Lövgren and drummer Tomas Haake. Meshuggah's first release ...

 

Liga 3 Kalimantan Barat 2021Negara IndonesiaTanggal penyelenggaraan9–28 Oktober 2021Tempat penyelenggaraan3 stadionJumlah peserta10 tim sepak bolaJuara bertahanPersikat KetapangJuaraGabsis Sambas(gelar ke-1)Tempat keduaPS Delta KhatulistiwaKualifikasi untukLiga 3 2021 Putaran NasionalJumlah pertandingan26Jumlah gol53 (2.04 per pertandingan)Pencetak gol terbanyakOkta Setiawan(5)← 2019 2022 → Seluruh statistik akurat per 30 Oktober 2021.Gabsis Sambas berhak mewakili Kalimantan Barat ...

 

Keuskupan WollongongDioecesis VollongongensisKatolik Katedral Santo Fransiskus Xaverius di WollongongLokasiNegaraAustraliaWilayahWilayah-wilayah Illawarra dan Southern Highlands di New South WalesProvinsi gerejawiKeuskupan Agung SydneyKoordinat34°25′22″S 150°53′32″E / 34.42278°S 150.89222°E / -34.42278; 150.89222StatistikLuas6.121 km2 (2.363 sq mi)Populasi- Total- Katolik(per 2004)Kenaikan 647.912Kenaikan 195,669 ( 30.2%)P...

Species of bat This article uses bare URLs, which are uninformative and vulnerable to link rot. Please consider converting them to full citations to ensure the article remains verifiable and maintains a consistent citation style. Several templates and tools are available to assist in formatting, such as reFill (documentation) and Citation bot (documentation). (August 2022) (Learn how and when to remove this template message) Mauritian flying fox Male, Ferney Conservation status Endangered...

 

1996 American slasher film ScreamTheatrical release posterDirected byWes CravenWritten byKevin WilliamsonProduced by Cathy Konrad Cary Woods Starring David Arquette Neve Campbell Courteney Cox Matthew Lillard Rose McGowan Skeet Ulrich Drew Barrymore CinematographyMark IrwinEdited byPatrick LussierMusic byMarco BeltramiProductioncompanyWoods EntertainmentDistributed byDimension FilmsRelease dates December 18, 1996 (1996-12-18) (Los Angeles) December 20, 1996 (...

 

Greek politician Nikos VoutsisΝίκος ΒούτσηςVoutsis in 2016Speaker of the Hellenic ParliamentIn office4 October 2015 – 18 July 2019PresidentProkopis PavlopoulosPreceded byZoi KonstantopoulouSucceeded byKonstantinos Tasoulas[1]Minister of the Interior and Administrative ReconstructionIn office27 January 2015 – 28 August 2015Prime MinisterAlexis TsiprasPreceded byArgyris DinopoulosSucceeded byAntonis ManitakisMember of the Hellenic ParliamentIn office6 M...

Filipino-Belgian Wire artist Racso JugarapBorn (1989-01-15) 15 January 1989 (age 34)General Santos Racso Jugarap (born January 15, 1989) is a Filipino Belgian wire artist from General Santos, Philippines. Early life Racso Jugarap, born in 1989, had a head start in art – he was the youngest son of a jewelry designer. As a result, he grew up with not only an inextricable connection with art crafting and creative design, him playing and freely experimenting with the tools in his father's ...

 

Organic compound Oxaloacetic acid Names Preferred IUPAC name Oxobutanedioic acid Other names Oxaloacetic acidOxalacetic acid2-Oxosuccinic acidKetosuccinic acid Identifiers CAS Number 328-42-7 Y 3D model (JSmol) Interactive image ChEBI CHEBI:30744 Y ChemSpider 945 Y ECHA InfoCard 100.005.755 EC Number 206-329-8 IUPHAR/BPS 5236 KEGG C00036 Y PubChem CID 970 UNII 2F399MM81J Y CompTox Dashboard (EPA) DTXSID8021646 InChI InChI=1S/C4H4O5/c5-2(4(8)9)1-3(6)7/h1H2,(H,6,7)(H,8,...

 

American playwright, screenwriter and director (born 1980) Leslye HeadlandBorn1980 (age 42–43)[1]Maryland, United StatesOccupationPlaywright, screenwriter, directorNationalityAmericanYears active2007–presentNotable worksBachelorette (2008)Assistance (2012)Bachelorette (2012)Sleeping with Other People (2015)Russian Doll (2019–present)Spouse Rebecca Henderson ​(m. 2016)​ Leslye Headland (born 1980) is an American film and television direc...

Battle of the First Carnatic War Battle of AdyarPart of Carnatic Wars First Carnatic WarDate24 October 1746LocationAdyar riverResult French victoryTerritorialchanges Nawab of Arcot defeatedBelligerents Mughal Empire Nawab of Arcot Kingdom of France French East India CompanyCommanders and leaders Anwaruddin Khan Mahfuz Khan Louis ParadisStrength 10,000 infantry and cavalry 350 French soldiers700 French-trained Indian SepoysCasualties and losses 300 2 Sepoys killedvteFirst Carnatic War Negapata...

 

Science experiment on lightning and electricity Benjamin Franklin Drawing Electricity from the Sky, an artistic rendition of Franklin's kite experiment painted by Benjamin West, c. 1816 The kite experiment is a scientific experiment in which a kite with a pointed conductive wire attached to its apex is flown near thunder clouds to collect static electricity from the air and conduct it down the wet kite string to the ground. The experiment was first proposed in 1752 by Benjamin Franklin, who r...

 

Actor (1941-1997) David WarbeckWarbeck in UFO (1970)BornDavid Mitchell(1941-11-17)17 November 1941Christchurch, New ZealandDied23 July 1997(1997-07-23) (aged 55)London, EnglandAlma materRoyal Academy of Dramatic ArtOccupation(s)Actor, modelYears active1968–1997Spouse Lois Mitchell ​(m. 1965)​[1]Children1 David Warbeck (born David Mitchell; 17 November 1941 – 23 July 1997) was a New Zealand actor and model best known for his roles in Euro...

This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: ACCC v Cabcharge Australia Ltd – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (November 2016) ACCC v Cabcharge Australia LtdCourtFederal Court of AustraliaFull case nameAustralian Competition and Consumer Commission v Cabcharge Australia Ltd Decided17 ...

 

Voce principale: Associazione Sportiva Avellino 1912. US AvellinoStagione 1974-1975 Sport calcio Squadra Avellino Allenatore Antonio Gianmarinaro (1ª-24ª) Elio Grappone (25ª-30ª) Oronzo Pugliese (31ª-34ª) Antonio Gianmarinaro (35ª-38ª) Presidente Antonio Sibilia Serie B16º Coppa ItaliaPrimo turno Maggiori presenzeCampionato: Reali (37) Miglior marcatoreCampionato: Ferrari (8) 1973-1974 1975-1976 Si invita a seguire il modello di voce Questa voce raccoglie le informazioni riguard...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!