Panteon in Rome



Panteon

Basilica Collegiata
«Sancta Maria ad Martyres»



Opgerig
Tussen 114 en 128 n.C.


Plattegrond


Bewaringstoestand


Grotendeels in sy oorspronklike toestand bewaar
(besonderhede soos vergulde bronsversierings en rosette
in die kofferpanele asook bronsplate aan die koepel se buitekant het verlore gegaan)


Status
In staatsbesit (vrye toegang vir besoekers)


Bestuur deur
Ministero per i beni e
le attività culturali e per il turismo

(Departement van Kultuursake en Toerisme)


Ligging


Piazza della Rotonda, Rome

Die Panteon (Grieks: Πάνθειον (ἱερόν) of Πάνθεον «Tempel van alle Gode», afgelei van πᾶν pān «alle» en θεός theós «God»; Latyn: Pantheum) is 'n antieke Romeinse heiligdom wat moontlik reeds gedurende die bewind van keiser Trajanus omstreeks 114 n.C. op die Marsveld (Campus Martius) te Rome begin en onder Hadrianus tussen 125 en 128 voltooi is. Historici is tans nog oneens oor die tempel se oorspronklike funksie omrede dit - ondanks die feit dat sy ontwerp sterk sakrale kenmerke het en dit blykbaar aan 'n verskeidenheid godhede gewy was - ook as gebou beskou kan word wat as imperiale argitektoniese magsvertoon beplan is. In elk geval is daar geen historiese dokumente uit die ontstaantyd van die tempel oorgelewer nie wat lig sou kan gooi op die ontwerper of ontwerpers, hul doelwit en die presiese boutyd.

Volgens die antieke Romeinse geskiedskrywer Cassius Dio was daar standbeelde van Mars en Venus, naas dié van ander godhede, asook een van Gaius Iulius Caesar wat ná sy afsterwe goddelike verering as Divus Iulius geniet het. Cassius Dio, wie se beskrywing van die Panteon uit die vroeë 3de eeu n.C. dateer, was reeds nie meer in staat om die presiese oorspronklike funksie van die heiligdom uit te lig nie. Sy kommentare dui nogtans daarop dat die tempel volgens die hellenistiese voorbeeld in noue samehang met die Juliese heerserfamilie gestaan het. So word die godhede Venus en Mars tradisioneel verbind met Julius Caesar en sy aangenome seun Gaius Octavius (deur sommige Octavianus[1] genoem) - die latere keiser Augustus. Die benaming Panteon vir die heiligdom is moontlik hiervan afgelei, alhoewel Dio vermoed dat die koepel, wat baie op die hemel lyk, die naamgewende element was.

Die Panteon se koepel met 'n deursnee van 43 meter bestaan uit vyf konsentriese kringe met 28 kofferpanele elk wat boontoe kleiner word. Dit is op 'n tydelike houtraamwerk opgerig waarop beton gegiet is. Die opening, oculus («oog») of opaion genoem, is met 'n deursnee van nege meter die enigste natuurlike ligbron naas die ingangsportaal met sy magtige bronsdeure. Die kofferpaneelontwerp verminder die koepel se gewig verder
Die Panteon se ligging op die kompakte plein Piazza della Rotonda, met die Egiptiese Obelisco Macuteo in die voorgrond

Die Panteon bestaan uit twee argitektoniese hoofelemente - 'n pronaos of voorkamer tot die heiligdom met 'n reghoekige plattegrond en tempelfasade in sy noordelike gedeelte (wat met sy magtige fries en timpaan oor agt sierlike Korintiese granietsuile ietwat disproporsioneel lyk), en 'n ronde sentraalbou met koepeldak in die suide. Die oorgang tussen die twee elemente is vir traphuise gebruik. Een van die mees innovatiewe argitektoniese elemente is die Panteon se koepel, een van die vroegste strukture waarvoor 'n betonmengsel (opus caementitium of caementicium genoem) gebruik is - met ligte vulkaniese tuf- en puimsteen in die boonste kringe.

Die gesofistikeerde ontwerp waarborg 'n maksimum aan stabiliteit ondanks die betreklik lae gewig en getuig van die presiese kennis in verband met beton as boumateriaal, maar ook van die sorgvuldige beplanning wat die projek geverg het.[2] Om 'n soortgelyke meesterwerk van bou- en ingenieurskuns te skep (met die grootste nie-versterkte betonkoepel ter wêreld), sou selfs vir huidige spesialiste, ondanks die beskikbaarheid van die modernste hulpmiddele, 'n uitdaging wees. Die Panteon se ontwerp word deur sommige deskundiges aan die befaamde argitek Apollodorus van Damaskus toegeskryf, alhoewel sy betrokkenheid by die bouwerk nie deur antieke bronne bevestig kan word nie.

Geskiedenis

Omskepping tot Christelike kerk

In 609 is die Panteon deur die Bisantynse keiser Phokas (602−610) aan pous Bonifatius IV (608−615) geskenk. Keiserlike toestemming is verkry om die tempel in 'n Christelike kerk om te skep. Om die gebou se nuwe status te bevestig, is die gebeentes van 'n groot verskeidenheid naamlose Christelike martelaars op meer as twintig waens na die Panteon vervoer.

Vermoedelik op 13 Mei 609 is die Panteon amptelik in 'n Christelike kerk omgeskep wat aan Maria, die Moeder Gods, en Christelike martelaars gewy is as Sancta Maria ad Martyres. In plaas van «alle Godhede» sou die nuwe kerk gewy wees aan «alle Heiliges wat hul lewens vir hul geloof gelaat het». Die fees, wat pous Bonifatius IV elke jaar in Rome ter ere van hierdie heiliges laat vier het, het steeds 'n vaste plek in die Rooms-Katolieke Kerk se feeskalender as Allerheiligefees.

Sy nuwe funksie as kerkgebou het verseker dat die Panteon die enigste antieke Romeinse gebou is wat meer of min in sy oorspronklike toestand bewaar gebly het en nie, soos ander geboue en strukture, geplunder is as 'n maklike bron van boumateriaal.[3] Die pousdom het daarnaas oor die nodige finansiële middele vir sy onderhoud beskik. So word die Panteon tans onder die bes bewaarde voorbeelde van antieke Romeinse boukuns gereken.

Sedert die Middeleeue word na die Panteon ook verwys as Sancta Maria Rotunda (Italiaans: Santa Maria Rotonda) of, in die omgangstaal, as La Rotonda («die ronde gebou»). In die plaaslike dialek staan die Panteon as La Rotonna bekend. Die digter Giuseppe Gioachino Belli (1791−1863), 'n boorling van Rome, het een van sy «Romeinse sonette» aan La Rotonna gewy.[4] Die plein buite die Panteon dra dieselfde naam - Piazza della Rotonda. Die huidige amptelike Italiaanse naam van die Panteon as Rooms-Katolieke kerkgebou is Basilica di Santa Maria ai Martiri.

Die Heilige Mis word weekliks op Sondae en kerklike feesdae gevier. Die mis op Pinkstersondag is besonder gewild - sedert 1995 word die koepel op hierdie dag deur brandweermanne beklim wat rooi roosbloeisels deur die opening laat reën - as simbool vir die neerdaal van die Heilige Gees op die Apostels. Die bloeisels word deur 'n kerkgemeente in Salerno aan die Panteon geskenk. Die tradisie self is 2 000 jaar oud. Rooi roosbloeisels was in die vroegste Christelike gemeentes van Rome 'n simbool vir sowel die bloed van Jesus Christus as die Heilige Gees.[5]

Toerisme

Die Panteon se baksteen-buitefasade

Die Panteon is tans die mees besoekte museum of argeologiese terrein in Italiaanse staatsbesit - met 7,4 miljoen besoekers in 2017. Planne van die vorige senter-linkse Italiaanse regeringskoalisie om 'n toegangsgeld van €2 te vra is deur die nuwe kultuurminister Alberto Bonisoli (MoVimento 5 Stelle) geskrap.[6]

Verwysings

  1. Die uitgang -anus in Romeinse name word algemeen deur seuns gedra wat aangeneem is. Gaius Octavius het self nie die naam Octavianus vir homself gebruik nie.
  2. Martin Peck: Detail Praxis - Baustoff Beton: Planung, Ausführung, Beispiele. Hersiene uitgawe. München: Edition Detail (Institut für Internationale Architektur-Dokumentation) 2008, bl. 9
  3. pantheonroma.com: The History of the Pantheon. Besoek op 8 Januarie 2020
  4. Giuseppe Gioachino Belli: Sonetti romaneschi - La Rotonna
  5. romawonder.com: The Pantheon: Facts and History. Besoek op 9 Januarie 2020
  6. wantedinrome.com, 11 Desember 2018: Rome's Pantheon to remain free to visitors. Besoek op 8 Januarie 2020

Eksterne skakels

Argitektuur

Geskiedenis

Media - Geskiedenis en argitektuur

Media - Roosbloeiselreën op Pinkstersondag

Read other articles:

Armada NanyangPanji Angkatan Laut Kekaisaran TiongkokAktif1870s–1909Negara Dinasti QingAliansi Kaisar TiongkokCabangAngkatan Laut Kekaisaran TiongkokTipe unitAngkatan LautMarkasShanghaiPertempuranPerang Tiongkok-PerancisPerang Tiongkok-Jepang Pertama Armada Nanyang (Hanzi: 南洋水師; harfiah: 'divisi kelautan Nanyang') adalah salah satu dari empat armada Angkatan Laut Kekaisaran Tiongkok yang dimodernisasi pada akhir Dinasti Qing. Didirikan pada tahun 1870-an, armada ini men...

 

Can't Blame a Girl for TryingSingel oleh Sabrina Carpenterdari album mini Can't Blame a Girl for Trying dan album Eyes Wide OpenDirilis14 Maret 2014 (2014-03-14)Direkam2013GenreFolk popDurasi2:49LabelHollywoodPenciptaMeghan TrainorAl AndersonChris GelbudaProduserBrian MaloufKronologi singel Sabrina Carpenter Can't Blame a Girl for Trying (2014) The Middle of Starting Over (2014) Video musikCan't Blame a Girl for Trying di YouTube Can't Blame a Girl for Trying adalah singel debut dari pen...

 

Wakil Bupati SimalungunPetahanaH. Zonny Waldi, S.Sos., M.M.sejak 26 April 2021Masa jabatan5 tahunDibentuk2000Pejabat pertamaDra. Hj. Risnawati Dartatik DamanikSitus webwww.simalungunkab.go.id Berikut ini adalah daftar Wakil Bupati Simalungun dari masa ke masa. No Wakil Bupati Mulai Jabatan Akhir Jabatan Prd. Ket. Bupati 1 Dra. Hj.Risnawati Dartatik Damanik 2000 2005 1   Jhon Hugo Silalahi 2 Pardamean SiregarS.P. 2005 2010 2   Zulkarnain Damanik 3 Hj.Nuriaty DamanikS.H. 28 Oktob...

Heliópolis Heliópolis desde la avenida Padre García TejeroPaís España España• Com. autónoma Andalucía Andalucía• Provincia Sevilla• Ciudad Sevilla• Distrito Bellavista-La PalmeraUbicación 37°21′18″N 5°59′09″O / 37.35494444, -5.98574722[editar datos en Wikidata] Heliópolis es un barrio residencial de Sevilla, cuyo nombre significa Ciudad del Sol en griego. Fue proyectado por el arquitecto ...

 

← 2000Landtagswahl 20052010 → (in %)[1]  %50403020100 44,837,16,26,22,23,5 CDUSPDGrüneFDPWASGSonst. Gewinne und Verluste im Vergleich zu 2000  %p   8   6   4   2   0  -2  -4  -6 +7,8 −5,7−0,9−3,6+2,2+0,2 CDUSPDGrüneFDPWASGSonst.      Insgesamt 187 Sitze SPD: 74 Grüne: 12 FDP: 12 CDU: 89 Die Wahlen zum L...

 

Luís Príncipe de Battenberg1° Marquês de Milford Haven Luís de Battenberg Marquês de Milford Haven Reinado 7 de novembro de 1917a 11 de setembro de 1921 Predecessor Título Estabelecido Sucessor Jorge Mountbatten   Nascimento 24 de maio de 1854   Graz, Império Austríaco Morte 11 de setembro de 1921 (67 anos)   Londres, Reino Unido Sepultado em Igreja de Santa Mildrith, Whippingham, Ilha de Wight, Reino Unido Nome completo Luís Alexandre Mountbatten Esposa Vit...

Фінал кубка України 2019 Турнір Кубок України «Шахтар» «Інгулець» 4 0 Дата 15 травня 2019Стадіон «Славутич-Арена», ЗапоріжжяАрбітр Євген АрановськийГлядачі 11 100Погода +23°C← 2018 2020 → Фіна́л ку́бка Украї́ни з футбо́лу 2019 — 28-й фінал кубка України з футболу, що відбувся 15 т...

 

San Vicente y las Granadinas en los Juegos Centroamericanos y del Caribe Juegos Centroamericanos y del Caribe Localización  Santa Lucía[editar datos en Wikidata] Santa Lucía participa en los Juegos Centroamericanos y del Caribe desde la XVII edición, realizada en Ponce en 1993. El país está representado por el Comité Olímpico de Santa Lucía y para la fecha no ha sido sede de los Juegos Centroamericanos y del Caribe. Medallero histórico Año País Sede Posición Total ...

 

This article does not cite any sources. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Siege of Hulst 1645 – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2008) (Learn how and when to remove this template message) Siege of HulstPart of Eighty Years' WarThe siege and capture of Hulst in 1645 by Hendrick de Meijer.Date7 October – 4 November 1645Locat...

Sumber referensi dari artikel ini belum dipastikan dan mungkin isinya tidak benar. Mohon periksa, kembangkan artikel ini, dan tambahkan sumber yang benar pada bagian yang diperlukan. (Pelajari cara dan kapan saatnya untuk menghapus pesan templat ini) Berikut adalah daftar seni bela diri menurut daerah asal dan alirannya. Seni bela diri Asia Burma Bando China semua seni bela diri Cina dikenal sebagai Kungfu,JKI, Wushu, Kuoshu, Ch'uan Fa atau Kuntao Shorinji Kempo Aliran tenaga dalam: Nei chia ...

 

2011 studio album by Kjersti StubøHow High is the SkyStudio album by Kjersti StubøReleasedSeptember 17, 2011GenreJazzLength49:21LabelBolageProducerKjersti StubøKjersti Stubø chronology My Shining Hour(2001) How High is the Sky(2011) How High is the Sky (released 14 November 2011 in Oslo, Norway by label Bolage – BLGCD 018) is a Jazz album by the Norwegian jazz singer Kjersti Stubø Quartet feat. «MiNensemblet»[1][2][3] Critical reception Professional ra...

 

American College President and administrator John E. Champion8th President ofFlorida State UniversityIn office1965–1969Preceded byGordon W. BlackwellSucceeded byJ. Stanley Marshall Personal detailsBornJohn Elmer Champion(1922-05-11)May 11, 1922Chipley, Georgia, U.S.DiedNovember 22, 2002(2002-11-22) (aged 80)Tallahassee, Florida, U.S.Spouse Mary Lanier ​(m. 1956)​Children2, including John Jr. & SallyEducationUniversity of Georgia: BBA, 1942; MBA, 1949 (...

縣神社 縣神社所在地 〒611-0021京都府宇治市宇治蓮華72番地位置 北緯34度53分18秒 東経135度48分21秒 / 北緯34.88833度 東経135.80583度 / 34.88833; 135.80583座標: 北緯34度53分18秒 東経135度48分21秒 / 北緯34.88833度 東経135.80583度 / 34.88833; 135.80583主祭神 木花開耶姫命社格等 旧・村社創建 永承7年 (1052年)例祭 6月5日・6日地図 Wikimedia maps を表示縣神社 (...

 

Norwegian utility firm Fjordkraft ASATypeAllmennaksjeselskapTraded asOSE: FKRAFTIndustryPowerFounded1996HeadquartersBergen, NorwayArea servedNorwayKey peopleRolf Barmen(CEO)Wenche Teigland (Chairman)Revenue NOK 4487 million (2016)Operating incomeNOK 303 million (2016)Net incomeNOK 303 million (2016)Number of employees195 (2016)Websitewww.fjordkraft.no Fjordkraft is a Norwegian power company that delivers power to end users.[1][2] Overview The company took over the retailing fu...

 

International athletics championship event2019 European 10 m Events ChampionshipsThe Stadium.Dates16 - 25 MarchHost cityOsijek, CroatiaVenueGradski vrt HallLevelSeniorEvents4 men + 4 women← 2018 2020 → The 2019 European 10 m Events Championships was held in Osijek, Croatia, from March 17 to 24, 2019.[1] The competition was held in the Gradski vrt Hall.[2] Results Men Event Gold Silver Bronze Rifle Vladimir Maslennikov Russia Brian Baudouin France Evgeny P...

Belgian singer-songwriter (born 1980) GustaphCaers in 2014Background informationBirth nameStef CaersAlso known asSteffenBorn (1980-07-05) 5 July 1980 (age 43)Leuven, BelgiumOriginAntwerp, BelgiumGenresDance music[1]Occupation(s)Singer-songwriterproducervocal coachInstrument(s)VocalspianodrumsYears active1999–presentMusical artist Stef Caers (Dutch pronunciation: [stɛf ˈkaːrs]; born 5 July 1980), known professionally as Gustaph (stylised as GVSTΛPH), is a Belgian sin...

 

Irrational fear of animal species This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Zoophobia – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (April 2012) For the webcomic, see ZooPhobia (webcomic). Zoophobia, or animal phobia, is the irrational fear or aversion towards animals (excluding humans). Zoop...

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Yahya Kemal College – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (January 2011) (Learn how and when to remove this template message) The Yahya Kemal College is the first private high school in Skopje, North Macedonia. The high school was established in 1996 an...

GakharsJātiRajputReligions IslamLanguagesPunjabiCountryPakistanRegionPunjabEthnicityPunjabi The Gakhar (Punjabi: گاکھر) are a Punjabi clan found predominantly in the Jhelum District and Gujranwala District in Punjab, Pakistan.[1] The Gakhars now predominantly follow Islam after conversion from Hinduism during the Islamic rule of north India.[2][3][4] Medieval history The Gakhars had engaged in a long-running struggle for sovereignty over the Salt Range.&#...

 

American actor Donald KirkeBornMay 17, 1901Jersey City, New Jersey, U.S.DiedMay 18, 1971 (aged 70)Los Angeles, California, U.S.OccupationActorYears active1929–1960 Donald Kirke (1901–1971) was an American stage, film and television actor.[1] Career In the early 1920s, Kirke acted in stock theater, including the Gene Lewis-Olga Worth and the Lewis-Worth companies.[2] Kirke's Broadway credits include The Constant Sinner (1931), A Woman Denied (1931), The Old Rascal (193...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!