Arneb is ’n groot ster met ’n massa van sowat 14 keer dié van die Son[4] en ’n radius van 129 keer die Son s’n.[5] Dit is sowat 2 218 ligjare van hier af.[2] Die ster het ’n sterreklassifikasie van F0 Ib;[1] die ligsterkteklas Ib dui aan dit is ’n superreus met ’n laer ligsterkte. Sy spektrum dien sedert 1943 as een van die stabiele ankerpunte vir die klassifikasie van ander sterre.[13] Die ster se effektiewe temperatuur is sowat 6 850 K,[4] wat dit die geelwit kleur gee wat tipes van F-tipe sterre is. Dit is sowat 13 miljoen jaar oud.[4]
Arneb is ’n ouer, geëvolueerde ster wat reeds deur sy superreusfase is en nou in die laaste stadium van sy sterevolusie is, of dit sit dalk nog uit as deel van sy superreusfase. Volgens sy geraamde massa sal dit na verwagting in ’n supernova ontplof – maar nie voor die volgende miljoen jaar nie. [14]
Verwysings
↑ 1,01,1Gray, R. O.; Napier, M. G.; Winkler, L. I. (April 2001), "The Physical Basis of Luminosity Classification in the Late A-, F-, and Early G-Type Stars. I. Precise Spectral Types for 372 Stars", The Astronomical Journal121 (4): 2148–2158, doi:10.1086/319956, Bibcode: 2001AJ....121.2148G
↑ 3,03,13,2Gutierrez-Moreno, Adelina et al. (1966), A System of photometric standards, 1, Publicaciones Universidad de Chile, Department de Astronomy, pp. 1–17, Bibcode: 1966PDAUC...1....1G
↑Royer, F. et al. (Oktober 2002), "Rotational velocities of A-type stars in the northern hemisphere. II. Measurement of v sin i", Astronomy and Astrophysics393: 897–911, doi:10.1051/0004-6361:20020943, Bibcode: 2002A&A...393..897R
↑Venn, Kim A. (Augustus 1995), "Atmospheric Parameters and LTE Abundances for 22 Galactic, A-Type Supergiants", Astrophysical Journal Supplement99: 659, doi:10.1086/192201, Bibcode: 1995ApJS...99..659V
↑Kunitzsch, Paul; Smart, Tim (2006). A Dictionary of Modern star Names: A Short Guide to 254 Star Names and Their Derivations (2de hersiene uitg.). Cambridge, Massachusetts: Sky Pub. ISBN978-1-931559-44-7.