34 v.C.
Kalenders
|
|
Antonius en Cleopatra
|
|
Gebeure
- Die Romeinse veldtog teen die Salassi in die Alpe by die St. Bernard-pas eindig sonder sukses.[1]
- Die triumvir Marcus Antonius verower Armenia en neem koning Artavasdes gevange. Die koning word na Egipte geneem en deur Cleopatra vir sy verraad tereggestel.[2]
- Marcus Antonius hou 'n triomftog in Alexandrië, hoewel triomftogte eintlik net in die hoofstad Rome gevier mag word. Gerugte doen die ronde dat hy die hoofstad na Egipte wil verplaas.[3]
- Marcus Antonius skenk land aan sy geliefde, die Egiptiese koningin Cleopatra.[3]
- Octavianus hou 'n suksesvolle veldtog in Illyricum. Die Dalmatiese kus is nou in Romeinse hande en hy trek die binneland in na die Dinariese Alpe.[1]
- Augustus stig die Colonia Iulia Augusta Emona naby die huidige Ljubljana.[4]
Geboortes
Sterftes
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 From the Gracchi to Nero: A History of Rome 133 BC to AD 68, H. H. Scullard, Routledge, 2013, ISBN 1-136-78386-5, ISBN 978-1-136-78386-9
- ↑ A Dictionary of the Roman Empire Oxford paperback reference, Matthew Bunson, OUP USA, 1991, ISBN 0-19-510233-9, ISBN 978-0-19-510233-8
- ↑ 3,0 3,1 Res Publica Constituta: Actium, Apollo and the Accomplishment of the Triumviral Assignment
Impact of Empire,Carsten Hjort Lange, BRILL, 2009, ISBN 9047428463, ISBN 978-9047428466
- ↑ Ancient Town-Planning, F. (Francis) Haverfield, 2012
ISBN 3-8424-9972-8, 978-3-842-49972-0
|
|