Kalenders
|
|
Yellowstone Nasionale Park
|
|
Die jaar 1872 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Maandag begin het. Dit was die 72ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure
Geboortes
- 10 Februarie – Johannes Hendrik Conradie, derde administrateur van die Kaapland na Uniewording († 1940).
- 3 Maart – Andries Smorenburg, ontsnap van Sint Helena tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1939).
- 7 Maart – Piet Mondriaan, Nederlandse skilder († 1944).
- 25 April – Barry Heatlie, Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein († 1951).
- 25 April – Prinses Alix van Hesse-Darmstadt († 1918).
- 9 Mei – Danie Theron, Kommandant baasverkenner en krygsman in die Tweede Vryheidsoorlog († 1900).
- 12 Mei – Henry Sampson, 'n leier in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1938).
- 18 Mei – Bertrand Russell, Britse filosoof († 2 Februarie 1970).
- 5 Junie – Arthur William Rogers, Suid-Afrikaanse geoloog en staatsamptenaar van Britse herkoms († 1946).
- 27 Junie – Heber Curtis, ’n Amerikaanse sterrekundige († 1942).
- 27 Junie – Paul Laurence Dunbar, 'n Amerikaanse skrywer († 1906).
- 1 Julie – Louis Blériot, Franse ontdekker en ingenieur († 1936).
- 4 Julie – Calvin Coolidge, 30ste President van die Verenigde State († 1933).
- 5 Julie – Édouard Herriot, Franse politikus († 1957).
- 16 Julie – Roald Amundsen, Noorse pool- en ontdekkingsreisiger († waarskynlik 18 Junie 1928)
- 3 Augustus – Haakon VII van Noorweë, eerste koning van Noorweë († 1957).
- 12 Oktober – Ralph Vaughan Williams, Engelse komponis († 1958).
Sterftes