Yslands behoort saam met Faroëes tot die westelike of eiland-Skandinawiese tale. Dit is nie sonder meer te verstane vir sprekers van die Skandinawiese tale van die vasteland: Noors, Sweeds en Deens nie.
Yslands word geskryf met die Latynse alfabet, waartoe verskillende tekens toegevoeg is: Á/á, É/é, Í/í, Ó/ó, Ú/ú, Ý/ý, Ð/ð (edh), Þ/þ (thorn), Ö/ö en Æ/æ. Die letters c, q, w en z word nie gebruik nie.
Die spesiale letter thorn (þ) gee die klank weer wat mens ook teekom as die th in die Engelse think, en edh (ð) is die stemhebbende variant daarvan (soos die th in die Engelse that).
Ysland is tussen die jare 800 en 1000 bevolk vanuit Wes-Noorweë. Yslands is dus eintlik Oudnoors. In Noorweë het daar soos in die res van die Germaanse taalgebied, in die eeue daarna allerlei taalveranderings plaasgevind, maar op die afgeleë Ysland het dit nie gebeur nie en bly die woordeskat en die verbuigingstelsel grootliks onveranderd. Die uitspraak het wel erg verander. Yslands besit 'n aantal foneme wat selde in ander Europese tale, voorkom, byvoorbeeld stemlose l, n, m en r.
Ter illustrasie volg hier die verbuiging van die onreëlmatige manlike woord fjörður, 'fjord'.
enkelvoud
meervoud
nominatief
fjörður
firðir
genitief
fjarðar
firði
datief
firði
fjörðum
akkusatief
fjörð
fjarða
Die bepaalde lidwoord word net soos in die ander Skandinawiese tale agteraan die selfstandige naamwoord geheg (aangehegte lidwoord), waardeur mens vorms kan kry soos fjarðarins "van die fjord", fjörðunum "aan die fjorde".
'n Opvallend kenmerk van Yslands is die sterk purisme, wat 'n groot invloed op die ontwikkeling van die taal gehad het. Waar baie ander Germaanse tale soos Engels en Nederlands deurtrek is met leenwoorde uit Frans en Latyn, en die vasteland-Skandinawiese tale bowendien met leenwoorden uit die Nederduitse tale, het mense in Ysland steeds probeer om vir die benaming van nuwe begrippe uit die bron van erfwoorde te put.
Yslands is 'n ryk taal, vanwee die vele eeue sageliteratuur. Daardeur kan mens dikwels vergete woorde uit die verlede neem om nuwe begrippe aan te dui. So word "telefoon" sími, na 'n ou woord vir 'draad', en 'skerm' (televisieskerm, rekenaarskerm) skjar, na 'n ou woord vir "venster". 'n Uiterste vorm van taalsuiwering is terug te vind in die Hoogyslands.