Die Chileense nasionale rugbyspan (Spaans: Selección de rugby de Chile) is die nasionale rugbyspan wat Chili in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Los Cóndores (Spaans vir: “die kondors”), na die andeskondor (Vultur gryphus), die nasionale voël van die Suid-Amerikaanse land. Rugby word in Chili geadministreer deur die Nasionale Rugbysportfederasie (Federación Deportiva Nacional de Rugby, FDNR) wat in 1953 gestig is. Chili word as die vyfde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State, Kanada en Uruguay) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Chileense rugbyspan is tans (Januarie 2025) 21ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Twee voormalige Chileense rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.
Chili het in 1936 sy eerste toetswedstryd teen Argentinië gespeel. In 2022 het Chili vir die eerste keer vir die rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee die derde Suid-Amerikaanse land geword wat daarin kon slaag. Chili het in 2015 vir die eerste keer die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap gewen. Sedert 2016 neem Chili ook aan die jaarlikse Amerikaanse Rugbykampioenskap deel, saam met die tweede Argentynse span, Brasilië, Kanada, Uruguay en die Verenigde State.
... dat die diepste myn ter wêreld in Suid-Afrika is? Die Mponeng-myn (voormalige Western Deep Levels-myn) in Carletonville is 3,5 km diep.
... dat die eerste fiets, wat in 1817 vervaardig is, nie pedale gehad het nie? Pedale is in 1865 bygevoeg, maar die fietse self is toe nog uit hout vervaardig.