Tallinn

Tallinn


Europese Kultuurhoofstad 2011
Euroopa kultuuripealinn 2011


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Estland Estland
 Koördinate 59°26′N 24°46′O / 59.433°N 24.767°O / 59.433; 24.767
 Oppervlakte:  
 - Totaal 159,2 vk km
 Hoogte bo seevlak 9 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 453 864[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 900/vk km
 - Metropolitaanse gebied 614 561
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 6,4 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie –2,9 / 17,6 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 700 mm
 Burgemeester Mihhail Kõlvart
 Amptelike webwerf tallinn.ee

Tallinn (Esties: [ˈtɑlʲːinː], ; wat ook onder sy historiese naam Reval bekend staan) is die hoofstad en grootste stad van Estland (Noordoos-Europa). Die stad lê aan die Finse Golf in die noordweste van Estland, teenoor die Finse hoofstad Helsinki. Tallinn is 'n belangrike nywerheid- en kulturele sentrum en die beduidendste Estniese seehawe.

Voordat Tallinn in 1721 aan Rusland afgestaan is, was dit 'n besitting van die geestelike Duitse Swaardbroeder-ridderorde en later van die Duitse Orde (1346–1561) en Swede (1561–1710). In 1919 het dit die hoofstad van die onafhanklike Republiek Estland en was ná die inlywing by die Sowjetunie tussen 1940 en 1991 die hoofstad van die Estniese Sosialistiese Sowjetrepubliek. Ná die ontbinding van die Sowjetunie in 1991 het Tallinn weer die hoofstad van 'n onafhanklike Estniese staat geword. Naas Turku in Finland is Tallinn as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2011 aangewys.

Etimologie

Die heel eerste Dannebrog val uit die lug gedurende die Slag van Lyndanisse, 15 Junie 1219. In 1809 geskilder deur Christian August Lorentzen en gehuisves in die Statens Museum for Kunst, Denemarke.

Die naam "Tallinn(a)" is Esties. Dit word oor die algemeen beskou as 'n historiese afleiding vanTaani-linna, wat "Deense kasteel" (Castrum Danorum) beteken, moontlik omdat die Deense invallers die kasteel gebou het op die plek van 'n Estniese vesting ná die Slag van Lyndanisse in 1219.

Die Yslandse Njáls saga — saamgestel ná 1270, maar dit beskryf gebeurtenisse tussen 960 en 1020 — noem 'n gebeurtenis wat êrens op die gebied van Tallinn gebeur het en noem die plek Rafala (moontlik 'n afleiding van Rävala, Revala, of 'n ander variant van die Estniese naam van 'n aangrensende Middeleeuse Estniese graafskap. Kort ná die Deense verowering in 1219 het die stad in die Skandinawiese en Duitse tale bekend geword as Reval (Revalia). Reval is tot in 1918 amptelik gebruik as 'n Estniese naam.

Nadat die land in 1918 onafhanklik geword het, is in internationale gebruik die Engelse en Duitse Reval (; [ˈʁeːval], ), asook die Russiese eweknie Revel (Ревель), geleidelik vervang deur die Estniese naam. Eers is albei Estniese vorme Tallinna en Tallinn gebruik.[2] In Estnies is Tallinna ook die genitiewe naamval van die naam, soos byvoorbeeld in Tallinna Sadam ("die hawe van Tallinn").

Hendrik van Lyfland het in sy kroniek (ca. 1229) na die stad verwys onder 'n naam wat in die 13de eeu ook deur Skandinawiërs gebruik is: Lindanisa (of Lyndanisse) in Deens,[3][4] Lindanäs in Sweeds en Ledenets in Oud-Oos-Slawies).

Klimaat

Nasa-satellietbeeld van Tallinn

Die klimaat van Tallinn word deur koue winters, koel lentes met min reën, matig warm somers en lang en reënerige herfste gekenmerk. Soms styg die kwik tydens die Estniese somer weke lank tot temperature van omtrent 30 °C, en die warm weer duur voort tot die middel van Oktober. Die gemiddelde temperature is -4 °C in Februarie en +16,7 °C in Julie.[5]

Weergegewens vir Tallinn
Maand Jan Feb Mar Apr Mei Jun Jul Aug Sep Okt Nov Des Jaar
Hoogste maksimum (°C) 9,2 10,2 15,9 27,2 31,4 32,6 34,3 34,2 28,0 21,8 14,1 11,6 34,3
Gemiddelde maksimum (°C) −0,7 −1,0 2,8 9,5 15,4 19,2 22,2 21,0 16,1 9,5 4,1 1,2 9,9
Gemiddelde temperatuur (°C) −2,9 −3,6 −0,6 4,8 10,2 14,5 17,6 16,5 12,0 6,5 2,0 −0,9 6,4
Gemiddelde minimum (°C) −5,5 −6,2 −3,7 0,7 5,2 9,8 13,1 12,3 8,4 3,7 −0,2 −3,1 2,9
Laagste minimum (°C) −31,4 −28,7 −24,5 −12,0 −5,0 0,0 4,0 2,4 −4,1 −10,5 −18,8 −24,3 −31,4
Neerslag (mm) 56 40 37 35 37 68 82 85 58 78 66 59 700
Bron: Temperatuur, neerslag – Wêreldmeteorologiese Organisasie (1970–2000),[6] Uiterste temperature[7]

Demografie

Die middestad teen sononder

Die totale bevolking van Tallinn het op 1 Maart 2019 440 776 beloop. Gratis toegang tot die hoofstad se openbare vervoer en ander subsidies vir Tallinn se inwoners word as die hoofredes vir die snelle bevolkingsgroei aangevoer. In Januarie 2012 het die inwonertal nog op 416 144 gestaan.[8]

In September 2008 het Este 52,3 persent van die totale bevolking verteenwoordig, etniese Russe 38,5 persent, terwyl 3,9 persent van Oekraïense en 5,3 persent van ander etniese afkoms was.

Alhoewel Estnies die status van amptelike taal het, word ook Russies, Fins, Engels en Duits gebesig of deur baie bewoners verstaan. Die oorwegende meerderheid van die bevolking is Christene, waaronder 30 persent Lutherane, 28 persent Russies-Ortodokse en drie persent Rooms-Katolieke. In die praktyk beoefen slegs 'n minderheid enige godsdiens.[9]

Boukuns

Die historiese stadskern, soos gesien vanuit die kerktoring van Sint Olav

Die argitektoniese erfenis van Tallinn strek oor sewe eeue en sluit talle historiese geboue in die Gotiese, Renaissance-, Barok- en Klassisistiese boustyl in.

Op die Domkerkberg het die geskiedkundige Oud-Estniese bakermat van Tallinn, die boerevesting of linna ontstaan. Die Estniese woord vir stad, linn, is van hierdie term afgelei. 'n Ander naam vir die vesting, lindanise, is vermoedelik ter ere van Linda, die legendariese held Kalev se vrou, gebruik.

Die Hansetydperk tussen die 14de en 16de eeu word as die Goue Tydperk van Tallinn beskou. Nadat baie van die geskiedkundige geboue tydens die Sowjet-heerskappy verwaarloos is, het die bewoners ná die onafhanklikwording van Estland moeite gedoen om die historiese Middeleeuse karakter van die stadsentrum te herstel, en die gilde- en koopmanshuise, kerke, stadsmure en torings is intussen na hul oorspronklike toestand terug verander.

Tallinn se historiese stadskern word verdeel in die sogenaamde Bostad of Domkerkberg (Esties: Toompea), die oudste gedeelte van die huidige sentrum wat rondom die kasteel van die Duitse Orde ontstaan het en oorspronklik deur leidende ridders van die orde, adellikes en die geestelikheid bewoon is.

Die sogenaamde Benedestad is deur Hanseatiese koopmans en ambagsmanne bewoon aan wie die vroeëre Reval sy ekonomiese welvaart te danke gehad het. Bo- en Benedestad is deur 'n versterkte stadsmuur van mekaar geskei. Die hele historiese stadskern, wat in sy geskiedenis nouliks deur oorlogshandelinge geraak is nie en sodoende bewaar gebly het, is deur Unesco in 1997 as wêrelderfenisgebied gelys.

Suidoos van die historiese stadskern het kwartiere met talle moderne winkelsentrums en kantoorgeboue met glas- en metaalfasades ontstaan. Tallinn se voorstede word deur woonstelblokke uit die Sowjet-tydperk oorheers, terwyl in Kadriorg, 'n stadsdistrik in die noordooste, 'n slot, 'n tuin en houthuise uit die Tsare-tydperk bewaar gebly het.

Sakrale boukuns: kloosters

Die bouvalle van die Sint Birgitta-klooster (Estnies Pirita klooster)

In die Middeleeue was daar drie groot kloosters in Tallinn. Die oorblyfsels van die Dominikaanse Orde se magtige klooster in die oustad verwys net soos die bouvalle van die Sint Birgitta-klooster in die stadsdeel Pirita na die ruim skenkings wat plaaslike burgers destyds gemaak het.

Monnike van die Dominikaanse Orde het hulle reeds kort ná die bou van die Deense kasteel op die Domkerkberg gevestig, maar is later weens geskille met die biskop uit die stad verdryf. Eers in die middel van die 13de eeu het 'n nuwe klooster op 'n oop terrein naby die hawe ontstaan. In die 14de eeu het dit deel van Reval (Tallinn) se versterkings geword. Die Dominikaanse Sint Katharinaklooster was destyds een van die grootste sakrale geboue in die Baltiese lande, terwyl die klooster se Katharinakerk met 'n vloeroppervlak van 1 100 vierkante meter selfs as die grootste kerkgebou van die bedelorde in Noord-Europa bekend gestaan het.

Die Sint Birgitta-klooster (detail)

Lede van plaaslike gildes en ridderskappe het oor eeue heen skenkings uit hul bestorwe boedel en ander donasies aan die Dominikaanse klooster en sy skool gemaak. Die Groot Gilde en die Gilde van Swartkoppe ('n vereniging van ongetroude Duitse koopmans) het net soos ander plaaslike verenigings oor hul eie altare in die kloosterkerk beskik.

In die onstuimige tye van die Reformasie is groot skade aan die Dominikaanse klooster berokken – so is byvoorbeeld baie kunswerke as reaksie op die orde se Katolieke propaganda in die beeldestormloop van 1524 vernietig. In enkele gevalle is altare juis deur dié mense vernietig wat vroeër nog skenkings daarvoor gemaak het. Die Dominikaanse monnike, na wie in Protestantse propaganda dikwels as "Honde van die Here" (afgelei van die Latynse Domini canes) verwys is, is in 1525 uit Reval verdryf en hul kerk aan die plaaslike Estniese Lutherse gemeente oorgedra. Nadat die voormalige klooster in 1531 deur 'n brand verwoes is, is Dominikaanse monnike van brandstigting beskuldig.

Die puin van die ou kloosterbouvalle is eers in die 19de eeu en nog eens ná die Tweede Wêreldoorlog opgeruim, terwyl die geboue gedeeltelik omgebou is. Die laer gedeelte van die Katharinakerk met die Gotiese wesportaal en grafplate aan sy buitekant het bewaar gebly, net soos die voormalige kloosterstoorhuis, die dormitorium, dele van die kruisgange, die kapittelsaal en een gebedskapel.

Susterstede

Voormalige susterstede (ná die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 beëindig):

Verwysings

  1. (en) andmed.stat.ee: RV0240: POPULATION BY SEX, AGE AND PLACE OF RESIDENCE, 1 JANUARY
  2. (en) Nat A. Singer; Steve Roman (2008). Tallinn in Your Pocket. In Your Pocket. p. 11. ISBN 978-0-01-406269-0. Besoek op 5 Mei 2024.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. (da) "Salmonsens Konversations Leksikon". Runeberg.org. 19 Januarie 2012. Besoek op 5 Mei 2024.
  4. (de) Reval's ältester Estnischer Name Lindanisse, Verhandlungen der gelehrten estnischen Gesellschaft zu Dorpat. Band 3, Heft 1. Dorpat 1854, bl. 46–47
  5. (en) www.tourism.tallinn.ee – Praktiese inligting: Klimaat
  6. (en) "Tallinn". Wêreldmeteorologiese Organisasie. Besoek op 15 Maart 2024.
  7. (en) "Tallinn". Weatherbase. Besoek op 15 Maart 2024.
  8. (de) "Die Bevölkerungszahl von Estlands Hauptstadt erreicht 430007". Baltische Rundschau. 4 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2014. Besoek op 21 Mei 2014.
  9. (en) www.tourism.tallinn.ee – Praktiese inligting: Bevolking, taal, godsdiens
  10. 10,00 10,01 10,02 10,03 10,04 10,05 10,06 10,07 10,08 10,09 10,10 10,11 10,12 10,13 10,14 10,15 10,16 10,17 10,18 10,19 10,20 10,21 (en) "Relations with other cities". Tallinn. Besoek op 5 Mei 2024.

Eksterne skakels

Amptelike webtuistes

Ensiklopediese inligting

Toerisme

Read other articles:

Halaman ini berisi artikel tentang kota di Nevada, Amerika Serikat. Untuk kegunaan lain, lihat Las Vegas (disambiguasi). Kota Las Vegas(bahasa Inggris: City of Las Vegas)Kota BenderaLambangJulukan: Ibukota Hiburan Dunia,Kota DosaLetak Las Vegas di Kabupaten Clark, NevadaNegaraAmerika SerikatNegara bagianNevadaCountyClark CountyPemerintahan • JenisDewan-pengelola • Wali kotaCarolyn Goodman (I) • Pengelola KotaJorge CervantesLuas • Kota13...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Artikel ini sedang dalam perubahan besar untuk sementara waktu.Untuk menghindari konflik penyuntingan, dimohon jangan melakukan penyuntingan selama pesan ini ditampilkan.Halaman ini terakhir disunting oleh InternetArchiveBot (Kontrib • Log) 301 hari ...

 

Джерело Барвінкове-1(пам'ятка природи) 50°52′01″ пн. ш. 34°48′57″ сх. д. / 50.867134800027777430° пн. ш. 34.81604480002777535° сх. д. / 50.867134800027777430; 34.81604480002777535Координати: 50°52′01″ пн. ш. 34°48′57″ сх. д. / 50.867134800027777430° пн. ш. 34.81604480002777535° сх. д.&#x...

American true crime podcast This article needs to be updated. The reason given is: Entire article last updated in 2014. Please help update this article to reflect recent events or newly available information. (December 2022) PodcastCriminalPresentationHosted byPhoebe JudgeGenreTrue crimeLanguageEnglishProductionProductionPhoebe JudgeLauren SpohrerNadia WilsonRob ByersPublicationOriginal releaseJanuary 2014 (2014-01)ProviderRadiotopiaVox Media Podcast Network (starting 2022)RelatedWe...

 

Alto MiraAltu MiraAlt' Mira Dados Estatísticos Ilha: Santo Antão Município: Porto Novo População: 1.003 (2010) Altitude:Baixo:Centro:Alto: Oceano Atlânticoaprox. 300 maprox. 1.100 m Distâncias ver capital insular: nordoeste de Porto Novo (via rua) Alto Mira (Crioulo cabo-verdiano, ALUPEC: Altu Mira, Crioulo do Santo Antão: Alt' Mira) é uma aldeia do município de Porto Novo na zona noroeste da ilha do Santo Antão, em Cabo Verde. A aldeia localiza-se em uma planalto. Este de aldeia e...

 

In mathematics, it can be shown that every function can be written as the composite of a surjective function followed by an injective function. Factorization systems are a generalization of this situation in category theory. Definition A factorization system (E, M) for a category C consists of two classes of morphisms E and M of C such that: E and M both contain all isomorphisms of C and are closed under composition. Every morphism f of C can be factored as f = m ∘ e {\displaystyle f=m...

Dieser Artikel oder nachfolgende Abschnitt ist nicht hinreichend mit Belegen (beispielsweise Einzelnachweisen) ausgestattet. Angaben ohne ausreichenden Beleg könnten demnächst entfernt werden. Bitte hilf Wikipedia, indem du die Angaben recherchierst und gute Belege einfügst. bzw. die Literaturangaben als Einzelnachweise zuordnen Felix Weingartner um 1890 Paul Felix Weingartner, Edler von Münzberg (geboren am 2. Juni 1863 in Zadar, Kaisertum Österreich; gestorben am 7. Mai 1942 in Wintert...

 

Letty Jimenez-MagsanocLahirLeticia Jimenez(1941-09-13)13 September 1941Manila, FilipinaMeninggal24 Desember 2015(2015-12-24) (umur 74)Kota Quezon, Metro ManilaNama lainLJMPekerjaanWartawati, PenyuntingSuami/istriDr. Carlos MagsanocAnakKara Magsanoc-Alikpala Dr. Nikko Magsanoc Dr. Marti Magsanoc Letty Jimenez-Magsanoc (13 September 1941 – 24 Desember 2015) adalah seorang wartawati dan penyunting Filipina, yang dikenal atas perannya dalam menggulingkan kediktatoran Fer...

 

English-language idiom The buck stops here redirects here. For the album by Buck Hill, see The Buck Stops Here (album). The Scapegoat by William Holman Hunt (1854) Buck passing, or passing the buck, or sometimes (playing) the blame game, is the act of attributing to another person or group one's own responsibility. It is often used to refer to a strategy in power politics whereby a state tries to get another state to deter or fight an aggressor state while it remains on the sidelines.[1&#...

1983 single by INXSOriginal SinCover art for Australian releaseSingle by INXSfrom the album The Swing B-sideIn VainJust Keep WalkingReleasedDecember 1983GenreNew wave[1][2]funk rock[3]Length5:19 (album version)3:45 (single edit)6:35 (12 extended version)LabelWEASongwriter(s)Michael HutchenceAndrew FarrissProducer(s)Nile RodgersINXS singles chronology Black and White (1983) Original Sin (1983) I Send a Message (1984) Original Sin is a song by Australian rock group INXS,...

 

Not to be confused with Sacramento Valley. Metropolitan area in California, United StatesGreater Sacramento Sacramento–RosevilleMetropolitan areaSacramento, California in October 2008CountryUnited StatesStateCaliforniaPrincipal citiesSacramento – Arden-Arcade – Roseville – Yuba City – South Lake Tahoe – TruckeeArea • Metro21,429.2 sq mi (55,501.37 km2)Elevation0–10,886 ft (0–3,318 m)Population (2020)[1] • Urban1,723...

 

Principles in the philosophy of Aristotle Actuality redirects here. For the film genre, see Actuality film. Dunamis redirects here. For other uses, see Dunamis (disambiguation). Energeia redirects here. For other uses, see Energia (disambiguation) and Energy (disambiguation). In philosophy, potentiality and actuality[1] are a pair of closely connected principles which Aristotle used to analyze motion, causality, ethics, and physiology in his Physics, Metaphysics, Nicomachean Ethics, a...

Senate committees redirects here. For Australian Senate committees, see Australian Senate committees. This is a complete list of U.S. congressional committees (standing committees and select or special committees) that are operating in the United States Senate. Senators can be a member of more than one committee. Senate Committee on Rules & Administration (1995) Standing committees As of 2017[update], there are 88 subsidiary bodies of the US Senate: 16 standing committees with 67 ...

 

2009 video gameSkate 2Developer(s)EA Black BoxPublisher(s)Electronic ArtsSeriesSkatePlatform(s)PlayStation 3, Xbox 360ReleaseNA: January 21, 2009AU: January 22, 2009EU: January 23, 2009Genre(s)SportsMode(s)Single-player, multiplayer Skate 2 is a skateboarding video game developed by EA Black Box and published by Electronic Arts. The game was released worldwide in January 2009 for PlayStation 3 and Xbox 360 after the spin-off title Skate It. It is the sequel to 2007's Skate and the third insta...

 

Christian Orthodox Church in Moldova, under the Moscow Patriarchate This article is about one of the Orthodox churches in Moldova. For other uses, see Moldovan Orthodox Church (disambiguation). Metropolis of Chișinău and All Moldova19th century Nativity Cathedral in Chișinău.LocationTerritory MoldovaHeadquartersChișinău, MoldovaStatisticsPopulation- Total1,286 communitiesInformationDenominationEastern OrthodoxSui iuris churchMoscow Patriarchate(Autonomous Metropolis)Establishe...

Term in public policy Culture change is a term used in public policy making that emphasizes the influence of cultural capital on individual and community behavior. It has been sometimes called repositioning of culture,[1] which means the reconstruction of the cultural concept of a society.[1] It places stress on the social and cultural capital determinants of decision making and the manner in which these interact with other factors like the availability of information or the f...

 

2016 single by Usher featuring FutureRivalsSingle by Usher featuring Futurefrom the album Hard II Love ReleasedAugust 30, 2016 (2016-08-30)Length3:49LabelRCASongwriter(s)Usher Raymond IVKendricke BrownCameron MurphyParis JonesCarlos St JohnNayvadius WilburnProducer(s)K-MajorMurphy KidUsher singles chronology Missin U (2016) Rivals (2016) Party (2016) Future singles chronology Too Much Sauce(2016) Rivals(2016) Used to This(2016) Music videoRivals on YouTube Rivals is a s...

 

Salemசேலம் Localidad SalemLocalización de Salem en India SalemLocalización de Salem en Tamil Nadu Coordenadas 11°39′00″N 78°10′00″E / 11.65, 78.166666666667Entidad Localidad • País  India • Estado Tamil Nadu • Distrito SalemSuperficie   • Total 94 km²Altitud   • Media 278 m s. n. m.Población (2001)   • Total 693 236 hab.[1]​ • Densidad 8,038 hab/km²Huso horario I...

У слова «Удмуртия» есть и другие значения: см. Удмуртия (значения). Субъект Российской ФедерацииУдмуртская Республикаудм. Удмурт Элькун Ижевск – столица Удмуртии Флаг Герб Гимн Удмуртии 57°17′00″ с. ш. 52°45′00″ в. д.HGЯO Страна  Россия Входит в Приволжский федера...

 

Horror comedy anthology film directed by Kevin Smith For other uses, see Kilroy was here (disambiguation). KillRoy Was HereOfficial teaser imageDirected byKevin SmithScreenplay by Kevin Smith Andrew McElfresh Based onKilroy was hereby United States servicemenProduced by Andrew McElfresh Tony Stopperan Joseph Restaino Nick Morgulis Adam Yeremian Starring Azita Ghanizada Ryan O'Nan Harley Quinn Smith Chris Jericho Justin Kucsulain Jason Mewes Ralph Garman CinematographyBrandon D. HydeEdited byB...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!