Die Suid-Afrikaanse Klas 18E, Reeks 2 van 2009 is 'n Suid-Afrikaanse elektriese lokomotief van die Transnet Freight Rail-era. In 2000 het Spoornet begin met 'n program om Klas 6E1, Reeks 6 tot 11 lokomotiewe te herbou na Klas 18E, Reeks 1-lokomotiewe. Die meeste van die Klas 6E1s wat voorheen geherklassifiseer of verander is na Klas 16E of Klas 17E is ook herbou na Reeks 1. Die herbou na Reeks 1-lokomotiewe is gestaak in 2009, met 446 eenhede voltooi.
Sedert laat 2009 is alle Klas 6E1-lokomotiewe wat vir Transnet Freight Rail en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (PRASA) herbou is, as Klas 18E, Reeks 2 geklassifiseer. Hulle is herbou vanuit Klas 6E1, Reeks 2 tot 8 lokomotiewe.
Die Klas 6E1 herboue word in die volgende foto's geillustreer.