Steeleik

Steeleik
Eikeblare en akkers – die lang akkerstele is duidelik sigbaar
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fagales
Familie: Fagaceae
Genus: Quercus
Subgenus: Quercus subg. Quercus
Seksie: Quercus sect. Quercus
Spesie:
Q. robur
Binomiale naam
Quercus robur
Natuurlike verspreiding
Sinonieme[2]

Die steeleik (Quercus robur), so genoem weens die lang steel waaraan die akkers gedra word, is 'n groot tot massiewe boom wat in woudrande, langs paaie en rivieroewers in grasveld en fynbos groei. Dit is inheems aan Engeland, Europa en Wes-Asië, en is lokaal 'n indringerplant. Etlike eksemplare van historiese belang geniet amptelike beskerming in Suid-Afrika. Dit staan ook algemeen bekend as die akkerboom, en benewens as Kaapse, Europese of Engelse eik.

Voorkoms

'n Steeleik in Hongarye

Die boom kan tot 30 m hoog word en is bladwisselend met 'n breë, geronde kroon. Die bas is donkerbruin en grof. Die enkelvoudige blare is ovaal, groen met geskulpte lobbe. Die steeleik se heldergroen jong blare verdonker namate die seisoen vorder. Die blommetjies is gelerig in neerhangende bloeiwyses. Die vrug is die kenmerkende akker, wat in 'n doppie gedra word. Die boom lewer aantreklike geelbruin hout wat baie gewild is vir onder meer die vervaardiging van meubels en wynvate.

Aanplanting aan die Kaap

Volgens oorlewering is die eerste eikebome in Suid-Afrika deur die volksplanter Jan van Riebeeck waarskynlik in 1656 geplant. Later het die goewerneur Simon van der Stel en sy seun Willem Adriaan in die jong Kaapkolonie se timmerhoutbehoeftes voorsien deur tussen 1679 en 1706 duisende groot eike in Kaapstad, Stellenbosch, Drakenstein en die Paarl aan te plant. Die Vergelegen-eik word as die oudste (oor drie eeue) en grootste steeleik in Suid-Afrika beskou.[3] Die naasoudste oorlewende eikebome in die land is omstreeks 1797 in Stellenbosch, ewe goed bekend as die Eikestad, geplant. Hulle is meer as 220 jaar oud en is tot nasionale gedenkwaardighede verklaar.[4]

Sien ook

Bron

Verwysings

  1. Barstow, M.; Khela, S. (2017). "Quercus robur". IUCN Red List of Threatened Species. 2017: e.T63532A3126467. doi:10.2305/IUCN.UK.2017-3.RLTS.T63532A3126467.en. Besoek op 19 November 2021.
  2. "The Plant List: A Working List of All Plant Species". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2019. Besoek op 23 Junie 2022.
  3. Esterhuyse, Neels; von Breitenbach, Jutta; Soehnge, Hermien; van der Merwe, Izak (2016). Remarkable Tree of South Africa, Table 4: Champion trees in South Africa (2de uitg.). Pretoria: Briza. pp. 51–61. ISBN 978-1-920217-66-2.
  4. Lynette van Hoven: Louere vir die eik. In: Suid-Afrikaanse Panorama, Julie/Augustus 1990, bl. 86

Eksterne skakels

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!