Sint Bartholomeus (Frans: Saint-Barthélemy) is 'n oorsese gebied van Frankryk in die Karibiese See. Die eiland lê in Noord-Amerika tussen die Atlantiese Oseaan en die Karibiese See, suidoos van Saint-Martin en Sint Maarten, noord van St. Kitts en Nevis en noordoos van Antigua en Barbuda.
Sint Bartholomeus het in 2011 'n bevolking van 9 035 gehad en het 'n oppervlakte van 25 km². Die hoofstad en grootste stad is Gustavia.
Verwysings
Eksterne skakels