Honduras

Republiek Honduras
República de Honduras (Spaans)
Vlag van Honduras Wapen van Honduras
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Libre, Soberana e Independiente
(Spaans vir: "Vry, soewerein en onafhanklik")
Volkslied: Himno Nacional de Honduras
Ligging van Honduras
Hoofstad Tegucigalpa

14°6′N 87°13′W / 14.100°N 87.217°W / 14.100; -87.217

Grootste stad Tegucigalpa
Amptelike tale Spaans
Regering

President
• 1ste Adjunkpresident
• 2de Adjunkpresident
• 3de Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Xiomara Castro
Salvador Nasralla
Doris Gutiérrez
Renato Florentino
Onafhanklikheid
• Verklaar van Spanje
• Verklaar van die
Eerste Meksikaanse Keiserryk
• Verklaar van die
Federale Republiek
van Sentraal-Amerika

• Huidige grondwet

15 September 1821

1 Julie 1823


5 November 1838
11 Januarie 1982
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
112 492 km2  (101ste)
43 433 myl2
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
9 587 522[1][2] (95ste)
8 303 771
85 / km2 (128ste)
220,1 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$62,554 miljard[3] (104de)
$6 077[3] (133ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$27,923 miljard[3] (108ste)
$2 712[3] (128ste)

MOI (2019) 0,634[4] (132ste)  –  medium
Gini (2019) 48,2[5] –  hoog
Geldeenheid Lempira (HNL)
Tydsone
 - Somertyd
CST (UTC-6)
nie toegepas nie (UTC-6)
Internet-TLD .hn
Skakelkode +504

Honduras (Spaans: [onˈduɾas]), amptelik die Republiek Honduras (República de Honduras), is 'n demokratiese republiek in Sentraal-Amerika. Honduras is die armste van die Sentraal-Amerikaanse republieke, hoewel die land oor groot voorrade ruolie en edelmetale beskik. Piesangs is die belangrikste uitvoerproduk, maar die handel is geheel en al in Amerikaanse hande. Die geskiedenis van die land word gekenmerk deur outoritêre regerings, konflikte met buurstate en natuurrampe.

Dit beslaan 'n oppervlakte van 112 492 km² en het 'n bevolking van 9 587 522 in 2018 gehad. Honduras lê in die ooste van Guatemala en El Salvador, in die noorde van Nicaragua en in die suidweste van die Karibiese See. Die hoofstad en grootste stad is Tegucigalpa.

Ligging en klimaat

Nasa-Satellietbeeld van Honduras
Kaart van Honduras
Kaart van Honduras

Honduras, met 'n oppervlakte van 120 492 km², grens in die noorde aan die Karibiese See, in die weste aan Guatemala en El Salvador, in die suide aan die Stille Oseaan by die Golf van Fonseca en in die ooste aan Nicaragua. Grensgeskille met Guatemala en El Salvador is in 1936 bygelê en die grense van die lande kom op die Cerro Monte Cristo (2 419 m) bymekaar.

Die grens met El Salvador bly egter vaag en sedert 1970 – 'n jaar na die sogenaamde Sokkeroorlog – bestaan dit uit ’n gedemilitariseerde sone. 'n Grensdispuut met Nicaragua is in 1961 vreedsaam geskik. Honduras het 'n tropiese reënwoudklimaat met 'n jaarlikse reënval van tussen 2000 en 3000 mm in die noorde en ooste. Die oostelike laagland is baie warm met gemiddelde jaarlikse temperature van tussen 26° C en 28° C.

Die temperatuur neem egter met die hoogte af – op 2 000 m is die gemiddelde jaarlikse temperatuur slegs 14° C. In die somermaande kan groot orkane (byvoorbeeld Fifi in 1974, toe 5 000 tot 6 000 mense dood en 80% van die plantasies verwoes is) die land teister.

Reliëf, bodem en hidrografie

Die grootste gedeelte van die land word deur uitloopsels van die Andesgebergte beslaan. Die bergreeks loop in 'n oos-wes-rigting en word in die noorde en ooste deur alluviale laagvlaktes omring. Ander bergreekse soos die Cordillera entre Rios kom in die suide voer. Die vlakte van Mosquitia lê tussen die monding van die Rio Coco, die suidelike grensrivier, en die Rio Patuca.

Die Lagune van Caratasca met die eiland Isla de Tansin is op die vlakte. Heelwat ander lagunes kom verspreid oor die land voor. ’n Aantal riviere wat in die suidwestelike bergland ontspring en na die Karibiese See vloei, is die Rio Sico, Rio Aguán, Rio Ulúa en Rio Chamelecón. Die sentrale bergland het donkerige vulkaniese grond en die omringende laagvlaktes klei- en leemagtige grond.

Sosio-ekonomiese besonderhede

Honduras is een van die armste en onontwikkeldste republieke van Sentraal-Amerika. Ondanks verpligte skoolbywoning vir kinders tussen 7 en 15 jaar is meer as die helfte bo 10 jaar analfabete. Die enigste universiteit is in Tegucigalpa met fakulteite in San Pedro Sula en La Ceiba. Mediese voorsiening is minimaal. Daar is net 30 hospitale in die land, waarvan 10 in die hoofstad is. Die amptelike spreektaal is Spaans en vyf dagblaaie word in Honduras versprei. Die meeste Hondurese is Rooms-Katolieke. Hondurese maak hul bestaan uit bosbou, vissery en in die laaste jare ook rysverbouing. Die noordelike kusvlakte word gebruik vir die verbouing van piesangs, maar later het die United Fruit-maatskappy, die Standard Fruit-maatskappy en die Del Montevereniging hul ook begin toespits op ander vrugtesoorte. Die teel van varke en beeste speel ook ’n belangrike rol.

Ander produkte wat gelewer word, is koffiebone, kokosneute, tabak en katoen. Hoewel daar heelparty minerale bronne is, word dit nie aktief ontgin nie. Die geldeenheid is die lempira. In Honduras skep die berge ernstige vervoerprobleme en daar moet dikwels van vliegtuie gebruik gemaak word am afgeleë plekke te bereik.

Geskiedenis

Die Majastad Copán

Gedurende die eerste helfte van die 16de eeu is Honduras geleidelik deur die Spanjaarde vanaf Guatemala gekoloniseer nadat dit reeds in 1502 deur Christophorus Columbus vir Europa ontdek is. In 1524 is die hoofstad, Tegucigalpa, naby die silwermyne gestig. In 1525 het Hernán Cortés in die land aangekom en 'n koloniale bestuur tot stand gebring wat tot aan die begin van die 19de eeu geduur het. Die eerste eeu na onafhanklikwording was baie onrustig vanweë die opeenvolging van diktators. Eers teen die einde van die 19de eeu is op die gebied van wetgewing, onderwys en verkeer behoorlik vordering gemaak.

Die ekonomie en binnelandse politiek is deur Amerikaanse ondernemingswet die piesangplantasies met swart mense uit die Karibiese gebied bewerk het – beheer. Tot in 1950 het diktature modernisering teengestaan. Juan Manuel Cálvez, die land se president van 1949 tot 1954 het ’n aktiewe rol gespeel in die modernisering van die land – 'n beleid wat deur Villeda Morales verder gevoer is. Daar is begin met landshervorming en die wetlike beskerming van die werknemer is verbeter. In 1963 het kol. Oswaldo López Arellano (1921–2010) van Morales ontslae geraak en hoewel daar ander opvolgers was, het hy die sterk man agter die skerms gebly. Dit het in 1972 tot 'n tweede staatsgreep gelei.

Teen die einde van 1960 het die administrasie strenger geword, wat gedeeltelik te wyte was aan die Sokkeroorlog tussen Honduras en El Salvador wat 2 000 slagoffers binne in 'n week in Julie 1969 geëis het. 'n Sokkerwedstryd het tot die konflik aanleiding gegee maar die onderliggende rede was die onwettige immigrasie van ongeveer 300 000 mense uit 'n oorbevolkte El Salvador. Duisende immigrante moes terugkeer. Na die afsetting van Arellano in April 1975, het kol. Juan Alberto Melgar hom opgevolg. Honduras is sedert 1957 ’n republiek met 'n president as staatshoof. Die president word vir ’n termyn van ses jaar verkies. Die wetgewende mag berus teoreties grootliks by die kongres.

Verwysings

  1. (en) "World Population prospects – Population division". Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling. Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 31 Januarie 2022.
  2. (en) "Overall total population – World Population Prospects: The 2019 Revision" (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 31 Januarie 2022.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Honduras". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2021. Besoek op 31 Januarie 2022.
  4. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 31 Januarie 2022.
  5. (en) "Kazakhstan". Wêreldbank. Besoek op 31 Januarie 2022.

Bronne

Algemeen

Eksterne skakels

Read other articles:

Coordenadas: 45° 7' N 9° 24' E Zerbo    Comuna   Localização ZerboLocalização de Zerbo na Itália Coordenadas 45° 7' N 9° 24' E Região Lombardia Província Pavia Características geográficas Área total 6 km² População total 466 hab. Densidade 77,7 hab./km² Altitude 68 m Outros dados Comunas limítrofes Arena Po, Costa de' Nobili, Pieve Porto Morone, San Zenone al Po Código ISTAT 018188 Código cadastral   Código pos...

 

Cabonne Shire Council Local Government Area van Australië Locatie van Cabonne Shire Council in Nieuw-Zuid-Wales Situering Staat Nieuw-Zuid-Wales Hoofdplaats Molong Coördinaten 33°6'ZB, 148°51'OL Algemene informatie Oppervlakte 6.026,0[1] km² Inwoners 12.940 (juni 2007)[2] Overig Wards 6 Website https://www.cabonne.nsw.gov.au/ (en) Portaal    Australië Cabonne Shire Council is een Local Government Area (LGA) in Australië in de staat Nieuw-Zuid-Wales. Cabonne Sh...

 

Ein Wallfahrtsort ist in verschiedenen Religionen ein Ort mit hervorgehobener religiöser Bedeutung – ein Heiligtum – und als solcher das Ziel einer Wallfahrt. Dem Besuch eines Wallfahrtsortes werden besondere Wirkungen zugesprochen wie die Heilung von Krankheiten. Eine Wallfahrtstradition kann durch ein Ereignis wie ein Wunder oder eine Marienerscheinung hervorgerufen werden oder durch die Verehrung einer Persönlichkeit der jeweiligen Religion, die an dem Ort gewirkt hat oder begraben i...

トゥプア・タマセセ・メアッオレTupua Tamasese Mea'ole サモア高等弁務官と顧問夫妻たち(1945年、左から5人目がメアッオレ) 西サモア独立国初代 オ・レ・アオ・オ・レ・マーロー(マリエトア・タヌマフィリ2世と共同) 任期 1962年1月1日 – 1963年4月5日 出生 (1905-06-03) 1905年6月3日 ドイツ領サモア、ヴァイモソ 死去 (1963-04-05) 1963年4月5日(57歳没) 配偶者 ノウエ・イレー...

 

Pemilihan umum Presiden Amerika Serikat 1944194019487 November 1944531 suara elektoral lembaga pemilihan266 suara elektoral untuk menang untuk menangKandidat   Calon Franklin D. Roosevelt Thomas E. Dewey Partai Demokrat Republik Negara bagian New York New York Pendamping Harry S. Truman John W. Bricker Suara elektoral 432 99 Negara bagian 36 12 Suara rakyat 25.612.916 22.017.929 Persentase 53,4% 45,9% Peta persebaran suara Hasil pemilihan presiden.Merah adalah negara ...

 

مزاعم استحقاقت بعض الدول على مناطق في أنتاركتكا طبقا لنظام معاهدة أنتاركتكا:   نيوزيلندا   أستراليا   فرنسا   النرويج   المملكة المتحدة   تشيلي   الأرجنتين استعمار أنتاركتكا أو استعمار القارة القطبية الجنوبية Colonization of Antarctica يشير هذا التعب

Marcus Fernaldi GideonInformasi pribadiKebangsaanIndonesiaLahir9 Maret 1991 (umur 32)Jakarta, IndonesiaTinggi168 cm (5 ft 6 in)PeganganKananPelatihHerry Iman PierngadiAryono MiranatPasanganAgnes Amelinda Mulyadi ​ ​(m. 2018)​[1]Ganda PutraPeringkat tertinggi1 (bersama Kevin Sanjaya Sukamuljo) (28 September 2017)Peringkat saat ini23 (bersama Kevin Sanjaya Sukamuljo) (27 Desember 2022[2])Profil di BWF Marcus Fernal...

 

Ini adalah nama Maluku (Ambon), marganya adalah Noya Boy NoyaLahir29 Juli 1963 (umur 60) Pangkalpinang, IndonesiaPekerjaanPembawa acara, wartawanTahun aktif1993-sekarang Boy Noya (lahir 29 Juli 1963) merupakan seorang pembawa acara berita televisi Indonesia yang saat ini bergabung di Metro TV. Boy merupakan alumni dari Universitas Kristen Indonesia jurusan hukum. Ia lantas bergabung untuk mendapatkan pelatihan singkat jurnalis televisi dari TF1 France. Pada tahun 1993 ia memulai kar...

 

Roku Rokuのセットトップボックス開発元 Roku, Inc.種別 デジタルメディアプレーヤー発売日 2008年5月20日(初代)OS Roku OSウェブサイト www.roku.com/products Roku, Inc. 種類 株式会社市場情報 NASDAQ: ROKU (Class A)ラッセル2000構成企業業種 家電 セットトップボックス設立 2002年10月 (21年前) (2002-10)創業者 アンソニー・ウッド本社 アメリカ合衆国ロスガトス製品 Roku: Roku Express Roku...

Laut Panonia pada masa Miosen. Laut Panonia adalah laut dangkal yang terletak di lokasi Cekungan Panonia saat ini. Laut ini pernah ada pada masa Miosen dan Pliosen. Sejarah Laut Panonia awalnya merupakan bagian dari Laut Paratetis, tetapi pengangkatan Pegunungan Karpatia pada masa Miosen mengisolasi laut ini dari laut Paratetis sekitar sepuluh juta tahun yang lalu. Pada tahap sejarah pertamanya, Laut Panonia terhubung dengan Laut Tengah di barat, Laut Paratetis di timur, dan Laut Aegea di sel...

 

Ethnic group in Southern Africa This article includes a list of general references, but it lacks sufficient corresponding inline citations. Please help to improve this article by introducing more precise citations. (July 2018) (Learn how and when to remove this template message) Nama NamaquaA Nama man of Namibia.Regions with significant populations Namibia Botswana South Africa Namibia130,349LanguagesNama, Namibian Black German (rare)ReligionChristianity, African Tradition...

 

1991 Discworld novel by Terry Pratchett Witches Abroad First editionAuthorTerry PratchettCover artistJosh KirbyLanguageEnglishSeriesDiscworld12th novel – 3rd witches storySubjectFairy tales, voodoo and tourismCharacters:Granny Weatherwax, Nanny Ogg, Magrat GarlickLocations:Genua, The Road from Lancre to GenuaGenreFantasyPublisherVictor GollanczPublication date1991ISBN0-575-04980-4Preceded byReaper Man Followed bySmall Gods  Witches Abroad is the twelfth Discworld no...

Sir Pierce LacyBt JP KCSGBornPierce Thomas Lacy(1872-02-16)16 February 1872Edgbaston, Birmingham, EnglandDied25 December 1956(1956-12-25) (aged 84)NationalityBritishOccupationStockbroker Sir Pierce Thomas Lacy, 1st Baronet, JP, KCSG (16 February 1872 – 25 December 1956) was an English stockbroker. Early life and education Lacy was born in Edgbaston, Birmingham, the second of five sons (there were four daughters also) of Wexford-born John Pierce Lacy (1839-1906) of O...

 

Former part of British Rail Regional RailwaysProvincial156438 at Bristol Temple Meads, May 1989.OverviewMain region(s)East Anglia, North West England, North East England, Wales, South West EnglandOther region(s)East Midlands, West Midlands (region), Scotland, MerseysideParent companyBritish RailDates of operation1982–1997SuccessorsCentral Trains, First North Western, Midland Mainline, Arriva Trains Merseyside, Wales & West, Valley Lines Regional Railways was one of the three passeng...

 

Grande synagogue allemande (néerlandaise) de Neve Shalom de Keizerstraat à Paramaribo (1892) Les débuts de l'histoire des Juifs au Suriname remontent au milieu du XVIIe siècle. À cette époque, les Anglais commencent à coloniser cette portion de la côte guyanaise et à en exploiter les potentialités agricoles. Ils font venir à cet effet un grand nombre d’esclaves africains servant de main-d’œuvre et quelques colons européens. Parmi ceux-ci, de nombreux Juifs sépharades, d...

American anthropologist and activist Jeff HalperBorn1946Boston, MassachusettsNationalityAmerican/Israeli (dual nationality)EducationMacalester College (BA); University of Wisconsin–Milwaukee (Ph.D) in AnthropologyOccupation(s)Anthropologist, Director of Israeli NGOKnown forCo-founder and Director of Israeli Committee Against House DemolitionsSpouseShoshana HalperChildrenEfrat, Yishai, YairWebsiteICAHD website Jeff Halper (Hebrew: ג'ף הלפר; born 1946[1]) is an Israeli-Amer...

 

Confine tra l'Argentina e il CileArgentina (in verde) e Cile (in arancio) nella sezione meridionale del Sud AmericaDati generaliStati Argentina Cile Lunghezza5.150 km Dati storiciIstituito nel1819 Attuale dal1998 Manuale Il confine tra l'Argentina e il Cile descrive la linea di demarcazione tra questi due stati. Ha una lunghezza di 5.150 km. Indice 1 Caratteristiche 2 Territori contesi 2.1 Contenziosi in essere 2.1.1 Campo di ghiaccio della Patagonia meridionale 2.1.2 Antartide...

 

Indian streaming service operated by Disney Star Disney+ HotstarScreenshot Type of businessSubsidiaryType of siteOTT platformCountry of origin India Area served India, Indonesia, Malaysia and Thailand (as Disney+ Hotstar) Singapore, Canada and United Kingdom (as Hotstar) United States (via Hulu) OwnerThe Walt Disney CompanyCreated byDisney StreamingPresidentK Madhavan[1]IndustryEntertainment, mass mediaParentThe Walt Disney Company IndiaURLwww.hotstar.comRegistrationRequired...

Zoomorph redirects here. For the toy line, see Zoomorphs. Type of art Fish-shaped door handle from Germany, an example of a zoomorphic artwork The word zoomorphism derives from Ancient Greek: ζωον, romanized: zōon, lit. 'animal' and Ancient Greek: μορφη, romanized: morphē, lit. 'form; shape'. In the context of art, zoomorphism could describe art that imagines humans as non-human animals.[1] It can also be defined as art that portrays on...

 

Diócesis de Trenton Dioecesis Trentonen(sis) (en latín) Escudo de la diócesis Catedral de Santa María de la AsunciónInformación generalIglesia católicaIglesia sui iuris latinaRito romanoSufragánea de arquidiócesis de NewarkFecha de erección 2 de agosto de 1881 (como diócesis)SedeCatedral de Santa María de la AsunciónCiudad TrentonDivisión administrativa estado de Nueva JerseyPaís  Estados UnidosConcatedral de San Roberto Bellarmino (en Freehold)Curia diocesana Chancery Off...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!