SADiLaR

SADiLaR (die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Digitale Taalhulpbronne, South African Centre for Digital Language Resources in Engels), is 'n Departement van Wetenskap en Innovasie-ondersteunde inisiatief om digitale hulpbronne en sagteware te skep en bestuur ten einde navorsing en ontwikkeling van digitale taalhulpbronne in Suid-Afrika te bevorder.[1][2]

Geskiedenis

SADiLaR, wat in 2016 gestig is en by die Noordwes-Universiteit gehuisves word,[3] beoog om 'n hulpbronsentrum te wees wat digitale navorsing in en oor alle amptelike Suid-Afrikaanse tale stimuleer, bevorder, bestuur en versprei.[4] Dit funksioneer beide as gasheer en as 'n spilpunt vir 'n aantal nodusse, insluitend ander universiteite, navorsingsentrums en openbare argiewe.

Samewerkende projekte

SADiLaR werk in samewerking met Wikipedia en die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad aan die SWiP-projek[5] wat in September 2023 by die Universiteit van Suid-Afrika geloods is. SWiP beywer hom vir gelykheid tussen alle inheemse tale en moedig taalgemeenskappe in Suid-Afrika aan om meer sigbaar te word op Wikipedia en inligting in hul eie taal te plaas.[6]

Verwysings

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!