Romulus en Remus

La Lupa Capitolina ("Die Kapitolynse Wolvin"). Volgens tradisionele geleerdes is die wolffiguur Etruskies en dateer dit van die 5de eeu v.C. Die figure van Romulus en Remus is in die 15de eeu n.C. deur die Italiaanse kunstenaar Antonio Pollaiuolo bygevoeg. Onlangse studies toon die wolvin is dalk ’n Middeleeuse werk uit die 13de eeu n.C.[1] Die byvoeging van die twee figure verduidelik die langdurige aard van die mite.
’n Altaar aan Mars (Romulus en Remus se goddelike vader) en Venus (hul goddelike voormoeder) wat elemente van hul mite uitbeeld (Nasionale Museum van Rome).

Romulus en Remus was in die Romeinse mitologie tweelingbroers wie se mite die verhaal vertel van gebeure wat tot die stigting van Rome en van die Romeinse Koninkryk deur Romulus gelei het. Die moord op Remus deur sy broer en ander dele van die verhaal het kunstenaars deur die eeue geïnspireer.

Sedert antieke tye is die tweeling wat aan ’n wolf drink, die simbool van die stad Rome en die Romeinse volk. Hoewel die verhaal voor die stigting van Rome omstreeks 750 v.C. afspeel, is die eerste geskrewe weergawe van die mite sover bekend uit die laat 3de eeu v.C. Daar word steeds gedabatteer oor of die mite ’n oorspronklike deel van die Romeinse mitologie of ’n latere toevoeging is.

Oorsig

Romulus en Remus op ’n silwer-didragme (6,44 g), c. 269–266 v.C.
Die Herder Faustulus Bring Romulus en Remus na Sy Vrou, Nicolas Mignard (1654).

Romulus en Remus is gebore in Alba Longa, ’n antieke Latynse stad naby die sewe heuwels waar die stad Rome later sou ontstaan. Hul moeder, Rhea Silvia, was ’n Vestaalse maagd en die dogter van die voormalige koning Numitor, wat deur sy broer Amulius van die troon gesit en vervang is. In sommige bronne is die tweeling verwek deurdat die god Mars Rhea besoek het. Ander bronne trek hul goddelike afkoms in twyfel. Een beweer selfs Amulius self het hulle verwek toe hy sy broerskind verkrag terwyl hy sy wapentoerusting as vermomming gedra het. Deur hul ma stam die tweeling van die Griekse en Latynse adelstand af.

Koning Amulius het hulle as ’n moontlike bedreiging beskou en opdrag gegee dat hulle vermoor word. Hulle is op die oewer van die Tiberrivier gelos om te sterf. Hulle is gered deur die god Tiberinus, Vader van die Rivier, en het in die sorg van ander oorleef, op die terrein waar Rome nou staan. In die bekendste episode drink die tweeling aan ’n wolvin in ’n grot wat nou as die Lupercal bekend is. Eindelik het ’n herder, Faustulus, hulle aangeneem. Hulle het as skaapwagters grootgeword, onbewus van hul ware identiteit. Mettertyd het hul natuurlike leierseienskappe ’n gevolg ondersteuners uit die gemeenskap gelok.

As jong volwassenes het hulle betrokke geraak by ’n dispuut tussen ondersteuners van Numitor en Amulius. Remus is gevange geneem en na Alba Longa geneem. Beide sy oupa en die koning het vermoed wie hy regtig is. Intussen het Romulus ’n poging van stapel gestuur om sy broer te red en saam met helpers na die stad vertrek. In dié tyd het hulle van hul verlede uitgevind en by hul oupa aangesluit om hom terug te kry op die troon. Amulius is vermoor en Numitor is as koning herstel. Daarna is die tweeling weg om hul eie stad te gaan bou.

Nadat hulle weer op die terrein van die sewe heuwels aangekom het, het hulle verskil oor die heuwel waarop hulle moes bou. Romulus het die Palatynse Heuwel bo die Lupercal verkies en Remus die Aventynse Heuwel. Toe hulle nie tot ’n vergelyk kon kom nie, het hulle besluit om die gode se hulp in te roep in ’n voorteken-wedstryd. Remus het eers 6 gelukkige voëls gesien, maar kort daarna het Romulus 12 gesien en beweer die gode is aan sy kant. Die spanning tussen hulle het toegeneem en eindelik is Remus óf deur Romulus óf deur een van sy ondersteuners doodgemaak. Daarna het Romulus die stad Rome gestig, asook sy instellings, regering, weermag en godsdienstradisies. Hy het jare lank as die eerste koning regeer.

Bronne

Primêre bronne

Die oorsprong van die verskillende elemente in Rome se stigtingsmite is ’n onderwerp waaroor steeds gedebatteer word. Dit kan uit die Romeine se eie inheemse bronne kom, of van Hellenistiese invloede wat later bygevoeg is. Dit is steeds nie duidelik vir akademici van klassieke bronne nie.[2] Hoewel die mite afspeel voor die stigting van Rome omstreeks 750 v.C., is die eerste bekende skriftelike weergawe daarvan uit die laat 3de eeu v.C.[3] Dit is onbekend hoe en wanneer die "volledige" fabel ontstaan het.[4]

Dit is veral onseker of die verhaal van die tweeling oorspronklik deel daarvan was.[4] Bronne weerspreek mekaar gereeld. Dit sluit in die geskiedenisse van Livius, Plutarchus, Dionysius van Halicarnassus en Tacitus, sowel as die werk van Virgilius en Ovidius.[3][5][6]

Moderne bronne

’n Romeinse reliëf van Romulus, Remus en die wolvin.

Moderne geleerdes benader die verskillende bekende stories oor Romulus en Remus as verwerkings en latere vertolkings van Rome se stigtingsmite. Sommige weergawes is deur Romeinse historici voorgehou as gesaghebbend, ’n amptelike geskiedenis waaruit weersprekings en agtelosige feite verwyder is om ontwikkelings, stamboeke en optredes van dié tyd te regverdig. Ander vertellings verteenwoordig gewilde of volkstradisies.

Die drie weergawes deur Livius, Dionysius en Plutarchus verskaf die breë letterkundige basis vir studies oor die mite. Hulle het baie in gemeen, maar verskil ook. Romeinse historici en tradisies gee Romulus die eer vir die meeste Romeinse instellings. Hy het glo die weermag, regstelsel, godsdiens en regering, ens. daargestel.[7] Sulke ontwikkelings sou egter oor ’n aansienlike tyd versprei moes gewees het. Sommige instellings is baie ouer en ander baie nuwer.

Vir moderne geleerdes bly dit een van die moeilikste en ingewikkeldste stigtingsmites, veral wat betref Remus se dood. Antieke historici het geen twyfel gehad dat die stad se naam van Romulus s’n kom nie. Die meeste moderne historici glo sy naam is agterna van Rome teruggelei; die grondslag vir Remus se naam en rol bly spekulatief. Moontlike historiese basisse vir die mitologiese verhaal in die breë is steeds onduidelik en die onderwerp van meningsverskille.

Die beeld van die tweeling met hul goddelike vader wat aan ’n wolvin drink, het die ikoniese verteenwoordiging van die stad en sy stigting geword, en laat Romulus en Remus uitstaan onder die kinders van die antieke mitologie wat deur diere grootgemaak is. Hoewel die debat voortduur, is daar min moderne bewyse vir Rome se stigtingsmite, insluitende ’n historiese Romulus of Remus.[8]

Verwysings

  1. Adriano La Regina, "La lupa del Campidoglio è medievale la prova è nel test al carbonio Geargiveer 3 Mei 2017 op Wayback Machine". La Repubblica. 9 Julie 2008
  2. Tennant, p. 81
  3. 3,0 3,1 Dionysius, vol 1 p. 72
  4. 4,0 4,1 Tennant
  5. Dionysius, vol. II p. 76
  6. Plutarchus, Lewens
  7. Rodriguez Mayorgas p.93
  8. Rodriguez Mayorgas p.91

Bibliografie

Read other articles:

This article contains content that is written like an advertisement. Please help improve it by removing promotional content and inappropriate external links, and by adding encyclopedic content written from a neutral point of view. (October 2021) (Learn how and when to remove this template message) Samm HenshawBackground informationBirth nameIniabasi Samuel Henshaw[1]Also known asSamm HenshawBorn (1994-02-22) 22 February 1994 (age 29)London, EnglandGenres Soul R&B[2] p...

 

Map of diplomatic missions in Papua New Guinea Politics of Papua New Guinea The Crown Monarch Charles III Governor-General Bob Dadae Executive Cabinet Prime Minister James Marape Legislature National Parliament Speaker: Job Pomat Political parties Elections Recent elections General: 201220172022 Judiciary National Court Supreme Court Administrative divisions Administrative divisions Regions Provinces Districts Local-level governments Foreign relations Department of Foreign Affairs and Trade M...

 

هذه المقالة تحتاج للمزيد من الوصلات للمقالات الأخرى للمساعدة في ترابط مقالات الموسوعة. فضلًا ساعد في تحسين هذه المقالة بإضافة وصلات إلى المقالات المتعلقة بها الموجودة في النص الحالي. (مارس 2023) هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إ...

У Вікіпедії є статті про інших людей із прізвищем Мориквас. Ірина Мориквас Народження 18 травня 1985(1985-05-18) (38 років)м. ЛьвівНаціональність українкаКраїна  УкраїнаНавчання Львівський національний університет імені Івана Франка, Український католицький університетДіял...

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: The Brave Archer 3 – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (May 2019) (Learn how and when to remove this template message) 1981 Hong Kong filmThe Brave Archer 3Theatrical posterChinese nameTraditional Chinese射鵰英雄傳第三集Simplified Chinese...

 

Falconiformes Falco berigora Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Animalia Filum: Chordata Kelas: Aves Ordo: FalconiformesSharpe, 1874 Families Accipitridae Pandionidae Falconidae Sagittariidae Ordo Falconiformes adalah grup dari sekitar 290 spesies burung yang termasuk burung pemakan bangkai diurnal. Klasifikasi raptor sulit dan ordo ini ditangani dengan berbagai cara. Pranala luar http://www.eeb.cornell.edu/winkler/botw/falconiformes.html Diarsipkan 2007-06-30 di Wayback Machine. Pengidentifikasi t...

Untuk tempat lain yang bernama sama, lihat Tamanrejo. TamanredjoResor and kotaDirector's house in Sorgvliet.Peta yang menunjukkan resor di Distrik Commewijne.  TamanredjoKoordinat: 5°46′54″N 55°1′10″W / 5.78167°N 55.01944°W / 5.78167; -55.01944Koordinat: 5°46′54″N 55°1′10″W / 5.78167°N 55.01944°W / 5.78167; -55.01944Negara SurinameDistrikDistrik CommewijneLuas • Total512 km2 (198 sq...

 

American mixed martial artist (born 1996) Sage NorthcuttBornSage Northcutt (1996-03-01) March 1, 1996 (age 27)NicknameSuperResidenceSacramento, California, United StatesNationalityAmericanHeight6 ft 0 in (1.83 m)Weight169 lb (77 kg; 12 st 1 lb)DivisionLightweight (2015–2018)[a]Welterweight (2014–2018; 2023-present)[b]Middleweight (2019–present)[c]Reach71.5 in (182 cm)[1]Fighting out ofSacramento, Californi...

 

Former US newspaper (1821–1977) Long Island Daily Pressphoto of first Long Island Daily Press newspaperTypeDaily newspaperOwner(s)Advance Publications (1932-1977)Founder(s)Henry C. SleightFounded1821; 202 years ago (1821)LanguageEnglishCityJamaica, Queens, New YorkCountryUnited StatesMedia of the United StatesList of newspapers photo of first Long Island Farmer newspaper The Long Island Daily Press was a daily newspaper that was published in Jamaica, Queens. It was founded...

أولاد عبا تقسيم إداري البلد المغرب  الجهة مراكش آسفي الإقليم آسفي الدائرة كزولة الجماعة القروية نكا المشيخة الكرعان السكان التعداد السكاني 449 نسمة (إحصاء 2004)   • عدد الأسر 68 معلومات أخرى التوقيت ت ع م±00:00 (توقيت قياسي)[1]،  وت ع م+01:00 (توقيت صيفي)[1]  تعديل مصدر...

 

Artikel ini membutuhkan rujukan tambahan agar kualitasnya dapat dipastikan. Mohon bantu kami mengembangkan artikel ini dengan cara menambahkan rujukan ke sumber tepercaya. Pernyataan tak bersumber bisa saja dipertentangkan dan dihapus.Cari sumber: Krisis HKBP 1992-1998 – berita · surat kabar · buku · cendekiawan · JSTOR (Juli 2021) Krisis HKBP 1992-1998Bagian dari Sejarah HKBPTanggal1992–1998 (6 tahun)LokasiSumatera UtaraSebabDualisme kepemimpinan HK...

 

For the provincial electoral district, see Saskatoon Riversdale. Saskatoon Neighborhood in Saskatchewan, CanadaRiversdaleSaskatoon NeighborhoodRoxy TheatreRiversdale location mapCoordinates: 52°07′31″N 106°40′43″W / 52.12528°N 106.67861°W / 52.12528; -106.67861CountryCanadaProvinceSaskatchewanCitySaskatoonSuburban Development AreaCore NeighbourhoodsNeighbourhoodRiversdaleSettled1890 (as Richville)Incorporated (village)1905 (as Riversdale)Incorporated (city)...

Este artigo não cita fontes confiáveis. Ajude a inserir referências. Conteúdo não verificável pode ser removido.—Encontre fontes: ABW  • CAPES  • Google (N • L • A) (Junho de 2016) O brasão de armas da monarquia na Grécia. A linha de sucessão ao trono da Grécia segue uma política de preferência dos herdeiros do sexo masculino. O que significa que uma princesa perde a sua posição na linhagem, após o nascimento de um...

 

Map of the United States with Alaska highlighted Alaska is a state of the United States in the northwest extremity of the North American continent. According to the 2020 United States Census, Alaska is the 3rd least populous state with 733,391 inhabitants[1] but is the largest by land area spanning 570,640.95 square miles (1,477,953.3 km2).[2] Alaska is divided administratively into 19 organized boroughs and one Unorganized Borough (which is divided into 11 non-administra...

 

Pahlawan Kembar Maya Pahlawan Kembar Maya adalah tokoh utama dalam kisah yang diceritakan di dalam Popol Vuh dari Kerajaan K'iche'. Mereka disebut Hunahpu dan Xbalanque dalam bahasa K’iche’. Dua saudara kembar ini juga telah ditemukan dalam karya seni dari zaman Klasik (200–900 M). Mereka digambarkan sebagai kekuatan yang saling melengkapi, seperti kehidupan dan kematian, langit dan bumi, hari dan malam, matahari dan bulan, dan lain-lain. Bacaan lanjut Coe, Michael D. (1989). The Hero T...

Thai hot pot Thai suki of MK Restaurant in Bangkok, Thailand Thai hot pot preparation Thai suki as street food in Nakhon Ratchasima Thai suki, known simply as suki (Thai: สุกี้, pronounced [sū.kîː]) in Thailand, is a Thai variant of hot pot,[1] a communal dish where diners dip meat, seafood, noodles, dumplings and vegetables into a pot of broth cooking at the table and dip it into a spicy sukiyaki sauce before eating. Despite the name, the dish only barely resembl...

 

Lake County ExaminerFront page December 20, 1900TypeWeekly newspaperOwner(s)Adams Publishing GroupFounder(s) Stephen Moss C. A. Cogswell Founded1880 (1880)LanguageEnglishHeadquartersLakeview, OregonCirculation1,811 (as of 2021)[1]Websitelakecountyexam.com The Lake County Examiner is a weekly newspaper published in Lakeview, Oregon, United States. It was founded in 1880 by Stephen P. Moss and Charles A. Cogswell. Over the years, the paper has had a number of publishers. Today,...

 

نطاق المستوى الأعلىمعلومات عامةصنف فرعي من نطاق إنترنت جزء من نظام أسماء النطاقات القيمة التقريبية .test[1].example[1].invalid[1] تعديل - تعديل مصدري - تعديل ويكي بيانات نطاق المستوى الأعلى أو النطاقات العلوية (TLD) هو أحد أعلى المستويات في نظام اسم النطاق الهرمي للإنترنت.[...

Maria RessaRessa pada 6 Juli, 2011LahirMaria Angelita Ressa2 Oktober 1963 (umur 60)Manila, FilipinaWarga negaraA.S.[1][2]Filipina[3]PendidikanUniversitas Princeton (B.A.)University of the Philippines DilimanPekerjaanJurnalis, penulisDikenal atasSalah satu pendiri RapplerSitus webRapplermariaressa.com Maria Angelita Ressa (lahir 2 Oktober 1963) asalah seorang jurnalis, dan penulis berdarah Filipina-Amerika, ia dikenal sebagai salah satu pendiri dari Rappler dan sek...

 

Election in Oregon Main article: 1880 United States presidential election 1880 United States presidential election in Oregon ← 1876 November 2, 1880 1884 →   Nominee James A. Garfield Winfield S. Hancock Party Republican Democratic Home state Ohio Pennsylvania Running mate Chester A. Arthur William H. English Electoral vote 3 0 Popular vote 20,619 19,955 Percentage 50.51% 48.88% County Results Garfield   40-50%   50-60%  ...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!