Pous Markianus (Grieks: Μαρκιανός) was die agtste pous en patriarg van Alexandrië, hy het regeer vanaf 141 n.C. tot 152 n.C.
Markianus is in Alexandrië, Egipte, gebore en hy was die dekaan van die Kategetiese Skool van Alexandrië, voordat hy aangestel is as patriarg in die maand Hathor in die jaar 141 n.C. tydens die bewind van die keiser Antoninus Pius.
Hy sterf op die 6de van Tobi (1 Januarie), in die jaar 152 n.C.[1]