Die Noord-Europese Vlakte (Duits: Norddeutsches Tiefland – Noord-Duitse Vlakte; Mitteleuropäische Tiefebene; Pools: Nizina Środkowoeuropejska – Sentraal-Europese Vlakte; Deens: Nordeuropæiske Lavland en Nederlands: Noord-Europese Laagvlakte ; Frans : Plaine d'Europe du Nord) is 'n geomorfologiesestreek in Europa wat die heel of dele van België, die Nederland (d.w.s. die Lae Lande), Duitsland, Denemarke, en Pole dek.
Hoogtes wissel tussen 0 en 200 m. Alhoewel dit meestal as landbougrond gebruik word, bevat die streek ook vleigronde, heide en mere. Die Waddesee, 'n groot gety gebied, is geleë aan die Noordsee kus.