New General Catalogue of Nebulae and Clusters of Stars
Die New General Catalogue of Nebulae and Clusters of Stars (afgekort as NGC) is ’n bekende sterrekunde-katalogus van diepruimtevoorwerpe wat in 1888 deur John Louis Emil Dreyer opgestel is[1] as ’n nuwe weergawe van John Herschel se Catalogue of Nebulae and Clusters of Stars.
Inhoud
Die NGC bevat 7 840 voorwerpe, bekend as NGC-voorwerpe. Dit is een van die mees omvattende katalogusse omdat dit alle soorte diepruimtevoorwerpe insluit en nie net een soort soos byvoorbeeld sterrestelsels nie. Dreyer het twee byvoegsels tot die NGC gepubliseer bekend as die Index Catalogues (afgekort as IC). Die eerste een (1895) bevat 1 520 voorwerpe[2] en die tweede een (1908) 3 866 voorwerpe.[3] Dit is ’n totaal van 5 386 IC-voorwerpe.
Daar was baie foute in die NGC, maar ’n ernstige poging om die meeste daarvan uit te skakel, is in 1993 deur die NGC/IC Project begin[4] ná minder geslaagde pogings deur Sulentic en Tifft met hul Revised New General Catalogue (RNGC) in 1973[5] en Sinnott met sy NGC2000.0 in 1988.[6][7]
Die Revised New General Catalogue and Index Catalogue (RNGC/IC) is in 2009 deur Wolfgang Steinicke gepubliseer.[8] Dit word beskou as een van die mees omvattende en gesaghebbende weergawes van die NGC en IC.[9][10]
↑Erdmann, R. E. (2010). "The NGC/IC Project" (in Engels). The NGC/IC Project. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Oktober 2019. Besoek op 22 April 2012.
↑Sulentic, J. W.; Tifft, W. G. (1973). The Revised New Catalogue of Nonstellar Astronomical Objects. University of Arizona Press. ISBN978-0-8165-0421-3.
↑Sinnott, R. W. (1988). NGC 2000.0: The Complete New General Catalogue and Index Catalogues of Nebulae and Star Clusters. Sky Publishing. ISBN978-0-933346-51-2.
↑Duerbeck, H. W. (2009). "Book Review: Nebel und Sternhaufen – Geschichte ihrer Entdeckung Beobachtung und Katalogisierung (Steinicke)". Journal of Astronomical History and Heritage. 12 (3): 255. Bibcode:2009JAHH...12..255D.
↑Duerbeck, H. W. (2011). "Observing and Cataloguing Nebulae and Star Clusters. From Herschel to Dreyer's New General Catalogue (Steinicke)". Journal of Astronomical History and Heritage. 14 (1): 78. Bibcode:2011JAHH...14Q..78D.