Metafiksie is 'n vorm van literêre werk, wat sy eie struktuursvorm of -aard benadruk op 'n wyse wat die leser aanhoudend daaraan herinner dat hulle 'n fiksionele werk lees of besigtig.
Metafiksie is o.a. selfbewus van taal, literêre vorm, verhaal en diskoers, en hou die aandag deurentyd, op direkte of indirekte wyse, op spesifieke aspekte [1]. Metafiksie word gereeld gebruik as 'n vorm van parodie, of 'n gereedskapstuk ten einde literêre gebruike of konvensies te ondermyn en die verhouding te ondersoek tussen die literatuur en realiteit, die lewe, en die kuns.[2]
Alhoewel metafiksie dikwels geassosieer word met postmodernistiese literatuur, kan die gebruik daarvan teruggetrek word na veel vroeër werke van fiksie soos Geoffrey Chaucer se Canterbury Tales (1387), Miguel de Cervantes se Don Quijote, (1605), William Shakespeare se Perokles, Prins van Tyre (c.1608), Laurence Stern se The Life and Opinions of Tristram Shandy, Gentleman (1759), en William Makepeace Thackeray se Vanity Fair (1847).
Meer onlangse werke in die vorm sluit in J.R.R. Tolkien se Lord of the rings (1954-1955), of Douglas Adams se The Hitchiker's Guide to the Galaxy (1979). Nietemin het metafiksie baie prominent geword in die 1960's, met skrywers en werke soos John Barth se Lost in the Funhouse, Robert Coover se The Babysitter en The Magic Poker, Kurt Vonnegut se Slaughterhouse-Five,[3] John Fowles se The French Lieutenant's Woman, Thomas Pynchon se The Crying of Lot 49 en laastens William H. Gass se Willie Master's Lonesome Wife.
Verwysings
- ↑ Waugh, Patricia (1984). Metafiction – The Theory and Practice of Self-Conscious Fiction. London, New York: Routledge. bl. 2.
- ↑ Imhof, Rüdiger (1986). Contemporary Metafiction – A Poetological Study of Metafiction in English since 1939. Heidelberg: Carl Winter Universitätsverlag. bl. 9.
- ↑ Jensen, Mikkel (2016) "Janus-Headed Postmodernism: The Opening Lines of Slaughterhouse-Five" in The Explicator, 74:1, 8-11.