'n Mausoleum is 'n vrystaande gebou wat as 'n monument vir die oorskot (die liggaam of as) van 'n oorledene opgerig is. Sulke geboue word meestal vir heersers of ander belangrike persone as 'n eregraf of 'n tipe praalgraf gebou. Christelike mausoleums beskik ook soms oor 'n kapel.