Hy het saam met Pieter Zeeman die Nobelprys ontvang vir hul navorsing oor die invloed van magnetisme op spektrale lyne: die Zeeman-effek. Lorentz het hoofsaaklik teoretiese navorsing gedoen oor die elektromagnetiese eienskappe van materie: sy elektronteorie. Hy het veronderstel dat die grootte van voorwerpe deur hul spoed (die Lorentz-sametrekking) sowel as hul massa beïnvloed word. Hy het ook aangeneem dat die spoed van lig die hoogste moontlike spoed is. Sodoende het hy die grondslag gelê vir Albert Einstein se spesiale relatiwiteitsteorie. Lorentz was die doyen van fisici in sy tyd: Einstein het na hom opgekyk. Die Lorentz-krag op 'n stroomdraende draad of geleier in 'n magneetveld is na hom vernoem, asook die Lorentz-transformasie uit spesiale relatiwiteit, die Lorentz-Lorenz-vergelyking vir die brekingsindeks en die Lorentz-verspreiding in statistiek.
Verwysings
↑(en) de Haas-Lorentz, G.L., ed.: H.A. Lorentz. Impressions of his life and work, North-Holland Pub. Co., Amsterdam 1957
↑Kox, A.J.: Hendrik Antoon Lorentz. Een levend kunstwerk, natuurkundige 1853-1928, uitgeverij Balans, Amsterdam 2019 (ISBN 9789463820677, 316 pagina's.)
↑Berends, Frits en van Delft, Dirk: Lorentz: gevierd fysicus, geboren verzoener, Prometheus, Amsterdam 2019 (ISBN 9789044642667, 725 pagina's.)