Hồ Chí Minh (Nghệ An, 19 Mei 1890 - Hanoi, 2 September 1969) gebore as Nguyễn Sinh Cung en ook bekend as Nguyễn Tất Thành en Nguyễn Ái Quốc, was 'n Viëtnamese kommunistiese rewolusionêre leier. Hy het as die premier (1945-1955) en president (1945-1969) van die Demokratiese Republiek van Viëtnam (Noord-Viëtnam) gedien. Hy het 'n sleutelrol in die stigting van die Demokratiese Republiek van Viëtnam in 1945 gespeel, asook in die stigting van die Volksleër van Viëtnam (PAVN) en die Viëtkong (NLF of VC) tydens die Viëtnamoorlog.
Hy lei die onafhanklikheidsbeweging Viet Minh vanaf 1941, stig die kommunistiese Demokratiese Republiek van Viëtnam in 1945 en verslaan die Franse Unie in 1954 tydens die Slag van Điện Biên Phủ. Hy dra sy mag in 1955 weens gesondheidsprobleme oor, maar bly tot sy dood 'n sigbare boegbeeld en bron van inspirasie vir die Viëtnamese wat vir 'n verenigde, kommunistiese Viëtnam veg. Na die oorlog is Saigon, die hoofstad van Suid-Viëtnam, na Ho Chi Minh-stad hernoem.