Geldsoorte van die Kaapkolonie

Die Kaapkolonie is om handelsredes gevestig … en 'n handelssentrum het geld nodig.

Die muntgeskiedenis van die Kaapkolonie bevat drie periodes. Die eerste, die Nederlandse koloniale periode loop vanaf 1652 tot die begin van die tweede Britse besetting (1806). Gedurende hierdie periode gebruik die Kaap dieselfde geldsisteem as Nederland en sy kolonies. Die tweede periode loop van die begin van die tweede Britse besetting (1806) tot die herroeping van die rijksdaalder notas in 1824. Gedurende hierdie periode gebruik die Kaap beide die Nederlandse geldsisteem en die Britse geldsisteem. Die derde periode is die Britse koloniale periode wat vanaf 1824 geloop het totdat Suid Afrika sy eie munte in 1923 gekry het. Gedurende die begin van hierdie periode is die ou Nederlandse geld herroep en die Kaap het Britse geld gebruik.

Nederlandse kolonie

Geldreken in 17de en
18de eeu Nederland
16 penning = 1 stuiwer
20 stuiwer = 1 gulden

In 1652 is die Nederlandse Kaapkolonie deur Jan van Riebeeck gestig. Tydens die VOC se dae is gulden, stuiwer en pennings deur boekhouers in Amsterdam gebruik. Daar was 16 pennings in een stuiwer en 20 stuiwers in een gulden.[1]:vi Die gulden was ongeveer twee Engelse sjielings (R 0,20) werd.[2]:252 Hierdie wisselkoers het tot 1967 geduur. Daar was geen een-tot-een ooreenkoms tussen rekenkunde en munte nie en ook was daar geen penning munte nie: die kleinste munt is die doit (vier pennings). In 1694 is die muntsisteem oor die sewe provinsies gestandaardisser. Van daardie datum af, is die munte uit elke provinsie dieselfde behalwe die wapen van die provinsie maar nogtans is die wisselkoers tussen goud en silwer munte nie vasgestel nie; hulle het gewissel in ooreenstemming met die relatiewe prys van goud en silwer. Verdere verordeninge is deur die Nederlandse staatsgeneraal is in 1710, 1720 en 1730 gepubliseer om die verslag van munte in die sewe provinsies te reguleer.

Lys van Nederlandse munte tydens die 17de en 18de eeu
Munt Metaal Waarde
(stuiwer)[2]
Gewig
(g)[2]
Goue rijder[Nota 1] goud 280 10,00
Goue dukaat[Nota 1] goud 100 3,51
Riksdaalder[Nota 1] silwer 52 29,03
Leeuendaalder[Nota 1] silwer 42 27,68
Daalder silwer 30 20,68
Florijn silwer 28 17,3
Silwer Dukaat silwer 50 28,25
Silwer Rijder silwer 63 32,78
Drie Gulden silwer 60 31,68
Gulden silwer 20 10,61
Schelling silwer 6 4,95
Doit koper 18 in Nederland
14 in Oost Indies
2,0

Notas

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Waarde het gewissel. Die hoogste waarde is hier bewys. Die laagste silwer munte se waarde was tot 10% laer en die laagste goud munte se waarde was tot 30% laer.

Tydens die laaste helfte van die agtiende eeu is min silwermunte deur die verskillende Nederlandse provinsies geslaan, maar heelwat silwermunte is in die Spaanse kolonies in Amerika geslaan. Hierdie munte, veral die agt-real-munt of Spaanse peso word dwarsdeur die wêreld gebruik. Aangesien baie vreemde skepe saam met die Nederlandse skepe verversings by die Kaap gekry het, kom sulke munte in die Kaap in sirkulasie.

Die verskillende provinsies het ook munte namens die VOC geslaan. Hierdie munte, wat bedoel is vir gebruik in die Nederlands Oos-Indië is met die letters "VOC" gestempel. Al is die VOC doit dieselfde grootte as the Nederlandse doit, is daar slegs vier doite in een stuiwer in die Nederlands Oos-Indië in plaas van agt doite in die stuiwer in Europa. Hierdie verskil is geregverdig deur die vervoerkoste van die muntstukke tussen Nederland en die Verre-Ooste.[2]:153

17de en 18de eeue silwermunte uit Nederland en die Nederlandse Indies
Voorkant van verskeie silwer munter – halwe gulden (bo links), ses stuiwer (bo regs), dukaat (senter), kwart gulden (onder links) en gulden (onder regs).
Voorkant van verskeie silwer munter – halwe gulden (bo links), ses stuiwer (bo regs), dukaat (senter), kwart gulden (onder links) en gulden (onder regs).
Voorkant van verskeie silwer munter – halwe gulden (bo links), ses stuiwer (bo regs), dukaat (senter), kwart gulden (onder links) en gulden (onder regs).  
Agterkant van verskeie silwer munter – halwe gulden (bo links), ses stuiwer (bo regs), dukaat (senter), kwart gulden (onder links) en gulden (onder regs).
Agterkant van verskeie silwer munter – halwe gulden (bo links), ses stuiwer (bo regs), dukaat (senter), kwart gulden (onder links) en gulden (onder regs).
Agterkant van verskeie silwer munter – halwe gulden (bo links), ses stuiwer (bo regs), dukaat (senter), kwart gulden (onder links) en gulden (onder regs).  

In 1782 het die VOC hul laaste dividend betaal en hulle het ook papiergeld (die Ryksdaalder) gedruk. Hierdie papiergeld is teen die VoC se kapitaal gewaarborg.[3]:104,108

Tweede Britse besetting

Oorgestempelde Spaanse dollar

Op 6 en 7 Januarie 1806 het die Britse magte onder die bevel van Luitenant Generaal sir David Baird die Kaapkolonie by Melkbosstrand ingeval en op 10 Januarie 1806 is Kaapstad aan die Britte oorhanding. Volgens die Articulen van Capitulatie bly papiergeld in sirkulasie. Die staatseiendom is aan die Britte oorhanding en word die waarborg vir die papiergeld.[4] As gevolg van skepe van verskeie lande wat in Kaapstad verversings gekoop het, is verskeie geldsoorte in sirkulasie. Dus het Baird 'n proklomasie gemaak om the waarde van verskeie munte in die kolonie te vas te stel. Invoer en uitvoer van goud en silwer munte met 'n bedrag hoër as tien Britse pond was ook verbode.

Munt Skillings Stuivers Sterling Metaal gewig
Ghienie (guinea) 44 264 £1.2.0 goud 8.35 g[5]
Doubloons (16 Spaanse dollars) 160 960 £4.0.0 goud 27.1 g[6]
Johanna (8 Spaanse dollars) 80 480 £2 goud 28,7 g[7]
Sequin uit Venesie 19 114 9s 6d
Dukaat [rijksdaalder] 19 114 9s 6d silwer 27,9 g[8]:121
Goue mohur (15 rupees) £1.17.6 goud 11,66 g[9]
Pagoda 16 96 8s 0d goud
Spaanse dollar (of piece of eight) 10 60 5s silwer 27.1 g[10]
Roepee 5 30 2s 6d silwer 11,66 g[11]
Engelse sjieling 2 12 1s silwer
Koper munt (Doit?) 2 2d koper

Met die Kongres van Wene (1815) word die Kaap 'n Britse kolonie.

Britse kolonie

Britse geldreken
voór 1971
12 pennies 1 sjieling
20 sjieling 1 pond
Pond of sovereign van George IV (1828)
Twee sjieling munt van Victoria (1849). Die letters "D.G." (Deo Gloria) verskyn nie op hierdie munt nie, dus word dit as die "Godless florin" bekend.
Teken munte vervaardig vanaf 1874 deur Strachan & co vir gebruik in Griekwaland-Oos[12]

Tussen 1758 en 1816 is min munte in die Verenige Koninkryk geslaan. In sommige jare is Spaanse agt real munte oorgestempel met die Britse waarde. In 1816 is die muntsisteem hervorm, die ghienie (wie se waarde met die goudprys gewissel het) is deur 'n goue pond (of sovereign) vervang met 'n vaste waarde van 20 sjielings. Nuwe silwer munte is geslaan en dwarsdeur die Britse ryk versprei.[13]



Die Britse munte in omloop vanaf 1824 is

Munt Metaal gewig
Sovereign goud 7,98 g
Halwe sovereign goud 3,99 g
vyf sjielings (of kroon) silwer 28,3 g
halfkroon silwer 14,14 g
floryn (2/-)(vanaf 1849) silwer 11,31 g
sjieling silwer 5,66 g
ses pennies silwer 2,83 g
drie pennies (tickie) silwer 1,41 g
een pennie koper 18,8 g (tot 1859)
9,4 g (vanaf 1860)
halwe pennie koper 9,4 g (tot 1859)
5,67 g (vanaf 1860)
kwart pennie of oort koper 4,7 g (tot 1859)
2,9 g (vanaf 1860)

In 1849 is die twee sjieling munt vir die eerste maal gestempel. Tussen 1892 en 1900 is hierdie muntsisteem deur die Zuid-Afrikaansche Republiek gebruik en tussen 1923 en 1961 is dit deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank gebruik. Al gebruik die Kaap Britse munte gedurende hierdie periode, kry die drie pennie munt sy eie Suid-Afrikaanse naam – die "'tiekie". Die woord "tiekie" kom van die Maleis woord "tiga" of "drie".[14]

Toe die Kaapkolonie in 1806 deur die Britte oorgeneem is, is die papiergeld in omgang deur die Kaapse bates van die Bataviese regering gewaarborg. Vanaf 1824 begin die Britse regering om die Spaanse munte deur die hele Britse Ryk met Britse munte te vervang. In die Kaap geld dit ook vir rixdaalers. Tussen 1806 en 1824 het die waarde van die Bataviese waarborg gedaal en in 1825 is die rixdaaler net 1/6 (R0,15) werd in plaas van die vier sjilings (R0,40) in 1806.[3]:158-9

In 1815 is die eerste Suid-Afrikaanse munte gestempel – Rev John Campbell, 'n Skotse sendeling het die munt van tekenmunte gereel vir gebruik in Griekwastad. Die waarde van hierdie munte was 14 pennie, 12 pennie, 5 pennies en 10 pennies. In latere jare het verskeie mense ook tekens gestempel.[14]:18,19 Die mees bekende van hierdie tekens is die tekens van Strachan en kie wat gestempel is vir gebruik in Starchan en kie se winkels in Griekwaland-Oos.[12] (LW - Vanaf 1879 is Griqualand-Oos 'n gedeelte van die Kaap Kolonie).

Bibliografie

  • Pretorius, Fransjohan: Munte in omloop in die Kaap in die VOC se tyd. Terugblik. In: Die Burger, 3 Januarie 2024

Verwysings

  1. Krzesinki-de Widt, Annemarie (2002). Die Boedelinventarisse van erflaters in die Distrik Stellenbosch: 1679–1806 (PDF). Stellenbosch: Stellenbosch Museum.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (nl) van Gelder, Enno (1970). De Nederlandse Munten. Utrecht/Antwerpen: Het Spectrum.
  3. 3,0 3,1 (en) Hofmeyr, J.H. (1936). Newton, A.P.; Benians, E.A.; Walker, E.A. (reds.). The Cambridge History of the British Empire, Volume VIII. Cambridge Univeristy Press.
  4. Soos in die Kaapsche Courant van 11 Januarie 1806 gepubliseer
  5. "Guinea" (in Engels). Llantrisant, Wales: Royal Mint. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.
  6. "Spanish Gold: Introduction" (in Engels). Notre Dame, Indiana: Department of Special Collections, University of Notre Dame. 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Augustus 2018.
  7. "Brazil 12800 Reis KM# 139 1727–1733" (in Engels). Numismatic Guaranty Corporation. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2016.
  8. (nl) van Beek, Bert; Jacobi, Hans; Scharloo, Marjan (1984). Geld dor die eeuwen heen – Geschiedenis van het geld in de Lage Landen. Amsterdam: Pampus Associates. ISBN 90-9000677-X.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. "India-British Mohur KM# 496 1877–1891" (in Engels). Numismatic Guaranty Corporation. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2016.
  10. "Mexico 8 Reales KM# 109 1791–1808/7" (in Engels). Numismatic Guaranty Corporation. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2014. Besoek op 23 Mei 2016.
  11. "India-British Rupee KM# 450.3 1835" (in Engels). Numismatic Guaranty Corporation. 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Julie 2016.
  12. 12,0 12,1 Balson, Scott. "The Strachan and Co coins, South Africa's equivalent of the Widow's Mite?" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2016.
  13. (en) Seaby, Peter. Seaby's Standard Catalogue 1972 – British Coins. Londen: Seaby's Numismatic Publications Ltd.
  14. 14,0 14,1 (en) Rosenthal, Eric (1967). From Barter to Barclays. Johannesburg: Barclays Bank DCO. p. 14.

Read other articles:

Pahala Nugraha MansuryWakil Menteri Luar Negeri Indonesia ke-8PetahanaMulai menjabat 17 Juli 2023PresidenJoko WidodoMenteriRetno MarsudiPendahuluMahendra SiregarWakil Menteri Badan Usaha Milik Negara Indonesia ke-3Masa jabatan23 Desember 2020 – 17 Juli 2023Menjabat bersama Kartika WirjoatmodjoPresidenJoko WidodoMenteriErick ThohirPendahuluBudi Gunadi SadikinPenggantiRosan RoeslaniDirektur Utama Bank Tabungan NegaraMasa jabatan27 November 2019 – 23 Des...

 

The Platinum Collection Бокс-сетВиконавець QueenДата випуску 13 листопада 2000Записаний 1973–1999Жанр рокТривалість 208:12Мова англійськаЛейбл HollywoodParlophoneХронологія Queen Попередній Greatest Hits III(1999) Stone Cold Classics(2006) Наступний «The Platinum Collection: Greatest Hits I, II & III» — бокс-сет британського рок-гурту «Queen...

 

Susie EssmanEssman di pertunjukan perdana Whatever Works di Festival Film TribecaNama lahirSusan EssmanLahir31 Mei 1955 (umur 68)New York, New York, Amerika SerikatMediaFilm, televisi, stand-up comedyKebangsaanAmerika SerikatTahun aktif1988-sekarangSuami/istriJim Harder (2008-sekarang)Situs websusieessman.com Susan Susie Essman (lahir 31 Mei 1955) adalah seorang pelawak tunggal, aktris, penulis, produser televisi, dan pengisi suara film kartun. Ia dikenal dengan perannya sebagai Susie Gr...

هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (يونيو 2019) بيير أنطوان فرانسوا هوبر (بالفرنسية: Pierre Antoine François Huber)‏    معلومات شخصية الميلاد 20 ديسمبر 1775  زانكت فندل  الوفاة 26 أبريل 1832 (56 سنة)   باريس  مواط...

 

Cet article est une ébauche concernant une compétition de handball et l’Amérique. Vous pouvez partager vos connaissances en l’améliorant (comment ?) selon les recommandations des projets correspondants. Cet article traite du Championnat panaméricain masculin de handball. Pour la compétition féminine, voir Championnat panaméricain féminin de handball. Championnat panaméricainmasculin de handball Généralités Sport Handball Création 1979 Disparition 2018 Organisateur(s) F...

 

Plucked instruments PsalterionWoman playing triangular frame-harp, a psaltērion or trigōnon, in red-figure pottery from Apulia, ca. 320–310 BC C. Anzi (British Museum).String instrumentOther names Psalterion[1] (ψαλτήριον) trigonos(of Phrygia, Syria, or Egypt[2][3] pektis (an angular harp of Lydia),[4] magadis (an angular harp of Lydia),[5] sambuca (an angular harp of foreign origin),[6] epigonion (ἐπιγόνειον) Classificat...

Bagian dari seri tentangGereja KatolikBasilika Santo Petrus, Kota Vatikan Ikhtisar Paus (Fransiskus) Hierarki Sejarah (Lini Masa) Teologi Liturgi Sakramen Maria Latar Belakang Yesus Penyaliban Kebangkitan Kenaikan Gereja Perdana Petrus Paulus Bapa-Bapa Gereja Sejarah Gereja Katolik Sejarah Lembaga Kepausan Konsili Ekumene Magisterium Empat Ciri Gereja Satu Gereja Sejati Suksesi Apostolik Organisasi Takhta Suci Kuria Romawi Dewan Kardinal Konsili Ekumene Lembaga Keuskupan Gereja Latin Gereja-G...

 

Герберт Кітченерангл. Herbert Kitchener Ім'я при народженні англ. Horatio Herbert KitchenerНародження 24 червня 1850(1850-06-24)[1][2][…]Ballylongfordd, Керрі[4]Смерть 5 червня 1916(1916-06-05)[1][2][…] (65 років)Північне морезагиблий у боюПоховання  :  Країна  Сполучене КоролівствоОсвіта Кор...

 

Retrato de Luis de la Puente. Estampa anónima, siglo XVIII. Inscripción: Vener. P. Ludovicus á Ponte Soc. Jesu Vallisoletanus qui obijt magna cum opinione Sanctitatis Vallisoleti in Collegio S. Ambrosii XVII Februarii anno MDCXXIV aet. LXX. Biblioteca Nacional de España, Iconografía Hispana, 7493-1 Luis de la Puente (Valladolid, 1554-16 de febrero de 1624) fue un sacerdote jesuita, teólogo y escritor ascético español. Biografía Hijo del relator de la chancillería de Valladolid ...

2007 Russian filmRevengeDirected byAnton MegerdichevWritten byAleksei SidorovStarringDenis NikiforovYelena PanovaAndrey PaninVictor Hermínio LópezRico DevereauxPavel DerevyankoMusic byAleksei ShelyginRelease date 18 October 2007 (2007-10-18) Running time132 minutesCountryRussiaLanguageRussian / English Revenge (Russian: Бой с тенью 2: Реванш, romanized: Boy s tenyu 2. Revansh; literally Fight with Shadow 2) is a 2007 Russian sports drama movie.[1]&...

 

Tikus panjat Nyika Dendromus nyikae Status konservasiRisiko rendahIUCN6447 TaksonomiKerajaanAnimaliaFilumChordataKelasMammaliaOrdoRodentiaFamiliMuridaeGenusDendromusSpesiesDendromus nyikae Wroughton, 1909 lbs Tikus panjat Nyika (Dendromus nyikae) adalah sebuah spesies hewan pengerat dalam keluarga Nesomyidae. Spesies tersebut ditemukan di Angola, Republik Demokratik Kongo, Malawi, Mozambik, Afrika Selatan, Tanzania, Zambia, dan Zimbabwe. Referensi Chitaukali, W. 2004. Dendromus nyikae. 2006 I...

 

The Night Watch (1642) Masa Keemasan adalah periode dalam sejarah Belanda, secara kasar terjadi pada abad ke-17, dalam perdagangan, ilmu pengetahuan dan seni Belanda merupakan yang paling disanjung di dunia. Pada tahun 1602, Vereenigde Oostindische Compagnie didirikan. Perusahaan ini merupakan perusahaan multinasional yang memonopoli perdagangan Asia dan tetap melakukannya selama dua abad. Perusahaan ini menjadi perusahaan komersial terbesar di dunia pada abad ke-17. Referensi Schama, Simon (...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Oktober 2022. Artikel ini tidak memiliki referensi atau sumber tepercaya sehingga isinya tidak bisa dipastikan. Tolong bantu perbaiki artikel ini dengan menambahkan referensi yang layak. Tulisan tanpa sumber dapat dipertanyakan dan dihapus sewaktu-waktu.Cari sumber:...

 

Armyn Ali AnyangInformasi pribadiLahir(1956-02-05)5 Februari 1956 Singkawang, Kalimantan BaratKebangsaan IndonesiaSuami/istriNy. Anggriani MomarenaAnak1. Natasya Minda Putri2. Yodi Budi Saputra3. Agra Damia Saputra4. Khalisti Aisha PutriOrang tuaMohammad Ali Anyang (ayah)Siti Hajir (ibu)ProfesiTentaraKarier militerDinas/cabang TNI Angkatan DaratMasa dinas1980-2012Pangkat Mayor Jenderal TNISatuanInfanteriSunting kotak info • L • B Mayjen TNI (Purn.) H. Mohammad Armyn Angkasa...

 

American colonial merchant (1626–1702) For other people named Frederick Philipse, see Frederick Philipse (disambiguation). Frederick Philipse1st Lord of the Philipsburg ManorIn office1693–1702Preceded byCreatedSucceeded byFrederick Philipse II Personal detailsBornFrederick Flypsen1626Bolsward, Lordship of Frisia, Dutch RepublicDiedDecember 23, 1702Province of New York, British AmericaSpouses Margaret Hardenbrook de Vries ​ ​(m. 1662; died 1691)...

American businessman Denninger giving an interview on RT America Karl Denninger is an American technology businessman, finance blogger, and political activist, sometimes referred to as a founding member[1] of the Tea Party movement. Technology entrepreneurship Denninger was the founder and CEO of MCSNet in Chicago. Opened as Macro Computer Solutions, Incorporated in 1987, it expanded its service offerings in 1993 to become one of the area's first commercial internet service providers....

 

Village in Illinois, United StatesMonroe CenterVillagePost office in Monroe CenterLocation of Monroe Center in Ogle County, Illinois.Monroe CenterLocation within Ogle CountyShow map of Ogle County, IllinoisMonroe CenterMonroe Center (Illinois)Show map of IllinoisCoordinates: 42°05′54″N 89°00′02″W / 42.09833°N 89.00056°W / 42.09833; -89.00056CountryUnited StatesStateIllinoisCountyOgleTownshipMonroeGovernmentArea[1] • Village1.21 sq&#...

 

Badan Penelitian dan Pengembangan Kementerian Pekerjaan Umum dan Perumahan Rakyat Republik IndonesiaGambaran umumDasar hukumPeraturan Presiden Nomor 15 Tahun 2015Bidang tugasmelaksanakan penelitian dan pengembangan di bidang pekerjaan umum dan perumahan rakyatSusunan organisasiKepala Badan-Situs weblitbang.pu.go.id Badan Penelitian dan Pengembangan Kementerian Pekerjaan Umum dan Perumahan Rakyat Republik Indonesia merupakan unsur pendukung pada Kementerian Pekerjaan Umum dan Perumahan Ra...

テレビ番組・中継内での各種情報(終了した番組・中継を含みます)は、DVDやBlu-rayなどでの販売や公式なネット配信、または信頼できる紙媒体またはウェブ媒体が紹介するまで、出典として用いないで下さい。検証可能性に基づき除去される場合があります。 志村(しむら) けん 志村けんの像本名 志村(しむら) 康徳(やすのり)ニックネーム けんちゃんシムケン...

 

Румынская революциярум. Revoluția română Место Социалистическая Республика Румыния Дата 16—25 декабря 1989(отдельные бои продолжались до 30 декабря 1989[1][2]) Причина Диктатура Чаушеску при низком уровне жизни населения Основная цель Демократизация страны, отставка действ...

 

Strategi Solo vs Squad di Free Fire: Cara Menang Mudah!