Bernice Rubens (26 Julie 1923 – 13 Oktober 2004) was 'n Walliese romanskrywer. Sy is die suster van die klassieke pianis en anti-apartheidsaktivis Harold Rubens.
In 1970 word sy die eerste vrou wat die Booker-prys wen, vir haar roman The Elected Member (1969). Haar roman Madame Sousatzka (1962) is in 1988 omskep in 'n gelyknamige film met Shirley MacLaine in die rolbedeling.