Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page
Available for Advertising

Benoni

Benoni
Lugfoto van Benoni se sakekern
Lugfoto van Benoni se sakekern
Benoni is in Gauteng
Benoni
Benoni
 Benoni se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°11′18″S 28°19′14″O / 26.18833°S 28.32056°O / -26.18833; 28.32056
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitEkurhuleni
Stigting1881
Oppervlak
 • Totaal175,55 km2 (67,78 vk. myl)
Hoogte
1 645 m (5 397 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal158 777
 • Digtheid904/km2 (2 340/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense38,1%
 • Indiërs/Asiërs13,9%
 • Bruin mense2,1%
 • Swart mense45,2%
 • Ander0,8%
Taal (2011)
 • Engels 41,0%
 • Afrikaans 19,3%
 • Zoeloe 17,1%
 • Noord-Sotho 5,3%
 • Ander 17,3%
Poskode (strate)
1501
Poskode (posbusse)
1500
Skakelkode010

Benoni is 'n dorp aan die Oos-Rand in die Gautengprovinsie, Suid-Afrika. Dit is sedert 2000 deel van die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit.

Geskiedenis

Die Kopanong-konferensiesentrum in Benoni

Die naam Benoni het ontstaan toe die landmetergeneraal, Johan Rissik, dit in 1881 moeilik gevind het om titelaktes aan al die onopgeëiste staatsgrond toe te ken. Hy het die area Benoni na Ben-Oni (seun van my smart) genoem, die naam wat Ragel aan haar seun gegee het voordat Jakob dit na haar dood na Benjamin verander het, volgens die Bybelse boek Genesis.

Goud is in September 1887 ontdek en die Chimesmyn is gestig deur immigrante uit Cornwall. Die dorpie was vroeër as "Little Cornwall" bekend. Sir George Farrar, wat die voorsitter van 'n mynmaatskappy was, het dit op hom geneem om die vinniggroeiende myndorp in 1904 te begin verfraai. Mynwater is gekanaliseer na 'n vleiland, en so is reservoirs geskep wat van visse voorsien is. Dié reservoirs bestaan nog – vele mere waarin visgevang word, op bootjies gevaar word, en waar mense ontspan. Duisende bome is ook geplant in die nuwe buurte en munisipale status is in 1907 toegeken.

In 1922 het die Randse Opstand of die 1922-staking uitgebreek in die myne op die Witwatersrand en duisende blanke mynwerkers het begin staak. Die staking is gedeeltelik gelei deur die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty. Benoni is as een van die mynwerkers se hoofkwartiere gebruik en daar was heelwat gevegte in die omgewing. By die Benoni Museum kan meer van dié deel van die dorp se geskiedenis te wete gekom word.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is twee wedstryde in Benoni se Willowmoore-park beklink.

Benoni vandag

Straattonnel in Benoni

Goud het met die verloop van tyd minder belangrik geword. Besigheid is vandag meer gefokus op industrieë en dienslewering, eerder as mynbou, en die dorp bedien ook ander nabygeleë dorpe soos Brakpan, Springs en Nigel. Besoekers aan die dorp kan die plaaslike museum besoek, asook die vele mere, die Lakeside Winkelsentrum (gebou in die vorm van 'n Mississippi-stoomboot langs een van die mere) of die Northmead Square. Naby die Northmead Square is die bekende Hasiepark waar hase en ander klein diere aangehou word.

Joodse gemeenskap

Morris Nestadt lê begrawe in die Rynsoordbegraafplaas te Benoni

Benoni aan die Oos-Rand was een van die vroegste Joodse gemeenskappe en het mettertyd ontwikkel tot een die grootste in die land. Die stad het gegroei van ’n myndorpie tot ’n vername sentrum. Die Joodse gemeenskap was lewenskragtig en het ’n belangrike bydrae gelewer tot Benoni se handel en nywerheid.

Jode het vanaf kort ná die stigting van Benoni in 1881 hier gewoon en het daadwerklik tot die plek se groei bygedra. Die eerste Jode het as handelaars hierheen gekom. Dié wat uit Engeland of van die Kaap af gekom het, was dikwels beter opgevoed en meer welgesteld as dié wat uit Litaue geïmmigreer het. Die opgevoede Jode kon onderhandel met die mynbeamptes, wat hulle toegelaat het om mynkonsessiewinkels te begin, aangesien die beamptes neergesien het op handel dryf met swart mense. Namate hul ondernemings gegroei het, kon die Jode bekostig om familielede uit Litaue te laat kom om hulle in hul winkels by te staan.

Die eerste Joodse huwelik in Benoni is in Desember 1897 tussen Max Ginsberg en Annie Levy voltrek. Op die gebied van die onderwys is ’n hoogtepunt bereik met die stigting van die Hillel Jewish Day School in 1967. Die skool het in die 1980's gesluit namate die Joodse bevolking óf Johannesburg toe verhuis het óf geëmigreer het. ’n Besonderse aspek van die Joodse gemeenskap van Benoni was die Verenigde Hebreeuse Instellings van Benoni, wat in 1924 gestig is en vandag nog bestaan. In dié opsig was Benoni ’n voorbeeld vir ander dorpe aan die Oos-Rand en elders.

Jode het ’n aktiewe aandeel in die burgerlike sake van die dorp gehad en die gemeenskap het vyf burgemeesters opgelewer: S. Grolman, I. Kuper, M. Nestadt, A. Potash en A.Ritz. Op vermaakgebied het Issy Goodman en sy niggies Ethel en Zelma Londen die Oos-Rande Teaterklub bestuur wat in 1944 gestig is.

Die Oos-Randse Ortodokse Joodse Raad is in 1979 gestig om die aktiwiteite van die Hebreeuse Gemeentes van Benoni, Boksburg, Brakpan, Delmas, Edenvale, Germiston, Kempton Park en Springs te koördineer.[2]

Noemenswaardige boorlinge

Die Oscar-bekroonde aktrise Charlize Theron is een van die bekende persone wat in Benoni grootgeword het. Ook Springbokrugbyspeler Bryan Habana het in Benoni grootgeword.

Sien ook

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Benoni". Sensus 2011.
  2. (en) Jewish Digital Archive Project Geargiveer 28 November 2017 op Wayback Machine. URL besoek op 12 November 2017.

Eksterne skakels

Read other articles:

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada September 2023. Terwelu manchuria[1] Lepus mandshuricus Status konservasiRisiko rendahIUCN41281 TaksonomiKerajaanAnimaliaFilumChordataKelasMammaliaOrdoLagomorphaFamiliLeporidaeGenusLepusSpesiesLepus mandshuricus Radde, 1861 Tata namaSinonim takson Lepus mela...

BM. SyamsudinLahir(1935-05-10)10 Mei 1935Sedanau, Kepulauan Natuna, IndonesiaMeninggal20 Februari 1997(1997-02-20) (umur 61)Bukittinggi, Sumatera Barat, IndonesiaNama lainBujang Matt Syamsudin B.M Syamsuddin yang memiliki nama Asli Bujang Mat Syamsudin adalah seorang Sastrawan, yang lahir 10 Mei 1935. Pendidikan Sekolah Rakyat (SR) Sekolah Guru Bantu (SGB) Sekolah Guru Atas (SGA) di Tanjungpinang. kuliah di FKIP Jurusan Sastra dan Seni, di Pekanbaru Karier Mengajar SD dan SMP di Tan...

Danny Noppert Persoonlijke informatie Bijnaam The Freeze Geboortedatum 31 december 1990 Geboorteplaats Joure,  Nederland Sport Darts Dartsinformatie Speelt sinds 2009 Pijlen 23g Danny Noppert Winmau Onyx Black Lateraliteit Rechtshandig Opkomstnummer High Hopes - Panic! at the Disco Organisatie BDO 2012 - 2018 PDC 2018 - Huidige ranking 7 (02-11-2023)[1][2] Hoogste ranking 7 (10-04-2023)[1][3] BDO-hoofdtoernooien – Beste prestaties World Ch'ship Runn...

This article needs to be updated. Please help update this article to reflect recent events or newly available information. (March 2023) 136th Attack Squadron136th Attack Squadron have operated MQ-9 Reapers since 2015Active1942–1945; 1948–PresentCountry United StatesAllegiance New YorkBranch  Air National GuardTypeSquadronRoleAirliftPart ofNew York Air National GuardGarrison/HQNiagara Falls Joint Air Reserve Station, New YorkTail CodeNiagara Blue stripeInsignia136th Air...

Pemilihan umum Presiden Amerika Serikat 2000199620047 November 2000Kandidat   Calon George W. Bush Al Gore Partai Republik Demokrat Negara bagian Texas Tennessee Pendamping Dick Cheney Joe Lieberman Suara elektoral 271 266 Negara bagian 30 20+DC Suara rakyat 50,456,002 50,999,897 Persentase 47.9% 48.4% Peta persebaran suara Peta hasil pemilu Merah adalah negara bagian yang dimenangkan oleh Bush/Cheney(30), Biru adalah negara bagian yang dimenangkan oleh Gore/Lieberman...

1964 studio album by Jimmy SmithThe CatStudio album by Jimmy SmithReleasedSeptember 1964RecordedApril 27–29, 1964StudioVan Gelder Studio, Englewood Cliffs, New JerseyGenreJazzLength32:44LabelVerveProducerCreed TaylorJimmy Smith chronology Blue Bash!(1963) The Cat(1964) Who's Afraid of Virginia Woolf?(1964) Singles from The Cat The CatReleased: August 1964 Jimmy Smith, 1958 Professional ratingsReview scoresSourceRatingAllMusic[1]The Penguin Guide to Jazz[2] The Cat is...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Desember 2022. Bunga air mancur Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Plantae Divisi: Magnoliophyta Kelas: Magnoliopsida Ordo: Scrophulariales Famili: Plantaginaceae Genus: Russelia Spesies: R. equisetiformis[1] Bunga air mancur (Russelia equisetiformis) adalah ...

العلاقات البوسنية الكوستاريكية البوسنة والهرسك كوستاريكا   البوسنة والهرسك   كوستاريكا تعديل مصدري - تعديل   العلاقات البوسنية الكوستاريكية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين البوسنة والهرسك وكوستاريكا.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مق

Italian football club This article relies largely or entirely on a single source. Relevant discussion may be found on the talk page. Please help improve this article by introducing citations to additional sources.Find sources: Milano City FC – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2018) Football clubMilano CityFull nameMilano City Football ClubFounded2017Dissolved2021GroundStadio Roberto Battaglia,Busto Garolfo, ItalyCapacity650Chairman...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada November 2022. Jorge PinaInformasi pribadiNama lahirJorge Pina PérezLahir26 Januari 1977 (umur 46)Madrid, Spanyol OlahragaOlahragaAnggar Jorge Pina Pérez (lahir 26 Januari 1977) adalah seorang atlet anggar saber Spanyol dan atlet anggar Olimpiade sebanyak dua...

Not to be confused with A Mary Christmas. 2006 studio album by Mary MaryA Mary Mary ChristmasStudio album by Mary MaryReleasedOctober 10, 2006GenreChristmasLength37:10LabelColumbiaProducerWarryn Campbell (also exec.)Mary Mary chronology Mary Mary(2005) A Mary Mary Christmas(2006) The Sound(2008) A Mary Mary Christmas is the fourth studio album by American duo Mary Mary. It was released by Columbia Records on October 10, 2006 in the United States. The album is a follow-up to their self...

Merrimack-class screw frigate For other ships with the same name, see USS Roanoke. USS Roanoke as a steam frigate History United States NameUSS Roanoke NamesakeRoanoke River BuilderNorfolk Navy Yard Laid downMay 1854 Launched13 December 1855 Commissioned4 May 1857 Decommissioned24 September 1857 Recommissioned18 August 1858 Decommissioned1860 Recommissioned20 June 1861 Refit25 March 1862 Decommissioned25 March 1863 Recommissioned29 June 1863 as a monitor Decommissioned20 June 1865 Recommissio...

Intercollegiate basketball season 2014–15 Louisville Cardinals women's basketballNCAA tournament, Sweet SixteenConferenceAtlantic Coast ConferenceRankingCoachesNo. 8APNo. 8Record27–7 (12–4 ACC)Head coachJeff Walz (8th season)Assistant coaches Stephanie Norman Sam Purcell Samantha Williams Home arenaKFC Yum! CenterSeasons← 2013–142015–16 → 2014–15 ACC women's basketball standings vte Conf Overall Team W   L   PCT W   ...

Buckley-class destroyer escort Several terms redirect here. For other ships called Morán Valverde, see BAE Morán Valverde. History United States NameUSS Enright (DE-216) NamesakeRobert Paul Francis Enright Ordered1942 BuilderPhiladelphia Navy Yard, Philadelphia Laid down22 February 1943 Launched29 May 1943 Commissioned21 September 1943 ReclassifiedAPD-66, 21 January 1945 Decommissioned21 June 1946 Honors andawards1 battle star (World War II) FateTransferred to Ecuador 14 July 1967 Stricken3...

Glee logo Glee is an American musical comedy-drama television series that aired on Fox. It was created by Ryan Murphy, Brad Falchuk, and Ian Brennan. The pilot episode of the show was broadcast on May 19, 2009,[1] and the rest of the season began on September 9, 2009.[2] Fox initially ordered thirteen episodes of Glee, picking the show up for a full season on September 21, 2009,[3] ordering nine more episodes.[4] The remainder of the first season aired for nine...

Newspaper in Castlebar, Ireland The Connaught TelegraphTypeWeekly newspaperFormatCompactOwner(s)Celtic Media GroupEditorTom KellyFounded1828Political alignmentCentralHeadquartersCastlebarWebsiteConnaught Telegraph website The Connaught Telegraph is a weekly local newspaper published in Castlebar, County Mayo in Ireland. The paper is in compact format (six columns), and published every Tuesday. History Frederick Cavendish founded The Connaught Telegraph or Mayo Telegraph as it was originally n...

Governing body for high school athletics This article may rely excessively on sources too closely associated with the subject, potentially preventing the article from being verifiable and neutral. Please help improve it by replacing them with more appropriate citations to reliable, independent, third-party sources. (August 2017) (Learn how and when to remove this template message) CIF Southern SectionCIF-SS official logoAbbreviationCIFSSFormation1913TypeNPOLegal statusAssociationPurposeAthlet...

Independent retail energy supplier in the United Kingdom Extra Energy Supply Ltd.Logo in 2018TypeUtility companyFounded2014Defunct2018HeadquartersBirmingham, United KingdomKey peopleMoti Ben-Moshe (Owner)Websitewww.extra-energy.co.uk Extra Energy Supply Ltd (trading as extraenergy) was an independent retail energy supplier based in Birmingham, England. It supplied gas and electricity to domestic and small business customers. Extra Energy was part of Extra Holding, which operates in industries...

BridgeheadTypecoffeehouseIndustryCoffee, Coffee Roaster, Coffee BeansFounded1981; 42 years ago (1981)Headquarters130 Anderson StreetOttawa, OntarioK1R 6T7Number of locations20Area servedOttawaProductscoffee, tea, hot chocolate, juice, kombucha, bread, granola, baked goodsWebsitewww.bridgehead.ca Bridgehead is a fair trade coffeehouse, coffee retailer, and coffee roaster chain based in Ottawa, Ontario, Canada. In addition to coffee and organic teas, it sells soups, salads, sa...

2006 single by Rina Aiuchi MiracleSingle by Rina Aiuchifrom the album Delight B-sideEspecial ThanksReleasedMay 3, 2006 (2006-05-03)GenreJ-popanime songLength4:08LabelGiza StudioSongwriter(s)Rina AiuchiAika OhnoProducer(s)Rina AiuchiKannonjiRina Aiuchi singles chronology Glorious / Precious Place(2006) Miracle (2006) 100 mono Tobira (2006) Miracle is a song by Japanese singer-songwriter Rina Aiuchi. It was released on 3 May 2006 through Giza Studio, as the fourth single from her...

Kembali kehalaman sebelumnya