2 Junie
2 Junie is die 153ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (154ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 212 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 193 – Lucius Septimius Severus word as princeps (keiser) in Rome aangestel en ontbind die Pretoriaanse Garde.
- 455 – Die Vandale verower en plunder Rome.
- 575 – Pous Benedictus I volg Pous Johannes III op.
- 995 – Sinode in Mousson verklaar die afsetting van Arnulf, aartsbiskop van Reims onwettig.
- 1098 – Eerste Kruistog: Na ´n beleg van meerdere maande verower die leërs onder Godfrey van Bouillon, Bohemund van Tarent , en Raimund IV van Toulouse, die stad van Antiochië en rig ´n bloedbad daar aan.
- 1203 – Pous Innocentius III verklaar graaf Willem van Akwitanië, heilig.
- 1204 – Pous Innocentius III verklaar ab Procopius, van die klooster in Praag, heilig.
- 1536 – Pous Paulus III doen 'n oproep na 'n konsilie in Mantua in 1537. Die konsilie is later afgestel.
- 1525 – Duitse Boereoorlog: Die boere van die Neckar-vallei en die Odenwald word deur die leër van die Swabiese-Liga onder Georg, Truchsess von Waldburg-Zeil in Königshofen verslaan.
- 1572 – Pous Gregorius XIII stel sy nefie Filippo Boncompagni aan as kardinaal.
- 1625 – Na 'n beleg van twaalf maande word die Nederlandse Protestantse stad Breda, aan die Spanjaarde, onder Ambrosio Spinola oorhandig.
- 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer Magno cum anim oor private oratoria.
- 1771 – Rusland sluit sy verowering van die Krim af.
- 1896 – Die Italiaanse ingenieur Guglielmo Marconi ontvang in Engeland die patent vir sy uitvinding van die draadlose telegrafie.
- 1901 – Katsura Taro word die Eerste Minister van Japan.
- 1918 – Die Switserse volk verwerp die referendum om 'n belasting vir die Switserse staat in te voer.
- 1924 – Die Amerikaanse inboorlinge verkry volle burgerskap van die VSA onder die Indian Citizenship Act.
- 1946 – Italië word 'n republiek en skaf die monargie af.
- 1953 – Die kroning van koningin Elizabeth II – die eerste kroning wat op televisie uitgesaai word.
- 1973 – Koningin Juliana open die Van Gogh Museum in Amsterdam.
- 1974 – Jigme Singye Wangchuck word koning van Bhoetan.
- 1979 – Suid-Afrikaanse swaargewig-bokskampioen Kallie Knoetze verloor die wêreldtitel teen die Amerikaanse John Tate in die agste rondte na 'n tegniese uitklophou.
- 2003 – Postume première van Destino, 'n geanimeerde kortfilm deur Salvador Dalí en Walt Disney.
- 2003 – Die "Mars Express" word vanaf Bajkonoer gelanseer, die eerste Europese missie na die planeet Mars.
- 2005 – Schabir Shaik, 'n Durbanse sakeman met noue bande met die destydse Suid-Afrikaanse adjunkpresident, Jacob Zuma, skuldig bevind en vir 15 jaar weens korrupsie en bedrog gevonnis.
- 2014 – Koning Juan Carlos I van Spanje kondig aan dat hy abdikeer en die titel aan sy seun kroonprins Felipe, oordra.
Geboortes
- 1535 – Alessandro Ottaviano de' Medici, (later Pous Leo XI), 232ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1605).
- 1587 – Willem Bontekoe, kaptein in die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie († 1657).
- 1740 – Markies de Sade, Franse edelman en erotikus, in Parys († 1814).
- 1835 – Giuseppe Sarto, (later Pous Pius X), 257ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1914).
- 1857 – Edward Elgar, Engelse komponis († 1934).
- 1879 – Adolf Herckenrath, Vlaamse digter, dramaturg, uitgewer en boekhandelaar († 1958).
- 1904 – Johnny Weismuller, Amerikaanse swemmer en akteur – bekend vir sy rol as Tarzan († 1984)
- 1922 – Carmen Silvera, Britse aktrise († 2002).
- 1929 – Peter Clarke, Suid-Afrikaanse kunstenaar, skrywer en digter († 2014).
- 1940 – Konstantyn II, koning van Griekeland van 1964 tot 1974 († 2023).
- 1942 – Tony Buzan, Britse sielkundige († 2019).
- 1946 – Peter Sutcliffe, Britse reeksmoordenaar († 2020).
- 1949 – Michael Lapsley, Suid-Afrikaanse Anglikaanse priester en aktivis vir maatskaplike geregtigheid.
- 1952 – Nomaindia Mfeketo, Suid-Afrikaanse ANC-politikus.
Sterftes
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Eugenius I in die Rooms-Katolieke Kerk.
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 June. |
|
|