Naudé het op Volksrust en Lydenburg skoolgegaan waarna sy in ’n fietswinkel in Pretoria werksaam was. In haar vrye tyd het sy spraaklesse by Stephanie Faure geneem en in 1924 die finale eksamen afgelê. Daarna het sy verdere toneelopleiding van Paul de Groot ontvang by wie se toneelgeselskap sy aangesluit het. In Julie 1925 het hulle ’n toneelreis met ‘Huistoe’ (Heimat van Sudermann) en in Januarie 1926 met ‘Oorskotjie’ (Nicodemi) onderneem.
Wena was getroud met Willem van Zyl. Hulle het ’n dogter, Nilo, gehad. In 1940 is hulle geskei en in 1943 het sy met Johan Pretorius Pienaar, ’n broer van Sangiro, getrou. In 1947 is sy van Johan ook geskei. Sy het 3 kleinkinders nl. Alwena van der Westhuizen, Riana Jeffery en Wilna van Gass. Haar dogter, Nilo Mostert, het tot en met haar dood (11 Maart 2016) so nou en dan een-man stukke opgevoer by klein funksies. Wena het ook 5 agterkleinkinders, naamlik Sonja, (oorlede), Carl en Riani van der Westhuizen asook Lindie en Stephnie van Gass.
Toneelstukke
Van die toneelstukke waarin sy gespeel het, is:
Huistoe
Oorskotjie
Die Heks
As Mans Huishou
Die Uur van Vergelding
By die Ou Meulstroom
Die Brug op Ons Plaas
Die Wit Perde van Rosmersholm
Die Lewe Wat Ek Jou Gegee Het
Waar Vergiffenis Kon Red
Op Hoop van Seën
Rolprente
Sedert 1947 het sy in meer as dertig Suid-Afrikaanse rolprente gespeel. Van hulle is: