Vrye sagteware verwys na sagteware wat vry is eerder as dat dit gratis of verniet is (alhoewel laasgenoemde ook dikwels op vrye sagteware van toepassing is). Die gebruiker het die vryheid om die sagteware te gebruik, te kopieer, te versprei, te bestudeer, te verander of te verbeter.[1]
Die reg om 'n rekenaarprogram te studeer en te wysig, behels dat bronkode beskikbaar gestel word aan gebruikers van daardie program. Alhoewel dit dikwels 'toegang tot bronkode' of 'openbare beskikbaarheid' genoem word, beveel die Free Software Foundation aan om teen daardie terme te dink,[2] omdat dit die indruk kan gee dat gebruikers 'n verpligting het (in teenstelling met 'n reg) om nie-gebruikers 'n afskrif van die program te gee.
Alhoewel die term vrye sagteware is in die verlede losweg gebruik,[3]Richard Stallman word gekrediteer met die sinvolle definieise in die vrye sagteware-beweging in 1983 begin toe hy die GNU-projek geloods het: 'n gesamentlike poging om 'n bedryfstelsel te skep wat vryheid respekteer en die gees van samewerking te laat herleef.[4]
Konteks
Vrye sagteware verskil dus van:
Sagteware soos Microsoft Office, Google Docs, Sheets, en Slides of iWork van Apple. Gebruikers kan nie hul bronkode studeer, verander en deel nie.
freeware, wat 'n kategorie van sagteware is wat nie betaling vir basiese gebruik vereis nie.
Gratis sagteware kan 'n winsgewende, kommersiële aktiwiteit wees. Sommige gratis sagteware is ontwikkel deur vrywillige rekenaarprogrammeerders, terwyl ander deur korporasies ontwikkel word; of selfs deur albei.[5]
Die vier vryhede
Die vier vryhede van vrye sagteware is:
Die vryheid om die program vir enige doel te gebruik.
Die vryheid om die program se werking te bestudeer en na gelang van jou behoeftes te verander.
Die vryheid om die program te versprei om ander te help.
Die vryheid om die program te verbeter, en met die verbeteringe aan die publiek vry te stel, sodat die hele gemeenskap daarby baat kan vind.
Voorbeelde
Die Free Software Directory bevat 'n groot databasis van vrye sagteware pakkette. Van die bekendste voorbeelde sluit in Linux en die BSD bedryfstelsels, die GNU Compiler Collection en C-biblioteek; die MySQL relationele databasis; die Apache web server. Ander invloedryke voorbeelde sluit in die Emacs-teksredakteur; GIMP tekening en beeldredakteur; die X Window System grafiese vertoning stelsel; die LibreOffice kantoor suite; en die TeX- en LaTeX-tipesettingstelsels.