Vlaams-Brabant (Nederlands: Vlaams-Brabant, Frans: Brabant flamand, Duits: Flämisch-Brabant) is 'n Belgieseprovinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 187 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 118 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 561 per km². Die hoofstad is Leuven.