Vanderbijlpark het ontstaan toe die destydse eerste minister, genl. Jan Smuts, die briljante jong wetenskaplike dr. H.J. van der Bijl (wat in daardie stadium in die Verenigde State van Amerika gewerk het) in 1920 teruggeroep het na Suid-Afrika om die regering te adviseer oor die land se nywerheidsontwikkeling. Dr. Van der Bijl was betrokke by Yskor se aanleg in Pretoria en met die toenemende vraag na staal gedurende die Tweede Wêreldoorlog is 100 km2 grond aangekoop om 'n groot modeldorp en staalaanleg te ontwikkel. Die staalaanleg is in 1947 geopen en die dorp in 1949. Met die opening van Yskor se tweede staalaanleg in 1952 deur die goewerneur-generaal, adv. E.G. Jansen, het Vanderbijlpark munisipale status verkry.
Daar is ongeveer 60 laer- en hoërskole in die Vaaldriehoek-omgewing, waarvan 16 laerskole en 8 hoërskole in Vanderbijlpark is. Van die skole in Vanderbijlpark sluit in: