Tritium of waterstof-3 is 'n isotoop van waterstof wat 3 nukleone bevat – 1 proton en 2 neutrone. Dit word ook soos volg geskryf: 31H of slegs 3H of T. Sy kern word 'n triton genoem.
Aanwesigheid
Tritium kan in die atmosfeer kosmogeen vervaardig word en daar was voor 1945 'n uiters klein natuurlike aanwesigheid in die atmosfeer. Wat nou in die atmosfeer aangetref word is egter die produk van proewe met kernwapens wat in die atmosfeer gehou is of uitstoot uit kernreaktors.
Die kosmogene vorming is hoofsaaklik die gevolg van reaksie van stikstof en neutrone met hoë energie:
Sedert die Verdrag vir 'n Verbod op Kerntoetse in 1963 het die konsentrasie tritium begin afneem.
Die totale aanwesigheid op aarde is nou sowat 3*1018Bq (ongeveer 50 kg.) Elke kernreaktor stel ongeveer 1014 Bq per jaar vry.[2] Kernreaktore waar kernsplyting plaasvind lewer tritium deur twee soorte prosesse.[3]
Die meeste splyting van isotope soos uraan-235 is binêr: die kern splyt in twee ongelyke dele en 'n paar neutrone. Splyting kan soms ook drie dele oplewer en een daarvan kan tritium wees. Byvoorbeeld: [4]
Isotoop
Neutrone
T per 104 splytings
Uraan-235
Termies (0,025 eV)
0,85 0,92
Plutonium-239
Termies
1,85 1,64
Plutonium-241
Termies
2,6
Uraan-235
Vinnig (1,0 MeV)
2,2
Uraan-238
Vinnig
1,4 2,3
Kernfusie
Tritium word as 'n moontlike bron van brandstof vir kernfusie beskou. Die gewenste reaksie is:[2]
Dit beteken dat dit elektrone vrystel. Hulle het 'n maksimum-energie van 18,54 keV wat die laagste waarde van alle betastralers verteenwoordig. Hierdie 'sagte' straling dring net 0,5 – 6 mm deur in lug en in water is dit net 6 μm. Daar word geen gammastraling vrygestel nie. Dit wil sê dat tritiumstraling maklik afgeskerm kan word.[5] Tritium word net gevaarlik indien dit ingesluk of ingeasem word. Ongelukkig word tritium opgeneem in die biologiese kringlope omdat dit chemies net waterstof is.
Fukushima
Tritium is 'n groot probleem vir die Japanse Fukushima-Daiichi-kernaanleg wat deur 'n tsoenami getref is in Maart 2011. Daar is amper 'n miljoen ton radioaktief besoedelde water. Die meeste radionukliede is daaruit deur ioonuitwisseling verwyder, maar tritium kan nie uit die water gehaal word nie.[6]
↑Safety in Tritium Handling Technology F. Mannone Commission of the European Communities Springer Science & Business Media, 1993, ISBN 0792325117, ISBN 9780792325116