Transendentalisme is 'n filosofiese beweging wat in die laat 1820's en 1830's ontstaan en ontwikkel het in die ooste van die Verenigde State van Amerika.[1][2][3] Dit het herrys as 'n reaksie ten einde te protesteer teen die algemene toestand van intellektualisme en spiritualiteit van die tyd.[4] Die doktrine van die Unitariese kerk soos wat dit gedoseer is by die Harvard Godsdiensskool was ook van besondere belang.
'n Kernbeginsel van transendentalisme is die oortuiging dat die mens en natuur inherent goed is.[1] Aanhangers glo dat die beskawing en sy instellings die suiwerheid van die indiwidu vertroebel het, en hulle glo ook dat mense op hul beste is wanneer hulle werklik selfonderhoudend en onafhanklik is.
Transendentalisme plaas die klem op subjektiewe intuïsie, oor die objektiewe empirisme. Aanhangers daarvan is verder van mening dat die indiwidu in staat is om heeltemal oorspronklike insigte op te diep, met min aandag en onderdanigheid aan vorige leermeesters en doktrines.
Verwysings
↑ 1,01,11,2Goodman, Russell (2015). "Transcendentalism". Stanford Encyclopedia of Philosophy. "Transendentalisme is 'n Amerikaanse literêre, politiese en filosofiese beweging van die vroeg negentiende eeu wat gesentreer is rondom Ralph Waldo Emerson."
↑"Transcendentalism". Merriam Webster. 2016."'n filosofie wat konstateer dat gedagtes en spirituele dinge meer werklik is as ordinêre menslike ondervindinge en materiële dinge"
↑Finseth, Ian. "American Transcendentalism". Excerpted from "Liquid Fire Within Me": Language, Self and Society in Transcendentalism and Early Evangelicalism, 1820-1860, - M.A. Thesis, 1995. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2013. Besoek op 18 April 2013.