Die toringvalk (Falco tinnunculus) is 'n roofvoël wat aan die familie van valke (Falconidae) behoort. Die Latynse naam tinnunculus beteken "rinkelend", na aanleiding van die voëls se roep. In Engels staan die spesie as die common kestrel of Eurasian kestrel bekend. Die kransvalk is eens as 'n suidelike subspesie van hierdie kastrel gereken. Die roepe van die twee spesies is egter onderskeibaar, en by die toringvalk verskil die mannetjies en wyfies opsigtelik van mekaar. Die mannetjie het 'n grys kop en slegs 'n terminale swart band oor die stert, terwyl die wyfie se kop gestreep, en haar stertvere van bo tot onder geband is.
Galery
'n Wyfie van die nominaatras F. t. tinnunculus in Indië